Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ondervinding....of eerder tekort daaraan!
Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93389] |
Fri, 28 May 2004 06:52  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Baie interessant om te sien dat ou Arnie Schwarzenegger in Kalifornië opdrag
gegee het dat waterstof vulstasie gebou moet word. Die wonderlike
droomstorie is mos dat waterstof die groot redding is sover dit
motorbrandstof aangaan. Dis net 'n kwessie van wanneer die
petroleummaatskappye ons gaan toelaat om hierdie skoon, alternatiewe
bbrandstof gebruik, is mos die populêre storie. Selfs ou Arnie,
droomprins, het daarvoor geval. Die groot probleem is egter waar kom hulle
aan die waterstof gas? Jy kan dit maak deur bestaande petroleumprodukte te
gebruik as hittebron, maar dit is minder effektief as om daardie brandstof
self in voertuie te verbrand! Dit stel ook koolstofmonoksied vry. Dan
is daar die elektrolieseproses van water, maar dit vereis ongeveer 80Kw per
uur se elektrisiteit om een Kg waterstof te produseer en waar kom dié
elektrisiteit vandaan? Uit kernreaktors of kragstasies wat of steenkool of
olie as brandstof gebruik! Uiteindelik, is dit een moerse nice storie om
stemme op te wen, maar prakties uitvoerbaar? ...............Bron: Car,
June 2004
Dit laat my wonder...het Arnie net een slim verkiesingsdirekteur gehad of
het die ou spierpaleis darem 'n brein ook? Gaan seker maar orals so met
die politiek....meestal mense met die regte kwalifikasies en ondervinding
moet hard werk om dit te bereik. Te hard om nog tyd te hê vir 'n openbare
'image' ook nog nie. In stap mense soos Arnie en gaan sit in 'n pos
waarvoor hy eintlik onbevoeg is.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93403 is 'n antwoord op boodskap #93397] |
Fri, 28 May 2004 09:57   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wat ek weet is dat waterstof in vloeibare vorm moet geberg word anders gaan
jy een moerse tenk nodig hê! Sekerlik kan dit in sy vloeibare vorm nie
veel verskil van water self wees nie en dit is ongeveer 1kg per liter. Die
waterstof tenks wat die gas vloeibaar hou is soortgelyk aan jou gasbottels
vir sweistoestelle...maw effe stewig en swaar en een van die grootste
kopsere is dat as jy in 'n ongeluk kom en daai tenks bars en beplof die
spulletjie, dan 'dice' jy en jou passasiers en die ander mense in die
ongeluk, se molekules mekaar maan toe!
"Max" skryf in boodskap news:40b6ff68$0$560$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Dit antwoord nie my vraag nie. Ek stel nie belang in wat jy kan doen met 1
> kg waterstof nie, maar hoeveel dit is (volume)
>
> Ek is nie 'n skeikundige nie, ek kan dus heeltemal verkeerd wees, maar ek
> sien dit so: waterstof is lig. Hoe meer, hoe ligter??? Jy sal dus die goed
> moet compress om dit gewig te gee, of nie?
>
> As hier enigiemand is wat my kan help, sal ek so bly wees... Ek neem aan dat
> waterstof met gewig in vloeistofvorm sal wees. Hoeveel liter sal 1 kg wees?
>
> Max____________________________
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40b6ee42.0@news1.mweb.co.za...
>> Dit is per kilogram waterstof en ek is nie seker hoe ver kan jy ry op 'n Kg
>> waterstof nie, maar volgens die artikel is die koste hiervan R20 per
>> ekwivalent waterstof teenoor petrol. Maw koste is 5 x hoër plus die feit
>> dat die tenks onder die kar [hoëdruk een moerse gevaar is].
>> "Max" wrote in message
>> news:40b6ec61$0$34762$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>> Hoeveel is 'n kilogram (ek neem aan dis wat jy bedoel) waterstof?
>>>
>>> Max____________________________
>>>
>>>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:40b6e1de.0@news1.mweb.co.za...
>>>
>>>> is daar die elektrolieseproses van water, maar dit vereis ongeveer 80Kw per
>>>> uur se elektrisiteit om een Kg waterstof te produseer en waar kom dié
>>>> elektrisiteit vandaan? Uit kernreaktors of kragstasies wat of steenkool
>>> of
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93456 is 'n antwoord op boodskap #93397] |
Mon, 31 May 2004 06:49   |
Chris du Preez
Boodskappe: 58 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
On Fri, 28 May 2004 10:53:38 +0200, Max wrote:
> Dit antwoord nie my vraag nie. Ek stel nie belang in wat jy kan doen met 1
> kg waterstof nie, maar hoeveel dit is (volume)
>
> Ek is nie 'n skeikundige nie, ek kan dus heeltemal verkeerd wees, maar ek
> sien dit so: waterstof is lig. Hoe meer, hoe ligter??? Jy sal dus die goed
> moet compress om dit gewig te gee, of nie?
>
> As hier enigiemand is wat my kan help, sal ek so bly wees... Ek neem aan dat
> waterstof met gewig in vloeistofvorm sal wees. Hoeveel liter sal 1 kg wees?
>
> Max____________________________
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40b6ee42.0@news1.mweb.co.za...
>> Dit is per kilogram waterstof en ek is nie seker hoe ver kan jy ry op 'n Kg
>> waterstof nie, maar volgens die artikel is die koste hiervan R20 per
>> ekwivalent waterstof teenoor petrol. Maw koste is 5 x hoër plus die feit
>> dat die tenks onder die kar [hoëdruk een moerse gevaar is].
>> "Max" wrote in message
>> news:40b6ec61$0$34762$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>> Hoeveel is 'n kilogram (ek neem aan dis wat jy bedoel) waterstof?
>>>
>>> Max____________________________
>>>
>>>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:40b6e1de.0@news1.mweb.co.za...
>>>
>>>> is daar die elektrolieseproses van water, maar dit vereis ongeveer 80Kw per
>>>> uur se elektrisiteit om een Kg waterstof te produseer en waar kom dié
>>>> elektrisiteit vandaan? Uit kernreaktors of kragstasies wat of steenkool
>>> of
>>>
Waterstof weeg 0.045g/liter. As jy waterstof saamdruk dat dit 'n
vloeistof word en dit het die selfde digtheid as water 1kg/liter, sal dit
as dit weer 'n gas word 22400 liters wees.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! - convert.exe (0/1) [boodskap #93735 is 'n antwoord op boodskap #93501] |
Sat, 05 June 2004 18:15  |
Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383 Geregistreer: February 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hierdie is nie `n virus nie hoor.
Probeer hom gerus. Een van die slim ouens kan hom probeer en dan vir
die ander sê of hy werk of nie.
Frik
On Tue, 1 Jun 2004 11:09:24 +0200, "Max" wrote:
> Amazing!
>
> Dankie vir jou antwoord. Baie interessant. Is daar êrens 'n site op die
> Internet waar mens die gewig van ander gasse kan bekyk? Ek´s nou nuuskierig
> om te sien hoeveel 'n liter suurstof weeg.
>
> Max____________________________
>
>
> "Chris"
>> Waterstof weeg 0.045g/liter. As jy waterstof saamdruk dat dit ´n
>> vloeistof word en dit het die selfde digtheid as water 1kg/liter, sal dit
>> as dit weer 'n gas word 22400 liters wees.
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 03:38:14 UTC 2025
|