Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Help Asseblief - woord vir "Affirmation"
Help Asseblief - woord vir "Affirmation" [boodskap #93614] Do, 03 Junie 2004 13:24 na volgende boodskap
cg  is tans af-lyn  cg
Boodskappe: 19
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Iemand help my gou asseblief. Ek kort 'n woordeboek hier. Wat is die Afrikaanse
woord/e vir "affirmation"? Moet my nou nie in vlamme doodskiet nie - affirm my
asseblief! ;-)
Colin
Re: Help Asseblief - woord vir "Affirmation" [boodskap #93615 is 'n antwoord op boodskap #93614] Do, 03 Junie 2004 13:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Bevestiging (ek het ook nie 'n woordeboek nie, dit kan dus verkeerd wees)

Max____________________________

"CG" skryf in boodskap news:5e9ub0d4nl4kp9ggokreupcjbl5es87ss0@4ax.com...
> Iemand help my gou asseblief. Ek kort 'n woordeboek hier. Wat is die Afrikaanse
> woord/e vir "affirmation"? Moet my nou nie in vlamme doodskiet nie - affirm my
> asseblief! ;-)
> Colin
Re: Help Asseblief - woord vir "Affirmation" [boodskap #93630 is 'n antwoord op boodskap #93614] Do, 03 Junie 2004 15:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"CG"  skryf

>  Iemand help my gou asseblief. Ek kort 'n woordeboek hier. Wat is die Afrikaanse
>  woord/e vir "affirmation"? Moet my nou nie in vlamme doodskiet nie - affirm my
>  asseblief! ;-)
>  Colin

Hi, Colin. My ( nie vreeslik goeie) woordeboek


affirmation = bevestiging, bekragtiging, versekering
affirmative = bevestigend
answer in the affirmative = bevestigend antwoord

"Affirmative action"  is seker "bekragtiging" maar
ek weet nie of hulle dit so in SA gebruik in Afrikaans
nie.

Hoe gaan dit nog daar in Durban? Seker nie meer
so warm nie?

Gloudina
Re: Help Asseblief - woord vir "Affirmation" [boodskap #93639 is 'n antwoord op boodskap #93614] Do, 03 Junie 2004 18:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 03 Jun 2004 15:24:04 +0200, CG wrote:

> Iemand help my gou asseblief. Ek kort 'n woordeboek hier. Wat is die Afrikaanse
> woord/e vir "affirmation"? Moet my nou nie in vlamme doodskiet nie - affirm my
> asseblief! ;-)
> Colin

Hierdie voorbeeld laat sien dat die Afrikaans eintlik behoort terug te
gaan na sy wortel: die Nederlands.
"Affirmation" (Engels) beteken in Nederlands:
-affirmation:
affirm bevestigen, verzekeren, bekrachtigen; affirmation ...ing;
plechtige verklaring (i. pl. v. eed); affirmative bevestigend
(woord); answer in the affirmative bevestigend antwoorden
(Wolters-Noordhoff Eng/Ned-Ned/Eng)
Want steeds voel 'n vertaling in 'n andere taal van 'n selfde begrip
se eie sterker as die vertaling vir altwee die tale geldig is.

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Help Asseblief - woord vir "Affirmation" [boodskap #93640 is 'n antwoord op boodskap #93639] Do, 03 Junie 2004 18:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Sterrenkijker wrote:
[knip]
> Hierdie voorbeeld laat sien dat die Afrikaans eintlik behoort terug te
> gaan na sy wortel: die Nederlands.
[knip]

Die wortel van alle kwaad...

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Help Asseblief - woord vir "Affirmation" [boodskap #93641 is 'n antwoord op boodskap #93614] Do, 03 Junie 2004 19:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cg  is tans af-lyn  cg
Boodskappe: 19
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Dankie...ek waardeer al die help. Gloudina, saans is dit koelerig hier in
Durban. Vanaand skyn die sterre helder daar buite. Die volmaan het pragtig uit
die diep donker waters vanaand gerys! Bedags kan 'n ou nie vir beter strandweer
wens nie. Dit is huidig heerlik. Geen wonder dat ek vreeslik onrustig voel
toegesluit by die soutmyn terwyl die res van eThekweni lekker in die son kan lê
en droom!

Colin

CG wrote:

> Iemand help my gou asseblief. Ek kort 'n woordeboek hier. Wat is die Afrikaanse
> woord/e vir "affirmation"? Moet my nou nie in vlamme doodskiet nie - affirm my
> asseblief! ;-)
> Colin
Re: Help Asseblief - woord vir "Affirmation" [boodskap #93644 is 'n antwoord op boodskap #93641] Do, 03 Junie 2004 20:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"cgg" skryf

! Bedags kan 'n ou nie vir beter strandweer
> wens nie. Dit is huidig heerlik.

Ek wonder soms of hierdie stories van in die
winter kan swem nie opgemaak word deur
Durbaniete om vir ander die rad voor die
oë te draai nie. Die koudste wat ek nog
in my lewe gekry het, was op Adams
Mission, dertig myl van Durban af. En
'n Kanadese professor wat een jaar in
Durban deurgebring het en een jaar in
Sydney in Australië, het altyd vir ons
vertel dat dit die twee plekke was waar
hy die koudste in sy lewe gekry het.

Gloudina
Re: Help Asseblief - woord vir "Affirmation" [boodskap #93719 is 'n antwoord op boodskap #93640] Sa, 05 Junie 2004 11:51 Na vorige boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
knersus skryf in boodskap news:...
> Sterrenkijker wrote:
> [knip]
>> Hierdie voorbeeld laat sien dat die Afrikaans eintlik behoort terug te
>> gaan na sy wortel: die Nederlands.
> [knip]
>
> Die wortel van alle kwaad...

Maak die saak nie! As Nederlands die wortel is van alle kwaad dan is die
Suid-Afrikaans maar die seun van die duiwel.

Norbert (uit Vlaandere)
Vorige onderwerp: Snuif, snuif
Volgende onderwerp: Niemand se niks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 07:25:29 MGT 2024