Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » anti
anti [boodskap #94165] Do, 17 Junie 2004 15:33 na volgende boodskap
DanielJan  is tans af-lyn  DanielJan
Boodskappe: 84
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Volle Lid
Vandag ervaar ek uit die bloute 'n helder gloeilamp oomblik! Ek's 'n
praktiserende sielkundige - dit noem ek bloot as agtergrond tot my aanname
wat volg.

anti. Vannuit 'n sielkundige perspektief, voel ek dat sy nogal 'pret' geniet
as ander op die nuusgroep haar oor-en-weer aanval. Op 'n Freudian wyse dink
ek kielie dit haar waar sy lekker kry. So glo ek ook dat sy moedswillig
aanstoot veroorsaak bloot om gekielie te word. Jammer dat haar annerhelf nie
die nodige kielie-werk kan doen nie. Mind you, with her presented
personality, I wouldn't lie to kielie her either.

DanielJan
--
...............................
Daniel Jan le Roux
IBICF
0414 56 11 02
dan...@thelerouxs.com
This email has been checked utilising the latest version of Norton
AntiVirus.
Re: anti [boodskap #94166 is 'n antwoord op boodskap #94165] Do, 17 Junie 2004 16:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DanielJan" skryf

> Vandag ervaar ek uit die bloute 'n helder gloeilamp oomblik! Ek's 'n
> praktiserende sielkundige - dit noem ek bloot as agtergrond tot my aanname
> wat volg.

Ag, dierbaarheid, agteros kom ook in die kraal.
Dink jy nie dat meeste mense op hierdie nuusgroep al
lankal uitgereken het dat dit Tant Hessie se strategie
is om die nuusgroep op en wakker en aan die lewe
te hou nie?
Miskien moet jy nog bietjie dieper dink, as 'n
praktiserende sielkundige dit kan doen. Hoe
interpreteer jy haar gebruik van skuilname?

Tant Hessie van die Derde Republiek
Re: anti [boodskap #94167 is 'n antwoord op boodskap #94165] Do, 17 Junie 2004 16:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DanielJan" skryf

. Op 'n Freudian wyse dink
> ek kielie dit haar waar sy lekker kry. So glo ek ook dat sy moedswillig
> aanstoot veroorsaak bloot om gekielie te word. Jammer dat haar annerhelf nie
> die nodige kielie-werk kan doen nie. Mind you, with her presented
> personality, I wouldn't lie to kielie her either.

Ek dink nie jy verstaan die Freudiaanse sisteem
van denke as jy so onhandig is met jou interpretasies
nie. Ek let op dat jy meestal in Engels skryf,
gewoonlik taamlik onhandige Engels ook, moet
ek sê. En dat jy ook baie vuil- en vloekwoorde
gebruik. Geen wonder jy het uitgewyk na
Australië toe nie. Seker een van die joggies
wat moes skoert toe daar meer kompetisie
op die arbeidsmark kom.

Penkop op wag.
Re: anti [boodskap #94174 is 'n antwoord op boodskap #94165] Vr, 18 Junie 2004 09:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek sou graag wil weet wanneer en waar jy jou graad gehaal het... Ook watse
soort sielkundige jy (dink jy) is.

Ek verwag regtig meer van sielkundiges as dit....

Max____________________________

"DanielJan" wrote in message
news:40d1b9cf$0$28944$5a62ac22@per-qv1-newsreader-01.iinet.n et.au...
> Vandag ervaar ek uit die bloute 'n helder gloeilamp oomblik! Ek's 'n
> praktiserende sielkundige - dit noem ek bloot as agtergrond tot my aanname
> wat volg.
>
> anti. Vannuit 'n sielkundige perspektief, voel ek dat sy nogal 'pret' geniet
> as ander op die nuusgroep haar oor-en-weer aanval. Op 'n Freudian wyse dink
> ek kielie dit haar waar sy lekker kry. So glo ek ook dat sy moedswillig
> aanstoot veroorsaak bloot om gekielie te word. Jammer dat haar annerhelf nie
> die nodige kielie-werk kan doen nie. Mind you, with her presented
> personality, I wouldn't lie to kielie her either.
>
> DanielJan
> --
> ...............................
> Daniel Jan le Roux
> IBICF
> 0414 56 11 02
> dan...@thelerouxs.com
> This email has been checked utilising the latest version of Norton
> AntiVirus.
>
Re: anti [boodskap #94175 is 'n antwoord op boodskap #94174] Vr, 18 Junie 2004 10:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DanielJan  is tans af-lyn  DanielJan
Boodskappe: 84
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Volle Lid
Ek beantwoord graag beide max en anti gelyktydig.

Graad behaal met lof in 1978 as 'n UNISA student. Doktorsgraad in sielkunde
behaal in 1984. max, wat is die 'dit' waarna jy verwys in jou antwoord? Is
my stelling miskien te diep vir jou? Laat weet, dan plaas ek dit weer in 'n
meer aanvaarbare vorm (vir jou). Gelukkig het ek reeds jare terug die
stadium bereik waar ek nie meer hoef te dink aan watse (jou woordkeuse)
soort sielkundige ek is. Noem asseblief wat jy verwag, miskien kan ek
help....

ja anti, jy is nogal skerp! Ek skryf dikwels in ingels, maar wat jy
klaarblyklik nie verstaan of agterkom nie, is dat ek net in ingels antwoord
op jou plasings! Geen ander nie. Die vloekery sou ek gedink het jy verstaan
aangesien ek elke keer met my 'vloekslag', wel verduidelik dat dit nie my
gewoonte is om te vloek nie, maar dat jy my daartoe dryf. As ek reg onthou,
het ek ook elke keer vir die ander nuusgroeplede om verskoning gevra. Ek is
bloot mens, en ek word soms vies en kwaad vir ander se houdings, dan vloek
ek soms. En ek vra wel ook om verskoning as ek vloek.

Nee, ek het nie Ozzie toe 'gevlug' nie. Ek is 'n besonderse aantreklike pos
aangebied wat ek gekies het om te aanvaar (ge-head-hunt, soos die ingelse
sê). Ek is, en sal altyd 'n Suid Afrikaander bly. Met trots.

"Max" skryf in boodskap news:40d2b591$0$6968$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Ek sou graag wil weet wanneer en waar jy jou graad gehaal het... Ook watse
> soort sielkundige jy (dink jy) is.
>
> Ek verwag regtig meer van sielkundiges as dit....
>
> Max____________________________
>
>
> "DanielJan" wrote in message
> news:40d1b9cf$0$28944$5a62ac22@per-qv1-newsreader-01.iinet.n et.au...
>> Vandag ervaar ek uit die bloute 'n helder gloeilamp oomblik! Ek's 'n
>> praktiserende sielkundige - dit noem ek bloot as agtergrond tot my aanname
>> wat volg.
>>
>> anti. Vannuit 'n sielkundige perspektief, voel ek dat sy nogal 'pret' geniet
>> as ander op die nuusgroep haar oor-en-weer aanval. Op 'n Freudian wyse dink
>> ek kielie dit haar waar sy lekker kry. So glo ek ook dat sy moedswillig
>> aanstoot veroorsaak bloot om gekielie te word. Jammer dat haar annerhelf nie
>> die nodige kielie-werk kan doen nie. Mind you, with her presented
>> personality, I wouldn't lie to kielie her either.
>>
>> DanielJan
>> --
>> ...............................
>> Daniel Jan le Roux
>> IBICF
>> 0414 56 11 02
>> dan...@thelerouxs.com
>> This email has been checked utilising the latest version of Norton
>> AntiVirus.
>>
>
Re: anti [boodskap #94176 is 'n antwoord op boodskap #94175] Vr, 18 Junie 2004 10:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Luister, my maat, jy kan maar probeer, maar jy gaan dit nie regkry om 'n
stelling te maak, te diep vir my om te verstaan nie...

Ek dink eerder dat jy mý nie verstaan nie. Ek wou weet of jy klinies,
bedrijfs, neuro of watookal is... Daar is verskillende soorte sielkundiges,
het jy nie geweet nie?

Met "dit" het ek bedoel dat 'n sielkundige wat sy sout werd is, nie sal op
iemand afdaal soos jy nie. Ook nie iemand "anti" noem nie (hoe snaaks dit
ookal is). Ook nie iemand sal veroordeel as hy hom nie eers goed beluister
het nie.

Jy's duidelik nie 'n sielkundige om mense te help nie, nee, jy doen dit vir
die geld.

Ek's bly jou graad word in Oz herken. Hier in Nederland kry jy jou eerste
jaar vrygestel as jy 'n honeursgraad (sielkunde) van Unisa het. Dit suig ek
nie uit my duim nie, hoor.

Max____________________________

"DanielJan" wrote in message
news:40d2c622$0$28966$5a62ac22@per-qv1-newsreader-01.iinet.n et.au...
> Ek beantwoord graag beide max en anti gelyktydig.
>
> Graad behaal met lof in 1978 as 'n UNISA student. Doktorsgraad in sielkunde
> behaal in 1984. max, wat is die 'dit' waarna jy verwys in jou antwoord? Is
> my stelling miskien te diep vir jou? Laat weet, dan plaas ek dit weer in 'n
> meer aanvaarbare vorm (vir jou). Gelukkig het ek reeds jare terug die
> stadium bereik waar ek nie meer hoef te dink aan watse (jou woordkeuse)
> soort sielkundige ek is. Noem asseblief wat jy verwag, miskien kan ek
> help....
>
> ja anti, jy is nogal skerp! Ek skryf dikwels in ingels, maar wat jy
> klaarblyklik nie verstaan of agterkom nie, is dat ek net in ingels antwoord
> op jou plasings! Geen ander nie. Die vloekery sou ek gedink het jy verstaan
> aangesien ek elke keer met my 'vloekslag', wel verduidelik dat dit nie my
> gewoonte is om te vloek nie, maar dat jy my daartoe dryf. As ek reg onthou,
> het ek ook elke keer vir die ander nuusgroeplede om verskoning gevra. Ek is
> bloot mens, en ek word soms vies en kwaad vir ander se houdings, dan vloek
> ek soms. En ek vra wel ook om verskoning as ek vloek.
>
> Nee, ek het nie Ozzie toe 'gevlug' nie. Ek is 'n besonderse aantreklike pos
> aangebied wat ek gekies het om te aanvaar (ge-head-hunt, soos die ingelse
> sê). Ek is, en sal altyd 'n Suid Afrikaander bly. Met trots.
>
>
> "Max" wrote in message
> news:40d2b591$0$6968$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> Ek sou graag wil weet wanneer en waar jy jou graad gehaal het... Ook watse
>> soort sielkundige jy (dink jy) is.
>>
>> Ek verwag regtig meer van sielkundiges as dit....
>>
>> Max____________________________
>>
>>
>> "DanielJan" wrote in message
>> news:40d1b9cf$0$28944$5a62ac22@per-qv1-newsreader-01.iinet.n et.au...
>>> Vandag ervaar ek uit die bloute 'n helder gloeilamp oomblik! Ek's 'n
>>> praktiserende sielkundige - dit noem ek bloot as agtergrond tot my aanname
>>> wat volg.
>>>
>>> anti. Vannuit 'n sielkundige perspektief, voel ek dat sy nogal 'pret' geniet
>>> as ander op die nuusgroep haar oor-en-weer aanval. Op 'n Freudian wyse dink
>>> ek kielie dit haar waar sy lekker kry. So glo ek ook dat sy moedswillig
>>> aanstoot veroorsaak bloot om gekielie te word. Jammer dat haar annerhelf nie
>>> die nodige kielie-werk kan doen nie. Mind you, with her presented
>>> personality, I wouldn't lie to kielie her either.
>>>
>>> DanielJan
>>> --
>>> ...............................
>>> Daniel Jan le Roux
>>> IBICF
>>> 0414 56 11 02
>>> dan...@thelerouxs.com
>>> This email has been checked utilising the latest version of Norton
>>> AntiVirus.
>>>
>>
>
Re: anti [boodskap #94177 is 'n antwoord op boodskap #94165] Vr, 18 Junie 2004 10:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hie hie hie, bly om te sien dat jy my verstaan het, Gloudina.

Dan is daar natuurlik nog die verskillende onderdele van bv klinies. (Nie
almal hang Freud aan nie) Ek twyfel steeds meer aan dié ou se kwalifikasie.

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:YVzAc.321440$Ar.104985@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "DanielJan" skryf
>
> Gelukkig het ek reeds jare terug die
>> stadium bereik waar ek nie meer hoef te dink aan watse (jou woordkeuse)
>> soort sielkundige ek is.
>
> Maar jy sien, dis net daar waar mens agterdogtig raak. Want
> veral in die Sielkunde maak dit nogal baie saak "watter soort
> sielkundige" jy is. Is jy in kliniese sielkunde of is jy 'n psigiater
> of is jy iemand wat sielkundige metings doen, ensovoorts,
> ensovoorts. En as jy, byvoorbeeld, "in Sielkunde klasgee"
> kan jy jou dan 'n "sielkundige" noem?
> Hier in Noord-Amerika het "sielkunde" ongelukkig een van
> die "bird courses" geword wat almal neem as hulle dit nie
> in die meer intense vakke kan uithou nie. Eintlik was dit
> selfs in my jong dae op Stellenbosch ook so: daar was
> menige outjies wat uiteindelik met Sielkunde as hoofvak
> gesit het omdat hulle nie die nodige predikate gehad het
> vir die vak wat hulle eintlik "kom loop" het nie.
> Ek is geinteresseerd. Moes jy in Australië die nodige
> eksamens aflê of die nodige tydperk onder supervisie
> praktiseer voordat jy permissie van 'n liggaam kon kry
> om as sielkundige te praktiseer?
>
> Gloudina
>
Re: anti [boodskap #94178 is 'n antwoord op boodskap #94175] Vr, 18 Junie 2004 10:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DanielJan" skryf

Gelukkig het ek reeds jare terug die
> stadium bereik waar ek nie meer hoef te dink aan watse (jou woordkeuse)
> soort sielkundige ek is.

Maar jy sien, dis net daar waar mens agterdogtig raak. Want
veral in die Sielkunde maak dit nogal baie saak "watter soort
sielkundige" jy is. Is jy in kliniese sielkunde of is jy 'n psigiater
of is jy iemand wat sielkundige metings doen, ensovoorts,
ensovoorts. En as jy, byvoorbeeld, "in Sielkunde klasgee"
kan jy jou dan 'n "sielkundige" noem?
Hier in Noord-Amerika het "sielkunde" ongelukkig een van
die "bird courses" geword wat almal neem as hulle dit nie
in die meer intense vakke kan uithou nie. Eintlik was dit
selfs in my jong dae op Stellenbosch ook so: daar was
menige outjies wat uiteindelik met Sielkunde as hoofvak
gesit het omdat hulle nie die nodige predikate gehad het
vir die vak wat hulle eintlik "kom loop" het nie.
Ek is geinteresseerd. Moes jy in Australië die nodige
eksamens aflê of die nodige tydperk onder supervisie
praktiseer voordat jy permissie van 'n liggaam kon kry
om as sielkundige te praktiseer?

Gloudina
Re: anti [boodskap #94180 is 'n antwoord op boodskap #94175] Vr, 18 Junie 2004 11:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DanielJan" skryf

> ja anti, jy is nogal skerp! Ek skryf dikwels in ingels, maar wat jy
> klaarblyklik nie verstaan of agterkom nie, is dat ek net in ingels antwoord
> op jou plasings! Geen ander nie. Die vloekery sou ek gedink het jy verstaan
> aangesien ek elke keer met my 'vloekslag', wel verduidelik dat dit nie my
> gewoonte is om te vloek nie, maar dat jy my daartoe dryf.

Nou, watter belaglike reaksie van 'n "sielkundige."
Dat jy jou nou so maklik na iets toe kan laat "dryf."
Jy, wat sensitief behoort te wees vir emosies en die effekte
van emosies en die manipulasie van emosies. In plaas van
om in kontrole te wees, soos Tant Hessie altyd is, laat jy
jou heen en weer dryf deur jou emosies. Miskien is dit
dit wat vir jou uit SA laat uithardloop het toe jy dink die
"swart gevaar" neem oor?

Penkop van die prairies
Re: anti [boodskap #94181 is 'n antwoord op boodskap #94175] Vr, 18 Junie 2004 11:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DanielJan" skryf

Ek is, en sal altyd 'n Suid Afrikaander bly. Met trots.

Nou boeta, dan moet jy in die eerste plek onthou dat mens
dit "Afrikaner" spel en nie "Afrikaander" nie. Sover ek kan
onthou word die woord "Afrikaander" net vir die beeste
gebruik.
Ek is geinteresseerd. Wanneer is jy uit SA uit?

Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
As die skadus daal, dan tel sy hulle weer op.
Re: anti [boodskap #94184 is 'n antwoord op boodskap #94176] Vr, 18 Junie 2004 11:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DanielJan  is tans af-lyn  DanielJan
Boodskappe: 84
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Volle Lid
Jy is reg Max, ek het jou verkeerd verstaan. Ek het jou antwoord op my
plasing as sarkasties en sinies ervaar. Ek vra om verskoning, maar voel wel
dat jou woordkeuse "dink jy" (in hakkies), effe sinies en sarkasties is.
Sonder die twee woorde sou ek jou waarskynlik beter en korrek verstaan het.
Selfs jou stelling: "Daar is verskillende soorte sielkundiges, het jy nie
geweet nie?" spreek van sarkasme. Voel jy steeds dat ek jou verkeerd
verstaan het?

Dus antwoord ek jou nou met 'n nuwe insig: ek is 'n kliniese sielkundige.

Jy maak wel 'n fout met jou treffende waarneming: "Jy's duidelik nie 'n
sielkundige om mense te help nie, nee, jy doen dit vir
die geld". Jy matig jou dit aan om my 'reg te help' deur te noem "Ook
nie iemand sal veroordeel as hy hom nie eers goed beluister
het nie.". Jy vind dit wel OK om my aan te spreek en 'n oordeel te verg. Ken
jy my? Het jy my genoeg 'beluister' om 'n oordeel te kan maak? Jy vat my
aan omdat ek iemand anders durf veroordeel, maar hier doen jy dit self! Ek
glo dat ek die anti al genoeg beluister het om 'n opinie te kan lewer.

Oor die geld indruk wat jy het. Ek het vir jare lank gratis in Johannesburg
my dienste aangebied vir die '702 Crisis Clinic'. Ek het vele aande daar
daargebring sonder enige vergoeding, en met vrede in my hart. Hier in Oz het
ek 'n suksesvolle praktyk bedags (en my tariewe is heel kompiterend), en
na-ure en naweke bied ek my dienste gratis aan 'LifeLine' en 'The Good
Samaritans'.

Net soos anti op die nuusgroep 'speel', 'speel' ek ook. Ek sal die woord
'anti' gebruik vir solank as wat ek wil. Moenie jy soos die anti probeer
baas speel nie! Dit is haar rol.

Het jy nog 'n eiertjie om te lê? Of suig jy te lekker aan jou duim (Freud
het baie oor duimsuigery te sê).

DanielJan

"Max" skryf in boodskap news:40d2caa4$0$36860$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Luister, my maat, jy kan maar probeer, maar jy gaan dit nie regkry om 'n
> stelling te maak, te diep vir my om te verstaan nie...
>
> Ek dink eerder dat jy mý nie verstaan nie. Ek wou weet of jy klinies,
> bedrijfs, neuro of watookal is... Daar is verskillende soorte sielkundiges,
> het jy nie geweet nie?
>
> Met "dit" het ek bedoel dat 'n sielkundige wat sy sout werd is, nie sal op
> iemand afdaal soos jy nie. Ook nie iemand "anti" noem nie (hoe snaaks dit
> ookal is). Ook nie iemand sal veroordeel as hy hom nie eers goed beluister
> het nie.
>
> Jy's duidelik nie 'n sielkundige om mense te help nie, nee, jy doen dit vir
> die geld.
>
> Ek's bly jou graad word in Oz herken. Hier in Nederland kry jy jou eerste
> jaar vrygestel as jy 'n honeursgraad (sielkunde) van Unisa het. Dit suig ek
> nie uit my duim nie, hoor.
>
> Max____________________________
>
Re: anti [boodskap #94187 is 'n antwoord op boodskap #94184] Vr, 18 Junie 2004 11:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nie ingespring met "Ek is 'n sielkundige" nie.

Ek is die sarkastiesste mens op hierdie groep. Mooi dat jy dit raaksien, nie
almal sien dit altyd nie.

Hoe en hoeveel geld jy verdien is jou saak, my punt het meer oor die mense
interaksie gegaan.

Nou suig ek my duim? Soos ek elders gesê het, nie almal is Freud aanhangers
nie.

Max____________________________

"DanielJan" wrote in message
news:40d2d1f7$0$28952$5a62ac22@per-qv1-newsreader-01.iinet.n et.au...
> Jy is reg Max, ek het jou verkeerd verstaan. Ek het jou antwoord op my
> plasing as sarkasties en sinies ervaar. Ek vra om verskoning, maar voel wel
> dat jou woordkeuse "dink jy" (in hakkies), effe sinies en sarkasties is.
> Sonder die twee woorde sou ek jou waarskynlik beter en korrek verstaan het.
> Selfs jou stelling: "Daar is verskillende soorte sielkundiges, het jy nie
> geweet nie?" spreek van sarkasme. Voel jy steeds dat ek jou verkeerd
> verstaan het?
>
> Dus antwoord ek jou nou met 'n nuwe insig: ek is 'n kliniese sielkundige.
>
> Jy maak wel 'n fout met jou treffende waarneming: "Jy's duidelik nie 'n
> sielkundige om mense te help nie, nee, jy doen dit vir
> die geld". Jy matig jou dit aan om my 'reg te help' deur te noem "Ook
> nie iemand sal veroordeel as hy hom nie eers goed beluister
> het nie.". Jy vind dit wel OK om my aan te spreek en 'n oordeel te verg. Ken
> jy my? Het jy my genoeg 'beluister' om 'n oordeel te kan maak? Jy vat my
> aan omdat ek iemand anders durf veroordeel, maar hier doen jy dit self! Ek
> glo dat ek die anti al genoeg beluister het om 'n opinie te kan lewer.
>
> Oor die geld indruk wat jy het. Ek het vir jare lank gratis in Johannesburg
> my dienste aangebied vir die '702 Crisis Clinic'. Ek het vele aande daar
> daargebring sonder enige vergoeding, en met vrede in my hart. Hier in Oz het
> ek 'n suksesvolle praktyk bedags (en my tariewe is heel kompiterend), en
> na-ure en naweke bied ek my dienste gratis aan 'LifeLine' en 'The Good
> Samaritans'.
>
> Net soos anti op die nuusgroep 'speel', 'speel' ek ook. Ek sal die woord
> 'anti' gebruik vir solank as wat ek wil. Moenie jy soos die anti probeer
> baas speel nie! Dit is haar rol.
>
> Het jy nog 'n eiertjie om te lê? Of suig jy te lekker aan jou duim (Freud
> het baie oor duimsuigery te sê).
>
> DanielJan
>
> "Max" wrote in message
> news:40d2caa4$0$36860$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> Luister, my maat, jy kan maar probeer, maar jy gaan dit nie regkry om 'n
>> stelling te maak, te diep vir my om te verstaan nie...
>>
>> Ek dink eerder dat jy mý nie verstaan nie. Ek wou weet of jy klinies,
>> bedrijfs, neuro of watookal is... Daar is verskillende soorte sielkundiges,
>> het jy nie geweet nie?
>>
>> Met "dit" het ek bedoel dat 'n sielkundige wat sy sout werd is, nie sal op
>> iemand afdaal soos jy nie. Ook nie iemand "anti" noem nie (hoe snaaks dit
>> ookal is). Ook nie iemand sal veroordeel as hy hom nie eers goed beluister
>> het nie.
>>
>> Jy's duidelik nie 'n sielkundige om mense te help nie, nee, jy doen dit vir
>> die geld.
>>
>> Ek's bly jou graad word in Oz herken. Hier in Nederland kry jy jou eerste
>> jaar vrygestel as jy 'n honeursgraad (sielkunde) van Unisa het. Dit suig ek
>> nie uit my duim nie, hoor.
>>
>> Max____________________________
>>
>
Re: anti [boodskap #94189 is 'n antwoord op boodskap #94180] Vr, 18 Junie 2004 12:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Moenie sit en vinger wys na mense wat uit SA weg is as jyself nie meer hier
is nie. Die pot kan nie die deksel verwyt nie.

E

"@rogers.com" wrote:

Miskien is dit
> dit wat vir jou uit SA laat uithardloop het toe jy dink die
> "swart gevaar" neem oor?
>
> Penkop van die prairies
>
Re: anti [boodskap #94190 is 'n antwoord op boodskap #94178] Vr, 18 Junie 2004 12:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek ken 'n vroutjie wat nou Australië toe gaan om daar as 'n privaat
verpleegster te werk. Sy is ge "headhunt" soos DJ sal sê. OZ het nogal 'n
ernstige tekort (so lyk dit vir my) aan geskoolde mense, en veral in die
mediese veld. Sy kan dadelik begin werk, maar so ver ek kan onthou moes sy
'n eksamen skryf om as mediese beampte geregistreer te word. Sy het reeds
haar eksamens geskryf en vertrek oor 2 weke met die hele hootch and kaboodle
OZ toe.

Jy sal verbaas wees hoeveel SA'ers word deur Australianse besighede verwerf,
as jy so tussen 23 en 40 is, en jy't 'n kwalifikasie of goeie
werksondervinding is jou kanse baie goed dat hulle, hul grense vir jou sal
oopgooi. Ek het gelees dat daar groot moeilikheid is in die land, omdat
hulle nie genoeg geskoolde arbeid uit hulle eie mense kan werf om die
ekonomie goed aan die gang te hou nie - nou kom kry hulle maar geskooldes in
SA.

E

"@rogers.com" wrote:

> Ek is geinteresseerd. Moes jy in Australië die nodige
> eksamens aflê of die nodige tydperk onder supervisie
> praktiseer voordat jy permissie van 'n liggaam kon kry
> om as sielkundige te praktiseer?
>
> Gloudina
>
Re: anti [boodskap #94191 is 'n antwoord op boodskap #94189] Vr, 18 Junie 2004 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf

Die pot kan nie die deksel verwyt nie.

Moet dit nie wees "die pot kan nie die ketel
verwyt nie." Want hulle is albei swart.

Tant Hessie van Potchefstroom
Re: anti [boodskap #94193 is 'n antwoord op boodskap #94176] Vr, 18 Junie 2004 13:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Jy's duidelik nie 'n sielkundige om mense te help nie, nee, jy doen dit vir
> die geld.

Hier wil Tant Hessie jou darem bietjie op die
vingers tik. Almal wat 'n beroep kies, in ons
kapitalistiese sisteem, doen dit om 'n loon te
ontvang. Selfs "sielkundiges." Daar is niks
mee verkeerd as sielkundiges vir geld werk
nie.

Tant Hessie van Koekenaap
Re: anti [boodskap #94197 is 'n antwoord op boodskap #94191] Vr, 18 Junie 2004 13:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dalk, ek weetie - in my familie was dit nog maar altyd die pot kan nie die
deksel verwyt nie. Miskien het ons, ons eie "spin" op die gesegde gesit,
wie weet :)

E

"@rogers.com" wrote:

> Moet dit nie wees "die pot kan nie die ketel
> verwyt nie." Want hulle is albei swart.
>
> Tant Hessie van Potchefstroom
>
Re: anti [boodskap #94211 is 'n antwoord op boodskap #94165] Sa, 19 Junie 2004 16:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink jy dink reg

--
Annette
"DanielJan" wrote in message
news:40d1b9cf$0$28944$5a62ac22@per-qv1-newsreader-01.iinet.n et.au...
> Vandag ervaar ek uit die bloute 'n helder gloeilamp oomblik! Ek's 'n
> praktiserende sielkundige - dit noem ek bloot as agtergrond tot my aanname
> wat volg.
>
> anti. Vannuit 'n sielkundige perspektief, voel ek dat sy nogal 'pret' geniet
> as ander op die nuusgroep haar oor-en-weer aanval. Op 'n Freudian wyse dink
> ek kielie dit haar waar sy lekker kry. So glo ek ook dat sy moedswillig
> aanstoot veroorsaak bloot om gekielie te word. Jammer dat haar annerhelf nie
> die nodige kielie-werk kan doen nie. Mind you, with her presented
> personality, I wouldn't lie to kielie her either.
>
> DanielJan
> --
> ...............................
> Daniel Jan le Roux
> IBICF
> 0414 56 11 02
> dan...@thelerouxs.com
> This email has been checked utilising the latest version of Norton
> AntiVirus.
>
Re: anti [boodskap #94218 is 'n antwoord op boodskap #94211] So, 20 Junie 2004 09:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DanielJan  is tans af-lyn  DanielJan
Boodskappe: 84
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Volle Lid
Hello en groete, Annette!

DanielJan.

"Annette" skryf in boodskap news:cb1qgl$gtg$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek dink jy dink reg
>
> --
> Annette
> "DanielJan" wrote in message
> news:40d1b9cf$0$28944$5a62ac22@per-qv1-newsreader-01.iinet.n et.au...
>> Vandag ervaar ek uit die bloute 'n helder gloeilamp oomblik! Ek's 'n
>> praktiserende sielkundige - dit noem ek bloot as agtergrond tot my aanname
>> wat volg.
Re: anti [boodskap #94222 is 'n antwoord op boodskap #94180] So, 20 Junie 2004 12:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message In plaas van
> om in kontrole te wees, soos Tant Hessie altyd is, laat jy
> jou heen en weer dryf deur jou emosies.

Nee nee nee - kontrole is 'n anglisisme, die regte woord is inbeheer.

Cheers
L.
Re: anti [boodskap #94223 is 'n antwoord op boodskap #94181] So, 20 Junie 2004 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> "DanielJan" skryf
>
> Ek is, en sal altyd 'n Suid Afrikaander bly. Met trots.
>
> Nou boeta, dan moet jy in die eerste plek onthou dat mens
> dit "Afrikaner" spel en nie "Afrikaander" nie. Sover ek kan
> onthou word die woord "Afrikaander" net vir die beeste
> gebruik.
> Ek is geinteresseerd. Wanneer is jy uit SA uit?
>
> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
> As die skadus daal, dan tel sy hulle weer op.

Nee - Afrikaander is 'n argaise woord wat nie meer gebruik word deur
normale mense nei :)
Re: anti [boodskap #94224 is 'n antwoord op boodskap #94222] So, 20 Junie 2004 13:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lou"

> Nee nee nee - kontrole is 'n anglisisme, die regte woord is inbeheer.

Nou hoekom is die woord "kontrole" dan in Tant Hessie
se Afrikaanse woordeboek?
En hoeveel keer moet Tant Hessie daarop wys dat enkele
woorde nie anglisismes kan wees nie. Alleen uitdrukkings
wat letterlik vertaal word uit Engels en dus die Engelse
denkrigting volg, kwalifiseer as anglisismes.
Dit amuseer Tant Hessie tog so: hierdie liggewig mannetjies
met hulle gewoonlik geradbraakte Afrikaans en hulle
predileksie vir Engels wat elke hawerklaps ontpop as
taalkundiges.

Tant Hessie van Soekmekaar
Re: anti [boodskap #94225 is 'n antwoord op boodskap #94223] So, 20 Junie 2004 13:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lou"

> Nee - Afrikaander is 'n argaise woord wat nie meer gebruik word deur
> normale mense nei :)

Ja, jy is reg. Afrikaans-sprekende mense sal praat
van Afrikaner-beeste. Dis die Engelse Suid-Afrikaners
wat miskien nog die woord Afrikaander sal gebruik
as hulle van dié beeste praat.
Ek dink die woord waarna jy soek, is "argaïsties"
en nie "argais" nie. Maar moenie sleg voel nie.
Tant Hessie moes ook eers seker maak deur
in die woordeboek te gaan rondsoek.

Tant Hessie van die Derde Republiek
se taalkommissie
Re: anti [boodskap #94231 is 'n antwoord op boodskap #94224] Ma, 21 Junie 2004 05:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Weereens maak jy jou naam bollie, Anti! Soos al voorheen al uitgewys
(deur Elaine ek dink?), beteken die feit dat 'n woord in jou
ouderwetse woordeboek verkyn nie dat die konteks waarin jy dit gebruik
reg is nie. Dus as jy die woord soos kontrole - gebruik soos wat dit
in die Engels gedoen sal word - dan is dit 'n anglisisme m.a.w. jy
praat Afrikaans soos 'n Soutie.

Soos jy uitwys - 'Ek is in kontrole van die nuusgroep' - duidelik
anglisistiese gebruik van die woord - alhoewel dit in 'n Afrikaans
woordeboek gevind mag word.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> "Lou"
>
>> Nee nee nee - kontrole is 'n anglisisme, die regte woord is inbeheer.
>
> Nou hoekom is die woord "kontrole" dan in Tant Hessie
> se Afrikaanse woordeboek?
> En hoeveel keer moet Tant Hessie daarop wys dat enkele
> woorde nie anglisismes kan wees nie. Alleen uitdrukkings
> wat letterlik vertaal word uit Engels en dus die Engelse
> denkrigting volg, kwalifiseer as anglisismes.
> Dit amuseer Tant Hessie tog so: hierdie liggewig mannetjies
> met hulle gewoonlik geradbraakte Afrikaans en hulle
> predileksie vir Engels wat elke hawerklaps ontpop as
> taalkundiges.
>
> Tant Hessie van Soekmekaar
Re: anti [boodskap #94252 is 'n antwoord op boodskap #94193] Ma, 21 Junie 2004 10:13 Na vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:6IBAc.323788$Ar.260150@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "Max" skryf
>
>> Jy's duidelik nie 'n sielkundige om mense te help nie, nee, jy doen dit
> vir
>> die geld.
>
> Hier wil Tant Hessie jou darem bietjie op die
> vingers tik. Almal wat 'n beroep kies, in ons
> kapitalistiese sisteem, doen dit om 'n loon te
> ontvang. Selfs "sielkundiges." Daar is niks
> mee verkeerd as sielkundiges vir geld werk
> nie.
>
> Tant Hessie van Koekenaap

Dan moet ons maar agree to disagree, want ek sien sielkunde as 'n roeping...
Mens neuk nie rond met iemand anders se psige om jou sak te vul nie.

Max____________________________
Vorige onderwerp: SA Landdroste.....
Volgende onderwerp: Geo se Baard
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 20:21:43 MGT 2024