Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Regressie " deur ELIZABETH DU TOIT ( 'n villanelle)
" Regressie " deur ELIZABETH DU TOIT ( 'n villanelle) [boodskap #93196] Ma, 24 Mei 2004 14:13 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Regressie
Elizabeth du Toit

Jy kom weer in my lewe t'rug
en al die ou verlangens ook.
Die wind waai traag rondom die brug.

Ek het so ver van jou gevlug;
waarom moet jy nou hier kom spook? -
Ek hoor die wind se fluistersug.

So wyd en bleek lê nou die lug
en oor die bulte hang die rook.
Die wind waai traag rondom die brug.

Die grassaad op die rant se rug
draai in die wind se warrel-kook.
Ek hoor die wind se fluistersug.

Versteur is nou die helder lug,
die ligblou blomme druip al ook.
Die wind waai traag rondom die brug.

Met my verlange wil ek vlug:
jy kom weer in gedagtes spook,
jy kom weer om my lewe t'rug.
Die wind waai traag rondom die brug.
Re: " Regressie " deur ELIZABETH DU TOIT ( 'n villanelle) [boodskap #93198 is 'n antwoord op boodskap #93196] Ma, 24 Mei 2004 14:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet jy't 'n jaar of twee terug hier gesê wat die definisie van 'n
vanilla gedig is, maar ek onthou nie meer wat dit was nie... Moet dit so
vreeslik baie rym?

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:Ypnsc.19160$qmu1.14295@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
> Regressie
> Elizabeth du Toit
>
> Jy kom weer in my lewe t'rug
> en al die ou verlangens ook.
> Die wind waai traag rondom die brug.
>
> Ek het so ver van jou gevlug;
> waarom moet jy nou hier kom spook? -
> Ek hoor die wind se fluistersug.
>
> So wyd en bleek lê nou die lug
> en oor die bulte hang die rook.
> Die wind waai traag rondom die brug.
>
> Die grassaad op die rant se rug
> draai in die wind se warrel-kook.
> Ek hoor die wind se fluistersug.
>
> Versteur is nou die helder lug,
> die ligblou blomme druip al ook.
> Die wind waai traag rondom die brug.
>
> Met my verlange wil ek vlug:
> jy kom weer in gedagtes spook,
> jy kom weer om my lewe t'rug.
> Die wind waai traag rondom die brug.
>
Re: " Regressie " deur ELIZABETH DU TOIT ( 'n villanelle) [boodskap #93204 is 'n antwoord op boodskap #93198] Ma, 24 Mei 2004 17:41 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Ek weet jy't 'n jaar of twee terug hier gesê wat die definisie van 'n
> vanilla gedig is, maar ek onthou nie meer wat dit was nie... Moet dit so
> vreeslik baie rym?

Is dit nou vanilla of tjoklit?

Soos jy sien, is daar net twee eindryme. Verder
is daar reëls wat in alternatiewe strofes herhaal
word, en dan tesaam aan die einde. Dis hierdie
reëls wat die slaankrag aan die villanelle verleen.
Die villanelle het gewoonlik negentien reëls
en in elke reël is daar liefs of ag of tien lettergrepe.
Party mense speel egter bietjie met hierdie vorm,
en slaag nogtans daarin om 'n suksesvolle
villanelle te skryf. Sien die een wat ek pos
van Tom Gouws, wat net sewentien reëls
het, en volgens Daniel Hugo te lang sinne
het. Nogtans dink ek dis een van die beste
gedigte wat ek in die Afrikaanse letterkunde
gelees het.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Sachsen-gruss" deur A.G. VISSER ( 'n Villanelle)
Volgende onderwerp: " villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik " deur TOM GOUWS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 01:19:35 MGT 2024