Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Bokke BO!
Bokke BO! [boodskap #94371] |
Wed, 23 June 2004 15:13  |
BitterEinder
Boodskappe: 37 Geregistreer: March 2003
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek vind dat onlangs veral die Britse media na Springbok Rugby verwys
as "uncompromising". Eintlik bedoel hulle dat ons vaste-vyf and
los-voorspelers die sterkste en aggresiefste op die planeet is.
Springbok Rugby, reflekteer tot vandag toe, die kern van Afrikanerdom:
hardkoppig en aggresief. Ek onthou op skool was jou eerste reaksie
altyd aggressie. Om dinge uit te praat was vir slappies en moffies.
Compromise bestaan nie. Slegs bloedneuse en blou oe. Op skool was jou
posisie in die hirargie direk parallel met die omsnit van jou bo-arms.
Suid Afrika met sy klimaat en dieet broei groot mans (met klein
piele). Afrikaners met sy geskiedenis en toekoms broei hardkoppige
rassiste.
Die Afrikaner gene pool is een van groot sterk mans en vrouens met
swak harte. Ongelukkig is ons gene pool ook een van domkoppe. In 1899
het 'n groepie trekboere oorlog verklaar teen die grootste Empire op
die planeet. Was hulle fokken mal?
Mense se die Bokke is "violent". Dan moet ek maar verduidelik dat Suid
Afrikaners in die mees "violent" land op aarde groot word. Dis
onmoontlik dat die omgewing en lewensstyl nie in Rugby gereflekteer
gaan word nie.
Ek glo vas dat binne 300 of 400 jaar geen wit mense, van enige
agtergrond, op die Afrika kontinent gaan oorbly nie. Ek het in 1993
ook pad gevat en 'n Ier getrou. Ons kinders gaan Ierse katolieke wees,
wat nie 'n woord Afrikaans kan praat of verstaan nie. So help ek dat
die Afrikaner stamvolk uitdun en afsterf. Ek wonder of Gloudina se
kinders hulself as Afrikaners of Kanadese beskou?
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Bokke BO! [boodskap #94395 is 'n antwoord op boodskap #94385] |
Thu, 24 June 2004 08:36   |
BitterEinder
Boodskappe: 37 Geregistreer: March 2003
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
> "Ek dink ook jy vlei jouself dat jy help dat die Afrikaner-stamvolk uitdun
en afsterf"
Penkop het die aap by stert beet hier: Soos ek vroeer se, se my
kristalbal dat wit mense in Afrika poegaai is. En ek voel vreeslik
skuldig dat my etterblapsies Paddys gaan wees, en nie Boere/Afrikaners
nie.
> "Dis julle joggies wat die land in die neëntigerjare verlaat het wat hoop dat die Afrikaners nou sal uitsterf net omdat julle die land verlaat het"
Genade, Tant Hessie, dis 'n vreeslike ding om te se. Ek sal nooit hoop
dat my broer, sy vrou en kinders, my ma en haar gomgat partner en my
liewe, liewe Ouma uitsterf nie. My vriende, hulle families. Nefies.
Niggies. Jeez - my hart gaan uit na my mense wat buig onder
Affirmative Action, moord, verkraging, hijacking en mindless violence.
Terwyl ek lekker in Ierland sit en ballas bak. As ek nooit SA verlaat
het om ander lewensstyle te beleef nie, sou ek sekerlik nie so erg
voel oor die toestand van SA vandag nie. Ignorance is bliss. My ma is
nou 62, en het twee jaar gelede afgetree. Maar is gevorseer om onlangs
weer voltyds te begin werk, omdat haar pensioen so pateties is terwyl
haar gomgat partner by die huis sit en piele vleg. My skoonpa is nou
67 en al twee jaar op pensioen, en hulle lewens styl het min verander
sedert hy afgetree het. Hulle gaan drie maal 'n jaar op vakansie en
het min worries. My ma is platsak.
|
|
|
|
|
Re: Bokke BO! [boodskap #94404 is 'n antwoord op boodskap #94401] |
Thu, 24 June 2004 13:00   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Tog so eienaardig dat ek vandag moes lees van 'n onderwyser wat vir hoeveel
buitelanders wat hier bly Afrikaans leer, en nou, agv die belangstelling, 'n
landswye netwerk wil oprig.
En net vandag vertel 'n dame wat twee weke gelede van 'n vakansie van 2
maande in Australië terug gekom het, hoe baie mense daar praat van terugkom
of hiernatoe emigreer.
Ek dink jy het net heel toevallig op 'n swak plek beland waar jy vasgevang
bly in jou voorbehoude:))
--
Groetnis
Annette
"BitterEinder" skryf in boodskap news:dc6ce655.0406240236.221c4802@posting.google.com...
> An Melet,
>
> Eerstens moet ek jou gelukwens op jou Afrikaans. Dis interresant om
> the sien dat nie-blanke Suid Afrikaners/nie-Afrikaners deur die taal
> kan deelneem aan forums soos hierdie. As hierdie forum in Sotho of
> Venda of Xhosa was sou ek nie kon deelneem nie. Ek skaam my dood
> daaroor.
>
> Die apartheidsvarke was maar 'n groep domkoppe. Om die swartmense
> Afrikaans te leer en om witmense nie stamtale te leer nie - is
> getuienis van erg onintelligente mense in hoe posisies. As ek terugkyk
> op die 19 jaar wat ek in SA groot geword het, kan ek verstaan hoekom
> swart mense soveel genot put uit die uitsterf van die Boer nasie. Ek
> sal sover gaan as om te se dat ons Evil kinders was, wat Evil dinge
> gedoen het. Flap-Trap was fun. Ai, die lewe is darem maar lekker en
> gemaklik as jy geleer word dat daar mense laer is as jy. Dat jy deel
> is van die uitgekorene volk. Ek kan verstaan hoe Duitse soldate
> gedurende die tweede wereld oorlog sulke vreeslike dinge kon doen aan
> die Jode en Russe. Hulle was geindroktineer dat hulle geneties beter
> en hoer is as die unter-menschen. So ook het die apartheidsvarke ons
> bevuil met hulle rassisme. Kinders bevraagteken niks nie - aanvaar
> alles. Teen die tyd wat ons 14 was, was ons morele al so verbuig....
>
> Hier in Ierland probeer hulle die probleme tussen Protestante en
> Katolieke uitstryk. Maar dit neem generasies om dit te behaal. Omdat
> pappies hulle oortuigings aan hulle kinders oordra. As mammie en
> pappie so bietjie dom is (soos myne) dan gaan die kinders grootword
> met dieselfde haat. Die onus le op my en op jou dat ons die verlede
> laat le, en ons kinders te leer van verdraagsaamheid en gelykheid.
>
> Dis die enigste manier.
>
> Miskien moet jy die Afrikaner minder haat en meer jammer kry.
> Apartheid was die direkte gevolg van VREES. Vandag lewe die Afrikaners
> in die wereld wat hulle so hard probeer het om te vermy. Dit is 'n
> vreesaanjaende plek van verkragting en moord en diefstal. Die swart
> stamme het 'n meer tradisionele benadering tot seksuele omgang en
> privaat besitting en die waarde van 'n lewe. Die nuwe Suid Afrika is
> 'n plek wat my rillings gee. Dit laat die hare op my nek opstaan. Die
> mate van geweld waarmee mense hulleself uitdruk, soos onlangs wat 19
> jarige laaities 'n Ouma, ma en baba ontvoer het. Die Ouma in die nek
> geskiet en uit die kar gegooi. Die dogter verkrag. Dan haar baba uit
> die kar gehaal. Dan die verkragte ma laat kyk terwyl hy die baba in
> die gesig skiet. Dan eers skiet hy haar 14 keer.
>
> Flap-trap vergelyk nie met hierdie dinge nie.
|
|
|
Re: Bokke BO! [boodskap #94405 is 'n antwoord op boodskap #94384] |
Thu, 24 June 2004 13:02   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
news:pPoCc.1620$a261.375@news04.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
Ek stam egter af van mense
> wat aan vaderskant taamlik vredeliewend aan die westekant van SA opgetrek
het na die noorde.
----Wil jy graag weet hoe dit gebeur het? 'n Man bly mos maar lus en die
manne uit Europa kon nie hul hande van die Hottentotvrouens afhou nie.
hierdie vrouens en hul kinders het nie heenkoms gehad nie want die blanke
man kon nie aan sy familie bekend maak dat hy anderkant die kleurlyn gaan
kuier het nie. Toe het die kerke gekom en sendingstasies opgerig waar
hierdie vrouens met hul kinders kon leef en werk. So is 'n bruin nasie
geskep. Hulle het later in twee groepe verdeel, naamlik die Griekwas wat
meer Kimberley se kant toe geneig het en die ander wat Westekant toe gedring
het. Hier het hulle vir hulle 'n plekkie gekry om te boer [nou moet jy
mooi oplet, hulle het die Hottentotte van hulle grond af verdryf om
plaasgrond te kry! So jou voorgeslag was ook apartheidsvarke! He-he!].
Hier het hulle rustig gebly tot die blanke boere uit die Kaap al meer
noord gedring het en al nader geskuif het aan die gebied. Op die ou end
was daar moeilikheid en al oplossing wat die Kaapse owerhede kon kry was om
te eis dat as 'n man 'n stuk grond wil hê, dan moes hy kaart en transport
daarvoor hê en nie een van die Basters [ja, dis uit hierdie groep wat die
Basters van Rehoboth ontstaan het] kon eiendom bewys nie/of het die geld
gehad om die grond te koop nie. Uiteindelik raak hulle gatvol en besluit
om noord te trek na die groot land waarvan hulle hoor in die noorde waar
omtrent g'n mens is nie en waar die wild volop is......Suidwes.
Die Griekwas wou nie saam nie en het verkies om in Griekwaland-Wes te
bly. Die klomp wat by die grootrivier [die Oranje toe en vandag Gariep]
gekoek het, moes toe 'n besluit neem. Hulle bly onderdane van die Souties,
of hulle trek noord en vryheid. Die spul banggatte het agtergebly en die
dapper lot is oor die rivier op pad na Suidwes toe waar hulle later die
enigste bevolkingsgroep geword het wat hul eie grondgebied gekoop het. Die
banggatte het onder andere by Marchand vasgehaak en toe later weer
moeilikheid kom, toe vlug van hulle Kanada toe!!! He-he!!
Aan moederskant stam
> ek af van nakomelinge van Hugenote wat in die Boland
> aangebly het. Sover dit my aangaan, is die mense in die
> weste van SA en in die ooste van SA twee verskillende
> nasies. Ongelukkig het die oostelike takhare gedurende
> die apartheidsera die oorhand gekry, met die daaropvolgende
> gemors.
>
> Tant Hessie van Robertson
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Bokke BO! [boodskap #94419 is 'n antwoord op boodskap #94418] |
Thu, 24 June 2004 14:15   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
news:vhBCc.485389$Ar.352172@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "Max" skryf
> ...
>> Sorry om jou teleur te stel, alle mense se bloed is rooi. ;-)
>
> Ja. Dis waar. Maar dis mos darem mos 'n idiomatiese
> uitdrukking.
> Wêreld, hierdie skryf op die internet is darem oombliklik.
> Ek pos iets 9:48 en jy antwoord 9: 52. Wat natuurlik
> beteken dat jy dit by jou werk sit en doen? Ek sit en kyk
> by die venster uit oor die Ottawa-rivier en die provinsie
> van Quebec aan die anderkant van die rivier. Wat sien jy
> as jy by jou venster uitkyk?
>
> Gloudina
>
Ek is gelukkig genoeg om aan die rand van die dorp te werk. Ek het nou nou
lekker gelag vir die koeie wat so vir die stormvlaag weghardloop. (Die son
skyn een moment hier, en net die volgende, reën dit en die wind waai nogal
sterk - nie regtig somerweer nie) Ongelukkig sien ek ook die snelweg wat aan
die anderkant van die weiland verbyloop. Dis nou 16:11 hier en die verkeer
begin optel.
Ek sit by die werk. Ek's besig met 'n rotprobleem en terwyl die laptop
"opstart" sit ek die nuusgroepie te lees. Ek doen genoeg vir die baas in my
vrye tyd, so ons het 'n reëling dat ek die nuusgroep mag geniet in sy tyd.
Jy's gelukkig as jy oor die rivier kan uitkyk. Ons het ook graggies waar ek
bly, maar ek kan hulle nie uit die huis sien nie. Ek kyk darem ook nie, soos
soveel Nederlanders, direk in die agterbure se huis nie, maar ek sien bome.
Max____________________________
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Bokke BO! [boodskap #94433 is 'n antwoord op boodskap #94428] |
Fri, 25 June 2004 06:40   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jy moet lekker lag want jy weet duidelik nie eintlik waaroor jy lag nie.
Ek sê al lank vir jou dat daar 'n verskil is tussen wetlik gedwonge
apartheid en vrywillige apartheid. Mense oor die breë gesien, soek meeste
sy eie tipe en groep. Dis natuurlik en gebeur orals. Gedwonge apartheid,
hoe verkeerd ookal, was 'n poging van die wit mense in SA om 'n situasie op
te los waarvoor hulle geen antwoord gehad het nie. Dat jy al die jare nog
oor hierdie fout sit en blêr soos 'n lustige bok in die ooswind, wys ook net
jou mentaliteit.
O, en my grootword. My ma was huisvrou en ons het nooit 'n ousie
gehad nie. Ons het wel 'n werfwerker gehad, 'n kontrak-Owambo wat op
kontrak gebring is uit Owamboland en g'n woord Afrikaans of Engels kon besig
nie. Hy het sy eie ordentlike buitekamer gehad met sy eie bad- en
toiletgeriewe. Hy het opgedaag met die klere aan sy lyf en is terug met 'n
fiets en 'n groot koffer vol klere en geld vir sy vrou en 'n streep
kindertjies wat op die vlak rondhol. In kort, 'n werker wat 'n goeie
dagtaak verrig het en 'n billike vergoeding daarvoor gekry
het...................JY sal natuurlik nou deel van die plaas vir hom wou
gee oor sy reg om te deel aan die welvaart?
"@rogers.com" wrote in message
news:uuCCc.487579$Ar.207682@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
>> --------Jinne antie, besef jy dat jy so pas vir jou 'n motivering geskryf
>> het vir apartheid? Nie wetlik afdwingbare apartheid nie, natuurlike
>> skeiding tussen die verskillende tipes mense en hulle reg tot vryheid van
>> keuse van waar en saam met wie hulle wil bly. Jy verander soos 'n
>> verkleurmannetjie.......
>
> Nee, jou dommerd. Kanada is seker een van die
> mees "gemengde" bevolkings in die wêreld, beskerm
> deur 'n "bill of rights" wat seker die model was waarop
> SA hulle s'n geskoei het. Jou gebruik van die woord
> apartheid is 'n poging om die angel uit die woord uit
> te trek wat jou intellektuele voorsate daarin gesit het.
> En moenie my laat lag nie. Jy sê dat jy apartheid kan
> goedpraat. Mense wat kan kies tussen wie hulle wil
> woon. So hoekom het jy sekerlik grootgeword in
> 'n huis waar 'n heelwaarskynlik swart of bruin
> bediende die vloere geskrop het, in die kombuis
> gewerk het, heelwaarskynlik gehelp het om kinders
> op te pas. Is dit nou die soort apartheid waarvan jy
> praat? Dis die tipe apartheid waarvan hulle in
> Orania praat. En daarmee het die ANC blykbaar
> nog nooit fout gevind nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Bokke BO! [boodskap #94479 is 'n antwoord op boodskap #94476] |
Sun, 27 June 2004 12:04   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Lou" skryf
Die klomp
> spories wat so paar jaar gelede afgetree het, het dieselfde beloftes
> gehad en waar sit hulle nou - die mediese fonds bydraes wat hulle
> moet maak het so hoog geraak dat vir die fonds wat beskikbaar is teen
> dit wat hulle kan bekostig, hulle net sowel nie 'n mediese fonds het
> nie - hulle is nou op staats hospitale aangewese ...
Ja, ek het ook gewonder of dit alles so rooskleurig
kan wees soos wat sy dit teken. Maar op die oomblik
het sy wel 100% dekking.
Ek kan onthou dat 'n ruk gelede my jongste suster,
wat altyd private mediese dekking moes hê omdat
haar man 'n besigheidsman was, haar mediese fonds
premiums te duur gevind het, en dit toe gestaak het,
en volgens my ander suster, na staatshospitale
begin gaan het. Ek wonder of sy dit nog doen.
Ek sal haar tog vra. As mens na staatshospitale
gaan, is jou diens dan heeltemal vry, of moet jy
wel iets betaal?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Bokke BO! [boodskap #94588 is 'n antwoord op boodskap #94389] |
Sat, 03 July 2004 15:59  |
Just-me
Boodskappe: 37 Geregistreer: June 2004
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Bliksem, hahaha
10/10
On Thu, 24 Jun 2004 04:37:11 +0200, "Jonas" wrote:
> Gloudina verwys na die Voortrekkers en hul nageslag as "takhare". Ek besef
> natuurlik dat hierdie 'n provokerende belediging is - maar sal steeds haar
> so daarop antwoord:
>
> Die Voortrekkers het nie gebuig voor Brit, Hotnot, Xhosa of Zulu nie.
> Daardie ou klompie wat agter gebly het het met 'n ieder en elke vreemde
> heerser in die bed gespring. Hulle doen dit nou weer met hulle
> ANC/SAKP/COSATU-base. Hulle is so spyt en voel so skuldig - die Gloudinas.
> (Die naam klink maar te Hollangs vir my - my voorsate is Duitsers en
> Franse - en waarskynlik 'n sprinkeling strandloper ook ...- maar geen
> Hollandse bloed in hierdie are nie - goddank.)
>
> Gloudina - jy het self weggehardloop - moet jouself nie as die kampvegter
> vir die Afrikaner voorstel nie - ons weet van beter.
>
> Ook, jy pas nie eens in by die takhare of die klompie agter die
> wingerdgordyn nie - volgens jou kom julle kanaalape daar van die Noord Kaap.
> (Dis nou regtig 'n ou klompie wat dit nie kon maak waar behoorlike
> kompetisie geheers het nie.)
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:49:12 UTC 2025
|