| Idioom: DOPPIES BLAAS [boodskap #9418] |
Wo., 21 Mei 1997 00:00  |
Alwyn Nel[2]
Boodskappe: 23 Geregistreer: April 1997
|
Junior Lid |
|
|
In article <5lslio$lhs$1...@nntp.igs.net>, @igs.net says...
>
> Idioom: Gaan blaas doppies.
> "Gaan blaas doppies. Ek wil niks met jou te doen
> hê nie. Gaan bars."
>
> The background of this idiom is obscure. I asked
> So, all that remains for me now is to say:
> "Thotmes 3, gaan blaas doppies. Tula man".
>
> Gloudina Bouwer
>
Ha ha ... Pragtig Gloudina! Nouja, ons het die raaisel van die doppies
nog nie opgelos nie, maar die ou Farao is immers op sy plek gesit.
Afrikaans is pragtig, en hy en bleah kan probeer tot die koeie huistoe
kom om ons daarvan te laat afsien, maar praat gaan ons hom praat.
Alwyn
|
|
|
|
|
|
| Re: Idioom: DOPPIES BLAAS [boodskap #9444 is 'n antwoord op boodskap #9418] |
Do., 22 Mei 1997 00:00  |
diaan
Boodskappe: 6 Geregistreer: April 1997
|
Junior Lid |
|
|
Ek kan onthou hoe ons as kinders die doppies van akkers gebruik het om mee
te vluit. En dit is waarna ons verwys het as ons 'n ander kind vertel het
om te gaan doppies blaas. Het dit ook nog nooit gebruik om vir iemand te se
hy mors sy tyd, meer dat hy moet "voetsek".
|
|
|
|