Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Savanna Jane
Re: Savanna Jane [boodskap #94062 is 'n antwoord op boodskap #94052] So, 13 Junie 2004 08:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:C2Myc.3946$y791.2995@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> Jy blaf natuurlik, soos gewoonlik, in die verkeerde rigting.
> Hierdie situasie het begin toe ek die woord "reserwe"
> gebruik het in plaas van "reservaat" en Elaine my daarop
> gewys het dat my Afrikaans verkeerd is. Ek het haar
> bedank dat sy my reggewys het, maar het tegelykertyd
> na die woordeboek gegaan om te kyk of "wildreserwe"
> tog nie toelaatbaar is nie. Wat was my verbasing groot
> toe my Bosman, Van der Merwe en Barnes se
> Skoolwoordeboek ( wat Elaine blykbaar ook het) nie
> die woord "reservaat" bevat nie!
......maar die woordeboek het die woord! Ek het jou tot die bladsynommer
gegee.

En wel die woord
> "reserwe" as 'n Afrikaanse woord erken.
.....ai tog, jy het 'n reserwe van goud, 'n reserwe van konstruksiehout['n
oorvloed wat jy in reserwe hou vir gebeurlikhede], maar as jy grond en wild
bewaar in 'n gebied wat nie noodwendig beteken dat jy 'n oorvloed aanhou
nie, dan word dit 'n reservaat. Daar bestaan nie 'n ding soos 'n
wildreserve nie...dit mag in jou antieke woordeboek so voorkom, maar mens
praat nie Afrikaans so nie.

Ek het toe
> vir Elaine daarop gewys dat sy nie so "reg" was soos
> sy dit wou uitmaak nie. En of julle dit nou wil weet of
> nie, die woord ekwator en ekwatoriaal word as
> Afrikaanse woorde in die woordeboek erken.
------en jy luister ook nie. Jy vertaal uit die Engels direk Afrikaans toe
en ons praat Afrikaans en soek na woorde in Afrikaans. Dis hoe jy by die
horribale ekwator uitgekom het. Geen werklike Afrikaanspratende gebruik
daai woord nie. JY was verkeerd!
>
> Gloudina
>
Savanna Jane [boodskap #94069 is 'n antwoord op boodskap #94029] So, 13 Junie 2004 14:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
HansWillem  is tans af-lyn  HansWillem
Boodskappe: 15
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Junior Lid
Ai tog, julle.............

HansWillem:
Annette vertel julle van die Zavannah Janes en hulle projek .....
(yes ja, Annette - ek ken ook jou verbintenisse op die internet :-)))

Miskien moet julle meer dikwels inskakel om te sien hoe dinge vorder by
www.savannajane.co.za

maar toe verval die nuusgroep (soos te wagte) in ellelange diskoerse wat net
mooi fiekerôl met hierdie ses girls se pogings te doen het. Ai tog mense,
pas die onderwerplyn asseblief aan wanneer julle aan mekaar se kele hang -
julle is soos 'n dronk ou agter 'n stuurwiel - net op die pad as julle OOR
hom gaan.

Oor die Savannah Janes se rygoed - Land Rover Freelanders. Suidwester het
sy "doubts" gelug en tersefdertyd sy Toyota siel openbaar. Goed en wel
maar wat hy nie besef nie is dat hierdie girls 100% GEBORG word. Land Rover
sal bloot nie slegte publisiteit WIL hê nie. En die borgskappe sluit
letterlik ALLES in. Tot GPS apparate, satelliet telefone,
ondersteuningspanne, die hele ketoetie. Op die manier sal ek self met 'n
Volla Caddy die trippie aanpak.

En - minstens een van daardie meisies het Afrika ervaring meer as wat julle
kumulatief het. Ek weet, Want ek ken haar. Haar werk neem haar dikwels
in Afrika in (tot duskant Egipte) en sy is omtrent op voornaamterme met elke
staatshoof noord van ons land. Met SULKE "credentials" pak ek ook Afrika
enige dag. In enige voertuig.

Dus - skakel in op hulle webwerf en wens hulle voorspoed toe. Hulle doen
meer vir goeie verhoudings as wat julle sal wil toegee. En ek reken
daardie Freelanders gaan die pyp rook. En dis nou 'n ou wat 'n serie 2
Landie gery het en die masjien met 'n 5 liter Ford V8 vervang het. G'n
Toyota het saam met HOM geloop nie, Suidwester.
Re: Savanna Jane [boodskap #94070 is 'n antwoord op boodskap #94069] So, 13 Junie 2004 15:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hans Willem
En - minstens een van daardie meisies het Afrika ervaring meer as wat julle
kumulatief het. Ek weet, Want ek ken haar. Haar werk neem haar dikwels
in Afrika in (tot duskant Egipte) en sy is omtrent op voornaamterme met elke
staatshoof noord van ons land.

Stem honderd persent met jou saam HW, ek neem aan jy praat van ons vriendin
by die EsAyBeeSee. Sy is een tawwe mens, en soos jy se, sy ken vir Afrika!

Ellie
Re: Savanna Jane [boodskap #94075 is 'n antwoord op boodskap #94069] So, 13 Junie 2004 21:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"HansWillem" skryf

Ai tog mense,
> pas die onderwerplyn asseblief aan wanneer julle aan mekaar se kele hang -
> julle is soos 'n dronk ou agter 'n stuurwiel - net op die pad as julle OOR
> hom gaan.

Ag nee wat, ek hou daarvan as die string so dronkerig
herwaarts en derwaarts oor die onderwerp ry. Ek gooi
somtyds so 'n dingetjie in om mense op "tangents" te
laat afgaan net om te sien hoe dit die gesprek beinvloed.
Ek het 'n gevoel dat een of ander formule van Chaos-
teorie vir mens sal kan voorspel hoe so 'n besprekings-
ketting werklik werk. Miskien het dit iets te doen met
fraktale.

Gloudina
Re: Savanna Jane [boodskap #94078 is 'n antwoord op boodskap #94069] Ma, 14 Junie 2004 07:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"HansWillem" skryf in boodskap news:40cc6478.0@news1.mweb.co.za...
>
> Ai tog, julle.............
>
> HansWillem:
> Annette vertel julle van die Zavannah Janes en hulle projek .....
> (yes ja, Annette - ek ken ook jou verbintenisse op die internet :-)))
>
> Miskien moet julle meer dikwels inskakel om te sien hoe dinge vorder by
> www.savannajane.co.za

> Oor die Savannah Janes se rygoed - Land Rover Freelanders. Suidwester het
> sy "doubts" gelug en tersefdertyd sy Toyota siel openbaar. Goed en wel
> maar wat hy nie besef nie is dat hierdie girls 100% GEBORG word. Land Rover
> sal bloot nie slegte publisiteit WIL hê nie.
------Sekerlik het ek 'n Toyota siel want in die woestyn gaan dit oor
betroubaarheid as no.1 en gerief en 'gadgets' 'n vae vereiste. Ons sien
darem nou amper elke week toere van verskeie instansies en vervaardigers wat
hulle 4x4'e in die Namib kom bekendstel. So sien ons lang stringe toere
van mense uit die RSA wat met hul 'beste 4x4xverre' die tog aanpak en die
vervoerkontrakteurs wat moerse lekker geld maak om al die stukke wat gebreek
het, te herstel. Ek kan vir jou vele tydskrifbriewe bring van mense wat
kla oor fabrieksfoute op die Freelanders en ek kan vir jou 'n hele paar
mense bring wat se Defenders en Discoveries hul dieselenjins 'gegooi' dat
die stukke op die grond val. Vra bietjie uit by huurmaatskappye wat
Defenders verhuur aan die buitelanders wat voel 'n Afrika-ondervinding is
nie reg as hy nie in 'n Land Rover is nie......hulle koop splinternuut 'n
tweede ratkas by want die Defender se ratkas hou nie. Punt.

>
> En - minstens een van daardie meisies het Afrika ervaring meer as wat julle
> kumulatief het. Ek weet, Want ek ken haar.
.............en waarop grond jy jou waarnemings dat sy meer weet as ons?
Net omdat iemand baie rondreis en baie mense ken, is geen waarborg dat sy 'n
voertuig wat gebreek het in die gopse sal kan herstel nie.
Haar werk neem haar dikwels
> in Afrika in (tot duskant Egipte) en sy is omtrent op voornaamterme met elke
> staatshoof noord van ons land. Met SULKE "credentials" pak ek ook Afrika
> enige dag. In enige voertuig.
-------ek is jammer, maar nie een van bogenoemde 'credentials' het enigiets
te doen met oorlewing in die veld nie. Wonderlik vir 'n CV, maar die res?
>
> Dus - skakel in op hulle webwerf en wens hulle voorspoed toe. Hulle doen
> meer vir goeie verhoudings as wat julle sal wil toegee. En ek reken
> daardie Freelanders gaan die pyp rook. En dis nou 'n ou wat 'n serie 2
> Landie gery het en die masjien met 'n 5 liter Ford V8 vervang het. G'n
> Toyota het saam met HOM geloop nie, Suidwester.
------waar geloop? Net die feit dat jy so 'n enjin inbou in 'n ou Landie,
sê vir my baie. Enige 4x4 is 'n balans en om daai stuk yster voor in 'n
kar in te bou wat uitgewerk is vir die helfte van daai gewig, dui vir my op
onkunde. Kom ry duine met daai V8 Landie van jou. 'n Gewone ou 2.2
vierselinder Landie petrol klop hom in die sand. Sukses in die sand is nie
noodwendig krag nie. Net soos die klippe wat V6 enjins in vierselinder 4x4
bakkies inbou. Dan is die voertuig swakker op harde 4x4 as wat dit was.
Brul, die brul hulle en klink moerse! Wat die Freelanders aanbetref,
daaroor is die stukke te veel om my te oortuig. Met Defenders sou ek nog
kon leef mits daar stand by vir onderdele en ratkaste was, maar met die
Freelanders moet SA Land Rover miskien maar by elke dorp 'n vars kar los?
>
Oor Voertuie [boodskap #94110 is 'n antwoord op boodskap #94078] Ma, 14 Junie 2004 23:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
HansWillem  is tans af-lyn  HansWillem
Boodskappe: 15
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Junior Lid
Suidwester:
> Ek kan vir jou vele tydskrifbriewe bring van mense wat
> kla oor fabrieksfoute op die Freelanders en ek kan vir jou 'n hele paar
> mense bring wat se Defenders en Discoveries hul dieselenjins 'gegooi' dat
> die stukke op die grond val. Vra bietjie uit by huurmaatskappye wat
> Defenders verhuur aan die buitelanders wat voel 'n Afrika-ondervinding is
> nie reg as hy nie in 'n Land Rover is nie......hulle koop splinternuut 'n
> tweede ratkas by want die Defender se ratkas hou nie. Punt.

HW
Ek sal jou heeltemal gelyk gee dat die moderne Land Rover se betroubaarheid
veel te wense oorlaat

Uit vorige pos:
En - minstens een van daardie meisies het Afrika ervaring meer as wat julle
kumulatief het. Ek weet, Want ek ken haar.

Suidwester
.............en waarop grond jy jou waarnemings dat sy meer weet as ons?

HW
Eerstens - omdat sy gereeld in daardie lande kom. Omtrent net so gereeld
as wat Henties se mense op Swakopmund gaan inkopies doen.
Ek verwys na haar kennis van elke land, sy mense en ook die saakmakende
regeringsamptenare. Dat haar werk haar gereeld in Afrika inneem en sy
skouers skuur met die mense. Geen verwysing na haar of haar 5 vriendinne
se vermoë om 'n stukkende ding reg te maak nie. Vir dinge meer ernstig as
papwiele, meen ek sal die borge voor sorg.

Suidwester
> -------ek is jammer, maar nie een van bogenoemde 'credentials' het enigiets
> te doen met oorlewing in die veld nie. Wonderlik vir 'n CV, maar die
res?

HW
Ek twyfel of hulle veel "oorlewing" sal hê om te doen. Na die beste van my
wete gaan hierdie mense min of meer op gebaande weë hou. Dis minder
stremmend op mens en voertuig as wat 'n trippie van jou af Marienfluss in
die Kaokoland toe sal wees. Of van Swartbooisdrif Ruacana toe langs die
rivier af as die in vloed is en jy dan die klippepad moet ry.
>>
Suidwester
> ------waar geloop? Net die feit dat jy so 'n enjin inbou in 'n ou Landie,
> sê vir my baie. Enige 4x4 is 'n balans en om daai stuk yster voor in 'n
> kar in te bou wat uitgewerk is vir die helfte van daai gewig, dui vir my op
> onkunde. Kom ry duine met daai V8 Landie van jou. 'n Gewone ou 2.2
> vierselinder Landie petrol klop hom in die sand. Sukses in die sand is nie
> noodwendig krag nie.

HW
Ai Suidwester, toe jy jou aan geld en besigheidsbeginsels gewaag het (al
bedryf jy 'n hardeware-winkel) het die Plaasvark gou, en vrek maklik, die
leemtes in jou mondering en logika uitgewys. Nou's jy alweer in 'n
situasie dat jy trap waarin jy gepraat het want jy het nie navorsing op die
onderwerp gedoen nie. Laat staan nog met die betrokke ysters self gewerk
het..

My ou Landie was 'n 1961 stasiewa.

Die Ford V8 was die 289 (dis 5 liter) - die een wat Ford ROOI geverf het.
Ook bekend as die "klein" Mustang enjin en Ford het hom in die Fairlane met
die vier op die vloer ratkas gebruik. Dit was die kleinste van die Ford
V8 masjiene. En serpraais, serpraais, hy was presies 8 Kg swaarder as die
ou petrolsuipende 2.4 liter Land Rover 4 silinder enjintjie. Ons HET hulle
geweeg. Daar gaan jou "balans" argument by die venster uit. Dis nou die
enjin wat jy reken ek mee moes duine gaan ry het. Hell's teeth, jy IS
onkundig. Praat jy REGTIG van dieselfde verbrande enjintjie wat eers na
die vierde stormloop die duine ander Rondeduin op pad Sandwich kon baasraak.
Net-net. Krag ??? My voet in 'n visblik man. !!

Sommer interessantheidshalwe - Ford het nog twee ander V8's in die land
gehad - die standaard Fairlanes het die 302 enjin gehad wat 'n afgewaterde
289 was. Klein verskil in die silinderkoppe en effe laer drukverhouding.
In die F250 4x4 bakkies het hulle 'n monsteragtige 7 liter V8 gehad - ek
dink dit was die 427. Hierdie twee majiene was BLOU geverf.

Maar daardie V8 ombouing het 'n Nissan Safari, waarvan die koppelaar gebrand
het, al die pad van Sandwich af teruggesleep Walvisbaai toe. In "high
range" en oor al daardie moelike plekkies anderkant Rondeduin.
Dis krag daardie. En ook kennis van sandry kuns........

Ek sal jou sentimente oor die Ford V6 masjiene deel. Ek het die V8 gekies
omdat hy al vanaf 1500 rpm meer as 400 voet/pond wringkrag uitgestoot het en
daarop bly tot amper 4000 rpm. Die V6 masjiene se wingkrag kom eers van
3000 rpm af in. Onder 3000 beteken hy niks. Maak nogal 'n verskil as jy
in dik sand is soos by Paaltjies en Sandwich of die steil hellings anderkant
Henties wil uitklim......

Ek sal een ontwerpfoutjie van die ou Serie 2 ratkas beken - die agterste
"bearing" op die "layshaft" (die as waarop 1 ste en 2 de rat is en
"reverse" sit) - daardie "bearing" kon nie die Ford se wringkrag vat as jy
met die ratkas in "high range" die lepel vloer toe laat gaan het nie. Die
oplossing was om dan, as die ou Landie moes vasvat, derde en vierde ratte in
"low range" te gebruik want dit loop deur die ratkas se "main shaft" wat
ordentlike "bearings" gehad het.

Laaste gedagtetjie - die Ford het beter op brandstof gedoen as die ou Land
Rover 4 silinder. Ook beter as destyds se Toyota 4x4 - eers die 2.2 liter
en later die 2.4 liter Toyotas. My maatjies wat hulle gery het, kon nie
meer as 4 Km per liter haal as hulle saam met my konvooi gery het nie. Die
kersie op die koek was die Toyota dubbelkajuit wat van Tsumeb tot op
Otjiwarongo (183 Km) 96 liter petrol teen 120 Kmh gesuip het. Werk uit,
dis minder as 2 Km per liter. Dan gee die Ford my 6 Km op die liter.
Vyftien jaar het ek hom gery en toe die kinders almal uit die huis is, het
ek hom verkoop vir iets kleiner.

Die "iets kleiner" is (grinnik gerus as jy so voel) 'n Nissan King Cab 4x4 -
nou reeds 17 jaar oud en in absolute toonkamer toestand sonder 'n kolletjie
roes. Twee liter masjientjie met 'n standaard vergasser, verdeler ens sodat
ek self hom kan regmaak as hy doer in die boendoes iets sou oorkom. Maar
ek sal, vredesonthalwe, nie myself sit en verlekker oor die moderne goeters
met hulle elektroniese wonderwerke onder die enjinkap nie. En dat ek weet
in watter straat hulle base is as daardie elektronika aftjop nie. Weet van
'n paar gevalle wat hulp moes kry. En dan's hulle in die omgewing van
Meobbaai. Jy wil nie DAAR moeilikheid hê nie.

As dit jou beter sal laat voel - ek reken Toyota het hulle huiswerk gedoen
met die 2.7 liter. Goeie werkverrigting, brandstofverbruik en
betroubaarheid. 'n Begeerlike bakkie. Veral vir die "affirmative
shoppers".
Re: Oor Voertuie [boodskap #94115 is 'n antwoord op boodskap #94110] Di, 15 Junie 2004 07:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"HansWillem" skryf in boodskap news:40ce3560.0@news1.mweb.co.za...
>
> My ou Landie was 'n 1961 stasiewa.
>
> Die Ford V8 was die 289 (dis 5 liter) - die een wat Ford ROOI geverf het.
> Ook bekend as die "klein" Mustang enjin en Ford het hom in die Fairlane met
> die vier op die vloer ratkas gebruik. Dit was die kleinste van die Ford
> V8 masjiene. En serpraais, serpraais, hy was presies 8 Kg swaarder as die
> ou petrolsuipende 2.4 liter Land Rover 4 silinder enjintjie. Ons HET hulle
> geweeg. Daar gaan jou "balans" argument by die venster uit. Dis nou die
> enjin wat jy reken ek mee moes duine gaan ry het. Hell's teeth, jy IS
> onkundig. Praat jy REGTIG van dieselfde verbrande enjintjie wat eers na
> die vierde stormloop die duine ander Rondeduin op pad Sandwich kon baasraak.
> Net-net. Krag ??? My voet in 'n visblik man. !!
------------so tussen die beledigings deur neem ek aan jy het nie net die
enjin vervang nie, maar ook die ratkas en die side shafts op die agteras
vervang met die met meer 'splines'? Wat vir my duidelik is, is dat jy wil
speel in die sand en op naweke met jou brullende monster in die strate
aftoer en hoop om mense te beïndruk? Sonder om hulle te vertel van al die
breke wat jy opgetel het. Solank jy net die brul kan hoor......
Daarenteen, in die dae voor jy die duine vir plesier wou stormloop met jou
brullende vuurwa, toe het die Series II se klein vierselinder werk gedoen in
hierdie land van ons wat geen gelyke amper het nie. Maar WERK, nie speel
nie. Wee' jy, so onervare en onkundig soos jy my verklaar [nie dat dit
saak maak nie ek vat dit van wie dit kom] het ek darem al bygestaan en kyk
in my tyd hoe 'n spul brul-varke [soos ek aanneem jy ook moet wees] duine
probeer klim met die beste speelgoed op die mark. Dis nou half in die
binneland [waar ek seker net met jou toestemming mag kom?] en nie 'n enkele
van die wilde goed kon die hoë duin baasraak nie. Hulle het gebrul en
gesuip en al meer en meer geraas. Jou Land Rover se boetie [want hy't 'n
V8 ingehad] het nie veel kon doen nie want hy't sy side shafts sommer reg by
die begin al afgedraai. Toe raak die een ou baie bekende toerleier in ons
land gatvol vir die spul en hy vat sy ou vierselinder Landie wat sommer met
'n kwas geverf is en ry reg langs die plekke waar die die manne sit en brul,
die duin uit.
So, brul alleen doen nie die ding nie soos enige ervare sandryer jou sal
vertel. Dis nou mense wat stil-stil van Walvis af die pad verby Paaltjies
vat en al langs die kus opry met 'n Hilux en die voertuig word die eerste
keer in 4x4 geskakel by groot duin teen die see duskant Sandwich se
meer......maar dan weer sê jy ons weet nie veel nie.

> Laaste gedagtetjie - die Ford het beter op brandstof gedoen as die ou Land
> Rover 4 silinder. Ook beter as destyds se Toyota 4x4 - eers die 2.2 liter
> en later die 2.4 liter Toyotas. My maatjies wat hulle gery het, kon nie
> meer as 4 Km per liter haal as hulle saam met my konvooi gery het nie. Die
> kersie op die koek was die Toyota dubbelkajuit wat van Tsumeb tot op
> Otjiwarongo (183 Km) 96 liter petrol teen 120 Kmh gesuip het. Werk uit,
> dis minder as 2 Km per liter. Dan gee die Ford my 6 Km op die liter.
-----Ek is rêrig jammer, maar hier kan ek nie saamstem nie. Ek het nog
nooit, nie eers in die sand op 'n plek soos Sandwich nie, 'n
brandstofverbruik van onder die 6km per liter gekry nie. In die veld, waar
jy normaalweg maar so 60-80km/uur ry is die voertuig nog ligter op
brandstof. Op die oop pad, as jy by 110-120km/u hou, dan kry jy so tussen
7,5 -8,4km/l. En, net om verder met jou te verskil, ek het beide die 2.2
en 2.4 Hilux gehad. Die 2.2 het koning gebly in beide die sand en die
veld. Sekerlik kan die 2.4 meer gas maak op die ooppad en meer petrol
suip, maar in die veld? Nie maklik nie.
Ook hier is 'n duidelike voorbeeld van hoekom daar ingenieurs by 'n
motorfabriek is. Die 2.4 Hilux se enjin is die 22R....dieselfde as die
Cressida se 2.4 maar met ander 'cams' in. In bakkievorm maak hy so 85Kw en
in kar vorm so 105Kw. Dit maak baie sin om jou 2.4 bakkie die Cressida se
camshaft in te sit en jy ry baie vinniger en veel ligter op brandstof op die
oop pad, maar in die sand of die berge werk dit nie meer so 100% soos die
bakkie-enjin nie. Maar dan ry 95% van alle 4x4 eitlik sy lewe op die
ooppad uit?

> As dit jou beter sal laat voel - ek reken Toyota het hulle huiswerk gedoen
> met die 2.7 liter. Goeie werkverrigting, brandstofverbruik en
> betroubaarheid. 'n Begeerlike bakkie. Veral vir die "affirmative
> shoppers".
--------Jammer om weer met jou te verskil. Weereens besit ek 'n 2.7, maar
as ek veld toe moet gaan, sal ek hom nie saamvat nie. Sekerlik is hy die
beste van die moderne lot, maar die ou stywe as Hilux kan hy nie in die veld
of sand klop nie. LW nie vir resiesjaag en brul nie! Ek praat van
heeldag agter die stuur in die harde veld. Die 2.7 gebruik ook loodvrye
petrol en glo my, daai enjin is so gesofistikeerd geen gemiddelde garage wil
eers kyk daarna nie. Wat sy speod aanbetref, is dit wonderlik. Jy kan
hom 'cruise' @160km/u en jy kry dan so ongeveer 6km/l ....afhangende of die
pad opdraende of afdraende is!
>
Re: Oor Voertuie [boodskap #94117 is 'n antwoord op boodskap #94115] Di, 15 Junie 2004 08:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy moet vir Haailaks kontak sodat jy advertensiekopie vir hulle kan skryf:))
--
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:40cea90b.0@news1.mweb.co.za...
>
> "HansWillem" wrote in message
> news:40ce3560.0@news1.mweb.co.za...
>>
>> My ou Landie was 'n 1961 stasiewa.
>>
>> Die Ford V8 was die 289 (dis 5 liter) - die een wat Ford ROOI geverf het.
>> Ook bekend as die "klein" Mustang enjin en Ford het hom in die Fairlane met
>> die vier op die vloer ratkas gebruik. Dit was die kleinste van die Ford
>> V8 masjiene. En serpraais, serpraais, hy was presies 8 Kg swaarder as die
>> ou petrolsuipende 2.4 liter Land Rover 4 silinder enjintjie. Ons HET hulle
>> geweeg. Daar gaan jou "balans" argument by die venster uit. Dis nou die
>> enjin wat jy reken ek mee moes duine gaan ry het. Hell's teeth, jy IS
>> onkundig. Praat jy REGTIG van dieselfde verbrande enjintjie wat eers na
>> die vierde stormloop die duine ander Rondeduin op pad Sandwich kon baasraak.
>> Net-net. Krag ??? My voet in 'n visblik man. !!
> ------------so tussen die beledigings deur neem ek aan jy het nie net die
> enjin vervang nie, maar ook die ratkas en die side shafts op die agteras
> vervang met die met meer 'splines'? Wat vir my duidelik is, is dat jy wil
> speel in die sand en op naweke met jou brullende monster in die strate
> aftoer en hoop om mense te beïndruk? Sonder om hulle te vertel van al die
> breke wat jy opgetel het. Solank jy net die brul kan hoor......
> Daarenteen, in die dae voor jy die duine vir plesier wou stormloop met jou
> brullende vuurwa, toe het die Series II se klein vierselinder werk gedoen in
> hierdie land van ons wat geen gelyke amper het nie. Maar WERK, nie speel
> nie. Wee' jy, so onervare en onkundig soos jy my verklaar [nie dat dit
> saak maak nie ek vat dit van wie dit kom] het ek darem al bygestaan en kyk
> in my tyd hoe 'n spul brul-varke [soos ek aanneem jy ook moet wees] duine
> probeer klim met die beste speelgoed op die mark. Dis nou half in die
> binneland [waar ek seker net met jou toestemming mag kom?] en nie 'n enkele
> van die wilde goed kon die hoë duin baasraak nie. Hulle het gebrul en
> gesuip en al meer en meer geraas. Jou Land Rover se boetie [want hy't 'n
> V8 ingehad] het nie veel kon doen nie want hy't sy side shafts sommer reg by
> die begin al afgedraai. Toe raak die een ou baie bekende toerleier in ons
> land gatvol vir die spul en hy vat sy ou vierselinder Landie wat sommer met
> 'n kwas geverf is en ry reg langs die plekke waar die die manne sit en brul,
> die duin uit.
> So, brul alleen doen nie die ding nie soos enige ervare sandryer jou sal
> vertel. Dis nou mense wat stil-stil van Walvis af die pad verby Paaltjies
> vat en al langs die kus opry met 'n Hilux en die voertuig word die eerste
> keer in 4x4 geskakel by groot duin teen die see duskant Sandwich se
> meer......maar dan weer sê jy ons weet nie veel nie.
>
>
>> Laaste gedagtetjie - die Ford het beter op brandstof gedoen as die ou Land
>> Rover 4 silinder. Ook beter as destyds se Toyota 4x4 - eers die 2.2 liter
>> en later die 2.4 liter Toyotas. My maatjies wat hulle gery het, kon nie
>> meer as 4 Km per liter haal as hulle saam met my konvooi gery het nie. Die
>> kersie op die koek was die Toyota dubbelkajuit wat van Tsumeb tot op
>> Otjiwarongo (183 Km) 96 liter petrol teen 120 Kmh gesuip het. Werk uit,
>> dis minder as 2 Km per liter. Dan gee die Ford my 6 Km op die liter.
> -----Ek is rêrig jammer, maar hier kan ek nie saamstem nie. Ek het nog
> nooit, nie eers in die sand op 'n plek soos Sandwich nie, 'n
> brandstofverbruik van onder die 6km per liter gekry nie. In die veld, waar
> jy normaalweg maar so 60-80km/uur ry is die voertuig nog ligter op
> brandstof. Op die oop pad, as jy by 110-120km/u hou, dan kry jy so tussen
> 7,5 -8,4km/l. En, net om verder met jou te verskil, ek het beide die 2.2
> en 2.4 Hilux gehad. Die 2.2 het koning gebly in beide die sand en die
> veld. Sekerlik kan die 2.4 meer gas maak op die ooppad en meer petrol
> suip, maar in die veld? Nie maklik nie.
> Ook hier is 'n duidelike voorbeeld van hoekom daar ingenieurs by 'n
> motorfabriek is. Die 2.4 Hilux se enjin is die 22R....dieselfde as die
> Cressida se 2.4 maar met ander 'cams' in. In bakkievorm maak hy so 85Kw en
> in kar vorm so 105Kw. Dit maak baie sin om jou 2.4 bakkie die Cressida se
> camshaft in te sit en jy ry baie vinniger en veel ligter op brandstof op die
> oop pad, maar in die sand of die berge werk dit nie meer so 100% soos die
> bakkie-enjin nie. Maar dan ry 95% van alle 4x4 eitlik sy lewe op die
> ooppad uit?
>
>> As dit jou beter sal laat voel - ek reken Toyota het hulle huiswerk gedoen
>> met die 2.7 liter. Goeie werkverrigting, brandstofverbruik en
>> betroubaarheid. 'n Begeerlike bakkie. Veral vir die "affirmative
>> shoppers".
> --------Jammer om weer met jou te verskil. Weereens besit ek 'n 2.7, maar
> as ek veld toe moet gaan, sal ek hom nie saamvat nie. Sekerlik is hy die
> beste van die moderne lot, maar die ou stywe as Hilux kan hy nie in die veld
> of sand klop nie. LW nie vir resiesjaag en brul nie! Ek praat van
> heeldag agter die stuur in die harde veld. Die 2.7 gebruik ook loodvrye
> petrol en glo my, daai enjin is so gesofistikeerd geen gemiddelde garage wil
> eers kyk daarna nie. Wat sy speod aanbetref, is dit wonderlik. Jy kan
> hom 'cruise' @160km/u en jy kry dan so ongeveer 6km/l ....afhangende of die
> pad opdraende of afdraende is!
>>
>
Re: Oor Voertuie [boodskap #94120 is 'n antwoord op boodskap #94117] Di, 15 Junie 2004 10:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
He-he! Miskien is ek nie so 'n groot Hilux-fên as wat ek bang is om in die
woestyn te gaan staan met 'n kar nie! Ek het so 'n ou Land Rover gehad wat
in 'n goeie toestand was....EN met 'n wil van sy eie. Jy ry nog so, dan
gwar! Dis net liggies en die enjin is dood, so dood soos 'n drol. Ek dag
toe nou's hy in sy moer en kan ek hom op die ashoop gaan trek en ontslae
wees van al die probleme. Ons sleep hom in. So 'n ent verder stop die ou
wat my sleep vir die een of ander rede, ek draai die sleutel van die Landie
en hy vat! Asof niks gebeur het nie!
My ondervinding met Toyota is dat Toyota sinoniem is vir betroubaarheid.
As ek die ding nou reg het, dan het ek al so om en by die 11 Hilux'es gehad
deur die jare, 4x4'e, diesels, jy noem dit. Ek het nog g'n enkelte een
ooit na 'n garage toe gevat en gesê maak reg nie. Dan kry jy nog geld ook
terug as jy hom verkoop! Dit maak eenvoudig ekonomies sin en ek is juis so
'n armgat........

"Annette" skryf in boodskap news:cambl8$ll1$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jy moet vir Haailaks kontak sodat jy advertensiekopie vir hulle kan
skryf:))
Re: Oor Voertuie [boodskap #94135 is 'n antwoord op boodskap #94115] Di, 15 Junie 2004 18:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie soort gestryery loop altyd op 'n nul uit, want mense se smake
verskil. Uit alles wat julle twee nou in die laaste poste kwytgeraak
het, kom daar wel een ding uit: dis nie die voertuig of die enjin nie,
dis die *bestuurder* wat tel. Vele mense kan getuig van heel
suksesvolle Afrika-ekspedisies met die Land Rover 4-silinder enjin.
Afrika bly Land Rover kos, en die goed breek nie heeltemal so maklik as
wat jy wil opgee nie, Suidwester - dit hang baie af van wie hom ry en
hoe hy gery word. "On the other hand, Darren", as mens rondkyk na wat
Unesco edm mee rondry in Afrika, is dit amper sonder uitsondering Land
Cruisers, vandaar my respek vir hierdie uithaler werksvoertuie.

Dis ook vir my interessant dat Suidwester onmiddelik alle mense met V8
of V6 enjins in hulle voertuie karakteriseer as mense wat net wil speel
of deel wil wees van die brulbrigade en dat hulle dus nie kan 4x4
bestuur nie. Dis natuurlik 'n verskriklike swiepende stelling om te
maak. Ek was al saam met byv. die Land Rover klub op naweekuitstappies.
Sonder uitsondering is die mense stil en rustig en meesal uiters
ervare bestuurders, met 'n amper oordrewe sin van verantwoordelikheid
oor die omgewing waardeur hulle ry. Natuurlik ry baie van hulle
Discovery V8s en Range Rovers (veral die ouer modelle), en daar is ook
baie ou Series II en III modelle en baie Defenders. Glo my, dis nogal
iets om te sien hoe 'n Disco V8 stil-stil sonder enige brul of tollende
wiele sy ding doen - weereens die *bestuurder* wat weet wat hy doen.

Ek het eenkeer 'n ou met 'n groot Nissan Patrol sien skaamkry toe hy 3
keer agtermekaar nie brulskopsandspat oor 'n bult kan ry nie, en elke
keer deur 'n meisietjie met 'n "simpel" Ssangyong Musso afgesleep word.
Net daarna toe ry sy ewe koel en kalm en bedaard oor dieselfde bult.
*Maar sy't geweet wat sy doen*

Ekself is ook geleer om 4x4 bestuur kalm te benader. 9 uit 10 kere gaan
spoed jou nie bring waar jy wil wees nie, eerder die ding goed uitkyk en
beplan waarlangs jy gaan ry. Kennis van jou voertuig en jou eie vermoë
is ook uiters belangrik, en ek dink dis net hier waar Suidwester se
vertelling oor die huurvoertuie ens inkom. Hoeveel van daardie mense
wat sulke goed huur het al ooit agter die stuur van 'n 4x4 geland?
Hoeveel van hulle het al inderdaad op 'n grondpad gery? Weet hulle wat
'n ewenaarsper is en hoe om dit te gebruik?

Dan is daar hierdie stukkie statistiek: Toe Land Rover so paar jaar
terug hulle 50ste herdenking gevier het, het hulle o.a. gevind dat meer
as 80% van alle Land Rovers wat ooit gebou is, nog steeds loop. As dit
nie iets sê van betroubaarheid nie, weet ek nie. Toegegee, soos
HansWillem tereg gesê het, laat Land Rover se kwaliteitbeheer in die
laaste paar jaar veel te wense oor, maar die ouens by Land Rover met ek
redelik gereeld gesels sê dat hulle kan agterkom die Ford-oorname begin
vrugte afwerp.

Laastens lyk dit vir my ons almal stem ten minste oor een ding saam:
dieselenjins se moer!

Suidwester wrote:
> "HansWillem" wrote in message
> news:40ce3560.0@news1.mweb.co.za...
>
>> My ou Landie was 'n 1961 stasiewa.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Oor Voertuie [boodskap #94138 is 'n antwoord op boodskap #94135] Di, 15 Junie 2004 20:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
HansWillem  is tans af-lyn  HansWillem
Boodskappe: 15
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Junior Lid
Knersus:
> Hierdie soort gestryery loop altyd op 'n nul uit, want mense se smake
> verskil.

HW
Ek het dit vooraf geweet maar nogtans geskryf. Is nie die eerste keer dat
ek met iemand deurmekaar raak wat steeds glo sy oupa se Mauser kan 600 tree
waterpas skiet nie

Knersus:
> Dis ook vir my interessant dat Suidwester onmiddelik alle mense met V8
> of V6 enjins in hulle voertuie karakteriseer as mense wat net wil speel
> of deel wil wees van die brulbrigade en dat hulle dus nie kan 4x4
> bestuur nie. Dis natuurlik 'n verskriklike swiepende stelling om te
> maak.

HW
Knersus, jy sien die prentjie. My ou Landie was 'n WERKESEL. Jag, visvang
en die gesin vervoer. Niks uitspattigs aan hom gewees nie en hy't nooit
nodig gehad om iets in die hoofstraat te bewys nie. Die feit dat ek hom 15
jaar gery het en NOOIT 'n as ("half shaft") afgedraai het nie, sê sekerlik
iets.

Probeer dit nou tuisbring by daardie los kanon in Henties.......
I rest my case.
Re: Oor Voertuie [boodskap #94142 is 'n antwoord op boodskap #94135] Wo, 16 Junie 2004 09:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf in boodskap news:canef4$k17$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hierdie soort gestryery loop altyd op 'n nul uit, want mense se smake
> verskil. Uit alles wat julle twee nou in die laaste poste kwytgeraak
> het, kom daar wel een ding uit: dis nie die voertuig of die enjin nie,
> dis die *bestuurder* wat tel.
-----Jy het insig, vriend!

Vele mense kan getuig van heel suksesvolle Afrika-ekspedisies met die Land
Rover 4-silinder enjin.
> Afrika bly Land Rover kos, en die goed breek nie heeltemal so maklik as
> wat jy wil opgee nie, Suidwester
----Die visvangleke sal ook vir jou vertel dat die Penn 49 ons kus
'makgemaak' het. Maar is dit nodig om in die geselskap van die ark te bly
vir die res van jou lewe?

> Dis ook vir my interessant dat Suidwester onmiddelik alle mense met V8
> of V6 enjins in hulle voertuie karakteriseer as mense wat net wil speel
> of deel wil wees van die brulbrigade en dat hulle dus nie kan 4x4
> bestuur nie.
-----Ek het niks gesê van voertuie wat uit die fabriek met V6'e en V8's kom
nie. Ek praat van die 'conversions'.

> Ek het eenkeer 'n ou met 'n groot Nissan Patrol sien skaamkry toe hy 3
> keer agtermekaar nie brulskopsandspat oor 'n bult kan ry nie, en elke
> keer deur 'n meisietjie met 'n "simpel" Ssangyong Musso afgesleep word.
> Net daarna toe ry sy ewe koel en kalm en bedaard oor dieselfde bult.
> *Maar sy't geweet wat sy doen*
----Ons het dieselfde gesien toe die 'manne' met hul groot 4x4'e gesukkel
het om 'n lang duin tussen Swakop en Walvis probeer uitkom en nie slaag nie.
Toe klim 'n ou in sy vrou se ingevoerde Suzuki Jeep en speel-speel die duin
uit. Gewig van die voertuig speel een moerse rol in sandry!
>
> Ekself is ook geleer om 4x4 bestuur kalm te benader. 9 uit 10 kere gaan
> spoed jou nie bring waar jy wil wees nie, eerder die ding goed uitkyk en
> beplan waarlangs jy gaan ry.
-----Stem saam. Sandry se belangrikste komponent is momentum, nie spoed
nie. Daarom is die vermoë om jou petrol sensitief te kan benader 'n groot
faktor in die sand. 'n Doeltreffende voertuig in die sand loop bo-op die
sand, nie deur die sand nie...............my grootste beswaar teen die
argaïse swaar Land Rovers.
> Hoeveel van hulle het al inderdaad op 'n grondpad gery? Weet hulle wat
> 'n ewenaarsper is en hoe om dit te gebruik?
-----My grootste bekommernis ivm die vrouens deur Afrika. Net by 'n punt
van orde, ek het nooit gesê hulle sal dit nie kan doen nie. Ek het probeer
sê dat hulle organisasie en ondersteuning baie goed sal moet wees agv van 'n
ervaring gebrek. Toe kom die manne [HansWillem veral], en reken 'n vrou se
kennis van Afrika persoonlikhede sal hulle uithelp! Ek is seker maar
stupid, maar daai een laat my lekker lag!
>
> Dan is daar hierdie stukkie statistiek: Toe Land Rover so paar jaar
> terug hulle 50ste herdenking gevier het, het hulle o.a. gevind dat meer
> as 80% van alle Land Rovers wat ooit gebou is, nog steeds loop. As dit
> nie iets sê van betroubaarheid nie, weet ek nie.
------Jy moet ook toegee dat die Land Rover nou nie juis 'n spoedkoning is
nie! Meeste van hulle was gekoop deur mense wat hulle as tweede voertuie
gebruik. Dis eenvoudig te swaar op brandstof om alledaags in 'n stad te
ry. Die van hulle wat werksvoertuie was, was in ons land veral in die
Khomas Hoogland en die ander bergewêreld-gebiede van ons land. Aan 'n
Kalahari- of Namibboer sou jy nie 'n Landie gesmous kry nie anders as vir 'n
hoenderhok nie. Dis eenvoudig te stadig en kruie te swaar deur die sand.
In die Kalahari ry die boere sommer met 'n gewone diesel 2wd bakkie op enige
plek waar ons gewone siele met 4x4 moet ry. Wat ek probeer sê, is dat
meeste Landies was ontspanningsvoertuie en toe die Japannese voertuie die
mark tref, toe koop die 4x4-manne meestal voertuie wat vinniger op die oop
pad is en die Landies kom op die mark...... Jy kan hier by ons 'n ou
Landie koop vir R25 000 en dan is hy van die beste onder die lot ou Land
Rovers.

> Laastens lyk dit vir my ons almal stem ten minste oor een ding saam:
> dieselenjins se moer!
-----jammer om nie heeltemal saam te stem nie. Diesel het sy plek. In
die swaar veld en berge klim, sukkel die petrolenjin om by die diesels by te
hou. in die sand is die petrolenjin baas. Op die plaas, by ons, is
diesel ook baas want die boere moet hulle brandstof aanry plaas toe en
daarom is dit beter om alles op een brandstof te laat werk: Diesel.
>
> Suidwester wrote:
>> "HansWillem" wrote in message
>> news:40ce3560.0@news1.mweb.co.za...
>>
>>> My ou Landie was 'n 1961 stasiewa.
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |__&CO__|
Re: Oor Voertuie [boodskap #94143 is 'n antwoord op boodskap #94138] Wo, 16 Junie 2004 10:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"HansWillem" skryf in boodskap news:40cf568d.0@news1.mweb.co.za...
> Ek het dit vooraf geweet maar nogtans geskryf. Is nie die eerste keer dat
> ek met iemand deurmekaar raak wat steeds glo sy oupa se Mauser kan 600 tree
> waterpas skiet nie
------Miskien het ek geslaap ou Willem, maar is JY nie die een wat hier
probeer vertel hoe goed was jou ou Landie nie?
>
> HW
> Knersus, jy sien die prentjie. My ou Landie was 'n WERKESEL. Jag, visvang
> en die gesin vervoer.
-----Hie-hie-haaa-haaa!!!! Jag, visvang en gesinvervoer 'n werkesel?
Jinne man, jy praat mos twak. Hier sit ons en praat van van die vermoë van
voertuie om swaar te werk en jy wil speel daarmee! Seker maar die
skuifruit en die brullende uitlaatpyp van die V8 wat jou 'n 'kick' gegee
het, of hoe?

Die feit dat ek hom 15
> jaar gery het en NOOIT 'n as ("half shaft") afgedraai het nie, sê sekerlik
> iets.
-----Ja dit sê dat jy strooi praat en nie werklik 'n Land Rover ken nie.

> Probeer dit nou tuisbring by daardie los kanon in Henties.......
-----Ag foei, as niks werk nie, dan beledig jy a la Plaasvark? Jy sal nie
graag my opinie oor jou wil hoor nie!
>
Re: Oor Voertuie [boodskap #94152 is 'n antwoord op boodskap #94142] Wo, 16 Junie 2004 17:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die gepratery oor voertuie het my nou op 'n ander trein gesit: So effe
vorentoe het Suidwester gepraat van loodryke teenoor loodarm petrol en
binnebandlose bande. Dit maal nou al 'n hele ruk hier in my kop rond.
Op my ou voertuig het ek gewone petrol en sommige snaaks oor-grens
petrol/alkohol mengsels gebruik, met geen probleem nie. Bande was
General Super All-grip met binnebande ens. Nogal goed vir harde
Afrikaklippe. As mens nou met een van die meer moderne goeters hier in
Afrika sou wil inwaag, gaan die eerste ding wees wat jou tref, die
gebrek aan loodarm petrol en die tweede ding gaan onbruikbare "tubeless"
bande wees.

Die tegniese ouens sê jy kan nie loodryke petrol in so 'n voertuig
gebruik nie, omdat dit die katalitiese omsetter in sy maai in stuur.
Wat sou gebeur as mens die kat. oms. heeltemal uithaal en dan net
loodryke petrol gebruik? Ek weet om van loodryk na loodarm om te skakel
moet mens harder klepseëls en -sluitringe hê, maar andersom?

Binnebandlose bande werk mos deur op 'n spesiale binnebandlose wiel te
pas op so 'n manier dat daar 'n lugdigte seël vorm. Weereens sê die
tegniese klonge dat mens nie 'n binneband in so 'n band moet gebruik
nie. Hoe sou mens kan omskakel na gewone bande soos die bg SAGs op die
"spesiale" velling?

Suidwester wrote:
> "knersus" wrote in message
> news:canef4$k17$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> Hierdie soort gestryery loop altyd op 'n nul uit, want mense se smake
>> verskil. Uit alles wat julle twee nou in die laaste poste kwytgeraak
>> het, kom daar wel een ding uit: dis nie die voertuig of die enjin nie,
>> dis die *bestuurder* wat tel.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Oor Voertuie [boodskap #94157 is 'n antwoord op boodskap #94152] Do, 17 Junie 2004 07:07 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf in boodskap news:caq1j2$gms$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> Die tegniese ouens sê jy kan nie loodryke petrol in so 'n voertuig
> gebruik nie, omdat dit die katalitiese omsetter in sy maai in stuur.
> Wat sou gebeur as mens die kat. oms. heeltemal uithaal en dan net
> loodryke petrol gebruik? Ek weet om van loodryk na loodarm om te skakel
> moet mens harder klepseëls en -sluitringe hê, maar andersom?
-------Daai katalistiese omsetter kos blykbaar meer as R5000! Sover ek
verstaan is dit geen probleem om hom uit die uitlaatpyp uit te haal nie.
Een ding weet ek, in 'n kar soos die Camry wat jy op beide soorte petrol mag
ry, trek die Camry baie beter en is maklik 8 - 10% ligter op brandstof met
loodryke petrol. Hoe weet ek? Ons het mos 95 loodvry orals hier in Nam
en ek dag toe jy doen die beste vir jou kar. Op pad na Pretoria toe gooi
ek toe by Kang vir die eerste keer 93 loodryke petrol in en jy kon behoorlik
die verskil in werkverrigting voel! Die rede is blykbaar dat die
loodinhoud bydra dat die kleppe se seël met die 'top' meer effektief werk.
>
> Binnebandlose bande werk mos deur op 'n spesiale binnebandlose wiel te
> pas op so 'n manier dat daar 'n lugdigte seël vorm.
------Ek weet nie van vellings wat 'n spesiale seël op 'n spesiale velling
het nie. Al die vellings wat ek nog mee te doen gehad het, kon jy beide
binnebandlose en binnebande meer ry, die keuse is joune. Sekerlik met die
fênsie 4x4's van vandag gaan dit afhang of jy 'n 6 of 'n 8-ply band gaan kry
vir sy normale bandgrootte. Wat jy wel moet seker maak is dat die
rolafstand van jou bestaande band en sy velling dieselfde gaan wees as die
nuwe band op sy velling....anders gaan jou speedo sowel as die
krag/wringkrag van jou voertuig dalk nie meer lekker wees nie.

Weereens sê die tegniese klonge dat mens nie 'n binneband in so 'n band
moet gebruik
> nie. Hoe sou mens kan omskakel na gewone bande soos die bg SAGs op die
> "spesiale" velling?
-----Daar is 'n groot debat oor wat die beste is in die
veld.....binnebandloos of met binnebande. Tubeless het verskeie nadele in
die dat jy hom in die sand nie so sag kan ry soos 'n binneband band nie want
as jy skielik draai dan trap jy hom maklik van die rim af los. Ook as jy
so 'n band stukkend trap en jy moet hom van die rim afkry om 'n binneband in
te sit [of om guater te plak aan die binnekant omdat die gat te groot is en
dan 'n tube in te sit], dan sal jy vind dat daai band sit soos die
spreekwoordelike stront in 'n wolkombers op sy rim en hy laat hom nie sommer
verwyder nie! Trap jy hom egter af in die sand en jy wil hom terug kry op
die rim, dan gaan jy met 'n gewone handpomp of hier plastiek toefie-toefie
12V pompies sukkel tot dagbreek voor jy weer ry. Die oplossing is
natuurlik so eenvoudig dat jy kan lag as jy dit hoor: Jy hou 'n blik
lighter fluid in jou gereedskapskis aan en as die band aftrap, dan
positioneer ry net die band sodat hy naastenby op die rim regsit. Dan
spuit jy van die vloeistof om die oop buitekant van die rim en gooi hom met
'n vuurhoutjie......en poef! Hy skiet homself so terug op die rim as daai
brandstof uitsit dat jy hom weer moet afblaas vir die sand.
Die voordele van die tubeless is myns insiens veel meer as sy nadele.
Eerstens bars hy nie so groot soos 'n band met 'n binneband nie. Dan kry
jy ook nie maklik 'n pap wiel nie. Vir as jy 'n gat optel, hou jy net 'n
fixing kit aan en vir klein gaatjies, koop vir jou 'n verskeidenheid van
diktes 'self-tapping' skroewe en draai dit eenvoudig in die gaatjie in.
Die bande tik-tik vir die eerste ruk tot die kop weggeslyt het, maar hy sal
nie lek nie! Die boere in die Kalahari wat altyd gesweer het by binnebande
het ook nou die lig gesien en ry omtrent almal tubeless. Hulle wag tot
hulle so 20+ pendorings opgetel het en hulle te aanmekaar 'n wiel moet pomp,
dan druk hulle hom een kant van die rim af en met 'n buisie silikoon sit
hulle aan die binnekant van die band 'n 'blob' rondom die doring se punt en
trek dan die doring na buitetoe uit. Pomp jy weer die band, dan maak die
drukking dat die silikoon nog beter seël! Goedkoop. Stupid.
>
> Suidwester wrote:
>> "knersus" wrote in message
>> news:canef4$k17$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>
>>> Hierdie soort gestryery loop altyd op 'n nul uit, want mense se smake
>>> verskil. Uit alles wat julle twee nou in die laaste poste kwytgeraak
>>> het, kom daar wel een ding uit: dis nie die voertuig of die enjin nie,
>>> dis die *bestuurder* wat tel.
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |__&CO__|
Vorige onderwerp: Alles nie net negatief nie!
Volgende onderwerp: Gou op die perdjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 10:49:56 MGT 2024