Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Suidwester se kennis
Suidwester se kennis [boodskap #94068] So, 13 Junie 2004 13:59 na volgende boodskap
HansWillem  is tans af-lyn  HansWillem
Boodskappe: 15
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Junior Lid
Katryn:
Ek sou nie te veel waarde heg aan ou Sudiwester se woorde nie,
Knersus. Soos Mark Twain geskryf het:

"The self taught man seldom knows anything accurately, and he does
not know a tenth as much as he could have known if he had
worked under teachers, and besides, he brags, and is the means of
fooling other thoughtless people into going and doing as he
himself has done."

HansWillem
Nie dat ek 'n vreemdeling op hierdie nuusgroep sou wees nie Katryn. Is net,
ek gesels nie elke dag saam nie. Of ek nou met Suidwester se standpunte
saamstem al dan nie, speel nie 'n rol nie MAAR op een puntjie sal ek vir die
man opkom - hy ken sy land se geskiedenis en samestelling 'n dêm sight beter
as wat julle van jul eie RSA kan sê. Of die geskiedenis effe deur sy eie
sienings gekleur word, is nie nou ter sprake nie. Ons praat van die
agtergrondkennis.

Waarvan jy min openbaar.

Self Gloudie se sienings, al is dit merendeel op 50 jaar oue vooroordeel
gegrond, het meer om die lyf as jou snottie Mark Twain aanhaling. Jy het
bloot nie nie 'n koekenkloe waarvan jy praat nie.
Re: Suidwester se kennis [boodskap #94071 is 'n antwoord op boodskap #94068] So, 13 Junie 2004 15:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"HansWillem"

Of ek nou met Suidwester se standpunte
saamstem al dan nie, speel nie 'n rol nie MAAR op een puntjie sal ek vir die
man opkom - hy ken sy land se geskiedenis en samestelling 'n dêm sight beter
as wat julle van jul eie RSA kan sê. Of die geskiedenis effe deur sy eie
sienings gekleur word, is nie nou ter sprake nie. Ons praat van die
agtergrondkennis.

As hy net nie so arrogant en seksisties oorgekom het nie, kon mens hom nog
meer verdra, maar hy is altyd reg, en sy stellings dat vrouens nie iets kan
vermag (meganies) sonder n man se hulp nie, is n goeie voorbeeld. Dat hy sy
land ken is n feit, maar n bietjie nederigheid is altyd n goeie ding. En
vuil taalgebruik help ook nie sy beeld nie.

n Laaste gedagte, mens kan nie vir iemand anders se hy weet nie wat in die
land aangaan nie. Dalk weet mense meer as wat jy dink.
My twee sente :-)

Ellie
Re: Suidwester se kennis [boodskap #94073 is 'n antwoord op boodskap #94068] So, 13 Junie 2004 17:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"HansWillem" skryf:

> HansWillem
> Nie dat ek 'n vreemdeling op hierdie nuusgroep sou wees nie Katryn. Is net,
> ek gesels nie elke dag saam nie.

Dankie vir jou bydrae, Hans. Toevallig weet ek dat jy nie 'n
vreemdeling hier is nie, maar al was jy, en was dit jou eerste
boodskap ooit in hierdie groep, sou dit geen verskil maak nie. Ekself
is ook nie meer 'n gereelde deelnemer hier nie, maar geniet dit om af
en toe te kom inloer.
Jy is geregtig op jou opinie en jou ho"e dunk van die Suidwester knaap
en jou lae opinie van my.

Vriendelike groete van Athens in Georgia (VSA)
Danielle
Re: Suidwester se kennis [boodskap #94081 is 'n antwoord op boodskap #94071] Ma, 14 Junie 2004 07:50 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf in boodskap news:Lm_yc.8234$Y3.1623@newsread2.news.atl.earthlink.net...
>
> As hy net nie so arrogant en seksisties oorgekom het nie, kon mens hom nog
> meer verdra, maar hy is altyd reg
-----Skattie, het jy al ooit gehoor van ondervinding en ervaring en die
bereidheid om 'n onderwerp na te vors? Ek hou van redeneer en argumenteer
en ek hou nie van verloor nie. So, hou op tjank en kry jou feite reg.

en sy stellings dat vrouens nie iets kan
> vermag (meganies) sonder n man se hulp nie, is n goeie voorbeeld.
------Dis duidelik dat jy net hoor wat jy wil hoor. Ek kan jou amper
DAAGLIKS in 'n situasie plaas waar jy as vrou nie sal slaag nie. Dit het
niks te doene met geslag of geslagvoorkeure nie. Ek leef die praktiese
situasie elke dag. Dit gaan definitief nie oor of die bestuurder van 'n
4x4 in die veld die voertuig kan bestuur nie. Dit kan elke mens wat 'n
bestuurlisensie het, doen. Kry jy egter probleme, dan is daar net een ding
wat jou daaruit gaan haal: Praktiese ervaring. Ek kan vir jou 'n klomp
voorbeelde noe, maar gegewe jou gebrek aan eie ondervinding en kennis van
die onderwerp, sal dit nie help nie. Die kern van die probleem is nie of
die vrouens al die pad deur Afrika kan ry nie en ook nie wie ken hulle nie.
Dit gaan oor die feit as daar 'n werklike probleem gaan opduik wat hulle
lewens in gevaar stel, of hulle dit sal kan hanteer? Net om jou te
amuseer: Daai Freelanders het Radial, 'tubeless' bande op. Ek kan vir
jou vele gevalle [wat wel gebeur het!] van vertel waar 'n motor op ons
grondpaaie met sy skerp klippe en onervare bestuurder, drie pap wiele binne
150km opgetel het. Weet julle dames van 'tubeless' in die veld regmaak?
Ens. ens.

bietjie nederigheid is altyd n goeie ding.
-----o, as jy feite weergee, dan is jy nie nederig nie?
En
> vuil taalgebruik help ook nie sy beeld nie. -----ag scheisse skattie!
> Ellie
>
Vorige onderwerp: Zo stem ons
Volgende onderwerp: Wat die vrouens in SA dink
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 04:20:14 MGT 2024