Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Schwärmerei rondom Mbeki
Schwärmerei rondom Mbeki [boodskap #93472] Ma, 31 Mei 2004 12:36 na volgende boodskap
Schorsch  is tans af-lyn  Schorsch
Boodskappe: 96
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
So pas weer het 'n groep sogenaamde "Afrikaanssprekende sakelui" hul
steun aan president Thabo Mbeki toegesê. In geen ander demokratiese
land waarvan ek weet, is dit nodig vir sakelui om by die president
witvoetjie te soek nie.

In die eerste instansie wonder mens waarom hierdie ondersteunersklub
hulself geroepe voel om tot sulke openbare lofbetuiginge oor te gaan.
Die indruk word gewek dat die groep van 112 sakelui een en almal
ANC-ondersteuners is, hoewel daar ook onderlangs geteem word oor
"kritiese interaksie". Dit klink amper soos Suid-Afrika se
"konstruktiewe betrokkenheid" by Zimbabwe; 'n mens moet regtig met 'n
elektronmikroskoop na enige vorm van kritiek soek, want dit geskied op
die nanovlak waar geen mens dit sal raaksien nie.

Wanneer laas het die groep van sakelui 'n woord laat hoor oor die
dreigende grondhervorming, plaasmoorde, taaldiskriminasie,
regstellende aksie, Zimbabwe en dergelike meer? 'n Sinikus sou sê dat
die handelaarsklas hiermee wil sê dat hulle hulself versoen het met
wat deesdae feitlik as 'n eenpartystaat in Suid-Afrika gereken kan
word.

Geskied hierdie opwellinge van lojaliteit teenoor Mbeki en die ANC nie
moontlik uit vrees nie? Onder die geesdriftige toejuiginge van die
sakelui mag daar 'n meer realistiese ontleding skuil wat die gevolge
van radikale grondhervorming, rassetransformasie, die toenemende
emigrasie van gekwalifiseerde blankes, asook die insinking in die
onderwys, na waarde skat.

Volgens die sakelui, waaronder mnre. Ton Vosloo, Whitey Basson,
Mathews Posa, Russell, Loubser, asook dre. Steve Booysen en Johan van
Zyl, voel hulle "diep betrokke by ons land en al sy mense." Verder
meen hulle dat Mbeki "dit vir alle Suid-Afrikaners, insluitende vir
ons as Afrikaanssprekendes, moontlik gemaak het om tuis in ons land en
welkom in Afrika en die wêreld te wees."

Dit is nogal insiggewend dat die sakelui hulself as
"Afrikaanssprekendes" tipeer. Mnr. Ton Vosloo het mos nie te lank
gelede nie beweer dat "die term Afrikaner aanstoot gee", wat 'n mens
seker sou kon vertaal as "Afrikaners is nie eintlik tuis of welkom in
die land nie."

Die vraag is nou: namens wie praat die sakelui as hulle hul
tevredenheid met Mbeki se presidentskap betuig? Dieselfde president
wat Suid-Afrika in Haïti beskryf het as "die wêreld se jongste swart
republiek" met die implikasie dat wittes nie meer hier welkom is nie
en wat onlangs nog deur die liberale mev. Helen Suzman as "beslis
anti-wit" beskryf is? Praat die nywerheidskapteins namens hul
aandeelhouers, hul werknemers of wie?

Die indruk wat natuurlik geskep word, is inderdaad dat die
Geschäftsführer, by gebrek aan politieke leierskap onder Afrikaners,
namens alle "Afrikaanssprekendes" sou praat. Is dit werklik hoe die
volk daarbuite - hulle wat dikwels die slagoffers is van
geweldsmisdaad, onteiening en afdankings op grond van hul ras of taal
- voel?

In elk geval is daar mense in die geledere van die sakelui wat
sekerlik nie 'n duit omgee vir Afrikaans of die lot van Afrikaners
nie. 'n Mens dink aan dr. Johan van Zyl wat die grondslag vir die
verengelsing van Tukkies gelê het, en agterna spesifiek blanke
Afrikaners by Sanlam afgedank het of aan mnr. Ton Vosloo se gewraakte
uitspraak oor "die afstootlike term 'Afrikaner'" waarna ek reeds
verwys het.

'n Vraag wat mens aan die sakelui sou wou stel, is in hoe 'n mate
hulle bewus is van die feite rondom die onderdrukking en
marginalisering van Afrikaans, die aftakeling van ons skole en
universiteite, arbitrêre naamsveranderings, omgekeerde diskriminasie
en dergelike meer? Is die Schwärmerei rondom Mbeki in die lig daarvan
nie 'n effe buitensporig nie?

Sien ons sakelui, wat gewoonlik verskans is in toringgeboue en die
buitewêreld slegs deur die getinte ruite van duur Duitse motors
waarneem, ooit die krisis waarin gewone Afrikaners hulself bevind,
raak? Was hulle al in die Vaaldriehoek of Pretoria-Wes? Het hulle al
met die jongmense gepraat wat by die werwingskantore van hul eie
organisasies weggewys word in terme van rassekwotas?

Wat hierdie gereelde toejuigings vanaf die luuksepawiljoen
demonstreer, is die akute behoefte aan 'n behoorlike verkose en
verteenwoordigende spreekbuis vir die Afrikaner. Indien daar reeds 'n
Afrikanerraad bestaan het, sou so 'n raad die oorentoesiastiese
sakelui in die bek kon ruk en aan hulle kon sê: skoenmaker, hou jou by
jou lees.

Sakelui het min begrip van die politiek. In ons tyd vorm hulle ook
deel van 'n wêreldwye globale elite wat min waarde heg aan patriotisme
en die nasionale gevoelens van gewone mense.

Hierdie soort kwasi-politieke uitsprake deur diegene wat gewoonlik
meer bekommerd is oor die waarde van hul aandeleopsies as oor enigiets
anders, is nie net sinloos nie, maar ook ongevraag. / Dan Roodt

http://www.praag.org/rubriek96.htm
Re: Schwärmerei rondom Mbeki [boodskap #93474 is 'n antwoord op boodskap #93472] Ma, 31 Mei 2004 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"George B."

> 'n Vraag wat mens aan die sakelui sou wou stel, is in hoe 'n mate
> hulle bewus is van die feite rondom die onderdrukking en
> marginalisering van Afrikaans

Ja, hulle moet hier op ons Afrikaanse nuusgroep kom kyk hoe
'n lid van die "Boerenasie" genaamd Frikkie aanhoudend
Engels gebruik, en as hy nog Afrikaans gebruik, dit totaal
geradbraak is, om nie van al die vloekwoorde te praat nie.
As Dan Roodt iets vir die Afrikaanse taal wil doen, moet
hy die boerenasie en die volksfront-tipes bearbei.

Tant Hessie van die Derde Republiek
Re: Schwärmerei rondom Mbeki [boodskap #93477 is 'n antwoord op boodskap #93472] Ma, 31 Mei 2004 14:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 31 May 2004 05:36:10 -0700, bart...@yahoo.com (George B.) wrote:

> So pas weer het 'n groep sogenaamde "Afrikaanssprekende sakelui" hul
> steun aan president Thabo Mbeki toegesê. In geen ander demokratiese
> land waarvan ek weet, is dit nodig vir sakelui om by die president
> witvoetjie te soek nie.

Al gehoor van die VSA?

(Raai wie gee die Amerikaanse president-kandidate al hul geld vir 'n
verkiesing?)

By the way, Dan, hoe gaan dit deesdae by die HNP?

Sorry - "By die weg".
Re: Schwärmerei rondom Mbeki [boodskap #93479 is 'n antwoord op boodskap #93472] Ma, 31 Mei 2004 14:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis niks nuuts nie - dis 'n jaarlikse ding sodra daar 'n Nuwe, Verbeterde
groep bymekaar gekom het nadat die een van die vorige jaar ontbind het.
--
Annette
ann...@ctnet.co.za

"George B." skryf in boodskap news:748f6132.0405310436.2fa92076@posting.google.com...
> So pas weer het 'n groep sogenaamde "Afrikaanssprekende sakelui" hul
> steun aan president Thabo Mbeki toegesê. In geen ander demokratiese
> land waarvan ek weet, is dit nodig vir sakelui om by die president
> witvoetjie te soek nie.
>
> In die eerste instansie wonder mens waarom hierdie ondersteunersklub
> hulself geroepe voel om tot sulke openbare lofbetuiginge oor te gaan.
> Die indruk word gewek dat die groep van 112 sakelui een en almal
> ANC-ondersteuners is, hoewel daar ook onderlangs geteem word oor
> "kritiese interaksie". Dit klink amper soos Suid-Afrika se
> "konstruktiewe betrokkenheid" by Zimbabwe; 'n mens moet regtig met 'n
> elektronmikroskoop na enige vorm van kritiek soek, want dit geskied op
> die nanovlak waar geen mens dit sal raaksien nie.
>
> Wanneer laas het die groep van sakelui 'n woord laat hoor oor die
> dreigende grondhervorming, plaasmoorde, taaldiskriminasie,
> regstellende aksie, Zimbabwe en dergelike meer? 'n Sinikus sou sê dat
> die handelaarsklas hiermee wil sê dat hulle hulself versoen het met
> wat deesdae feitlik as 'n eenpartystaat in Suid-Afrika gereken kan
> word.
>
> Geskied hierdie opwellinge van lojaliteit teenoor Mbeki en die ANC nie
> moontlik uit vrees nie? Onder die geesdriftige toejuiginge van die
> sakelui mag daar 'n meer realistiese ontleding skuil wat die gevolge
> van radikale grondhervorming, rassetransformasie, die toenemende
> emigrasie van gekwalifiseerde blankes, asook die insinking in die
> onderwys, na waarde skat.
>
> Volgens die sakelui, waaronder mnre. Ton Vosloo, Whitey Basson,
> Mathews Posa, Russell, Loubser, asook dre. Steve Booysen en Johan van
> Zyl, voel hulle "diep betrokke by ons land en al sy mense." Verder
> meen hulle dat Mbeki "dit vir alle Suid-Afrikaners, insluitende vir
> ons as Afrikaanssprekendes, moontlik gemaak het om tuis in ons land en
> welkom in Afrika en die wêreld te wees."
>
> Dit is nogal insiggewend dat die sakelui hulself as
> "Afrikaanssprekendes" tipeer. Mnr. Ton Vosloo het mos nie te lank
> gelede nie beweer dat "die term Afrikaner aanstoot gee", wat 'n mens
> seker sou kon vertaal as "Afrikaners is nie eintlik tuis of welkom in
> die land nie."
>
> Die vraag is nou: namens wie praat die sakelui as hulle hul
> tevredenheid met Mbeki se presidentskap betuig? Dieselfde president
> wat Suid-Afrika in Haïti beskryf het as "die wêreld se jongste swart
> republiek" met die implikasie dat wittes nie meer hier welkom is nie
> en wat onlangs nog deur die liberale mev. Helen Suzman as "beslis
> anti-wit" beskryf is? Praat die nywerheidskapteins namens hul
> aandeelhouers, hul werknemers of wie?
>
> Die indruk wat natuurlik geskep word, is inderdaad dat die
> Gesch�ftsf�hrer, by gebrek aan politieke leierskap onder Afrikaners,
> namens alle "Afrikaanssprekendes" sou praat. Is dit werklik hoe die
> volk daarbuite - hulle wat dikwels die slagoffers is van
> geweldsmisdaad, onteiening en afdankings op grond van hul ras of taal
> - voel?
>
> In elk geval is daar mense in die geledere van die sakelui wat
> sekerlik nie 'n duit omgee vir Afrikaans of die lot van Afrikaners
> nie. 'n Mens dink aan dr. Johan van Zyl wat die grondslag vir die
> verengelsing van Tukkies gelê het, en agterna spesifiek blanke
> Afrikaners by Sanlam afgedank het of aan mnr. Ton Vosloo se gewraakte
> uitspraak oor "die afstootlike term 'Afrikaner'" waarna ek reeds
> verwys het.
>
> 'n Vraag wat mens aan die sakelui sou wou stel, is in hoe 'n mate
> hulle bewus is van die feite rondom die onderdrukking en
> marginalisering van Afrikaans, die aftakeling van ons skole en
> universiteite, arbitrêre naamsveranderings, omgekeerde diskriminasie
> en dergelike meer? Is die Schw�rmerei rondom Mbeki in die lig daarvan
> nie 'n effe buitensporig nie?
>
> Sien ons sakelui, wat gewoonlik verskans is in toringgeboue en die
> buitewêreld slegs deur die getinte ruite van duur Duitse motors
> waarneem, ooit die krisis waarin gewone Afrikaners hulself bevind,
> raak? Was hulle al in die Vaaldriehoek of Pretoria-Wes? Het hulle al
> met die jongmense gepraat wat by die werwingskantore van hul eie
> organisasies weggewys word in terme van rassekwotas?
>
> Wat hierdie gereelde toejuigings vanaf die luuksepawiljoen
> demonstreer, is die akute behoefte aan 'n behoorlike verkose en
> verteenwoordigende spreekbuis vir die Afrikaner. Indien daar reeds 'n
> Afrikanerraad bestaan het, sou so 'n raad die oorentoesiastiese
> sakelui in die bek kon ruk en aan hulle kon sê: skoenmaker, hou jou by
> jou lees.
>
> Sakelui het min begrip van die politiek. In ons tyd vorm hulle ook
> deel van 'n wêreldwye globale elite wat min waarde heg aan patriotisme
> en die nasionale gevoelens van gewone mense.
>
> Hierdie soort kwasi-politieke uitsprake deur diegene wat gewoonlik
> meer bekommerd is oor die waarde van hul aandeleopsies as oor enigiets
> anders, is nie net sinloos nie, maar ook ongevraag. / Dan Roodt
>
> http://www.praag.org/rubriek96.htm
Re: Schwärmerei rondom Mbeki [boodskap #93482 is 'n antwoord op boodskap #93472] Ma, 31 Mei 2004 23:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
bart...@yahoo.com (George B.) wrote in news:748f6132.0405310436.2fa92076
@posting.google.com:

> So pas weer het 'n groep sogenaamde "Afrikaanssprekende sakelui" hul
> steun aan president Thabo Mbeki toegesê. In geen ander demokratiese
> land waarvan ek weet, is dit nodig vir sakelui om by die president
> witvoetjie te soek nie.

Heeft Mbeki zijn brother-in-arms#45934 Aristide trouwens nog vol op de bek
gekust op het vliegveld vandaag?
Dat hoort toch onder brothers-in-arms, brothers-in-misery?

Politieke afvoerputjes liggen blijkbaar op het geografisch laagste punt, maar
er is altijd wel een zwarte die het als een eer beschouwt om de stront met
alle egards te ontvangen.

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Schwärmerei rondom Mbeki [boodskap #93484 is 'n antwoord op boodskap #93472] Di, 01 Junie 2004 06:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
George B. - troos jou daaraan dat hierdie groep bepaald nie die meerderheid
Afrikaners verteenwoordig nie. Ek sou hul kon ondersteun het aangesien ek
ook glo dat Mbeki keerdatums geheg het aan sekere daadwerklike stappe wat hy
mbt die ekonomie voorsien. Maar dan 'n dag daarna sê sy (Mbeki) se
woordvoorder dat die keerdatum wat Mbeki gestel het aan verandering in
Zimbabwe wat in Junie 2004 sou verstryk het, nie nagekom kan word nie. So,
dis duidelik dat sy keerdatums weerkeerdatums is.
Ek sou die groep ook kon ondersteun het mits hulle die ooglopende gebreke -
en veral die ooglopende diskriminasie teenoor blankes en veral die
Afrikaners gemeld het.
Die groepie is bepaald daarop uit om hul persoonlike en besigheidsbelange te
beskerm. Hiermee verwyder hul hulself van die deursnee Afrikaner se
heersende sieninge.
(Die gatkruiperige Ferdietjiekies en Gloudinas sal met ons wees soos
virusse.)

"George B." skryf in boodskap news:748f6132.0405310436.2fa92076@posting.google.com...
> So pas weer het 'n groep sogenaamde "Afrikaanssprekende sakelui" hul
> steun aan president Thabo Mbeki toegesê. In geen ander demokratiese
> land waarvan ek weet, is dit nodig vir sakelui om by die president
> witvoetjie te soek nie.
>
> In die eerste instansie wonder mens waarom hierdie ondersteunersklub
> hulself geroepe voel om tot sulke openbare lofbetuiginge oor te gaan.
> Die indruk word gewek dat die groep van 112 sakelui een en almal
> ANC-ondersteuners is, hoewel daar ook onderlangs geteem word oor
> "kritiese interaksie". Dit klink amper soos Suid-Afrika se
> "konstruktiewe betrokkenheid" by Zimbabwe; 'n mens moet regtig met 'n
> elektronmikroskoop na enige vorm van kritiek soek, want dit geskied op
> die nanovlak waar geen mens dit sal raaksien nie.
>
> Wanneer laas het die groep van sakelui 'n woord laat hoor oor die
> dreigende grondhervorming, plaasmoorde, taaldiskriminasie,
> regstellende aksie, Zimbabwe en dergelike meer? 'n Sinikus sou sê dat
> die handelaarsklas hiermee wil sê dat hulle hulself versoen het met
> wat deesdae feitlik as 'n eenpartystaat in Suid-Afrika gereken kan
> word.
>
> Geskied hierdie opwellinge van lojaliteit teenoor Mbeki en die ANC nie
> moontlik uit vrees nie? Onder die geesdriftige toejuiginge van die
> sakelui mag daar 'n meer realistiese ontleding skuil wat die gevolge
> van radikale grondhervorming, rassetransformasie, die toenemende
> emigrasie van gekwalifiseerde blankes, asook die insinking in die
> onderwys, na waarde skat.
>
> Volgens die sakelui, waaronder mnre. Ton Vosloo, Whitey Basson,
> Mathews Posa, Russell, Loubser, asook dre. Steve Booysen en Johan van
> Zyl, voel hulle "diep betrokke by ons land en al sy mense." Verder
> meen hulle dat Mbeki "dit vir alle Suid-Afrikaners, insluitende vir
> ons as Afrikaanssprekendes, moontlik gemaak het om tuis in ons land en
> welkom in Afrika en die wêreld te wees."
>
> Dit is nogal insiggewend dat die sakelui hulself as
> "Afrikaanssprekendes" tipeer. Mnr. Ton Vosloo het mos nie te lank
> gelede nie beweer dat "die term Afrikaner aanstoot gee", wat 'n mens
> seker sou kon vertaal as "Afrikaners is nie eintlik tuis of welkom in
> die land nie."
>
> Die vraag is nou: namens wie praat die sakelui as hulle hul
> tevredenheid met Mbeki se presidentskap betuig? Dieselfde president
> wat Suid-Afrika in Haïti beskryf het as "die wêreld se jongste swart
> republiek" met die implikasie dat wittes nie meer hier welkom is nie
> en wat onlangs nog deur die liberale mev. Helen Suzman as "beslis
> anti-wit" beskryf is? Praat die nywerheidskapteins namens hul
> aandeelhouers, hul werknemers of wie?
>
> Die indruk wat natuurlik geskep word, is inderdaad dat die
> Gesch�ftsf�hrer, by gebrek aan politieke leierskap onder Afrikaners,
> namens alle "Afrikaanssprekendes" sou praat. Is dit werklik hoe die
> volk daarbuite - hulle wat dikwels die slagoffers is van
> geweldsmisdaad, onteiening en afdankings op grond van hul ras of taal
> - voel?
>
> In elk geval is daar mense in die geledere van die sakelui wat
> sekerlik nie 'n duit omgee vir Afrikaans of die lot van Afrikaners
> nie. 'n Mens dink aan dr. Johan van Zyl wat die grondslag vir die
> verengelsing van Tukkies gelê het, en agterna spesifiek blanke
> Afrikaners by Sanlam afgedank het of aan mnr. Ton Vosloo se gewraakte
> uitspraak oor "die afstootlike term 'Afrikaner'" waarna ek reeds
> verwys het.
>
> 'n Vraag wat mens aan die sakelui sou wou stel, is in hoe 'n mate
> hulle bewus is van die feite rondom die onderdrukking en
> marginalisering van Afrikaans, die aftakeling van ons skole en
> universiteite, arbitrêre naamsveranderings, omgekeerde diskriminasie
> en dergelike meer? Is die Schw�rmerei rondom Mbeki in die lig daarvan
> nie 'n effe buitensporig nie?
>
> Sien ons sakelui, wat gewoonlik verskans is in toringgeboue en die
> buitewêreld slegs deur die getinte ruite van duur Duitse motors
> waarneem, ooit die krisis waarin gewone Afrikaners hulself bevind,
> raak? Was hulle al in die Vaaldriehoek of Pretoria-Wes? Het hulle al
> met die jongmense gepraat wat by die werwingskantore van hul eie
> organisasies weggewys word in terme van rassekwotas?
>
> Wat hierdie gereelde toejuigings vanaf die luuksepawiljoen
> demonstreer, is die akute behoefte aan 'n behoorlike verkose en
> verteenwoordigende spreekbuis vir die Afrikaner. Indien daar reeds 'n
> Afrikanerraad bestaan het, sou so 'n raad die oorentoesiastiese
> sakelui in die bek kon ruk en aan hulle kon sê: skoenmaker, hou jou by
> jou lees.
>
> Sakelui het min begrip van die politiek. In ons tyd vorm hulle ook
> deel van 'n wêreldwye globale elite wat min waarde heg aan patriotisme
> en die nasionale gevoelens van gewone mense.
>
> Hierdie soort kwasi-politieke uitsprake deur diegene wat gewoonlik
> meer bekommerd is oor die waarde van hul aandeleopsies as oor enigiets
> anders, is nie net sinloos nie, maar ook ongevraag. / Dan Roodt
>
> http://www.praag.org/rubriek96.htm
Re: Schwärmerei rondom Mbeki [boodskap #93516 is 'n antwoord op boodskap #93484] Di, 01 Junie 2004 10:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf

> Ek sou die groep ook kon ondersteun het mits hulle die ooglopende gebreke -
> en veral die ooglopende diskriminasie teenoor blankes en veral die
> Afrikaners gemeld het.

Jonas, kan jy asseblief 'n bietjie meer praat oor
"die ooglopende diskriminasie... teenoor
Afrikaners." As ek so in die koerante lees en
ek sien die name van die woordvoerders vir
dit en dat, dan tref dit my altyd hoe baie
Afrikanername daar nog onder dié geledere
is. As mens in ag neem dat Afrikaners maar
'n klein handjievol mense is in vergelyking
met die totale bevolking van SA, hoe kan jy
sê dat daar teen die Afrikaner gediskrimineer
word?

Tant Hessie van die Derde Republiek
Re: Schwärmerei rondom Mbeki [boodskap #93732 is 'n antwoord op boodskap #93474] Sa, 05 Junie 2004 17:34 Na vorige boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Silk Pajamas

A man phones home from the office and tells his wife, "Something has
just come up. I have the chance to go fishing for a week. It's the
opportunity of a lifetime.

We leave right away, so pack my clothes, my fishing equipment, and
especially my blue silk pajamas. I'll be home in an hour to pick them
up."

He hurries home, grabs everything and rushes off.

A week later he returns. His wife asks, "Did you have a good trip?"

"Oh yes, great! But you forgot to pack my blue silk pajamas."

"Oh, no, I didn't. I put them in your tackle box."

On Mon, 31 May 2004 13:18:04 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "George B."
>
>> 'n Vraag wat mens aan die sakelui sou wou stel, is in hoe 'n mate
>> hulle bewus is van die feite rondom die onderdrukking en
>> marginalisering van Afrikaans
>
> Ja, hulle moet hier op ons Afrikaanse nuusgroep kom kyk hoe
> 'n lid van die "Boerenasie" genaamd Frikkie aanhoudend
> Engels gebruik, en as hy nog Afrikaans gebruik, dit totaal
> geradbraak is, om nie van al die vloekwoorde te praat nie.
> As Dan Roodt iets vir die Afrikaanse taal wil doen, moet
> hy die boerenasie en die volksfront-tipes bearbei.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
>
Vorige onderwerp: Snaakse Droom
Volgende onderwerp: Die doel heilig die middele
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 17:08:46 MGT 2024