Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Suidwester se kennis
Suidwester se kennis [boodskap #94068] |
Sun, 13 June 2004 13:59  |
HansWillem
Boodskappe: 15 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Katryn:
Ek sou nie te veel waarde heg aan ou Sudiwester se woorde nie,
Knersus. Soos Mark Twain geskryf het:
"The self taught man seldom knows anything accurately, and he does
not know a tenth as much as he could have known if he had
worked under teachers, and besides, he brags, and is the means of
fooling other thoughtless people into going and doing as he
himself has done."
HansWillem
Nie dat ek 'n vreemdeling op hierdie nuusgroep sou wees nie Katryn. Is net,
ek gesels nie elke dag saam nie. Of ek nou met Suidwester se standpunte
saamstem al dan nie, speel nie 'n rol nie MAAR op een puntjie sal ek vir die
man opkom - hy ken sy land se geskiedenis en samestelling 'n dêm sight beter
as wat julle van jul eie RSA kan sê. Of die geskiedenis effe deur sy eie
sienings gekleur word, is nie nou ter sprake nie. Ons praat van die
agtergrondkennis.
Waarvan jy min openbaar.
Self Gloudie se sienings, al is dit merendeel op 50 jaar oue vooroordeel
gegrond, het meer om die lyf as jou snottie Mark Twain aanhaling. Jy het
bloot nie nie 'n koekenkloe waarvan jy praat nie.
|
|
|
|
|
Re: Suidwester se kennis [boodskap #94081 is 'n antwoord op boodskap #94071] |
Mon, 14 June 2004 07:50  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Ellie" skryf in boodskap news:Lm_yc.8234$Y3.1623@newsread2.news.atl.earthlink.net...
>
> As hy net nie so arrogant en seksisties oorgekom het nie, kon mens hom nog
> meer verdra, maar hy is altyd reg
-----Skattie, het jy al ooit gehoor van ondervinding en ervaring en die
bereidheid om 'n onderwerp na te vors? Ek hou van redeneer en argumenteer
en ek hou nie van verloor nie. So, hou op tjank en kry jou feite reg.
en sy stellings dat vrouens nie iets kan
> vermag (meganies) sonder n man se hulp nie, is n goeie voorbeeld.
------Dis duidelik dat jy net hoor wat jy wil hoor. Ek kan jou amper
DAAGLIKS in 'n situasie plaas waar jy as vrou nie sal slaag nie. Dit het
niks te doene met geslag of geslagvoorkeure nie. Ek leef die praktiese
situasie elke dag. Dit gaan definitief nie oor of die bestuurder van 'n
4x4 in die veld die voertuig kan bestuur nie. Dit kan elke mens wat 'n
bestuurlisensie het, doen. Kry jy egter probleme, dan is daar net een ding
wat jou daaruit gaan haal: Praktiese ervaring. Ek kan vir jou 'n klomp
voorbeelde noe, maar gegewe jou gebrek aan eie ondervinding en kennis van
die onderwerp, sal dit nie help nie. Die kern van die probleem is nie of
die vrouens al die pad deur Afrika kan ry nie en ook nie wie ken hulle nie.
Dit gaan oor die feit as daar 'n werklike probleem gaan opduik wat hulle
lewens in gevaar stel, of hulle dit sal kan hanteer? Net om jou te
amuseer: Daai Freelanders het Radial, 'tubeless' bande op. Ek kan vir
jou vele gevalle [wat wel gebeur het!] van vertel waar 'n motor op ons
grondpaaie met sy skerp klippe en onervare bestuurder, drie pap wiele binne
150km opgetel het. Weet julle dames van 'tubeless' in die veld regmaak?
Ens. ens.
bietjie nederigheid is altyd n goeie ding.
-----o, as jy feite weergee, dan is jy nie nederig nie?
En
> vuil taalgebruik help ook nie sy beeld nie. -----ag scheisse skattie!
> Ellie
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 03:13:17 UTC 2025
|