Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Savanna Jane
|
|
|
|
|
|
|
Re: Savanna Jane [boodskap #93993 is 'n antwoord op boodskap #93988] |
Fri, 11 June 2004 15:00   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
news:7kjyc.3858$0FI1.1729@news01.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
> Jy laat my lag. Ek dink jy is 'n groot papbroek wat
> net met jou mond sit en raas en maak of jy hierdie
> groot macho ou is.
........ek is so bly ek kon die ou bitterbek laat lag vir 'n verandering!
Die enigste verskil tussen my en jou is dat ek in Afrika bly en leef elke
dag van my lewe....jy fantasseer.
Vertel vir my hoekom my seun,
> wat 'n paar jaar gelede in Kaapstad studeer het, saam
> met drie ander studente wat almal uit die buiteland
> was ( twee Engelse, een Amerikaner en hy, 'n
> Kanadees) 'n voertuig kon huur en tot by die
> Etosha-panne kon ry, sonder enige moeilikheid.
........omdat die Etosha-panne, my antie, op teerpad is van Kaapstad tot by
die Etosha-hek.
> En hulle het ook ander dinge gesien. Soos die
> Sossus-duine ( is dit reg gespel.)
.......... Sossusvlei is grondpad, deur bergpasse. As hulle dit met 'n
gewone kar gedoen het, dan kan ons presies sien hoekom hy jou seun is, net
so stupid.
En hulle het ons van 'n internet-kafee in Windhoek laat weet.
............Windhoek is 'n stad!
En met die teruggaan het hulle 'n ompad gery oor
> Upington en Kakamas en Marchand om die
> Augrabies-valle te sien.
...........ook weer teerpad.
Die enigste ding waaroor
> ons seun gekla het, was die afstande.
........presies wat ek gesê het.
Ek dink self hulle het teveel probeer doen.
........dalk is julle volgende geslag meer wys, hmm?
|
|
|
Re: Savanna Jane [boodskap #93998 is 'n antwoord op boodskap #93982] |
Fri, 11 June 2004 18:45   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In my Bosman Van Der Merwe Barnes woordeboek word die woord Reserwe gebruik
en verduidelik as 'n "spaar ietsie" soos 'n reserwe wiel of 'n reserwe
speler. Die naaste in my woordeboek wat aan Reservaat kom is Reservasie,
wat na Engels toe vertaal word as Reservation. Ekwator kom wel voor, in die
boek - dit sal ek jou toegee, maar jy sê self dis nie 'n wonderlike
woordeboek nie - klink vir my soos 'n direkte vertaling.
Ek het nog nooooiiiiittttt gehoor van enige onaangename of aangename
konnotasie aan die woord Reserwe nie - ook kan ek nie sien wat dit met
apartheid uit te waai het nie.
Hier praat ons van 'n wildsreservaat en Die ewenaar ons praat nie van
wildsreserwes en Ekwator nie. Vir ons sal 'n wildsreserwe 'n klomp
oortollige diere wees, en Equador is 'n land. Dis hoe ons praat, en "when
in Rome"..
E
"@rogers.com" wrote:
>
> OK, Elaine. Ek weet hulle noem dit "reservate" in SA.
> Maar hier is nou iets heel interessant. In my woordeboek
> ( Bosman en van der Merwe, nou nie eintlik 'n baie goeie
> woordeboek nie) is daar glad nie so 'n woord soos
> "reservaat" in die Afrikaanse deel nie. Gaan jy na die
> Engelse kant, dan word "reserve" met "reserwe" vertaal.
> Ek dink jy behoort om verskoning te vra. Dis 'n goeie
> idee om altyd 'n woordeboek langs jou te hê en eers
> seker te maak voor jy begin kekkel.
> Ek wonder hoekom hulle die woord "reservaat" wel
> in Afrikaans gebruik. Miskien om dit te onderskei van
> die woord "reserwe" wat te veel apartheidsera-
> konnotasies het?
> Terloops, die ander woord waaroor jy my kritiseer -
> "ekwator" - kom ook in my Bosman en van der Merwe
> as 'n AFRIKAANSE woord voor. Soos ek sê, kyk eers
> in 'n woordeboek voor jy begin kekkel. Ek doen dit
> altyd.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Savanna Jane [boodskap #94028 is 'n antwoord op boodskap #94010] |
Sat, 12 June 2004 07:27   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Meeste van wat ek sê, is ook maar tong in die kies. Ek het met Land Rovers
in die huis grootgeword.....my Pa het gevrek oor hulle. So het ek dan
geleer van ratkaste wat huil, van gate in die samestelling van die bakwerk
wat maak dat as jy die wind van voor verkeerd vang, dan bak jy behoorlik
ballas van die warm lug wat oor die manifold hier deur die vloer kom en wat
maak dat jy met jou een voet op die 'dashboard' moet ry. Van 'n Land
Rover wat lekker loop in die hoë binneland deur die jaar en as jy hom afvat
see toe, so 80km uit Swakopmund uit, dan begin hy mis. Valves gebrand!
Deesdae wat ek by die see bly, leef ek elke dag met 4x4'e......en met
die hoogste roessyfer in die wêreld. Daai storie dat 'n Land Rover se
bakwerk van ally is en nie roes nie, is tipiese Engelse logika. Sy
skarniere en chassis is van staal! Die skarnier roes af en dan val die
deure af. Het jy al gesien hoe roes aluminium? Hy maak sulke knoppies
onder die verf en as jy dit oopmaak is daar so 'n wit seep in......en een
dag, dan druk jy sommer so 'n gat deur die paneel.
Hier het ek ook 'n ou Landie gekoop en dit het my totaal genees van
Land Rovers. Sowat van sukkel en breek het ek nog nooit beleef nie.
Selfs in die aand as hy in die garage staan, dan breek die bliksem. Twa!
Kom jy daar dan staan hy so skeef........het 'n veer gebreek. Of jy kyk
onder die bonnet [definitief om olie na te gaan want dis een ding waarvoor
'n Landie meer lief is as vir petrol, dan is dit olie!] en hier staan 'n
straal water....'n gat deurgeroes deur 'n Welsh-plug en jarre se kak om hom
reg te maak.
Het jy al ooit probeer om 'n Landie se koppelaar in die veld reg te
maak? Wel, jy gaan lank besig wees want jy moet omtrent die ding
uitmekaarhaal om by die ratkas uit te kom. Voor dit moet jy natuurlik eers
wag dat hy yskoud word anders gaan jy meer as sonbrand opdoen! Nou nie dat
dit alledaags gebeur nie, maar as jy swaar sand en duine ry en met 'n Landie
se berugte swak enjin, dan word dit nodig. Net om te vergelyk: Onder 'n
Hilux 4x4 grawe jy net die sand so effe weg en kruip een ou onder die ratkas
in en jy maak die propshaft los, die ratkas los en jy laat sak hom in die
skoot van die man daaronder en vervang die plaat. Minder as 'n uur verder
ry jy rustig en tevrede..................
. Daar was nou so 'n rukkie terug
> berig van 'n studie wat deur die Britse weermag gedoen is in Qatar.
> O.a. was slegs 50% van die tenks nog diensbaar na sowat 2 weke se
> woestynstof, maar die Land Rovers se syfer was 90%! ..............seker in vergelyking met BRITSE tenks ook?
>
> Daar's natuurlik altyd so 'n oor-en-weer gekskeerdery tussen Landcruiser
> en Land Rover eienaars:
> Bufferplakker op 'n ou, geduikte en woes-gebruikte Series III Land
> Rover: I'd rather walk or die than drive a Toyota
............of soos die een ou boer hier lank terug gesê het: Jy moet
donners desperaat wees om 'n Land Rover te ry. Loop is veel minder moeite!
> Net iets oor brandstof: Vuil diesel is gewoonlik 'n groter bogger as
> vuil petrol. Maar petrolkanne in Afrika se son is maar 'n gevaarlike
> storie.
.................Hier stem ek met jou saam want ek hou nie van die
ge-ghorrie van die diesels nie en die vibrasie van die bak nie. Ek neem
ernstig fotos en 'n petrol Hilux wat staan en idle voel jy skaars as jy
vinnige foto moet neem. Die gedurige afskakel vir fotos is nie goed vir 'n
diesel nie. Hier by ons kan jy darem omtrent orals petrol kry, maar dan
moet jy nie kieskeurig wees oor loodvrye petrol nie.
|
|
|
Re: Savanna Jane [boodskap #94029 is 'n antwoord op boodskap #93982] |
Sat, 12 June 2004 08:12   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
news:N6jyc.3839$0FI1.2733@news01.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
-----Ou Antie jou kop raas. Soos die duiwel wil hê, sê een vrou hier sy
het 'n Bosman en Van der Merwe[let asb. WEER dat as jy 'n Afrikaanse van
alleen skryf van word die 'van' met 'n hoofsletter geskryf.....ek praat nie
weer nie!] op bladsy 625 sal jy die woord 'reservaat' vind. Elaine is
presies reg en jy's, soos gewoonlik, verkeerd. Ewenaar kan twee dinge
beteken......die 'differential' van 'n as of die middelpunt om die aardbol.
Ek sien jou probleem [behalwe dat Elaine reg is], ons praat die taal
elke dag en ken die regte Afrikaanse gebruik. Jy probeer vertaal van jou
kant af deur direk in jou woordeboek vir Afrikaanse woorde te soek van dinge
wat jy in Engels ken. Koop eerder vir jou 'n verklarende woordeboek.
Weereens, Elain is reg en jy skuld haar 'n verskoning vir al die stront
wat jy praat. In gebruiks-Afikaans is daar net wildreservate as jy van
wildtuine of bewaringsgebiede praat en die ewenaar was nog nooit 'ekwator'
gewees nie!
> ( Bosman en van der Merwe, nou nie eintlik 'n baie goeie
> woordeboek nie) is daar glad nie so 'n woord soos
> "reservaat" in die Afrikaanse deel nie. Gaan jy na die
> Engelse kant, dan word "reserve" met "reserwe" vertaal.
> Ek dink jy behoort om verskoning te vra. Dis 'n goeie
> idee om altyd 'n woordeboek langs jou te hê en eers
> seker te maak voor jy begin kekkel.
> Ek wonder hoekom hulle die woord "reservaat" wel
> in Afrikaans gebruik. Miskien om dit te onderskei van
> die woord "reserwe" wat te veel apartheidsera-
> konnotasies het?
> Terloops, die ander woord waaroor jy my kritiseer -
> "ekwator" - kom ook in my Bosman en van der Merwe
> as 'n AFRIKAANSE woord voor. Soos ek sê, kyk eers
> in 'n woordeboek voor jy begin kekkel. Ek doen dit
> altyd.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Savanna Jane [boodskap #94037 is 'n antwoord op boodskap #94029] |
Sat, 12 June 2004 12:15   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Enige mens wat Afrikaans kan praat, het nie 'n woordeboek nodig om te weet
dat Elaine reg was nie.
--
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:40cabb02.0@news1.mweb.co.za...
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:N6jyc.3839$0FI1.2733@news01.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
> -----Ou Antie jou kop raas. Soos die duiwel wil hê, sê een vrou hier sy
> het 'n Bosman en Van der Merwe[let asb. WEER dat as jy 'n Afrikaanse van
> alleen skryf van word die 'van' met 'n hoofsletter geskryf.....ek praat nie
> weer nie!] op bladsy 625 sal jy die woord 'reservaat' vind. Elaine is
> presies reg en jy's, soos gewoonlik, verkeerd. Ewenaar kan twee dinge
> beteken......die 'differential' van 'n as of die middelpunt om die aardbol.
> Ek sien jou probleem [behalwe dat Elaine reg is], ons praat die taal
> elke dag en ken die regte Afrikaanse gebruik. Jy probeer vertaal van jou
> kant af deur direk in jou woordeboek vir Afrikaanse woorde te soek van dinge
> wat jy in Engels ken. Koop eerder vir jou 'n verklarende woordeboek.
> Weereens, Elain is reg en jy skuld haar 'n verskoning vir al die stront
> wat jy praat. In gebruiks-Afikaans is daar net wildreservate as jy van
> wildtuine of bewaringsgebiede praat en die ewenaar was nog nooit 'ekwator'
> gewees nie!
>
>> ( Bosman en van der Merwe, nou nie eintlik 'n baie goeie
>> woordeboek nie) is daar glad nie so 'n woord soos
>> "reservaat" in die Afrikaanse deel nie. Gaan jy na die
>> Engelse kant, dan word "reserve" met "reserwe" vertaal.
>> Ek dink jy behoort om verskoning te vra. Dis 'n goeie
>> idee om altyd 'n woordeboek langs jou te hê en eers
>> seker te maak voor jy begin kekkel.
>> Ek wonder hoekom hulle die woord "reservaat" wel
>> in Afrikaans gebruik. Miskien om dit te onderskei van
>> die woord "reserwe" wat te veel apartheidsera-
>> konnotasies het?
>> Terloops, die ander woord waaroor jy my kritiseer -
>> "ekwator" - kom ook in my Bosman en van der Merwe
>> as 'n AFRIKAANSE woord voor. Soos ek sê, kyk eers
>> in 'n woordeboek voor jy begin kekkel. Ek doen dit
>> altyd.
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
|
|
|
Vir Gloudina [boodskap #94044 is 'n antwoord op boodskap #94043] |
Sat, 12 June 2004 15:01   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
OK, die laaste oor hierdie onderwerp, n resensie, probeer dit in jou bib
kry, jy sal dit geniet.
Jammer dis in Engels, ek het nie tyd gehad om dit te vertaal nie ;-)
From Library Journal
Theroux groans his way through Africa; the first single trip since The
Pillars of Hercules.
Copyright 2002 Reed Business Information, Inc.
Book Description
In the travel-writing tradition that made Paul Theroux"s reputation, Dark
Star Safari is a rich and insightful book whose itinerary is Africa, from
Cairo to Cape Town: down the Nile, through Sudan and Ethiopia, to Kenya,
Uganda, and ultimately to the tip of South Africa. Going by train, dugout
canoe, "chicken bus," and cattle truck, Theroux passes through some of the
most beautiful — and often life-threatening — landscapes on earth.
This is travel as discovery and also, in part, a sentimental journey. Almost
forty years ago, Theroux first went to Africa as a teacher in the Malawi
bush. Now he stops at his old school, sees former students, revisits his
African friends. He finds astonishing, devastating changes wherever he goes.
"Africa is materially more decrepit than it was when I first knew it," he
writes, "hungrier, poorer, less educated, more pessimistic, more corrupt,
and you can"t tell the politicians from the witch doctors. Not that Africa
is one place. It is an assortment of motley republics and seedy chiefdoms. I
got sick, I got stranded, but I was never bored. In fact, my trip was a
delight and a revelation."
Seeing firsthand what is happening across Africa, Theroux is as obsessively
curious and wittily observant as always, and his readers will find
themselves on an epic and enlightening journey. Dark Star Safari is one of
his bravest and best books.
As a travel guide, Theroux can both rankle and beguile, but after reading
this marvelous report, readers will probably agree with the priest who
observes, "Wonderful people. Terrible government. The African story."
|
|
|
Re: Savanna Jane [boodskap #94046 is 'n antwoord op boodskap #94019] |
Sat, 12 June 2004 16:37   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jaaaaaaaa. Kom ek probeer weer. Die woord reserve het baie betekenisse en
in Engels word dit 'n game reserve genoem. So as jy dit direk wil vertaal
sal dit welliswaar "wildreserwe" wees. Maar in Afrikaans het daai
spesifieke "reserve" 'n heel ander betekenis as die een waarvoor hy in
Engels gebruik word. Reserwe (vertaling van reserve), in Afrikaans, is
oortollige of ekstra goete, so as jy van wildsreserwes praat, sal ek aanneem
jy praat van oorskot wild. 'n Heeeellllll ander betekenis. Jy het tog 'n
graad in Afrikaans for crying out load, jy moet tog weet dat ons woorde, nie
noodwendig dieselfde betekenis het as wat dit in Engels het nie.
E
"@rogers.com" wrote:
> Kom ons begin weer voor. Waar in jou woordeboek
> (wat dieselfde as myne is) kry jy die woord "reservaat."
> Volgens ons woordeboek bestaan die woord "reservaat"
> nie in Afrikaans nie. Volgens jou woordeboek en my
> woordeboek, wat dieselfde is, is die Engelse woord
> "reserve" die Afrikaanse woord "reserwe." Jy behoort
> om verskoning te vra dat jy so kewademan vir my op
> die vingers getik het oor iets wat eenvoudig nie waar
> was nie.
> Die vraag is, vir my altans, hoekom word die
> woord "reservaat" in Afrikaans gebruik vir diere.
> Enigiemand enige idees?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vir Gloudina [boodskap #94054 is 'n antwoord op boodskap #94053] |
Sat, 12 June 2004 23:59   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek kan met jou man simpatiseer, ek is ook n boekaholis, en kan nie weerstaan
om n boekwinkel in te gaan nie.:-)
Ek was verlede week by n groot boekkonferensie in Chicago vir werk, en ons
kon verniet boeke kry, en ek het drie kiste vol boeke huistoe gepos, nugter
weet waneer ek dit gelees gaan kry.
Mosquito Coast is fiksie, en alhoewel die movie heel goed was, het ek nie
die boek gelees nie. Ek lees net sy reisboeke.
Ja, hy is baie sinies, uitgesproke, en sy styl is 'droll' en droog, maar hy
is n goeie skrywer, amper soos John Coetzee, wat ook kan toor met min
woorde. Ek sal aanbeveel jy begin met Dark Star Safari, want sy
waarnemingsvermoee is regtig bo gemiddeld, en sy droë humor en sy
intellegensie is iets besonders. Sy indrukke oor S.A. is interessant, hy
was baie anti apartheid in die verlede, maar hy het meesal goeie dinge te se
oor die land nou, en hy het veral baie van Kaapstad gehou, iets wat my
natuurlik bly gemaak het.
E
"@rogers.com" wrote in message
news:CbMyc.4144$y791.1274@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Ellie"
>
>> From Library Journal
>> Theroux groans his way through Africa;
>
> Maar sê die titel hier nie volumes nie. Ek dink ek
> het een boek van Theroux gelees ( dink dit was
> Mosquito Coast of soiets) en het deur 'n hele
> klomp geblaai. ( Ek het die gewoonte om deur
> boeke te blaai terwyl ek wag dat my man, wat
> 'n boekaholis is, sy boekkoop-addiksie kan
> bevredig deur 'n boek te koop.) En die vinnige
> indruk wat ek van Theroux kry, is dat hy baie
> egosentries skryf. Sy prosa is goed, maar ek
> dink hy is te krities oor alles en nog wat. Goeie
> reisskrywers vel nie oordele oor alles en nog
> wat nie. Hulle laat die gebeure vir hulself
> spreek. Wat sê hy byvoorbeeld oor SA?
> En is wat hy sê volgens jou akkuraat?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
Bladsye (3): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 03:17:52 UTC 2025
|