Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 10:4
10:4 [boodskap #94240] Ma, 21 Junie 2004 09:23 na volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Onthou jul nog van "CB" BurgerBand radios? Het jul nog een in die kas
iewers - gebruik iemand nog daardie kanale (19 - 27)?

Hierdie nuusgroep laat my baie dink aan BB radio snert gesels, maar mammie
kannie vir pappie vra om brood en melk huistoe te bring na werk via die
Internet nie - ek neem aan ons gebruik nou selfoon en SMS - maar dit kos
geld en BB was/is gratis ...

Wat het geword van al daai elektronika en "police whip" antennas endiesmeer?

Dit was gawe dae van gawe mense ("Good Buddies") wat mekaar help ...

:-)

TJ
"Alpha Lima" van Durbanville
wat tot by Katima Mulilo kon praat ...
met 'n Royce 639 en 1/2 Wave wip op 'n mas.
Re: 10:4 [boodskap #94244 is 'n antwoord op boodskap #94240] Ma, 21 Junie 2004 09:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel, ek het nooit burgerband gehad nie. Maar het wel 'n ondervinding met dit
gehad. In Bloemfontein was daar 'n matriekmeisie in woonstel een met 'n BB -
ongelukkig kon ek al haar flirtasies op my radio opvang. Tot die ongelukkige
dag wat haar ma vir my kom kuier het , en my radio per ongeluk aan was.....
Toe is my sports ook oor:)))
--
Groetnis
Annette

"TJ" skryf in boodskap news:cb69eh$ciu$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Onthou jul nog van "CB" BurgerBand radios? Het jul nog een in die kas
> iewers - gebruik iemand nog daardie kanale (19 - 27)?
>
> Hierdie nuusgroep laat my baie dink aan BB radio snert gesels, maar mammie
> kannie vir pappie vra om brood en melk huistoe te bring na werk via die
> Internet nie - ek neem aan ons gebruik nou selfoon en SMS - maar dit kos
> geld en BB was/is gratis ...
>
> Wat het geword van al daai elektronika en "police whip" antennas endiesmeer?
>
> Dit was gawe dae van gawe mense ("Good Buddies") wat mekaar help ...
>
>
> :-)
>
> TJ
> "Alpha Lima" van Durbanville
> wat tot by Katima Mulilo kon praat ...
> met 'n Royce 639 en 1/2 Wave wip op 'n mas.
>
Re: 10:4 [boodskap #94275 is 'n antwoord op boodskap #94244] Ma, 21 Junie 2004 20:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pete  is tans af-lyn  Pete
Boodskappe: 61
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
Enige maatjie vir 'n praatjie op die een-nege?
Re: 10:4 [boodskap #94281 is 'n antwoord op boodskap #94240] Di, 22 Junie 2004 06:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy moenie so hard wees op die CB's nie! Mens kan net wonder hoeveel skelm
kindertjies is gemaak agv die vryery op die radio! Die BB as algemene
gebruik het totaal verval hier by ons. Ek dink die koms van TV het dit by
ons grootliks gekelder. Selfone was eers heelwat later. Daar is heelwat
ouens wat ou CB's baie goedkoop optel, maar eintlik is die CB op sy 27MHz
frekwensie op seker die swakste deel van die frekwensiespektrum [daarom is
dit vir BB gegee!] en soos alle HF radios kan hy vir jou kontak gee op 20Km,
maar jou pêl wat net 'n 100m van jou af is kan jou nie hoor nie. Die
stelle se krag was ook beperk tot 4W as ek reg onthou. Ons het van hulle
'warm' gemaak en die uitset opgejaag en kon verder praat, maar dit het van
die landskap afgehang hoe ver jy gaan praat en hoe naby ook. Dis te
wisselvallig. Lekker om mee te speel as daar iemand anders met 'n lekker
sexy stem op die anderkant is, maar as 'n gebruiksradio eintlik 'useless'.
Op die platteland is VHF [so 120 - 180MHz, ek dink!] beter en kan jy
maklik op gewone antennas so 40km plus sig koms kry en as jy vir die een
radio 'n basisradio met 'n effe lange paal gee, dan is dit maklik 80 -
100km. Gee jy hom egter 'n 'repeater' om by in te skakel, dan is dit
maklik 120km plus. UHF daarenteen, word in die stede gebruik want die
frekwensie word deur niks gestop nie, maar reik nie so ver nie[5km]. Deur
herhaaldelike 'repeaters' dwars oor 'n stad op te sit, dan praat die mense
maklik met mekaar.
O ja, die regte HF radios waarop die amateurs rondspeel [dis nou vanaf
8Mhz +...] reik maklik duisende km's, maar daarvoor het jy een moerse
antenna nodig. Sien jy nou, ek wou saam met jou gekskeer en toe gee ek jou
'n les!

"TJ" skryf in boodskap news:cb69eh$ciu$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Onthou jul nog van "CB" BurgerBand radios? Het jul nog een in die kas
> iewers - gebruik iemand nog daardie kanale (19 - 27)?
>
> Hierdie nuusgroep laat my baie dink aan BB radio snert gesels, maar mammie
> kannie vir pappie vra om brood en melk huistoe te bring na werk via die
> Internet nie - ek neem aan ons gebruik nou selfoon en SMS - maar dit kos
> geld en BB was/is gratis ...
>
> Wat het geword van al daai elektronika en "police whip" antennas endiesmeer?
>
> Dit was gawe dae van gawe mense ("Good Buddies") wat mekaar help ...
>
>
> :-)
>
> TJ
> "Alpha Lima" van Durbanville
> wat tot by Katima Mulilo kon praat ...
> met 'n Royce 639 en 1/2 Wave wip op 'n mas.
>
Re: 10:4 [boodskap #94290 is 'n antwoord op boodskap #94281] Di, 22 Junie 2004 08:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Net soos op BB - altyd 'n ekspert iewers (tussen die perverts) op die golwe.

:-)

TJ

"Suidwester" skryf in boodskap news:40d7d937.0@news1.mweb.co.za...
> Jy moenie so hard wees op die CB's nie! Mens kan net wonder hoeveel skelm
> kindertjies is gemaak agv die vryery op die radio! Die BB as algemene
> gebruik het totaal verval hier by ons. Ek dink die koms van TV het dit by
> ons grootliks gekelder. Selfone was eers heelwat later. Daar is heelwat
> ouens wat ou CB's baie goedkoop optel, maar eintlik is die CB op sy 27MHz
> frekwensie op seker die swakste deel van die frekwensiespektrum [daarom is
> dit vir BB gegee!] en soos alle HF radios kan hy vir jou kontak gee op 20Km,
> maar jou pêl wat net 'n 100m van jou af is kan jou nie hoor nie.
Re: 10:4 [boodskap #94291 is 'n antwoord op boodskap #94290] Di, 22 Junie 2004 08:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))) Suidwester weet van baie ou goed:)))
--
Groetnis
Annette

"TJ" skryf in boodskap news:cb8q91$3ov$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Net soos op BB - altyd 'n ekspert iewers (tussen die perverts) op die golwe.
>
> :-)
>
> TJ
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40d7d937.0@news1.mweb.co.za...
>> Jy moenie so hard wees op die CB's nie! Mens kan net wonder hoeveel skelm
>> kindertjies is gemaak agv die vryery op die radio! Die BB as algemene
>> gebruik het totaal verval hier by ons. Ek dink die koms van TV het dit by
>> ons grootliks gekelder. Selfone was eers heelwat later. Daar is heelwat
>> ouens wat ou CB's baie goedkoop optel, maar eintlik is die CB op sy 27MHz
>> frekwensie op seker die swakste deel van die frekwensiespektrum [daarom is
>> dit vir BB gegee!] en soos alle HF radios kan hy vir jou kontak gee op 20Km,
>> maar jou pêl wat net 'n 100m van jou af is kan jou nie hoor nie.
>
Re: 10:4 [boodskap #94294 is 'n antwoord op boodskap #94291] Di, 22 Junie 2004 09:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hmmm! Soos om hulle 'op te start'!!

"Annette" skryf in boodskap news:cb8sav$7qv$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> :))) Suidwester weet van baie ou goed:)))
> --
> Groetnis
> Annette
> "TJ" wrote in message
> news:cb8q91$3ov$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Net soos op BB - altyd 'n ekspert iewers (tussen die perverts) op die golwe.
>>
>> :-)
>>
>> TJ
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:40d7d937.0@news1.mweb.co.za...
>>> Jy moenie so hard wees op die CB's nie! Mens kan net wonder hoeveel skelm
>>> kindertjies is gemaak agv die vryery op die radio! Die BB as algemene
>>> gebruik het totaal verval hier by ons. Ek dink die koms van TV het dit by
>>> ons grootliks gekelder. Selfone was eers heelwat later. Daar is heelwat
>>> ouens wat ou CB's baie goedkoop optel, maar eintlik is die CB op sy 27MHz
>>> frekwensie op seker die swakste deel van die frekwensiespektrum [daarom is
>>> dit vir BB gegee!] en soos alle HF radios kan hy vir jou kontak gee op 20Km,
>>> maar jou pêl wat net 'n 100m van jou af is kan jou nie hoor nie.
>>
>
Re: 10:4 [boodskap #94591 is 'n antwoord op boodskap #94275] Sa, 03 Julie 2004 16:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Just-me  is tans af-lyn  Just-me
Boodskappe: 37
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Ja, daar was baie slang taal ook:
Enige koei vir `n stoei, hiers `n bul wat wil... Dit was geroep op 19
vir `n maatjie...

Hoe gaan dit met jou?
Ag sommer so tussen die bobeen en die sykous en met jou

Ek het nog steeds van die goed en hulle kom handig te pas as ons in
Angola of Moz. werk. Jy kry taamlik ver koms op USB en dan is daar net
en draadjie wat jy knip en op `n skakelaar sit dan het jy nog omtrent
120 extra kanale ook by, afhangende van watse stel jy gebruik.

Oor en uit..
Daar was ook nog nooit so iets soos oor en uit nie??

Groete
Frik

On Mon, 21 Jun 2004 22:14:25 +0200, "Pete" wrote:

> Enige maatjie vir 'n praatjie op die een-nege?
>
Re: 10:4 [boodskap #94592 is 'n antwoord op boodskap #94281] Sa, 03 Julie 2004 16:49 Na vorige boodskap
Just-me  is tans af-lyn  Just-me
Boodskappe: 37
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
TJ, jy praat nou meer van "skips" hoor.
As jy VHF en veral opgaan na UHF sonred `n herhaler is dit maar
eintlik line of sight soos hulle sê.

Op HF praat hulle van skip kondisies maar daardie siklus is nou op sy
laagste en sal eers weer oor so 8 Jaar beginne optel dan praat `n ou
weer die Wereld vol.
Standaard vir SSB is 12 Watt.

Groete

On Tue, 22 Jun 2004 07:57:49 +0100, "Suidwester" wrote:

> Jy moenie so hard wees op die CB's nie! Mens kan net wonder hoeveel skelm
> kindertjies is gemaak agv die vryery op die radio! Die BB as algemene
> gebruik het totaal verval hier by ons. Ek dink die koms van TV het dit by
> ons grootliks gekelder. Selfone was eers heelwat later. Daar is heelwat
> ouens wat ou CB's baie goedkoop optel, maar eintlik is die CB op sy 27MHz
> frekwensie op seker die swakste deel van die frekwensiespektrum [daarom is
> dit vir BB gegee!] en soos alle HF radios kan hy vir jou kontak gee op 20Km,
> maar jou pêl wat net 'n 100m van jou af is kan jou nie hoor nie. Die
> stelle se krag was ook beperk tot 4W as ek reg onthou. Ons het van hulle
> 'warm' gemaak en die uitset opgejaag en kon verder praat, maar dit het van
> die landskap afgehang hoe ver jy gaan praat en hoe naby ook. Dis te
> wisselvallig. Lekker om mee te speel as daar iemand anders met 'n lekker
> sexy stem op die anderkant is, maar as 'n gebruiksradio eintlik 'useless'.
> Op die platteland is VHF [so 120 - 180MHz, ek dink!] beter en kan jy
> maklik op gewone antennas so 40km plus sig koms kry en as jy vir die een
> radio 'n basisradio met 'n effe lange paal gee, dan is dit maklik 80 -
> 100km. Gee jy hom egter 'n 'repeater' om by in te skakel, dan is dit
> maklik 120km plus. UHF daarenteen, word in die stede gebruik want die
> frekwensie word deur niks gestop nie, maar reik nie so ver nie[5km]. Deur
> herhaaldelike 'repeaters' dwars oor 'n stad op te sit, dan praat die mense
> maklik met mekaar.
> O ja, die regte HF radios waarop die amateurs rondspeel [dis nou vanaf
> 8Mhz +...] reik maklik duisende km's, maar daarvoor het jy een moerse
> antenna nodig. Sien jy nou, ek wou saam met jou gekskeer en toe gee ek jou
> 'n les!
> "TJ" wrote in message
> news:cb69eh$ciu$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Onthou jul nog van "CB" BurgerBand radios? Het jul nog een in die kas
>> iewers - gebruik iemand nog daardie kanale (19 - 27)?

>> Hierdie nuusgroep laat my baie dink aan BB radio snert gesels, maar mammie
>> kannie vir pappie vra om brood en melk huistoe te bring na werk via die
>> Internet nie - ek neem aan ons gebruik nou selfoon en SMS - maar dit kos
>> geld en BB was/is gratis ...

>> Wat het geword van al daai elektronika en "police whip" antennas
> endiesmeer?

>> Dit was gawe dae van gawe mense ("Good Buddies") wat mekaar help ...


>> :-)

>> TJ
>> "Alpha Lima" van Durbanville
>> wat tot by Katima Mulilo kon praat ...
>> met 'n Royce 639 en 1/2 Wave wip op 'n mas.



>
Vorige onderwerp: Geluk Suid Afrika!
Volgende onderwerp: Hallo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 09:35:48 MGT 2024