Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Haai shame
|
|
|
Re: Troepie [boodskap #93969 is 'n antwoord op boodskap #93963] |
Fri, 11 June 2004 12:48   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Is whitey veronderstel om 'n belediging te wees?
Ek het nie 'n dooie woord oor Namib gesê nie. Dis jy wat sit en preek oor
skandes en die vreeslike dinge wat die arme swartes aangedoen word. Moenie
net praat en sê iets moet gedoen word nie - "practise what you preach", lig
jou gat en kom doen iets. Dis maklik om daar in die "vreemde" preke en
steke te gooi, enige iemand kan dit doen. Ek ook.
Om die waarheid te sê dink ek 99% Sub-Sahara Afrika is nie daartoe in staat
om hulle eie probleme op te los nie. Afrika is nou eenmaal net 'n plek en
kultuur op sy eie, en niemand behalwe die mense (wit, swart, pink, blou
geel, groen, rooi) wat hier bly sal dit ooit verstaan nie. En btw. ek dink
Festus Mogae doen 'n wonderlike job van Botswana - en kyk hy's swart.
E
"@rogers.com" wrote:
> Nee, ek is nie 'n whitey nie. Ek dink die
> bevolking van Namibië is heeltemal in staat
> om dinge reg te stel. Ek dink dis jy wat van
> jou troontjie moet afklim.
>
> Tant Hessie van die Spergebied
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Troepie [boodskap #94004 is 'n antwoord op boodskap #93939] |
Fri, 11 June 2004 19:16   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ok, die Engelse het Walvisbaai gebou, maar dis geen "skokkie" nie. Ek
het niks gesê oor wie dit gebou het nie, eerder aan wie dit *behoort*
het. Feit is, die grondgebied rondom Walvisbaai was uitgesluit uit
enige mandate van die Volkerebond, so as julle destyds vroëer
onafhanklikheid verkry het, sou dit sonder daardie stukkie grond gewees
het en dus sonder 'n ordentlike diepseehawe, wat julle uitvoere kwaai
aan bande sou lê, of dan ten minste nog van Suid-Afrika se goedertrou
afhanklik gemaak het.
Wat betref die diamante. Jy verwar CDM en die CSO (Central Selling
Organisation) De Beers het kort na hulle eie ontstaan gedurende die
Kimberleyse stormloop al begin om 'n hegemonie oor die verkoop van
diamante en die gepaardgaande prysvasstelling te vestig. Die CSO was in
1888 alreeds gestig saam met DCM en die DTC, dus al etlike dekades aan
die gang toe die onafhanklikheid van SWA waarvan ons hier praat, te
berde gekom het. Dus: die profyt van watter diamante ons ook al praat,
sou uiteindelik in De Beers se sakke geland het.
Nou kom ons dus terug by die oorsp. vraag: Wat dink *jy* sou gebeur het
as Suid-Afrika destyds (vroeë 60-er jare, ek het eers gedink dit was in
die 50s) bes gegee het en SWA aan sy eie lot oorgelaat het? Dis nie
bedoel as 'n strikvraag nie, maar ek sou graag wou weet hoe voel 'n
Suidwester oor die saak. Hou ook ingedagte dat die bevrydingsbeweging
wat ons as SWAPO geken het, alreeds toe bestaan het, en in werklikheid
sy ideologie wortels kan terugtrek tot die totstandkoming van die
Kaaplandse Kommunistiese Party in 1921.
Suidwester wrote:
> "knersus" wrote in message
> news:caahgj$enq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> _Vraag en opmerkings aan *Suidwester*_: wat sou gebeur het as SA destyds
>> in die 1950s toegegee het aan internasionale druk, nie Wêreldhof toe
>> gegaan het nie en SWA net so laat staan het? Een ding wat ek weet,
>> julle sou nie 'n ordentlike hawe gehad nie, Walvisbaai was baie
>> pertinent nog altyd deel van Suid-Afrika gewees (Nou is dit natuurlik
>> Namibiese grondgebied)
>
> .........Ek het 'n skokkie vir jou. SA het nie Walvisbaai se hawe gebou
> nie! Dit was die Engelse. In die laat 1800's kon die Goewerneur in die
> Kaap as verteenwoordiger van Engeland, nie sy 'mind' opmaak oor SWA nie.
> Die Kaaskoppe voor hulle het 'n klomp jare nog verder in die verlede 'n
> ontdekkingstog gestuur na SWA en hulle vrek geskrik vir 'n klomp Hottentotte
> by Sandwich Harbour se fontein en het dit nooit weer probeer nie. Toe die
> Engelse hoor dat die Duitsers besluit het om SWA te annekseer, toe skrik die
> sot in die Kaap met 'n gejuig wakker en kom hulle met die Duitsers ooreen
> dat hulle [die Engelse] die Walvisbaaise natuurlike hawe wil hê. Die
> Duitsers het ingestem want hulle vroeë ondersoeke het miskien die een
> ernstige fout wat hulle gemaak het met SWA, opgelewer. Hulle het gereken
> Sandwich met sy water sou 'n beter hawe uitmaak as Walvis en toe gee hulle
> Walvis vir die Souties. Wat hulle later sou uitvind, was dat die pad
> vanuit Sandwich na die beskawing is vol van die hoogste duine in die Namib
> wat aanmekaar rondloop in die wind.
> Dis toe dat hulle 'n landinggebied geskep het in Swakopmund. As jy die
> plek ken, sal jy besef hoe 'n formidabele prestasie dit was. Dis geen stil
> hawe-water nie en die goed is van die groot skepe wat ver van die land in
> kalmer water vasgemeer het, met 'surf boats' en ingevoerde manne van die
> Kroo stam vanuit Nigerië wat kundiges was op die gebied van om deur swaar
> breekwater te roei. Dink net.....'n hele spoorlyn se spore en meeste van
> die 'rolling stock' is so aan land gebring. Alles net omdat die Jerries
> geweier het om vir die Engelse te erken dat hulle 'n fout met Walvis gemaak
> het!
> Jy moet vergelyk wat die Duitsers in hierdie land gedoen het in 20
> jaar, met die amper 70 jaar onder SA beheer. Dan sal jy verstaan. maar
> dan moet jy seker ook Duitsland na die WW2 vergelyk met meeste ander lande.
> Die Duitsers het breins........
>
> Ek dink al julle diamanteprofyt sou nog steeds
>
>> in De Beers se sak geland het - die CSO is al lank in bedryf en hulle
>> hanteer sowat 80% dalk meer van al die wêreld se diamante.
>
> .......sekerlik omdat die SA regering die Oppenheimers toegelaat het om
> beheer te kry? Die tyd waarvan ons praat was vóór CDM in die dae toe
> diamante in die Namib soos klippe opgetel was. Mens kan jou indink dat as
> die Duitsers beheer gehou het, sou dit maar geknetter het vir Jode om iets
> by hulle te kry?
>
> Julle grootste afsetgebied vir landbouprodukte bly nog steeds SA. Wat sou
> dus
>
>> verander het? Sou enigiets inderwaarheid verander het?
>
> .......Daar is twee kante van die saak. Sekerlik is die vleismark van SA
> daar en is die droeëveld vleis van ons land hoog in aanvraag en van top
> kwaliteit. Maar nou, na onafhanklikheid voer ons ook uit na Europa en
> ander lande. As die SA mark nie so gerieflik was nie, sou verdere uitvoere
> vroeër reeds gebeur het. Die kwaliteit van die produk verkoop homself.
>
> Ek het êrens ook gelees dat die Duitsers op 'n paar honderd siele na die
> Herero-nasie
>
>> uitgewis het na die opstande destyds, so hulle was nie sulke gawe
>> engeltjies nie, was hulle?
>
> .........Daar is vele stories oor die ding. Aan die een kant is daar nou
> die Herero's wat 'n geleentheid vir kompensasie sien en die ding 'regskryf
> of regpraat' en skrywers en politieke aktiviste wat op die 'bandwagon'
> gespring het [a la Gloudina] en die hol uit die hoender uitruk. Feit van
> die saak was dat die Duitsers beskermingsooreenkomste gehad het met die
> verskeie volkere in SWA, onder andere die Herero's. Tog kon die Herero's
> en die Afrikaner-hottentotte nie in vrede leef nie en het daar gedurig
> oorloë uitgebreek. Op 'n dag het die Duitsers gatvol geraak vir die
> gedurige moeilikheid en het Genl. Von Trotha 'n bevel uitgegee dat hulle 'n
> plan met die Herero's moet maak, want so kan dit nie aangaan nie. Toe het
> die Duitse soldate die Herero's begin vasvat en meeste van die Herero's het
> met 'n spoed gevlug na Botswana waar meeste van hulle familie gehad het want
> dis waarvandaan hulle oorspronklik gekom het.
> Maar die storie vertel van 40 - 50 000 mense wat deur die Duitsers
> uitgeroei is terwyl die mense gevlug het. Gebruik nou jou logika. Vir
> 3 - 400 Duitse soldate om 40 000 mense uit te wis, in die veld op die
> hardloop, sou elke soldaat meer as 'n 100 mense moes doodskiet in 'n
> kwessie van 'n paar dae! Met 'n slotgeweer, op 'n perd, in die veld? Nie
> maklik nie!
>
>> _______
>> | OSCAR |
>> |KNERSUS|
>> |__&CO__|
>
>
>
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
|
|
|
|
Re: Troepie [boodskap #94009 is 'n antwoord op boodskap #94004] |
Fri, 11 June 2004 19:38   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
knersus skryf:
> Ok, die Engelse het Walvisbaai gebou, maar dis geen "skokkie" nie. Ek
> het niks gesê oor wie dit gebou het nie, eerder aan wie dit *behoort*
> het.
Ek sou nie te veel waarde heg aan ou Sudiwester se woorde nie,
Knersus. Soos Mark Twain geskryf het:
"The self taught man seldom knows anything accurately, and he does
not know a tenth as much as he could have known if he had
worked under teachers, and besides, he brags, and is the means of
fooling other thoughtless people into going and doing as he
himself has done."
-- Mark Twain, Taming the Bicycle, 1917
|
|
|
|
|
Re: Troepie [boodskap #94013 is 'n antwoord op boodskap #94006] |
Fri, 11 June 2004 19:54   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gits, lyk my ek moet myself ook eers regstel. "Englese" moet natuurlik
"Engelse" wees, en "Hoelom" moet "Hoekom" wees. Soos Elaine sê, "die
balk, die balk"!
knersus wrote:
> Tyd vir regstellende aksie.
>
> 1) verwaardig: dis seker nie verkeerd nie, maar val snaaks op die oor
> vir moderne Afrikaans, "verwerdig" sou beter wees.
>
> 2) Sleutel Wes neem ek aan verwys na Key West, een van die Florida keys?
> Eerstens moet dit in Afrikaans Sleutel-Wes wees, en tweedens het die
> "Key" van "Key West" niks met 'n sleutel te doen nie. Dis eerder
> verwant aan "Cay" soos in "Caymans". Die Englese het nou maar eenmaal
> die vermoë gehad om plekname se uitsprake en spellings totaal te
> verfomfaai.
>
> Waar kom die woord "skrei" vandaan? Is dit iets soos met "skree" of
> "skreeu" te doen?
>
> Hoelom noem jy jouself altyd "Tant Hessie"? Is dit nou n' verwysing na
> Tant Hessie van Helsdingen, wat gereeld ter sprake gekom het in "Bog met
> Blou Mandag" destyds oor Springbokradio of die Afrikaanse sender?
>
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Troepie [boodskap #94030 is 'n antwoord op boodskap #94004] |
Sat, 12 June 2004 09:27   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"knersus" skryf in boodskap news:cad0ml$cih$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ok, die Engelse het Walvisbaai gebou, maar dis geen "skokkie" nie. Ek
> het niks gesê oor wie dit gebou het nie, eerder aan wie dit *behoort*
> het. Feit is, die grondgebied rondom Walvisbaai was uitgesluit uit
> enige mandate van die Volkerebond, so as julle destyds vro�er
> onafhanklikheid verkry het, sou dit sonder daardie stukkie grond gewees
> het en dus sonder 'n ordentlike diepseehawe, wat julle uitvoere kwaai
> aan bande sou lê, of dan ten minste nog van Suid-Afrika se goedertrou
> afhanklik gemaak het.
...........Dat Walvisbaai aan SA behoort het na Republiekwording, die betwis
ek nie. Wat ek wel sê is dat Walvis nie die enigste haweplek aan ons kus
is nie! Daar word steeds vandag sterk gekyk na M�webaai aan die
noordekant, en dit gaan dalk in die nabye toekoms gebou word. Feit is, dat
die Duitsers nie Walvisbaai nodig gehad het nie en het al hulle dinge gedoen
sonder Walvisbaai.
> Wat betref die diamante. Jy verwar CDM en die CSO (Central Selling
> Organisation) De Beers het kort na hulle eie ontstaan gedurende die
> Kimberleyse stormloop al begin om 'n hegemonie oor die verkoop van
> diamante en die gepaardgaande prysvasstelling te vestig.
-------daarmee stry ek nie. Ons hier in die land is geneig om oor die
algemeen te praat van CDM, wat kan beteken ook De Beers. Wat maar
dieselfde eintlik is. Net 'n vragie. Aan wie dink jy het De Beers
belasting betaal? SWA? Nie maklik nie. Aan SA!
> Nou kom ons dus terug by die oorsp. vraag: Wat dink *jy* sou gebeur het
> as Suid-Afrika destyds (vroe� 60-er jare, ek het eers gedink dit was in
> die 50s) bes gegee het en SWA aan sy eie lot oorgelaat het? Dis nie
> bedoel as 'n strikvraag nie, maar ek sou graag wou weet hoe voel 'n
> Suidwester oor die saak.
----Jy lees my nie reg nie. Ons almal is as burgers van SA grootgemaak en
dra steeds SA ID nommers. Ons het opleiding in die SA weermag gehad en het
diens gedoen net soos enige SA'er. Dit gaan nie oor die feit dat SA in SWA
aangebly het tot onafhanklikheid tot in die vroeë 90's nie. Ook nie die
feit dat hulle 'n oorlog teen terrorisme in ons land gevoer het nie. Wat
ek gesê het, was dat VOOR hierdie tydperk, dis van so ongeveer die vroeë
twintigs af tot omtrent die vyftigs wat die SA regering die mandaat gehad
het oor SWA en in daardie tyd 'bal gehang' het met die ontwikkeling van die
land. Grotendeels omdat hulle nie massief wou investeer in 'n land wat
hulle nie seker was van of hulle die beheer van permanent gaan behou nie,
MAAR aan die anderkant het hulle toegelaat dat die natuurlike bronne deur
SA'ers benut en gestroop word. Die belasting waarvan na SA gegaan het en
SWA slegs op begroting kon trek. Nou is dit mos net logies as jy kyk wat
die Duitsers in 15 jaar bereik het in 'n land en jy kyk na wat SA gedoen
het, dan moet jy so 'n bietjie ingedoen voel?
Hou ook ingedagte dat die bevrydingsbeweging
> wat ons as SWAPO geken het, alreeds toe bestaan het, en in werklikheid
> sy ideologie wortels kan terugtrek tot die totstandkoming van die
> Kaaplandse Kommunistiese Party in 1921
---Nie die naam Swapo as sulks nie. Net soos die ou Lokasie in Windhoek se
skietery ook g'n niks met die politiek te make gehad het soos wat sekere
historici beweer nie. Dit was bloot 'n opstand oor die reg van shebiens om
drank by die huis verkoop en die feit dat die Munisipaliteit alles onder
beheer in die biersaal wou gehad het. Die opstandelinge was hoofsaaklik
Herero's en veral die vroue wat die drank gestook en verkoop het. Vandag
lieg Sam Nujoma die geskiedenis 'reg' in sy boek deur te vertel dat hy daar
was en dat hy die mense aangehits het! So ook vertel hy dat die 'boere'
mediese behandeling vir die swart opstandelinge geweier het. Alles 'n
lieg, want daar is kontak gemaak met mense wat in die ou Naturellehospitaal
gewerk het daardie nag en daar was 9 dokters [van hulle uit privaat
praktyke] op diens en het in die negentig beseerdes gehelp reg deur die nag
tot die volgende oggend.
>
> Suidwester wrote:
>> "knersus" wrote in message
>> news:caahgj$enq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>
>>> _Vraag en opmerkings aan *Suidwester*_: wat sou gebeur het as SA destyds
>>> in die 1950s toegegee het aan internasionale druk, nie Wêreldhof toe
>>> gegaan het nie en SWA net so laat staan het? Een ding wat ek weet,
>>> julle sou nie 'n ordentlike hawe gehad nie, Walvisbaai was baie
>>> pertinent nog altyd deel van Suid-Afrika gewees (Nou is dit natuurlik
>>> Namibiese grondgebied)
>>
>> .........Ek het 'n skokkie vir jou. SA het nie Walvisbaai se hawe gebou
>> nie! Dit was die Engelse. In die laat 1800's kon die Goewerneur in die
>> Kaap as verteenwoordiger van Engeland, nie sy 'mind' opmaak oor SWA nie.
>> Die Kaaskoppe voor hulle het 'n klomp jare nog verder in die verlede 'n
>> ontdekkingstog gestuur na SWA en hulle vrek geskrik vir 'n klomp Hottentotte
>> by Sandwich Harbour se fontein en het dit nooit weer probeer nie. Toe die
>> Engelse hoor dat die Duitsers besluit het om SWA te annekseer, toe skrik die
>> sot in die Kaap met 'n gejuig wakker en kom hulle met die Duitsers ooreen
>> dat hulle [die Engelse] die Walvisbaaise natuurlike hawe wil hê. Die
>> Duitsers het ingestem want hulle vroeë ondersoeke het miskien die een
>> ernstige fout wat hulle gemaak het met SWA, opgelewer. Hulle het gereken
>> Sandwich met sy water sou 'n beter hawe uitmaak as Walvis en toe gee hulle
>> Walvis vir die Souties. Wat hulle later sou uitvind, was dat die pad
>> vanuit Sandwich na die beskawing is vol van die hoogste duine in die Namib
>> wat aanmekaar rondloop in die wind.
>> Dis toe dat hulle 'n landinggebied geskep het in Swakopmund. As jy die
>> plek ken, sal jy besef hoe 'n formidabele prestasie dit was. Dis geen stil
>> hawe-water nie en die goed is van die groot skepe wat ver van die land in
>> kalmer water vasgemeer het, met 'surf boats' en ingevoerde manne van die
>> Kroo stam vanuit Nigerië wat kundiges was op die gebied van om deur swaar
>> breekwater te roei. Dink net.....'n hele spoorlyn se spore en meeste van
>> die 'rolling stock' is so aan land gebring. Alles net omdat die Jerries
>> geweier het om vir die Engelse te erken dat hulle 'n fout met Walvis gemaak
>> het!
>> Jy moet vergelyk wat die Duitsers in hierdie land gedoen het in 20
>> jaar, met die amper 70 jaar onder SA beheer. Dan sal jy verstaan. maar
>> dan moet jy seker ook Duitsland na die WW2 vergelyk met meeste ander lande.
>> Die Duitsers het breins........
>>
>> Ek dink al julle diamanteprofyt sou nog steeds
>>
>>> in De Beers se sak geland het - die CSO is al lank in bedryf en hulle
>>> hanteer sowat 80% dalk meer van al die wêreld se diamante.
>>
>> .......sekerlik omdat die SA regering die Oppenheimers toegelaat het om
>> beheer te kry? Die tyd waarvan ons praat was vóór CDM in die dae toe
>> diamante in die Namib soos klippe opgetel was. Mens kan jou indink dat as
>> die Duitsers beheer gehou het, sou dit maar geknetter het vir Jode om iets
>> by hulle te kry?
>>
>> Julle grootste afsetgebied vir landbouprodukte bly nog steeds SA. Wat sou
>> dus
>>
>>> verander het? Sou enigiets inderwaarheid verander het?
>>
>> .......Daar is twee kante van die saak. Sekerlik is die vleismark van SA
>> daar en is die droe�veld vleis van ons land hoog in aanvraag en van top
>> kwaliteit. Maar nou, na onafhanklikheid voer ons ook uit na Europa en
>> ander lande. As die SA mark nie so gerieflik was nie, sou verdere uitvoere
>> vroeër reeds gebeur het. Die kwaliteit van die produk verkoop homself.
>>
>> Ek het êrens ook gelees dat die Duitsers op 'n paar honderd siele na die
>> Herero-nasie
>>
>>> uitgewis het na die opstande destyds, so hulle was nie sulke gawe
>>> engeltjies nie, was hulle?
>>
>> .........Daar is vele stories oor die ding. Aan die een kant is daar nou
>> die Herero's wat 'n geleentheid vir kompensasie sien en die ding 'regskryf
>> of regpraat' en skrywers en politieke aktiviste wat op die 'bandwagon'
>> gespring het [a la Gloudina] en die hol uit die hoender uitruk. Feit van
>> die saak was dat die Duitsers beskermingsooreenkomste gehad het met die
>> verskeie volkere in SWA, onder andere die Herero's. Tog kon die Herero's
>> en die Afrikaner-hottentotte nie in vrede leef nie en het daar gedurig
>> oorloë uitgebreek. Op 'n dag het die Duitsers gatvol geraak vir die
>> gedurige moeilikheid en het Genl. Von Trotha 'n bevel uitgegee dat hulle 'n
>> plan met die Herero's moet maak, want so kan dit nie aangaan nie. Toe het
>> die Duitse soldate die Herero's begin vasvat en meeste van die Herero's het
>> met 'n spoed gevlug na Botswana waar meeste van hulle familie gehad het want
>> dis waarvandaan hulle oorspronklik gekom het.
>> Maar die storie vertel van 40 - 50 000 mense wat deur die Duitsers
>> uitgeroei is terwyl die mense gevlug het. Gebruik nou jou logika. Vir
>> 3 - 400 Duitse soldate om 40 000 mense uit te wis, in die veld op die
>> hardloop, sou elke soldaat meer as 'n 100 mense moes doodskiet in 'n
>> kwessie van 'n paar dae! Met 'n slotgeweer, op 'n perd, in die veld? Nie
>> maklik nie!
>>
>>> _______
>>> | OSCAR |
>>> |KNERSUS|
>>> |__&CO__|
>>
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |__&CO__|
|
|
|
Re: Troepie [boodskap #94031 is 'n antwoord op boodskap #94009] |
Sat, 12 June 2004 09:31   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hie-hie-haa-haaa! Jou simpel, simpel vroumens! Het jy niks beter om te
doen nie? Eintlik moet ek baie gevlei voel want jy soek duidelik iets van
my! Jy jeuk en drup behoorlik van lus. Jammer skattie, jy staan my nie
aan nie. Jy stink.......
"Katryn" skryf in boodskap news:f82kc0tkrqavlaal07scv2b3ak1qbb2311@4ax.com...
> knersus skryf:
> Ek sou nie te veel waarde heg aan ou Sudiwester se woorde nie,
> Knersus. Soos Mark Twain geskryf het:
>
> "The self taught man seldom knows anything accurately, and he does
> not know a tenth as much as he could have known if he had
> worked under teachers, and besides, he brags, and is the means of
> fooling other thoughtless people into going and doing as he
> himself has done."
> -- Mark Twain, Taming the Bicycle, 1917
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Troepie [boodskap #94097 is 'n antwoord op boodskap #93964] |
Mon, 14 June 2004 17:33   |
soforkenwhat
Boodskappe: 75 Geregistreer: June 2004
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
ag fok, spelling alweer
"@rogers.com" wrote in message
news:tmhyc.56$knQ.18@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...
>
> "Elaine" skryf
>
>> Nou klim van jou troon af daar in Kanada, kom Afrika toe en kom doen iets
>> omtrent hierdie skryende skande.
>
>
>> "@rogers.com" skryf
>
> Dis 'n skreiende
>>> skande.
>
> Elaine, ek wil nou vir jou iets mooi vra. Wat, in jou
> binnekant, maak vir jou 'n woord verkeerd op
> Afrikaans spel, as die regte spelling vir jou in die
> gesig staar? Dis nie dat jy nie weet hoe om die
> ding te spel nie. Dit sit voor jou. Maar nee, jy
> moet dit verdraai. Ek vra hierdie vraag alleen
> omdat jy onlangs, saam met jou geestesbroer
> daar in Namibië, gesit en kla het oor die Engels
> van die amptenare in SA.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
>
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Troepie [boodskap #94136 is 'n antwoord op boodskap #94127] |
Tue, 15 June 2004 18:21  |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Miskien moet jy van jou varksteaks vir tant Hessie stuur? Sy't amper
nie vleis in die huis nie, smaak dit my.
Dalk stuur sy vir jou 'n kiebord in ruil. Ek weet egter nie wat jy aan
die drie vingers-probleem kan doen nie. Ek het byv. self 'n
tien-duime-probleem (he he, as dit 'n tien-duim probleem was, was dit
nie 'n probleem nie!)
So van sleutels gepraat, ek sien Google definieer "key" (soos in
Florida) ook as "cay", so ons vermoedens daar was reg. Ken julle die
Google "define:" sleutelwoord? As jy byv in Google intik: define:
cayman, sal hy al die definisies probeer opspoor.
soforkenwhat wrote:
> for varkstakes, ek het net 1 hand en daar is net 3 vingers aan, so dit gaan
> maar moeilik en dan is my keyboard se letters "afgevreet" , so ek speel raai
> raai en dan wil ek ook nie polities korrek wees nie en dan nou ja , dis my
> computina en ek mag
>
>
> "knersus" wrote in message
> news:caku76$ps4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> He he he, my tanne hang oppie draad!
>> Hoekom spel jy "forken" so verkeerd? En dan mieks jy nog jou tale ook!
>> Alweer spelling - haas pastei is haaspastei.
>> Ai tog, is 'n moeilike jop hierdie, om die volk op te voed! Kom nou,
>
> klas!
>
>> soforkenwhat wrote:
>>> waas die haaspastei ?
>
>
>>> "knersus" wrote in message
>>> news:cad1at$e9v$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> --
>> _______
>> | OSCAR |
>> |KNERSUS|
>> |__&CO__|
>
>
>
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 03:07:23 UTC 2025
|