Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Geluk Suid Afrika!
Geluk Suid Afrika! [boodskap #94273] |
Mon, 21 June 2004 16:00  |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nie alleen het "Goose" die US open gewen nie, maar vandag het nog 'n
Suid Afrikaner geskiedenis gemaak toe Michael Melvill, die piloot vir
die eerste privaat ruimtevliegtuig, SpaceShipOne, 'n projek gesponsor
deur Paul Allen van Microsoft faam, 'n historiese ruimtevlug suksesvol
voltooi het.
(Sjoe, na daai lang sin is ek skoon uitasem)
|
|
|
|
|
Re: Geluk Suid Afrika! [boodskap #94288 is 'n antwoord op boodskap #94285] |
Tue, 22 June 2004 08:17   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nix, 'n loods is die vliegtuig se drywer ook.
"Max" skryf in boodskap news:40d7e90f$0$37789$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> 'n Loods is waar die LOOTS die vliegtuig parkeer... Dis nou as hy verby die
> balk in sy oog kan sien...
>
> Ek begin wonder wat ek eintlik hier doen. Oor en oor kyk hoe mense mekaar op
> hulle foute wys, is ook net so lank interessant.
>
> Max____________________________
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40d7d93a.0@news1.mweb.co.za...
>> Seker hoekom jy 'piloot'....die min asem, sien. Die regte woord is loods
>> of vlieënier. Piloot is direk uit Engels uit.
>> "Katryn" wrote in message
>> news:b31ed05pulhtcuvfke37psoqcof2ddamcn@4ax.com...
>>> Nie alleen het "Goose" die US open gewen nie, maar vandag het nog 'n
>>> Suid Afrikaner geskiedenis gemaak toe Michael Melvill, die piloot vir
>>> die eerste privaat ruimtevliegtuig, SpaceShipOne, 'n projek gesponsor
>>> deur Paul Allen van Microsoft faam, 'n historiese ruimtevlug suksesvol
>>> voltooi het.
>>>
>>> (Sjoe, na daai lang sin is ek skoon uitasem)
>>>
>>
>
|
|
|
Re: Geluk Suid Afrika! [boodskap #94292 is 'n antwoord op boodskap #94288] |
Tue, 22 June 2004 09:40   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek sou nie weet nie, as Gloudina vanmiddag wakker is aan daai kant van die
aardbol sal sy sekerlik kan help. Ek weet net in Nederlands is daar iemand
wat 'n loods genoem word, maar dis iemand wat 'n boot in vlak water lei, dus
niks met vliegtuie te doen nie...
Ek het nie 'n afrikaanse woordeboek nie.
Max____________________________
"Suidwester" skryf in boodskap news:40d7eb2b.0@news1.mweb.co.za...
> Nix, 'n loods is die vliegtuig se drywer ook.
> "Max" wrote in message
> news:40d7e90f$0$37789$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> 'n Loods is waar die LOOTS die vliegtuig parkeer... Dis nou as hy verby die
>> balk in sy oog kan sien...
>>
>> Ek begin wonder wat ek eintlik hier doen. Oor en oor kyk hoe mense mekaar op
>> hulle foute wys, is ook net so lank interessant.
>>
>> Max____________________________
>>
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:40d7d93a.0@news1.mweb.co.za...
>>> Seker hoekom jy 'piloot'....die min asem, sien. Die regte woord is loods
>>> of vlieënier. Piloot is direk uit Engels uit.
>>> "Katryn" wrote in message
>>> news:b31ed05pulhtcuvfke37psoqcof2ddamcn@4ax.com...
>>>> Nie alleen het "Goose" die US open gewen nie, maar vandag het nog 'n
>>>> Suid Afrikaner geskiedenis gemaak toe Michael Melvill, die piloot vir
>>>> die eerste privaat ruimtevliegtuig, SpaceShipOne, 'n projek gesponsor
>>>> deur Paul Allen van Microsoft faam, 'n historiese ruimtevlug suksesvol
>>>> voltooi het.
>>>>
>>>> (Sjoe, na daai lang sin is ek skoon uitasem)
>>>>
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Voet-in-mond siektes [boodskap #94332 is 'n antwoord op boodskap #94283] |
Tue, 22 June 2004 14:51   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" skryf:
> Seker hoekom jy 'piloot'....die min asem, sien. Die regte woord is loods
> of vlieënier. Piloot is direk uit Engels uit.
Volgens my verklarende woordeboek van Kritzinger et al., bladsy 749:
piloot', ..lote, loods; bestuurder van 'n vliegtuig.
Piloot kom ook geensins direk uit Engels nie.
WORD HISTORY The pilot of an aircraft speeding through the air and
the pilot of a watercraft plowing through the water both drag an
etymological foot on the ground. Surprisingly enough, considering its
modern contexts, the English word pilot can be traced back to the
Indo-European root *pedÂ, meaning Âfoot. From the lengthened-grade
suffixed form *pedo came the Greek word pedon, Âblade of an oar, and
in the plural, Âsteering oar. In Medieval Greek there is assumed to
have existed the derivative *pedotes, Âsteersman, which passed into
Old Italian and acquired several forms, including pedota, and pilota,
the form that was borrowed into Old French as pilot. English borrowed
the word from French, and as pilot it has moved from the water to the
air, first being recorded in 1848 with reference to an airborne
pilotÂa balloonist.
|
|
|
Loodse [boodskap #94335 is 'n antwoord op boodskap #94292] |
Tue, 22 June 2004 18:52   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dieselfde loods wat jy in skeepvaart kry, is die loods van 'n vliegtuig,
natuurlik nie letterlik nie, maar in dié sin dat vliegterminologie uit
skeepvaart ontwikkel het. Kyk byv:
skip: lugskip (airship)
bakboord/stuurboord: net so oorgeneem met dieselfde betekenis
(port/starboard)
dek: ook 'n vliegtuig se vloer (deck)
romp: net so (hull)
kajuit: net so (cabin)
roer: net so oorgeneem (rudder)
koers: in Afr het ons net een woord vir Engels "direction" en "heading",
maar "heading" is die algemeen-aanvaarde skeepvaartterm, en dis die een
wat deur lugvaart gebruik word.
range: sover ek weet stem militêre range tussen vloot- en
lugmagoffisiere ook grootliks ooreen, ons praat byv van 'n kommodoor in
beide vloot en lugmag. Interessant ook, dat die een wat in beheer is
van die vlieg-/vaartuig, die kaptein genoem word, alhoewel dit niks met
sy werklike rang te doen het nie.
spoed word by albei in knope gemeet (vandag seker in km/h?)
So kan mens seker nog lank aangaan.
Op 'n syspoor: waar kom meeste (Engelse) motorterme vandaan? Vergeet
maar van knormoer, dit was 'n frats dat ons enigsins so 'n woord in ons
taal gekry het: iemand het tong-in-die-kies voorgestel dat dit die woord
moet wees vir 'n aansitter, en die woord is dink ek net eenkeer
"amptelik" in die woordeboek opgeneem, nogal slegs 'n proeflopie en dit
het bly vassteek.
Waar het die meeste motorvoertuigontwikkeling plaasgevind?
Max wrote:
> Ek sou nie weet nie, as Gloudina vanmiddag wakker is aan daai kant van die
> aardbol sal sy sekerlik kan help. Ek weet net in Nederlands is daar iemand
> wat 'n loods genoem word, maar dis iemand wat 'n boot in vlak water lei, dus
> niks met vliegtuie te doen nie...
>
> Ek het nie 'n afrikaanse woordeboek nie.
>
> Max____________________________
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40d7eb2b.0@news1.mweb.co.za...
>
>> Nix, 'n loods is die vliegtuig se drywer ook.
>> "Max" wrote in message
>> news:40d7e90f$0$37789$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>> 'n Loods is waar die LOOTS die vliegtuig parkeer... Dis nou as hy verby die
>>> balk in sy oog kan sien...
>
>>> Ek begin wonder wat ek eintlik hier doen. Oor en oor kyk hoe mense mekaar op
>>> hulle foute wys, is ook net so lank interessant.
>
>>> Max____________________________
>
>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:40d7d93a.0@news1.mweb.co.za...
>
>>>> Seker hoekom jy 'piloot'....die min asem, sien. Die regte woord is loods
>>>> of vlieënier. Piloot is direk uit Engels uit.
>>>> "Katryn" wrote in message
>>>> news:b31ed05pulhtcuvfke37psoqcof2ddamcn@4ax.com...
>>
>>>> >Nie alleen het "Goose" die US open gewen nie, maar vandag het nog 'n
>>>> >Suid Afrikaner geskiedenis gemaak toe Michael Melvill, die piloot vir
>>>> >die eerste privaat ruimtevliegtuig, SpaceShipOne, 'n projek gesponsor
>>>> >deur Paul Allen van Microsoft faam, 'n historiese ruimtevlug suksesvol
>>>> >voltooi het.
>>>
>>>> >(Sjoe, na daai lang sin is ek skoon uitasem)
>>>
>>
>
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
|
|
|
|
|
|
Re: Voet-in-mond siektes [boodskap #94347 is 'n antwoord op boodskap #94332] |
Wed, 23 June 2004 06:53   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Maak nie saak waarvandaan hy kom nie....jy piloot nie in Afrikaans nie.
Schluss!
"Katryn" skryf in boodskap news:54hgd0dk29qjjr55v5i9uklfki5uh91i34@4ax.com...
> "Suidwester" skryf:
>
>> Seker hoekom jy 'piloot'....die min asem, sien. Die regte woord is loods
>> of vlieënier. Piloot is direk uit Engels uit.
>
> Volgens my verklarende woordeboek van Kritzinger et al., bladsy 749:
> piloot', ..lote, loods; bestuurder van 'n vliegtuig.
> Piloot kom ook geensins direk uit Engels nie.
>
> WORD HISTORY The pilot of an aircraft speeding through the air and
> the pilot of a watercraft plowing through the water both drag an
> etymological foot on the ground. Surprisingly enough, considering its
> modern contexts, the English word pilot can be traced back to the
> Indo-European root *ped-, meaning "foot." From the lengthened-grade
> suffixed form *pedo- came the Greek word pedon, "blade of an oar," and
> in the plural, "steering oar." In Medieval Greek there is assumed to
> have existed the derivative *pedotes, "steersman," which passed into
> Old Italian and acquired several forms, including pedota, and pilota,
> the form that was borrowed into Old French as pilot. English borrowed
> the word from French, and as pilot it has moved from the water to the
> air, first being recorded in 1848 with reference to an airborne
> pilot-a balloonist.
>
|
|
|
Re: Loodse [boodskap #94349 is 'n antwoord op boodskap #94335] |
Wed, 23 June 2004 07:27   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dankie vir jou lang verduideliking. Ek het egter besluit dat ek nooit meer
van 'n loods sal praat in 'n vliegtuig nie, want dit is heeltemal verkeerd.
Dis verkeerd in Nederlands en dis verkeerd in Afrikaans. Tot op hede het ons
nog nie 'n woordeboek gesien wat loods beskryf as iemand wie 'n vliegtuig
vlieg nie. Dit moes dus êrens in die volksmond ontstaan het. Ek gaan ook
almal wie ek hoor van 'n loods praat, reghelp. (Ek skaam my dat ek gedink
het dat dit 'n "loots" was!)
Mens is nooit te oud om te leer nie.
Max____________________________
"knersus" skryf in boodskap news:cb9vbd$hv4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dieselfde loods wat jy in skeepvaart kry, is die loods van 'n vliegtuig,
> natuurlik nie letterlik nie, maar in dié sin dat vliegterminologie uit
> skeepvaart ontwikkel het. Kyk byv:
> skip: lugskip (airship)
> bakboord/stuurboord: net so oorgeneem met dieselfde betekenis
> (port/starboard)
> dek: ook 'n vliegtuig se vloer (deck)
> romp: net so (hull)
> kajuit: net so (cabin)
> roer: net so oorgeneem (rudder)
> koers: in Afr het ons net een woord vir Engels "direction" en "heading",
> maar "heading" is die algemeen-aanvaarde skeepvaartterm, en dis die een
> wat deur lugvaart gebruik word.
> range: sover ek weet stem militêre range tussen vloot- en
> lugmagoffisiere ook grootliks ooreen, ons praat byv van 'n kommodoor in
> beide vloot en lugmag. Interessant ook, dat die een wat in beheer is
> van die vlieg-/vaartuig, die kaptein genoem word, alhoewel dit niks met
> sy werklike rang te doen het nie.
> spoed word by albei in knope gemeet (vandag seker in km/h?)
>
> So kan mens seker nog lank aangaan.
>
> Op 'n syspoor: waar kom meeste (Engelse) motorterme vandaan? Vergeet
> maar van knormoer, dit was 'n frats dat ons enigsins so 'n woord in ons
> taal gekry het: iemand het tong-in-die-kies voorgestel dat dit die woord
> moet wees vir 'n aansitter, en die woord is dink ek net eenkeer
> "amptelik" in die woordeboek opgeneem, nogal slegs 'n proeflopie en dit
> het bly vassteek.
>
> Waar het die meeste motorvoertuigontwikkeling plaasgevind?
>
>
> Max wrote:
>> Ek sou nie weet nie, as Gloudina vanmiddag wakker is aan daai kant van die
>> aardbol sal sy sekerlik kan help. Ek weet net in Nederlands is daar iemand
>> wat 'n loods genoem word, maar dis iemand wat 'n boot in vlak water lei, dus
>> niks met vliegtuie te doen nie...
>>
>> Ek het nie 'n afrikaanse woordeboek nie.
>>
>> Max____________________________
>>
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:40d7eb2b.0@news1.mweb.co.za...
>>
>>> Nix, 'n loods is die vliegtuig se drywer ook.
>>> "Max" wrote in message
>>> news:40d7e90f$0$37789$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>
>>>> 'n Loods is waar die LOOTS die vliegtuig parkeer... Dis nou as hy verby die
>>>> balk in sy oog kan sien...
>>
>>>> Ek begin wonder wat ek eintlik hier doen. Oor en oor kyk hoe mense mekaar op
>>>> hulle foute wys, is ook net so lank interessant.
>>
>>>> Max____________________________
>>
>>
>>>> "Suidwester" wrote in message
>>>> news:40d7d93a.0@news1.mweb.co.za...
>>
>>>> >Seker hoekom jy 'piloot'....die min asem, sien. Die regte woord is loods
>>>> >of vlieënier. Piloot is direk uit Engels uit.
>>>> >"Katryn" wrote in message
>>>> >news:b31ed05pulhtcuvfke37psoqcof2ddamcn@4ax.com...
>>>
>>>> >>Nie alleen het "Goose" die US open gewen nie, maar vandag het nog 'n
>>>> >>Suid Afrikaner geskiedenis gemaak toe Michael Melvill, die piloot vir
>>>> >>die eerste privaat ruimtevliegtuig, SpaceShipOne, 'n projek gesponsor
>>>> >>deur Paul Allen van Microsoft faam, 'n historiese ruimtevlug suksesvol
>>>> >>voltooi het.
>>>>
>>>> >>(Sjoe, na daai lang sin is ek skoon uitasem)
>>>>
>>>
>>
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |__&CO__|
|
|
|
Re: Voet-in-mond siektes [boodskap #94350 is 'n antwoord op boodskap #94332] |
Wed, 23 June 2004 07:29   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
My fok. Ek het nou net gesê ek praat nooit weer van loods nie, en hier kom
sê jy dat jou woordeboek sê dat dit reg is!!!
Max____________________________
"Katryn" skryf in boodskap news:54hgd0dk29qjjr55v5i9uklfki5uh91i34@4ax.com...
> "Suidwester" skryf:
>
>> Seker hoekom jy 'piloot'....die min asem, sien. Die regte woord is loods
>> of vlieënier. Piloot is direk uit Engels uit.
>
> Volgens my verklarende woordeboek van Kritzinger et al., bladsy 749:
> piloot', ..lote, loods; bestuurder van 'n vliegtuig.
> Piloot kom ook geensins direk uit Engels nie.
>
> WORD HISTORY The pilot of an aircraft speeding through the air and
> the pilot of a watercraft plowing through the water both drag an
> etymological foot on the ground. Surprisingly enough, considering its
> modern contexts, the English word pilot can be traced back to the
> Indo-European root *ped-, meaning "foot." From the lengthened-grade
> suffixed form *pedo- came the Greek word pedon, "blade of an oar," and
> in the plural, "steering oar." In Medieval Greek there is assumed to
> have existed the derivative *pedotes, "steersman," which passed into
> Old Italian and acquired several forms, including pedota, and pilota,
> the form that was borrowed into Old French as pilot. English borrowed
> the word from French, and as pilot it has moved from the water to the
> air, first being recorded in 1848 with reference to an airborne
> pilot-a balloonist.
>
|
|
|
Re: Geluk Suid Afrika! [boodskap #94355 is 'n antwoord op boodskap #94328] |
Wed, 23 June 2004 08:10   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
news:gZWBc.451407$Ar.143603@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "Suidwester" skryf
> ...
>> Sug! Ai tog antie! Jy kry 'n loods vir 'n vliegtuig en 'n skip. Dis
>> die ou wat in die ding sit en hom stuur
>
> Jy is, soos gewoonlik, weer stadiger as enigiemand
> anders. Jy mis die volgende stap in die argument oor
> die woord "loods" - dat die Nederlander en die Afrikaner
> wat in Nederland bly, verklaar dat 'n "loods" net gebruik
> word vir iemand op 'n skip, maar dat die Afrikaners blykbaar
> ook van loodse in vliegtuie praat. Dis heelwaarskynlik 'n
> klein stukkie taalgeskiedenis wat hom hier ontplooi. Tot
> en met die koms van vliegtuie vroeg in die twintigste eeu,
> is die woord "loods" in Nederlands alleen geken vir daardie
> mense wat die weg moes aanwys vir groter skepe wanneer
> hulle in die hawe inkom. Maar toe kom vliegtuie, en toe
> begin die mense in SA te praat van loodse vir vliegtuie.
> In Nederland is die woord "loods" egter blykbaar so
> 'n spesifieke woord vir die een wat op die water die
> skepe inloods, dat hulle sidder om dit vir vliegtuie te
> gebruik, en gebruik hulle dus heelwaarskynlik die
> woord "vlieënier" daarvoor.
>
> Gloudina
>
Jy's reg Gloudina.
Loods is spesifiek in vlak water. Hier gebruik hulle mos (vandag nog) bote
ook vir vervoer, in SA is daar nie soveel water nie... Daarom dat die
woordjie afgesterf/verander het.
Max____________________________
|
|
|
Re: Loodse [boodskap #94360 is 'n antwoord op boodskap #94349] |
Wed, 23 June 2004 08:37   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Max net om jou nog so 'n bietjie te roer: Jy loods 'n projek, maw jy gee
dit rigting. So loods jy 'n vliegtuig ook. Maar dan word die man wat die
vliegtuig bestuur ook 'n loods genoem.
"Max" skryf in boodskap news:40d9324a$0$36169$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Dankie vir jou lang verduideliking. Ek het egter besluit dat ek nooit meer
> van 'n loods sal praat in 'n vliegtuig nie, want dit is heeltemal verkeerd.
> Dis verkeerd in Nederlands en dis verkeerd in Afrikaans. Tot op hede het ons
> nog nie 'n woordeboek gesien wat loods beskryf as iemand wie 'n vliegtuig
> vlieg nie. Dit moes dus êrens in die volksmond ontstaan het. Ek gaan ook
> almal wie ek hoor van 'n loods praat, reghelp. (Ek skaam my dat ek gedink
> het dat dit 'n "loots" was!)
>
> Mens is nooit te oud om te leer nie.
>
> Max____________________________
>
>
> "knersus" wrote in message
> news:cb9vbd$hv4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Dieselfde loods wat jy in skeepvaart kry, is die loods van 'n vliegtuig,
>> natuurlik nie letterlik nie, maar in dié sin dat vliegterminologie uit
>> skeepvaart ontwikkel het. Kyk byv:
>> skip: lugskip (airship)
>> bakboord/stuurboord: net so oorgeneem met dieselfde betekenis
>> (port/starboard)
>> dek: ook 'n vliegtuig se vloer (deck)
>> romp: net so (hull)
>> kajuit: net so (cabin)
>> roer: net so oorgeneem (rudder)
>> koers: in Afr het ons net een woord vir Engels "direction" en "heading",
>> maar "heading" is die algemeen-aanvaarde skeepvaartterm, en dis die een
>> wat deur lugvaart gebruik word.
>> range: sover ek weet stem militêre range tussen vloot- en
>> lugmagoffisiere ook grootliks ooreen, ons praat byv van 'n kommodoor in
>> beide vloot en lugmag. Interessant ook, dat die een wat in beheer is
>> van die vlieg-/vaartuig, die kaptein genoem word, alhoewel dit niks met
>> sy werklike rang te doen het nie.
>> spoed word by albei in knope gemeet (vandag seker in km/h?)
>>
>> So kan mens seker nog lank aangaan.
>>
>> Op 'n syspoor: waar kom meeste (Engelse) motorterme vandaan? Vergeet
>> maar van knormoer, dit was 'n frats dat ons enigsins so 'n woord in ons
>> taal gekry het: iemand het tong-in-die-kies voorgestel dat dit die woord
>> moet wees vir 'n aansitter, en die woord is dink ek net eenkeer
>> "amptelik" in die woordeboek opgeneem, nogal slegs 'n proeflopie en dit
>> het bly vassteek.
>>
>> Waar het die meeste motorvoertuigontwikkeling plaasgevind?
>>
>>
>> Max wrote:
>>> Ek sou nie weet nie, as Gloudina vanmiddag wakker is aan daai kant van die
>>> aardbol sal sy sekerlik kan help. Ek weet net in Nederlands is daar iemand
>>> wat 'n loods genoem word, maar dis iemand wat 'n boot in vlak water lei, dus
>>> niks met vliegtuie te doen nie...
>>>
>>> Ek het nie 'n afrikaanse woordeboek nie.
>>>
>>> Max____________________________
>>>
>>>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:40d7eb2b.0@news1.mweb.co.za...
>>>
>>>> Nix, 'n loods is die vliegtuig se drywer ook.
>>>> "Max" wrote in message
>>>> news:40d7e90f$0$37789$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>
>>>> >'n Loods is waar die LOOTS die vliegtuig parkeer... Dis nou as hy verby die
>>>> >balk in sy oog kan sien...
>>>
>>>> >Ek begin wonder wat ek eintlik hier doen. Oor en oor kyk hoe mense mekaar op
>>>> >hulle foute wys, is ook net so lank interessant.
>>>
>>>> >Max____________________________
>>>
>>>
>>>> >"Suidwester" wrote in message
>>>> >news:40d7d93a.0@news1.mweb.co.za...
>>>
>>>> >>Seker hoekom jy 'piloot'....die min asem, sien. Die regte woord is loods
>>>> >>of vlieënier. Piloot is direk uit Engels uit.
>>>> >>"Katryn" wrote in message
>>>> >>news:b31ed05pulhtcuvfke37psoqcof2ddamcn@4ax.com...
>>>>
>>>> >>>Nie alleen het "Goose" die US open gewen nie, maar vandag het nog 'n
>>>> >>>Suid Afrikaner geskiedenis gemaak toe Michael Melvill, die piloot vir
>>>> >>>die eerste privaat ruimtevliegtuig, SpaceShipOne, 'n projek gesponsor
>>>> >>>deur Paul Allen van Microsoft faam, 'n historiese ruimtevlug suksesvol
>>>> >>>voltooi het.
>>>> >
>>>> >>>(Sjoe, na daai lang sin is ek skoon uitasem)
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>>
>> --
>> _______
>> | OSCAR |
>> |KNERSUS|
>> |__&CO__|
>
|
|
|
|
|
Re: Voet-in-mond siektes [boodskap #94376 is 'n antwoord op boodskap #94350] |
Wed, 23 June 2004 19:12   |
Francois Human
Boodskappe: 360 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Het die woord pi(e)loot nie een of ander Freudiaanse konteks nie?
Soois
"Max" skryf in boodskap news:40d932e1$0$43451$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> My fok. Ek het nou net gesê ek praat nooit weer van loods nie, en hier kom
> sê jy dat jou woordeboek sê dat dit reg is!!!
>
> Max____________________________
>
>
> "Katryn" wrote in message
> news:54hgd0dk29qjjr55v5i9uklfki5uh91i34@4ax.com...
>> "Suidwester" skryf:
>>
>>> Seker hoekom jy 'piloot'....die min asem, sien. Die regte woord is loods
>>> of vlieënier. Piloot is direk uit Engels uit.
>>
>> Volgens my verklarende woordeboek van Kritzinger et al., bladsy 749:
>> piloot', ..lote, loods; bestuurder van 'n vliegtuig.
>> Piloot kom ook geensins direk uit Engels nie.
>>
>> WORD HISTORY The pilot of an aircraft speeding through the air and
>> the pilot of a watercraft plowing through the water both drag an
>> etymological foot on the ground. Surprisingly enough, considering its
>> modern contexts, the English word pilot can be traced back to the
>> Indo-European root *ped-, meaning "foot." From the lengthened-grade
>> suffixed form *pedo- came the Greek word pedon, "blade of an oar," and
>> in the plural, "steering oar." In Medieval Greek there is assumed to
>> have existed the derivative *pedotes, "steersman," which passed into
>> Old Italian and acquired several forms, including pedota, and pilota,
>> the form that was borrowed into Old French as pilot. English borrowed
>> the word from French, and as pilot it has moved from the water to the
>> air, first being recorded in 1848 with reference to an airborne
>> pilot-a balloonist.
>>
>
|
|
|
Re: Loodse [boodskap #94378 is 'n antwoord op boodskap #94349] |
Wed, 23 June 2004 20:17   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dat 'n woord nie in 'n spesifieke woordeboek voorkom nie, beteken nie
dat dit verkeerd is nie. Woordeboeke is op hul beste net 'n versameling
van woorde wat iemand opgeteken het wat deur die volk gebruik word, met
min-of-meer alledaagse gebruiks- en betekeniswaardes. Taal word in die
eerste plek gedefinieer deur die *sprekers* daarvan. Woordeboeke kan
slegs riglyne vir standardisering stel hulle *definieer nie die taal nie*.
My 1994 HAT sê (so letterlik as moontlik weergegee):
*loods* (1) s.nw. (-e) Beampte wat skepe in en uit hawens lei . OPM:
Loods in die bet. "vlieënier" word nie aanbeveel nie. ww (geloods) ('n
Skip) deur moeilike vaarwater bring
(ens)
Let op dat dit nie die betekenis van "vlieënier" negeer nie, die HAT
maak wel 'n buiging na die volksmond toe deur te erken dat dié betekenis
wel bestaan.
Reader's Digest Engels-Afrikaanse woordeboek noem:
*loods* (=e) n. (1) pilot (of ship, aeroplane), shipman. loods (ge=)
pilot (ship); fly (plane)
(ens)
Albei noem ook die gebruik van loods as bêreplek vir vliegtuie.
Die woord is dus nie verkeerd in Afrikaans nie, inteendeel, so Max kan
hom maar gebruik. Meer nog: "Loods" is een lettergreep,, dus baie
korter as "vlieënier" met sy 3 lettergrepe, en dis ook korter en klink
minder vreemd (op my oor in elk geval) as "piloot". Miskien sou
Hollanders meer gediend wees met "piloot" of "vliegenier" (spelling??),
maar ek kan julle waarborg 90%+ Afrikaners gaan "loods" gebruik, die
ander 10% gaan "vlieënier" gebruik en almal gaan jou skeef aankyk as jy
"piloot" gebruik.
Wat betref die motorterme: ek kan nou nie vir julle vers en kapittel
aanhaal nie, want ek het dit toevallig eendag êrens raakgelees, so ek
gee die vir wat dit werd mag wees: blykbaar kom meeste motor-spesifieke
terme uit Frans uit. Die redenasie is dat hoewel die Duitsers die
eerste was om motors prakties moontlik te maak, het die Franse in die
vroeë jare van die 20ste eeu die meeste motorverwante uitvindsels
gemaak, dus het hulle terme vir die goed bly vassteek. Ekself kan
wragtie nou net aan één dink! Carburettor. Miskien distributor, maar
dan moes dit deur die Engelse direk oorgeneem was. Die Franse het in
elk geval die ding uitgevind. Bougicord vir die vonkdrade staan my nou
ook voor, maar ek dink dit word in eersgenoemde vorm slegs in Franryk en
die lae lande gebruik. Miskien kan julle ander nog terme uitdink of opspoor?
Wat my wel daardie tyd opgeval het, wat ek nou hierbo raakgelees het, is
dat die Franse meesal oplossings vir praktiese probleme van daardie dae
uitgedink het. Die Amerikaners, daardie motormal nasie? Hulle het al
die gemakgoeters uitgedink: outomatiese ratkaste, lugversorging in
motors, radio's en bandspelers. Handremme binne-in die motor.
Sinchronisasie. Skokbrekers. Noem maar op, hulle het dit uitgedink en
vervolmaak. Hulle het ook natuurlik die Franse se patente geneem en
verbeter. Die bekostigbare motor is deur die Amerikaners aan die
mensdom geskenk, deur die toedoen van mense soos Ford (ek kan nou nie
onthou wie was die groot gees agter Chevrolet/General Motors nie)
Max wrote:
> Dankie vir jou lang verduideliking. Ek het egter besluit dat ek nooit meer
> van 'n loods sal praat in 'n vliegtuig nie, want dit is heeltemal verkeerd.
> Dis verkeerd in Nederlands en dis verkeerd in Afrikaans. Tot op hede het ons
> nog nie 'n woordeboek gesien wat loods beskryf as iemand wie 'n vliegtuig
> vlieg nie. Dit moes dus êrens in die volksmond ontstaan het. Ek gaan ook
> almal wie ek hoor van 'n loods praat, reghelp. (Ek skaam my dat ek gedink
> het dat dit 'n "loots" was!)
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
|
|
|
|
Re: Loodse [boodskap #94381 is 'n antwoord op boodskap #94349] |
Wed, 23 June 2004 20:35   |
Loods
Boodskappe: 1 Geregistreer: June 2004
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On Wed, 23 Jun 2004 09:27:08 +0200, "Max" wrote:
> Dankie vir jou lang verduideliking. Ek het egter besluit dat ek nooit meer
> van 'n loods sal praat in 'n vliegtuig nie, want dit is heeltemal verkeerd.
korrek
>
> Mens is nooit te oud om te leer nie.
>
> Max____________________________
>
>
> "knersus"
>> Dieselfde loods wat jy in skeepvaart kry, is die loods van 'n vliegtuig, skwirts
>> spoed word by albei in knope gemeet (vandag seker in km/h?)
Hier word steeds in knope (en in vliegtuie natuurlik:-) gevlieg
soos Greenwich Mean Time (GMT), steeds die norm is.
skwirts skwirts skwirts
>>
>>>> >´n Loods is waar die LOOTS die vliegtuig parkeer... Dis nou as hy verby die
>>>> >balk in sy oog kan sien...
Dan sal hy ook heel by die woordeboek verby moet kan sien
>>>
>>>> >Ek begin wonder wat ek eintlik hier doen. Oor en oor kyk hoe mense
>>> mekaar op hulle foute wys, is ook net so lank interessant.
>>>
>>>> >Max____________________________
>>>
Ek is 'n vlieënier, gelissensïeer April 1974.
Na 30 jaar as lisensiehouer, behoort ek te weet waar van ek praat,
en in dieselfde 30 jaar het ek nooit enige vlieënier, of ander
lugdienspersoneel, van 'n vlieënier as 'n loods gehoor praat nie.
Woordeboekliks is dit reg. Prakties sou ek dit as leketaal beskou.
Loods
|
|
|
Re: Loodse [boodskap #94589 is 'n antwoord op boodskap #94349] |
Sat, 03 July 2004 16:29  |
Just-me
Boodskappe: 37 Geregistreer: June 2004
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Jy kry nerens in die Wêreld `n Loods wat vlieg nie.
`n Loods is die gebou waarin die vliegtuig staan.
Groete
On Wed, 23 Jun 2004 09:27:08 +0200, "Max" wrote:
> Dankie vir jou lang verduideliking. Ek het egter besluit dat ek nooit meer
> van 'n loods sal praat in 'n vliegtuig nie, want dit is heeltemal verkeerd.
> Dis verkeerd in Nederlands en dis verkeerd in Afrikaans. Tot op hede het ons
> nog nie 'n woordeboek gesien wat loods beskryf as iemand wie 'n vliegtuig
> vlieg nie. Dit moes dus êrens in die volksmond ontstaan het. Ek gaan ook
> almal wie ek hoor van 'n loods praat, reghelp. (Ek skaam my dat ek gedink
> het dat dit 'n "loots" was!)
>
> Mens is nooit te oud om te leer nie.
>
> Max____________________________
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 03:27:54 UTC 2025
|