Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Suidwester
| Vir Suidwester [boodskap #93283] |
Wo., 26 Mei 2004 13:53  |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
Uit Beeld 26 Mein 2004
----------------------------
'Regering wil nie plase onteien, eerder onderhandel'
Gert Coetzee
Kaapstad. - Die regering wil eerder met boere oor die koopprys van
plase vir grondhervorming onderhandel as om hom as 'n laaste uitweg
tot grondonteiening te wend.
Só het me. Thoko Didiza, minister van landbou, Dinsdag hier in 'n
voorligtingsessie gesê. Sy het daarop gewys dat die regering die Wet
op Grondonteiening nog nooit ingespan het nie.
Didiza het die verkryging van genoeg grond, styging in die koopprys
van plase en verblyfreg vir woonarbeiders as van die groot uitdagings
vir grondhervorming in die komende vyf jaar uitgesonder.
Alle grondeise sal teen 2005, pres. Thabo Mbeki se spertyd daarvoor,
afgehandel wees.
Teen Maart was 48 000 eise (van die altesame 79 649 volgens vorige
berigte) reeds afgehandel.
Volgens Didiza het die regering in 2003 altesame 377 plase vir
grondhervorming aangekoop. In 2004-2005 is R200 miljoen as
bystandshulp vir die vestiging van beginnerboere beskikbaar.
Die geld gaan aan heinings, vestiging van markte, huise, besproeiing
en vee bestee word.
Sowat 20 000 gevalle van verblyfreg vir woonarbeiders moet aandag kry
in die distrikte van Vryheid, Newcastle en Wakkerstroom. Hieroor het
sy na die Beweging vir Grondlose Mense (BGM) se betrokkenheid verwys.
Sy is bekommerd oor die styging in die koopprys van plase in
Mpumalanga, wat dit vir die regering "onmoontlik" maak om grond teen
markverwante pryse te koop. Oplossings moet met die hulp van
kommersiële landbou én ander sektors gekry word.
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir Suidwester [boodskap #93291 is 'n antwoord op boodskap #93290] |
Wo., 26 Mei 2004 14:27   |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 26 May 2004 14:08:05 GMT, "@rogers.com" wrote:
> Uit Beeld 26 Mei 2004
>> ----------------------------
>
>> Sowat 20 000 gevalle van verblyfreg vir woonarbeiders moet aandag kry
>> in die distrikte van Vryheid, Newcastle en Wakkerstroom. Hieroor het
>> sy na die Beweging vir Grondlose Mense (BGM) se betrokkenheid verwys.
>
> "Die Beweging vir Grondlose Mense" is waar dit om gaan draai.
> As die ANC nie jaar na jaar, verby hulle sperdatum, nog aktief
> hoop vir hierdie mense verskaf nie, dan sal hulle die wet in eie
> hande neem. Want in 'n land wat tagtig persent nie-wit is, is dit
> 'n skreiende skande dat wittes op nog so 'n groot persentasie van
> die grond sit, en in sommige gevalle meer as een plaas besit.
>
> Gloudina
Actually not aangesien die beweging van grondloses n baie, baie klein
splintergroepie is.
Verder is die sentrale dinamiek in SA vandag verstedeliking. Swart
mense soek hul heil in die stede en in werk in die nywerhede in die
stede. Dis waar die "crunch" is.
Daar is steeds 'n reuse ontvolking van die platteland in SA aan die
gang, ook onder swartmense. Moontlik veral onder swartmense.
|
|
|
|
| Re: Vir Suidwester [boodskap #93300 is 'n antwoord op boodskap #93291] |
Wo., 26 Mei 2004 15:53   |
Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Baie goed vir die boere,hulle het nie kopseer nie van die plakkers
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:b5a9b0p7rg6n95dq5msq3a04mafpapfg96@4ax.com...
> On Wed, 26 May 2004 14:08:05 GMT, "@rogers.com"
> wrote:
>
> >> ----------------------------
>>
>
>>> Sowat 20 000 gevalle van verblyfreg vir woonarbeiders moet aandag kry
>>> in die distrikte van Vryheid, Newcastle en Wakkerstroom. Hieroor het
>>> sy na die Beweging vir Grondlose Mense (BGM) se betrokkenheid verwys.
>>
>> "Die Beweging vir Grondlose Mense" is waar dit om gaan draai.
>> As die ANC nie jaar na jaar, verby hulle sperdatum, nog aktief
>> hoop vir hierdie mense verskaf nie, dan sal hulle die wet in eie
>> hande neem. Want in 'n land wat tagtig persent nie-wit is, is dit
>> 'n skreiende skande dat wittes op nog so 'n groot persentasie van
>> die grond sit, en in sommige gevalle meer as een plaas besit.
>>
>> Gloudina
>
> Actually not aangesien die beweging van grondloses n baie, baie klein
> splintergroepie is.
> Verder is die sentrale dinamiek in SA vandag verstedeliking. Swart
> mense soek hul heil in die stede en in werk in die nywerhede in die
> stede. Dis waar die "crunch" is.
>
> Daar is steeds 'n reuse ontvolking van die platteland in SA aan die
> gang, ook onder swartmense. Moontlik veral onder swartmense.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir Suidwester [boodskap #93314 is 'n antwoord op boodskap #93283] |
Do., 27 Mei 2004 07:01   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Baie dankie en ek hoop van harte dit werk so uit en dat redelikheid sal
seevier daar by julle. Die algemene begrip is een van redelikheid, maar
tog hoor mens ook van gevalle waar redelikheid nié so sigbaar is nie.
Dieslefde idee word hier in Namibië toegepas van 'willing seller/willing
buyer', maar dit is die proses van indentifisering van geskikte grond
waarmee die huidige grondeienaars 'n probleem het. Ek weet nie hoe goed jy
Suidwes ken nie, maar daar is massiewe stukke grond beskikbaar vir boerdery.
Grond waarop blanke boere in die verlede so goed gedoen het dat hulle
naderhand grond nader aan die beskawing kon koop en weggetrek het van dié
grond. Jy het ongelukkig hare op die tande nodig om daar te slaag en
snaaks genoeg, die regering of die swart 'grondloses' stel geensins belang
vir hervestiging nie. Wat ek probeer sê, is dat daar oorgenoeg vry grond
in die land beskikbaar is vir hervestiging sonder om enige van die
kommersiële plase te vat nie....MAAR dit is nie waaroor die spel gaan nie.
Die grondloses is ook werkloos en hulle soek iets waarop hulle kan teer om
te leef, maw bewerkte grond met infrastruktuur wat afgetakel kan word vir
oorlewing. Daar is nie 'n enkele geval bekend waar 'n opgewerkte,
suksesvolle plaas by 'n blanke boer gekoop is en dit oorgedra is na swart
bewoners wat dit suksesvol kon bedryf nie. Dit sê net een ding. Hierdie
mense wil nie boer nie. Punt. Hoekom produktiewe grond aan mense wat nie
wil boer afstaan nie?
Terug by julle wonderlike, matige proses. Solank as wat werkloosheid
toeneem onder die gewone mense, gaan die grondprobleem bly voortbestaan want
om grond te kry, is 'n manier van oorlewing.
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:n289b05ppm5n9h5333hvm7lsvhe9pl2rol@4ax.com...
>
> Uit Beeld 26 Mein 2004
> ----------------------------
>
>
> 'Regering wil nie plase onteien, eerder onderhandel'
> Gert Coetzee
>
> Kaapstad. - Die regering wil eerder met boere oor die koopprys van
> plase vir grondhervorming onderhandel as om hom as 'n laaste uitweg
> tot grondonteiening te wend.
>
> Sê het me. Thoko Didiza, minister van landbou, Dinsdag hier in 'n
> voorligtingsessie gesê. Sy het daarop gewys dat die regering die Wet
> op Grondonteiening nog nooit ingespan het nie.
>
> Didiza het die verkryging van genoeg grond, styging in die koopprys
> van plase en verblyfreg vir woonarbeiders as van die groot uitdagings
> vir grondhervorming in die komende vyf jaar uitgesonder.
>
> Alle grondeise sal teen 2005, pres. Thabo Mbeki se spertyd daarvoor,
> afgehandel wees.
>
> Teen Maart was 48 000 eise (van die altesame 79 649 volgens vorige
> berigte) reeds afgehandel.
>
> Volgens Didiza het die regering in 2003 altesame 377 plase vir
> grondhervorming aangekoop. In 2004-2005 is R200 miljoen as
> bystandshulp vir die vestiging van beginnerboere beskikbaar.
>
> Die geld gaan aan heinings, vestiging van markte, huise, besproeiing
> en vee bestee word.
>
> Sowat 20 000 gevalle van verblyfreg vir woonarbeiders moet aandag kry
> in die distrikte van Vryheid, Newcastle en Wakkerstroom. Hieroor het
> sy na die Beweging vir Grondlose Mense (BGM) se betrokkenheid verwys.
>
> Sy is bekommerd oor die styging in die koopprys van plase in
> Mpumalanga, wat dit vir die regering "onmoontlik" maak om grond teen
> markverwante pryse te koop. Oplossings moet met die hulp van
> kommersiële landbou 'n ander sektors gekry word.
|
|
|
|
| Re: Vir Suidwester [boodskap #93317 is 'n antwoord op boodskap #93290] |
Do., 27 Mei 2004 07:19   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ja my antie, so repeteer jy jou slagspreke, jaar na jaar. Jy gee self die
oplossing. Die beste hoop wat jy enige mens kan gee, is om vir hom werk te
verskaf. Dan verdien hy sy eie geld, is nie ledig nie en het nie tyd om
stront uit te dink nie. Hy koop sy eie grond, bou sy eie huis en koop sy
eie kar. Dis hoog tyd dat die swart regerings van Afrika iets daadwerkliks
doen om hierdie bedelkultuur van swart Afrikane op 'n einde te kry. Dit
kan jy net doen deur die mense hulle trots terug te gee......WERK!
Jou geeikte stelling van die 80%'e van onreg, hou ook nie water nie.
Sekerlik was daar onregte in die verlede wat 'n wanbalans veroorsaak het,
maar die belangrikste punt wat jy mis, is dat die witmense nooit grond
verniet gekry het nie. Dis grotendeels gekoop en betaal, bewerk en
ontwikkel tot produktiewe plase. Nog 'n ding wat jy mis, is dat nie enige
wit mens kon in die verlede of die hede na die staat toe gaan en eis om 'n
stuk grond te koop nie. Jy moes 'n bona fide boer wees en hulle het alke
applikant se sake ondersoek om te sien of hy in staat sou wees om te kon
boer. Jy moet onthou dat, anders as wat stedelinge geneig is om net aan te
neem dat water uit krane kom en melk in bottels by kafees gekoop word, moet
'n plaas op rou grond uit die grond uit opgebou word.
Ek het geen probleem daarmee dat 'n swart man besluit hy wil 'n boer
word nie en hy wil grond koop om daarop sy eerste tree na finansiële
onafhankliheid te gee nie. Ek het wel 'n probleem met julle veralgemening
van die probleem. Ek is nie seker van die syfers nie, maar ek sou skat dat
die totale plaasgrond in Suider-Afrika word besit deur seker nie 10% van die
bevolking nie....wit of swart. Wat van die ander 90% stedelinge wat niks
te doen het met plaasgrond nie? Hoekom mag enigiemand 'n huis besit....of
2 of 5 of 50 huise! Niemand sal 'n woord daaroor sê dat iemand 'n huis op
die Rand het en 'n vakansiehuis op Hermanus nie. Hoekom mag 'n
suksesvolle boer nie plaasgrond aankoop vir 'n belegging nie. Dis mos sy
geld, is dit nie?
Laat ek weereens vir jou die rede verskaf: Die staat kan nie
genoegsame werk voorsien aan sy gewone mense nie!
> As die ANC nie jaar na jaar, verby hulle sperdatum, nog aktief
> hoop vir hierdie mense verskaf nie, dan sal hulle die wet in eie
> hande neem. Want in 'n land wat tagtig persent nie-wit is, is dit
> 'n skreiende skande dat wittes op nog so 'n groot persentasie van
> die grond sit, en in sommige gevalle meer as een plaas besit.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
| Re: Vir Suidwester [boodskap #93318 is 'n antwoord op boodskap #93305] |
Do., 27 Mei 2004 07:33   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Weereens kan ek vir jou die antwoord verskaf met praktiese, huidige
voorbeelde. Die geheim van so 'n saamwerkskema is dat die mense moet
s��mwerk vir 'n toekoms. Hier by ons is verskeie plase aangekoop vir
hervestiging en swart 'boere' is daarop gevestig. So 'n plaas van 5000ha
sal bv. 5 kampe van 1000ha hê met waterinstallasies en krale[vee] in elke
kamp. Elke boer kry so 'n 1000ha 'kamp' waarop hy kan boer. Na 5 of 6
jaar wys dit egter dat dit nie gewerk het nie. In plaas dat elke ou sy eie
stuk grond betrek, het hulle almal saam op die een veepos gaan bly en daar
die grond totaal oorbewei tot die waterinstallasie 'inkonk'. Dan trek
hulle almal saam na die volgende pos en so gaan hulle aan tot die hele plaas
nie meer water het nie. Dan verhuur hulle die grond terug aan die blanke
boere in die omgewing wat hulle sal toelaat om daar te bly en verder te
plak. Aangesien hulle veel minder betaal op die grond as wat 'n lening aan
'n blanke boer sou wees, huur die blanke boer nou grond terug teen 'n appel
en 'n ei.....en lag al die pad bank toe want hy hoef nie die grond te
beskerm nie en spekuleer daarop met vee en so donner hy die veld op sonder
'n sweempie van 'n gewete.
Die 'moral' van my storie is antie, jy kan nie enige mens, wit of
swart, teen sy wil dwing om iets te word wat hy nie wil wees nie. 'n Feit
soos 'n koei is dat die gewone swart man op die platteland het geen begeerte
om 'n groot suksesvolle boer te word nie wat dis te veel moeite en harde
werk. Hulle verkies in die algemeen 'n rustige lewensstyl van geen stres
en baie drank.....met die vrou wat die werk vir hom doen. Nie jy of ek sal
dit ooit kan verander nie. Die vraag wat jy vir jouself moet uitklaar, is
of jy rêrig reken 'n mens wat nie die grond kan aanwend nie, regtig so 'n
kans verdien?
"@rogers.com" wrote in message
news:Fh7tc.172286$0qd.21063@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "Ferdi Greyling" skryf
>
>> Verder is die sentrale dinamiek in SA vandag verstedeliking. Swart
>> mense soek hul heil in die stede en in werk in die nywerhede in die
>> stede. Dis waar die "crunch" is.
>>
>> Daar is steeds 'n reuse ontvolking van die platteland in SA aan die
>> gang, ook onder swartmense. Moontlik veral onder swartmense.
>
> Ek wonder egter of die stede al hierdie toestroming
> sal kan absorbeer. As hulle nie teenmaatreëls skep nie,
> sal die huidige regering met dieselfde probleem sit as
> die vorige, en sal dan sy eie tipe toestromingsbeheer
> moet toepas.
> Een oplossing wat verstedeliking sal teenwerk, is
> die soort ding wat die destydse regering van die
> Kaapland gedoen het om mense te help wat deur
> die Boere-oorlog en 'n baie slegte paar droogtes
> nie meer die mas kon opkom nie. Hulle het daar
> in die Noordkaap besproeiingsskemas geskep.
> (Ongelukkig was hierdie oplossing alleen vir
> witmense beskikbaar.) Elke boer het net 'n sekere
> stuk grond gekry, en is nie toegelaat om meer as
> een erf te besit nie. Die grond was onder die
> beheer van die NG Kerk se sinode, wat dan ook
> eintlik die besitters van die grond was. Daar was
> ko-operasies wat die mense se produkte opgekoop
> het. Niemand het skatryk geword nie, maar almal
> het genoeg van 'n bestaan gemaak dat hulle nie
> krepeer het nie. Dit sou baie jammer wees as daardie
> stelsel nou nie meer in bestaan is nie, want dit is
> 'n baie goeie manier om talle mense op die land te
> hou.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
| Re: Vir Suidwester [boodskap #93319 is 'n antwoord op boodskap #93312] |
Do., 27 Mei 2004 07:36   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
He-he! Ek sê mos lankal almal kak en kou oor plaasgrond, maar niemand sê
'n ding oor dorpserwe, huise, strandhuise, en besighede nie. Met die
karre het hulle egter alreeds ver gevorder. Ons koop hulle en verassureer
dit en hulle steel dit en die assuransie koop weer vir jou 'n nuwe een.
Die ANC score lekker BTW op elke kar.......en so gaan ons aan!
"Jonas" skryf in boodskap news:c93rkv$cio$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die regering moet sommer terselfdertyd die motorvoertuie, huise en geld aan
> die swart ouens gee - waarom net 'n stuk droë grond? Waar begin julle
> menslikheid? Skande Anti - julle Kanadese is hardvogtige mense.....
> "@rogers.com" wrote in message
> news:9x1tc.13457$YbX1.11233@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>>
>>> Uit Beeld 26 Mei 2004
>>> ----------------------------
>>
>>>
>>> Sowat 20 000 gevalle van verblyfreg vir woonarbeiders moet aandag kry
>>> in die distrikte van Vryheid, Newcastle en Wakkerstroom. Hieroor het
>>> sy na die Beweging vir Grondlose Mense (BGM) se betrokkenheid verwys.
>>
>> "Die Beweging vir Grondlose Mense" is waar dit om gaan draai.
>> As die ANC nie jaar na jaar, verby hulle sperdatum, nog aktief
>> hoop vir hierdie mense verskaf nie, dan sal hulle die wet in eie
>> hande neem. Want in 'n land wat tagtig persent nie-wit is, is dit
>> 'n skreiende skande dat wittes op nog so 'n groot persentasie van
>> die grond sit, en in sommige gevalle meer as een plaas besit.
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir Suidwester [boodskap #93366 is 'n antwoord op boodskap #93363] |
Do., 27 Mei 2004 15:01   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
So ver ek kan onthou - my geskiedenis is bietjie vaag, het van die boere die
sotho's gehelp om hulle beeste terug te steel by die zoeloe's of xhosa's.
Baie keer het van die swart stamme die boere se grond gestorm en hulle
beeste gesteel, maar die wittes se beeste was gemerk, so hulle het elke keer
hulle gemerkte beeste gaan terug onderhandel of "steel". Ek het altyd die
idee gekry dat die oorspronklike trekkers nie wou "oorlog" of steel by die
swart stamme nie, maar eerder in vrede saam met hulle wou lewe, maar wat
gemaak as hulle elke nag jou beeste kom steel of sommer vir die pret keel-af
sny? Die grootste probleem was met die Zoeloe's en Xhosa's, en die boere
het saam met baie ander swart stamme (soos die Basotho's) gestaan teen
veediefstal. Die bg. twee stamme het by almal gesteel, nie net die wittes
nie. Dis wat ek geleer is in elk geval.
Piet Retief wou, volgens my vae kennis, 'n lappie aarde daar êrens in Natal
koop, volgens die boeke het die boere wat die aanslag oorleef het die
Retiefs se liggame en die stukkie papier met Dingaan se kruisie op gekry,
wat bewys het Retief het die stuk grond gekoop. So ver ek kan onthou wou
Dingaan 'n paar honderd bees vir die grond gehad het. Geld het mos in daai
jare geen of min waarde vir die stamme gehad nie. 'n Bees was meer werd as
'n paar pond.
Hoe dit ookal sy, moet jy onthou dat grond in daai jare maar 'n redelike
"free-for-all" besigheid was. Meeste stamme was nomadies, en het eenvoudig
gestop daar waar die weivelde die beste was. As dit uitgewei is, het hulle
opgepak en getrek na die volgende beste weiveld toe. Om so ver terug te
gaan om vir mense grond te gee, wat niemand kan bewys gekoop of gesteel is
nie, is 'n bietjie absurd. Nie eers die zoeloe's kan met sekerheid sê of
daai grond gekoop of probeer steel is nie. Retief is eenvoudig in 'n lokval
gelei en vermoor, dit nadat hy en Dingaan op 'n prys vir die grond
ooreengekom het.
Dit word algemeen aanvaar dat Retief wel die grond wettig gekoop het, so
iemand beter die Retiefs gaan loop soek en hulle grond vir hulle teruggee.
E
"Ferdi Greyling" wrote:
> En was daar nie gesteelde beeste ook betrokke nie?
>
> En wie het in Natal gewoon - vir die sowat 200 voorafgaande jare?
>
> Dit complicate goed nogal.
>
> Maar terug tot die punt: Wat wou Piet Retief daar he?
> Grond.
> Dalk so bietjie pasella grond?
>
> Ek stel werklik belang in die kooptransaksie wat jy van praat. Watter
> grond is gevra en wat is aangebied daarvoor?
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir Suidwester [boodskap #93368 is 'n antwoord op boodskap #93363] |
Do., 27 Mei 2004 15:18   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Weg van Retief af, weereens moet jy souself projekteer in die verlede in en
hoe dit daardie jare gegaan het. Hier by ons is die Reheboth Basters die
enkele bevolkingsgroep wat self sy grondgebied by Rehoboth gekoop het, maar
dis nie wat ek wil sê nie. Dis die koopkontrak en die bedrag of
ruilgoedere waarvoor ooreengekom is. So uit die hand kan ek nie presies sê
nie, maar ek weet dat 'n ordentlike geweer in daardie jare waar 'n man maar
moes keer vir jou gat vir wilde diere en die rowers, was baie werd. Nog
meer was 'n gesoute perd. Vandag klink dit belaglik om te sê dat byv.
hulle het ooreengekom op sê 100 gewere en 50 gesoute perde. As jy dit in
vandag se geld sou omsit, dan is dit seker saam so rondom R250 000 werd,
maar werk dit nou terug in KOOPKRAG-waarde na die 1896's toe en jy sal vind
hulle het baie, baie geld betaal. Heel billik, eintlik. Net so het die
Duitsers by die draai van die vorige eeu verlate plaasgrond aan oud-stryders
verkoop en tipies Duitser, is daai koopkontrakte beskikbaar in die argiewe.
Bou die bedrae per hektaar om in vandag se waarde en jy sal vind dat hulle
gerieflik meer as vandag se markprys betaal het.
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:13ubb0hj49q65s5m2g3l7e6tcbp0ft3c60@4ax.com...
> On Thu, 27 May 2004 16:04:41 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
> die
>> zoeloe's wou koop nie? En toe storm die zoeloe's die boere laer en slaan
>> babatjies se koppe teen waewiele plat nie? Was dit daai Piet Retief? Ek
>> dink nie hy verdien dan om onder 'n grondrower te val nie - hy sou mos die
>> grond koop teen die "prys" wat Dingaan hom gegee het?
>
> Einste. Maar laat kom met die details van daai kooptransaksie voor ons
> se hy het grond wettig gekoop of so iets.
>
> En was daar nie gesteelde beeste ook betrokke nie?
>
> En wie het in Natal gewoon - vir die sowat 200 voorafgaande jare?
>
> Dit complicate goed nogal.
>
> Maar terug tot die punt: Wat wou Piet Retief daar he?
> Grond.
> Dalk so bietjie pasella grond?
>
> Ek stel werklik belang in die kooptransaksie wat jy van praat. Watter
> grond is gevra en wat is aangebied daarvoor?
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 08:45:37 UTC 2026
|