Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Nonnetjie-eend " deur JOHANN LODEWYK MARAIS ( 'n villanelle)
" Nonnetjie-eend " deur JOHANN LODEWYK MARAIS ( 'n villanelle) [boodskap #93152] Sa, 22 Mei 2004 23:06 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nonnetjie-eend
Johann Lodewyk Marais

Donkeraand by die pan hoor ek hom luid
asof uit die niet oor my sip-sip-siee.
Oor die water weerklink sy helder fluit.

Hy kom van 'n kleiner pan verder suid
en was 'n stippel wat teen sterre vlie.
Donkeraand by die pan hoor ek hom luid.

Alleen gaan hy by die ander aansluit
in die palmiet, skuins teen die aandwindjie.
Oor die water weerklink sy helder fluit.

Hy daal om die nag op die pan te slyt
en vou sy vlerke as hy stil inski.
Donkeraand by die pan hoor ek hom luid.

'n Skadu teen swart swem hy stadig uit:
nou sien niemand waar nie, of wat of wie.
Oor die water weerklink sy helder fluit.

Veilig teen die wakker jagters se kruit
wei hy waar hulle hom nie sal kry nie.
Donkeraand by die pan hoor ek hom luid.
Oor die water weerklink sy helder fluit.
Re: " Nonnetjie-eend " deur JOHANN LODEWYK MARAIS ( 'n villanelle) [boodskap #93183 is 'n antwoord op boodskap #93152] Ma, 24 Mei 2004 12:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek mis weer die lessie in hierdie resitasietjie. (Sorry Ferdi)

--

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:T1Rrc.108024$0qd.27946@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
> Nonnetjie-eend
> Johann Lodewyk Marais
>
> Donkeraand by die pan hoor ek hom luid
> asof uit die niet oor my sip-sip-siee.
> Oor die water weerklink sy helder fluit.
>
> Hy kom van 'n kleiner pan verder suid
> en was 'n stippel wat teen sterre vlie.
> Donkeraand by die pan hoor ek hom luid.
>
> Alleen gaan hy by die ander aansluit
> in die palmiet, skuins teen die aandwindjie.
> Oor die water weerklink sy helder fluit.
>
> Hy daal om die nag op die pan te slyt
> en vou sy vlerke as hy stil inski.
> Donkeraand by die pan hoor ek hom luid.
>
> 'n Skadu teen swart swem hy stadig uit:
> nou sien niemand waar nie, of wat of wie.
> Oor die water weerklink sy helder fluit.
>
> Veilig teen die wakker jagters se kruit
> wei hy waar hulle hom nie sal kry nie.
> Donkeraand by die pan hoor ek hom luid.
> Oor die water weerklink sy helder fluit.
>
Re: " Nonnetjie-eend " deur JOHANN LODEWYK MARAIS ( 'n villanelle) [boodskap #93188 is 'n antwoord op boodskap #93152] Ma, 24 Mei 2004 13:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Waarom doen jy dan tog die moeite om dit te plaas? Hoe besluit jy wat om te
plaas?

Copy jy dit, of tik jy alles met die hand?

Max____________________________

"@rogers.com"

> Hierdie een doen dit nie vir my nie.
>
> Gloudina
>
Re: " Nonnetjie-eend " deur JOHANN LODEWYK MARAIS ( 'n villanelle) [boodskap #93189 is 'n antwoord op boodskap #93183] Ma, 24 Mei 2004 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max"

> Ek mis weer die lessie in hierdie resitasietjie.

Jy is nie so ver verkeerd nie, Max. Alhoewel Marais die
skema van 'n villanelle probeer volg, bly dit net 'n stukkie
beskrywing, en het dit nie daardie dubbele strekking wat
mens altyd in goeie gedigte, veral in goeie villanelles, kry
nie. Iets moet mens altyd bybly nadat jy 'n goeie stuk
digwerk gelees het. Hierdie een doen dit nie vir my nie.

Gloudina
Re: " Nonnetjie-eend " deur JOHANN LODEWYK MARAIS ( 'n villanelle) [boodskap #93195 is 'n antwoord op boodskap #93188] Ma, 24 Mei 2004 14:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max"

> Waarom doen jy dan tog die moeite om dit te plaas? Hoe besluit jy wat om te
> plaas?
>
> Copy jy dit, of tik jy alles met die hand?

Die belangrikste rigsnoer is om elke dag of so 'n gedig
op die nuusgroep te kry - sodat snare soos jy in
aanraking met die Afrikaanse digkuns kan bly. Ek
probeer goeie oues plaas, en nuwe gedigte waarmee
mense nog nie so bekend is of nie. Of, op die oomblik,
plaas ek villanelles. ( Dis een van my geliefkoosde
projekte - die versameling van villanelles.) Ek tik
baie van hulle in. Het natuurlik 'n groot versameling,
waaruit ek kan trek. Vind ook sommige in tydskrifte
of op die Internet.

Gloudina
Re: " Nonnetjie-eend " deur JOHANN LODEWYK MARAIS ( 'n villanelle) [boodskap #93197 is 'n antwoord op boodskap #93195] Ma, 24 Mei 2004 14:13 Na vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek waardeer jou moeite. Moet jou nie te veel steur daaraan as ek so uitvaar
teen die gediggies nie, soos jy elders kan sien, Ferdi geniet hulle wel.

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:zmnsc.19134$qmu1.2226@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Max"
>
>> Waarom doen jy dan tog die moeite om dit te plaas? Hoe besluit jy wat om
> te
>> plaas?
>>
>> Copy jy dit, of tik jy alles met die hand?
>
> Die belangrikste rigsnoer is om elke dag of so 'n gedig
> op die nuusgroep te kry - sodat snare soos jy in
> aanraking met die Afrikaanse digkuns kan bly. Ek
> probeer goeie oues plaas, en nuwe gedigte waarmee
> mense nog nie so bekend is of nie. Of, op die oomblik,
> plaas ek villanelles. ( Dis een van my geliefkoosde
> projekte - die versameling van villanelles.) Ek tik
> baie van hulle in. Het natuurlik 'n groot versameling,
> waaruit ek kan trek. Vind ook sommige in tydskrifte
> of op die Internet.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Kaapse Gourmetfees
Volgende onderwerp: Wie se skuld?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 25 18:29:58 MGT 2024