Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ondervinding....of eerder tekort daaraan!
Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93389] Vr, 28 Mei 2004 06:52 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Baie interessant om te sien dat ou Arnie Schwarzenegger in Kalifornië opdrag
gegee het dat waterstof vulstasie gebou moet word. Die wonderlike
droomstorie is mos dat waterstof die groot redding is sover dit
motorbrandstof aangaan. Dis net 'n kwessie van wanneer die
petroleummaatskappye ons gaan toelaat om hierdie skoon, alternatiewe
bbrandstof gebruik, is mos die populêre storie. Selfs ou Arnie,
droomprins, het daarvoor geval. Die groot probleem is egter waar kom hulle
aan die waterstof gas? Jy kan dit maak deur bestaande petroleumprodukte te
gebruik as hittebron, maar dit is minder effektief as om daardie brandstof
self in voertuie te verbrand! Dit stel ook koolstofmonoksied vry. Dan
is daar die elektrolieseproses van water, maar dit vereis ongeveer 80Kw per
uur se elektrisiteit om een Kg waterstof te produseer en waar kom dié
elektrisiteit vandaan? Uit kernreaktors of kragstasies wat of steenkool of
olie as brandstof gebruik! Uiteindelik, is dit een moerse nice storie om
stemme op te wen, maar prakties uitvoerbaar? ...............Bron: Car,
June 2004

Dit laat my wonder...het Arnie net een slim verkiesingsdirekteur gehad of
het die ou spierpaleis darem 'n brein ook? Gaan seker maar orals so met
die politiek....meestal mense met die regte kwalifikasies en ondervinding
moet hard werk om dit te bereik. Te hard om nog tyd te hê vir 'n openbare
'image' ook nog nie. In stap mense soos Arnie en gaan sit in 'n pos
waarvoor hy eintlik onbevoeg is.
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93391 is 'n antwoord op boodskap #93389] Vr, 28 Mei 2004 07:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hoeveel is 'n kilogram (ek neem aan dis wat jy bedoel) waterstof?

Max____________________________

"Suidwester" skryf in boodskap news:40b6e1de.0@news1.mweb.co.za...

> is daar die elektrolieseproses van water, maar dit vereis ongeveer 80Kw per
> uur se elektrisiteit om een Kg waterstof te produseer en waar kom dié
> elektrisiteit vandaan? Uit kernreaktors of kragstasies wat of steenkool
of
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93393 is 'n antwoord op boodskap #93389] Vr, 28 Mei 2004 07:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))) Jy verstaan nie mooi die Amerikaners nie liewe Suidwester. Jy moet
besef hulle moet die idee verkoop dat hulle nie meer die wêreld se grootste
brandstofverbruikers is nie, alhoewel hulle met die grootste en beste
brandstofmisbruikers rondry. Dus, die hele idee is om die mense nie te laat
besef dat brandstof gebruik word om ander brandstogprodukte te vervaardig
nie.
Sies vir jou dat jy so vroeg al hierdie babbel wil laat bars;))
--
Annette
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93395 is 'n antwoord op boodskap #93391] Vr, 28 Mei 2004 07:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit is per kilogram waterstof en ek is nie seker hoe ver kan jy ry op 'n Kg
waterstof nie, maar volgens die artikel is die koste hiervan R20 per
ekwivalent waterstof teenoor petrol. Maw koste is 5 x hoër plus die feit
dat die tenks onder die kar [hoëdruk een moerse gevaar is].

"Max" skryf in boodskap news:40b6ec61$0$34762$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Hoeveel is 'n kilogram (ek neem aan dis wat jy bedoel) waterstof?
>
> Max____________________________
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40b6e1de.0@news1.mweb.co.za...
>
>> is daar die elektrolieseproses van water, maar dit vereis ongeveer 80Kw per
>> uur se elektrisiteit om een Kg waterstof te produseer en waar kom dié
>> elektrisiteit vandaan? Uit kernreaktors of kragstasies wat of steenkool
> of
>
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93397 is 'n antwoord op boodskap #93395] Vr, 28 Mei 2004 08:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dit antwoord nie my vraag nie. Ek stel nie belang in wat jy kan doen met 1
kg waterstof nie, maar hoeveel dit is (volume)

Ek is nie 'n skeikundige nie, ek kan dus heeltemal verkeerd wees, maar ek
sien dit so: waterstof is lig. Hoe meer, hoe ligter??? Jy sal dus die goed
moet compress om dit gewig te gee, of nie?

As hier enigiemand is wat my kan help, sal ek so bly wees... Ek neem aan dat
waterstof met gewig in vloeistofvorm sal wees. Hoeveel liter sal 1 kg wees?

Max____________________________

"Suidwester" skryf in boodskap news:40b6ee42.0@news1.mweb.co.za...
> Dit is per kilogram waterstof en ek is nie seker hoe ver kan jy ry op 'n Kg
> waterstof nie, maar volgens die artikel is die koste hiervan R20 per
> ekwivalent waterstof teenoor petrol. Maw koste is 5 x hoër plus die feit
> dat die tenks onder die kar [hoëdruk een moerse gevaar is].
> "Max" wrote in message
> news:40b6ec61$0$34762$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> Hoeveel is 'n kilogram (ek neem aan dis wat jy bedoel) waterstof?
>>
>> Max____________________________
>>
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:40b6e1de.0@news1.mweb.co.za...
>>
>>> is daar die elektrolieseproses van water, maar dit vereis ongeveer 80Kw per
>>> uur se elektrisiteit om een Kg waterstof te produseer en waar kom dié
>>> elektrisiteit vandaan? Uit kernreaktors of kragstasies wat of steenkool
>> of
>>
>
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93403 is 'n antwoord op boodskap #93397] Vr, 28 Mei 2004 09:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat ek weet is dat waterstof in vloeibare vorm moet geberg word anders gaan
jy een moerse tenk nodig hê! Sekerlik kan dit in sy vloeibare vorm nie
veel verskil van water self wees nie en dit is ongeveer 1kg per liter. Die
waterstof tenks wat die gas vloeibaar hou is soortgelyk aan jou gasbottels
vir sweistoestelle...maw effe stewig en swaar en een van die grootste
kopsere is dat as jy in 'n ongeluk kom en daai tenks bars en beplof die
spulletjie, dan 'dice' jy en jou passasiers en die ander mense in die
ongeluk, se molekules mekaar maan toe!

"Max" skryf in boodskap news:40b6ff68$0$560$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Dit antwoord nie my vraag nie. Ek stel nie belang in wat jy kan doen met 1
> kg waterstof nie, maar hoeveel dit is (volume)
>
> Ek is nie 'n skeikundige nie, ek kan dus heeltemal verkeerd wees, maar ek
> sien dit so: waterstof is lig. Hoe meer, hoe ligter??? Jy sal dus die goed
> moet compress om dit gewig te gee, of nie?
>
> As hier enigiemand is wat my kan help, sal ek so bly wees... Ek neem aan dat
> waterstof met gewig in vloeistofvorm sal wees. Hoeveel liter sal 1 kg wees?
>
> Max____________________________
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40b6ee42.0@news1.mweb.co.za...
>> Dit is per kilogram waterstof en ek is nie seker hoe ver kan jy ry op 'n Kg
>> waterstof nie, maar volgens die artikel is die koste hiervan R20 per
>> ekwivalent waterstof teenoor petrol. Maw koste is 5 x hoër plus die feit
>> dat die tenks onder die kar [hoëdruk een moerse gevaar is].
>> "Max" wrote in message
>> news:40b6ec61$0$34762$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>> Hoeveel is 'n kilogram (ek neem aan dis wat jy bedoel) waterstof?
>>>
>>> Max____________________________
>>>
>>>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:40b6e1de.0@news1.mweb.co.za...
>>>
>>>> is daar die elektrolieseproses van water, maar dit vereis ongeveer 80Kw per
>>>> uur se elektrisiteit om een Kg waterstof te produseer en waar kom dié
>>>> elektrisiteit vandaan? Uit kernreaktors of kragstasies wat of steenkool
>>> of
>>>
>>
>
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93404 is 'n antwoord op boodskap #93393] Vr, 28 Mei 2004 10:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Darem nou darem nie heeltemal ek nie, maar die spul Yankees en Kanadese ry
mos met hierdie petrolsuipende monsters rond en verbeel hulle hulle bou die
beste karre omdat dit die grootste enjins en krag het. Dan kom 'n lekker
Europese of japanese kleiner karretjie en maak daai Yankee-tank se naam gat
in alle opsigte, behalwe dat jy nie kan vleisbraai binne die kleiner karre
nie! Het jy al met daai monstrocities uit die VSA gery? Hulle slaap
seker maar moeilik daar want die tenks wieg mos so op die pad dat dit lyk of
die mense in die kar aanmekaar 'ja' sê want hulle knik kop al die pad!

"Annette" skryf in boodskap news:c96qls$3vu$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> :))) Jy verstaan nie mooi die Amerikaners nie liewe Suidwester. Jy moet
> besef hulle moet die idee verkoop dat hulle nie meer die wêreld se grootste
> brandstofverbruikers is nie, alhoewel hulle met die grootste en beste
> brandstofmisbruikers rondry. Dus, die hele idee is om die mense nie te laat
> besef dat brandstof gebruik word om ander brandstogprodukte te vervaardig
> nie.
> Sies vir jou dat jy so vroeg al hierdie babbel wil laat bars;))
> --
> Annette
>
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93410 is 'n antwoord op boodskap #93404] Vr, 28 Mei 2004 13:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Het jy al met daai monstrocities uit die VSA gery?

Suidwester, Suidwester. Onthou jou gesanik
oor die slegte Engels van die staatsdiensamptenare.

Tant Hessie van New York, een helse
monstrocity.
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93411 is 'n antwoord op boodskap #93410] Vr, 28 Mei 2004 14:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag antie, hou by jou gekla oor die Afrikaans en los die Engels....ek't daai
een so vinnig tussendeur 'n transaksie getik en wel geweet ek het dit
misgespel. Maa dankie vir jou diens. 5c vir jou in die blikkie.
"@rogers.com" wrote in message
news:unHtc.205627$0qd.42057@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Het jy al met daai monstrocities uit die VSA gery?
>
> Suidwester, Suidwester. Onthou jou gesanik
> oor die slegte Engels van die staatsdiensamptenare.
>
> Tant Hessie van New York, een helse
> monstrocity.
>
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93412 is 'n antwoord op boodskap #93411] Vr, 28 Mei 2004 14:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dit is 'n woord wat ek wel ken, maar self nooit gebruik nie. Wat is fout met
die spelling?

Max____________________________

"Suidwester" skryf in boodskap news:40b749ce.0@news1.mweb.co.za...
> Ag antie, hou by jou gekla oor die Afrikaans en los die Engels....ek't daai
> een so vinnig tussendeur 'n transaksie getik en wel geweet ek het dit
> misgespel. Maa dankie vir jou diens. 5c vir jou in die blikkie.
> "@rogers.com" wrote in message
> news:unHtc.205627$0qd.42057@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>>
>> "Suidwester" skryf
>>
>> Het jy al met daai monstrocities uit die VSA gery?
>>
>> Suidwester, Suidwester. Onthou jou gesanik
>> oor die slegte Engels van die staatsdiensamptenare.
>>
>> Tant Hessie van New York, een helse
>> monstrocity.
>>
>
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93419 is 'n antwoord op boodskap #93412] Vr, 28 Mei 2004 15:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sy spelling van monstrosity is voorwaar 'n atrocity!
;-)

"Max" skryf:

> Dit is 'n woord wat ek wel ken, maar self nooit gebruik nie. Wat is fout met
> die spelling?
>
> Max____________________________
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40b749ce.0@news1.mweb.co.za...
>> Ag antie, hou by jou gekla oor die Afrikaans en los die Engels....ek't
> daai
>> een so vinnig tussendeur 'n transaksie getik en wel geweet ek het dit
>> misgespel. Maa dankie vir jou diens. 5c vir jou in die blikkie.
>> "@rogers.com" wrote in message
>> news:unHtc.205627$0qd.42057@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>>>
>>> "Suidwester" skryf
>>>
>>> Het jy al met daai monstrocities uit die VSA gery?
>>>
>>> Suidwester, Suidwester. Onthou jou gesanik
>>> oor die slegte Engels van die staatsdiensamptenare.
>>>
>>> Tant Hessie van New York, een helse
>>> monstrocity.
>>>
>>>


>
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93421 is 'n antwoord op boodskap #93419] Vr, 28 Mei 2004 15:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja joune ook!!

"Katryn" skryf in boodskap news:8eleb0p61709gll3jjujk976j8fp2mgdd9@4ax.com...
>
> Sy spelling van monstrosity is voorwaar 'n atrocity!
> ;-)
>
> "Max" skryf:
>
>> Dit is 'n woord wat ek wel ken, maar self nooit gebruik nie. Wat is fout met
>> die spelling?
>>
>> Max____________________________
>>
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:40b749ce.0@news1.mweb.co.za...
>>> Ag antie, hou by jou gekla oor die Afrikaans en los die Engels....ek't
>> daai
>>> een so vinnig tussendeur 'n transaksie getik en wel geweet ek het dit
>>> misgespel. Maa dankie vir jou diens. 5c vir jou in die blikkie.
>>> "@rogers.com" wrote in message
>>> news:unHtc.205627$0qd.42057@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>>>>
>>>> "Suidwester" skryf
>>>>
>>>> Het jy al met daai monstrocities uit die VSA gery?
>>>>
>>>> Suidwester, Suidwester. Onthou jou gesanik
>>>> oor die slegte Engels van die staatsdiensamptenare.
>>>>
>>>> Tant Hessie van New York, een helse
>>>> monstrocity.
>>>>
>>>>
>
>
>>
>
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93423 is 'n antwoord op boodskap #93412] Vr, 28 Mei 2004 17:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Dit is 'n woord wat ek wel ken, maar self nooit gebruik nie. Wat is fout met
> die spelling?

Ek ken nie die woord monstrocity nie? In watter
verband sal jy dit gebruik.

Tant Hessie, die Nossob se monstrosity
(monsteragtigheid, onmenslikheid, monster, gedrog)
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93456 is 'n antwoord op boodskap #93397] Ma, 31 Mei 2004 06:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris du Preez  is tans af-lyn  Chris du Preez
Boodskappe: 58
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Fri, 28 May 2004 10:53:38 +0200, Max wrote:

> Dit antwoord nie my vraag nie. Ek stel nie belang in wat jy kan doen met 1
> kg waterstof nie, maar hoeveel dit is (volume)
>
> Ek is nie 'n skeikundige nie, ek kan dus heeltemal verkeerd wees, maar ek
> sien dit so: waterstof is lig. Hoe meer, hoe ligter??? Jy sal dus die goed
> moet compress om dit gewig te gee, of nie?
>
> As hier enigiemand is wat my kan help, sal ek so bly wees... Ek neem aan dat
> waterstof met gewig in vloeistofvorm sal wees. Hoeveel liter sal 1 kg wees?
>
> Max____________________________
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40b6ee42.0@news1.mweb.co.za...
>> Dit is per kilogram waterstof en ek is nie seker hoe ver kan jy ry op 'n Kg
>> waterstof nie, maar volgens die artikel is die koste hiervan R20 per
>> ekwivalent waterstof teenoor petrol. Maw koste is 5 x hoër plus die feit
>> dat die tenks onder die kar [hoëdruk een moerse gevaar is].
>> "Max" wrote in message
>> news:40b6ec61$0$34762$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>> Hoeveel is 'n kilogram (ek neem aan dis wat jy bedoel) waterstof?
>>>
>>> Max____________________________
>>>
>>>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:40b6e1de.0@news1.mweb.co.za...
>>>
>>>> is daar die elektrolieseproses van water, maar dit vereis ongeveer 80Kw per
>>>> uur se elektrisiteit om een Kg waterstof te produseer en waar kom dié
>>>> elektrisiteit vandaan? Uit kernreaktors of kragstasies wat of steenkool
>>> of
>>>

Waterstof weeg 0.045g/liter. As jy waterstof saamdruk dat dit 'n
vloeistof word en dit het die selfde digtheid as water 1kg/liter, sal dit
as dit weer 'n gas word 22400 liters wees.
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93501 is 'n antwoord op boodskap #93456] Di, 01 Junie 2004 09:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Amazing!

Dankie vir jou antwoord. Baie interessant. Is daar êrens 'n site op die
Internet waar mens die gewig van ander gasse kan bekyk? Ek's nou nuuskierig
om te sien hoeveel 'n liter suurstof weeg.

Max____________________________

"Chris"
>
> Waterstof weeg 0.045g/liter. As jy waterstof saamdruk dat dit 'n
> vloeistof word en dit het die selfde digtheid as water 1kg/liter, sal dit
> as dit weer 'n gas word 22400 liters wees.
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93524 is 'n antwoord op boodskap #93501] Di, 01 Junie 2004 12:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris du Preez  is tans af-lyn  Chris du Preez
Boodskappe: 58
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 01 Jun 2004 11:09:24 +0200, Max wrote:

> Amazing!
>
> Dankie vir jou antwoord. Baie interessant. Is daar êrens 'n site op die
> Internet waar mens die gewig van ander gasse kan bekyk? Ek´s nou nuuskierig
> om te sien hoeveel 'n liter suurstof weeg.
>
> Max____________________________
>
>
> "Chris"

>> Waterstof weeg 0.045g/liter. As jy waterstof saamdruk dat dit ´n
>> vloeistof word en dit het die selfde digtheid as water 1kg/liter, sal dit
>> as dit weer 'n gas word 22400 liters wees.

Hoe om dit uit te werk is baie maklik. Jy moet 'n periodieke tabel hê,
daar kry jy die molmassa van 'n gas. Suurstof is 16. Dit beteken 1 mol
suurstof is 16gram en 1 mol = 22.4liter so een liter suurstof weeg 0.714
gram.
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93525 is 'n antwoord op boodskap #93524] Di, 01 Junie 2004 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris du Preez  is tans af-lyn  Chris du Preez
Boodskappe: 58
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 01 Jun 2004 14:29:48 +0200, Chris wrote:

> On Tue, 01 Jun 2004 11:09:24 +0200, Max wrote:
>
>> Amazing!

>> Dankie vir jou antwoord. Baie interessant. Is daar êrens 'n site op die
>> Internet waar mens die gewig van ander gasse kan bekyk? Ek´s nou nuuskierig
>> om te sien hoeveel 'n liter suurstof weeg.

>> Max____________________________


>> "Chris"
>
>>> Waterstof weeg 0.045g/liter. As jy waterstof saamdruk dat dit ´n
>>> vloeistof word en dit het die selfde digtheid as water 1kg/liter, sal dit
>>> as dit weer 'n gas word 22400 liters wees.
>
> Hoe om dit uit te werk is baie maklik. Jy moet 'n periodieke tabel hê,
> daar kry jy die molmassa van 'n gas. Suurstof is 16. Dit beteken 1 mol
> suurstof is 16gram en 1 mol = 22.4liter so een liter suurstof weeg 0.714
> gram.
Ek self is nie 'n chemikus nie het bo so 'n klein voutjie gemaak.
Suurstof molekules verbind altyd met mekaar, so die formule vir suurstof
is O2, dws. 1mol suurstof weeg 32 gram so 1 liter suurstof weeg 1.429 gram
die selfde geld vir waterstof en stikstof.
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93526 is 'n antwoord op boodskap #93524] Di, 01 Junie 2004 13:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris du Preez  is tans af-lyn  Chris du Preez
Boodskappe: 58
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 01 Jun 2004 14:29:48 +0200, Chris wrote:

> On Tue, 01 Jun 2004 11:09:24 +0200, Max wrote:
>
>> Amazing!

>> Dankie vir jou antwoord. Baie interessant. Is daar êrens 'n site op die
>> Internet waar mens die gewig van ander gasse kan bekyk? Ek´s nou nuuskierig
>> om te sien hoeveel 'n liter suurstof weeg.

>> Max____________________________


>> "Chris"
>
>>> Waterstof weeg 0.045g/liter. As jy waterstof saamdruk dat dit ´n
>>> vloeistof word en dit het die selfde digtheid as water 1kg/liter, sal dit
>>> as dit weer 'n gas word 22400 liters wees.
>
> Hoe om dit uit te werk is baie maklik. Jy moet 'n periodieke tabel hê,
> daar kry jy die molmassa van 'n gas. Suurstof is 16. Dit beteken 1 mol
> suurstof is 16gram en 1 mol = 22.4liter so een liter suurstof weeg 0.714
> gram.

Hier is 'n skakel na 'n periodieke tabel toe

http://chemlab.pc.maricopa.edu/periodic/default.html
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93529 is 'n antwoord op boodskap #93525] Di, 01 Junie 2004 13:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Chris" skryf

1mol suurstof weeg 32 gram so 1 liter suurstof weeg 1.429 gram
> die selfde geld vir waterstof en stikstof.

Wat is een mol suurstof? Ek weet dat een sny
brood gewoonlik 30 gram weeg. Jy sê een mol
suurstof weeg 32 gram.

Gloudina
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! [boodskap #93530 is 'n antwoord op boodskap #93529] Di, 01 Junie 2004 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris du Preez  is tans af-lyn  Chris du Preez
Boodskappe: 58
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 01 Jun 2004 13:24:35 +0000, @rogers.com wrote:

>
> "Chris" skryf
>
> 1mol suurstof weeg 32 gram so 1 liter suurstof weeg 1.429 gram
>> die selfde geld vir waterstof en stikstof.
>
> Wat is een mol suurstof? Ek weet dat een sny
> brood gewoonlik 30 gram weeg. Jy sê een mol
> suurstof weeg 32 gram.
>
> Gloudina
In die vorige mail het ek genoem dat 1mol is 22.4 liter
Re: Ondervinding....of eerder tekort daaraan! - convert.exe (0/1) [boodskap #93735 is 'n antwoord op boodskap #93501] Sa, 05 Junie 2004 18:15 Na vorige boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie is nie `n virus nie hoor.
Probeer hom gerus. Een van die slim ouens kan hom probeer en dan vir
die ander sê of hy werk of nie.

Frik

On Tue, 1 Jun 2004 11:09:24 +0200, "Max" wrote:

> Amazing!
>
> Dankie vir jou antwoord. Baie interessant. Is daar êrens 'n site op die
> Internet waar mens die gewig van ander gasse kan bekyk? Ek´s nou nuuskierig
> om te sien hoeveel 'n liter suurstof weeg.
>
> Max____________________________
>
>
> "Chris"

>> Waterstof weeg 0.045g/liter. As jy waterstof saamdruk dat dit ´n
>> vloeistof word en dit het die selfde digtheid as water 1kg/liter, sal dit
>> as dit weer 'n gas word 22400 liters wees.
>
Vorige onderwerp: Die doel heilig die middele
Volgende onderwerp: Wie is hy?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 11:59:02 MGT 2024