Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid
Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #92958] Di, 18 Mei 2004 09:43 na volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid. Kennisgewing van 'n besluit om
sekere plase teen markpreis aan te koop is deur die polisie aan 15 eienaars
oorhandig. Plase is gedeeltelik uitgesoek om boere te straf, wat voorheen
met die regering of polisie of hul werkers oorhoeks was. Ander plase behoort
aan buitelanders (soos Suid Afrikaners).
Dit word bespiegel, dat die minister Pohamba dit gebruik om sy aspirasies
vir presidentskap te bevorder. Daarby speel dit blykbaar nie 'n rol, wat se
verskriklike negatiewe reaksie dit in die buiteland sal veroorsaak.
Groete
Georg
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #92961 is 'n antwoord op boodskap #92958] Di, 18 Mei 2004 11:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Maar jy se dan dit word teen markprys aangekoop?
Indien dit die geval is en indien die prys inderdaad markprys is, dan
noem n mens dit mos onteiening?

On Tue, 18 May 2004 09:43:35 GMT, "Cool Smithy P" wrote:

> Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid. Kennisgewing van 'n besluit om
> sekere plase teen markpreis aan te koop is deur die polisie aan 15 eienaars
> oorhandig. Plase is gedeeltelik uitgesoek om boere te straf, wat voorheen
> met die regering of polisie of hul werkers oorhoeks was. Ander plase behoort
> aan buitelanders (soos Suid Afrikaners).
> Dit word bespiegel, dat die minister Pohamba dit gebruik om sy aspirasies
> vir presidentskap te bevorder. Daarby speel dit blykbaar nie 'n rol, wat se
> verskriklike negatiewe reaksie dit in die buiteland sal veroorsaak.
> Groete
> Georg
>
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #92966 is 'n antwoord op boodskap #92961] Di, 18 Mei 2004 12:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja man dit is onteiening of wat anders?As enigiemand jou huis onteien om vir
die swartes te gee en jou die straat opstuur met een klomb geld moet jy maar
akkoord wees en met jou gesin in een boom gaan woon sonder te spreek van jou
beroepsaktiviteite
"Ferdi Greyling"  skryf in boodskap news:npsja0d6qil9uhka1j1e15tinsopd0j01f@4ax.com...
>
>  Maar jy se dan dit word teen markprys aangekoop?
>  Indien dit die geval is en indien die prys inderdaad markprys is, dan
>  noem n mens dit mos onteiening?
>
>
>  On Tue, 18 May 2004 09:43:35 GMT, "Cool Smithy P"
>  wrote:
>
>> Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid. Kennisgewing van 'n besluit om
>> sekere plase teen markpreis aan te koop is deur die polisie aan 15 eienaars
>> oorhandig. Plase is gedeeltelik uitgesoek om boere te straf, wat voorheen
>> met die regering of polisie of hul werkers oorhoeks was. Ander plase behoort
>> aan buitelanders (soos Suid Afrikaners).
>> Dit word bespiegel, dat die minister Pohamba dit gebruik om sy aspirasies
>> vir presidentskap te bevorder. Daarby speel dit blykbaar nie 'n rol, wat se
>> verskriklike negatiewe reaksie dit in die buiteland sal veroorsaak.
>> Groete
>> Georg
>>
>
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #92967 is 'n antwoord op boodskap #92958] Di, 18 Mei 2004 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Moet ook nie vergeet dat 'n plaaslike verkiesing die afgelope week
plaasgevind het nie en Swapo begin monster het om die kiesers aan te vuur
nie. Ongelukkig werk dit ook anderkant toe want dit het ook baie ander
kiesers aangevuur om téén Swapo te stem. Dit is ook so dat plase waarop
daar voorheen met werkers probleme was, uitgesonder is vir kennisgewing van
onteiening. Wat ook miskien gesê moet word , is dat die slegs 'n
kennisgewing is om te kom met 'n aanbod aan die regering om die plaas te
verkoop aan die regering, nie noodwendig onteiening nie. Die ding sny
egter dieper, want as mens na van die probleme op die betrokke plase kyk dan
is daar 'n paar ontstellende goed:
1. As mens sinies na die arbeidsprobleme kyk, dan moet jy wonder of
hierdie 'n georkestreerde probleem was nie. Maw, as jy 'n boer van sy
plaas af wil hê, soek 'n rede tot 'n dispuut en maak van 'n molshoop 'n
berg. Die mees onlangste geval was oor 'n bok wat in tuine rondgeloop het
en toe die vergelding van 'n ganskuiken se kop wat ingeslaan was.
Toevallig ook net gerieflik op 'n buitelander se besigheidsplaas en
arbeidintensief. Net reg vir 'n lekker ryk 'vat'.
2. Dan is daar vergelding. Een van die ander plase se eienaar was een
van die boere wat 'n groot 'stand' gemaak het toe 'n spul plakkers op sy en
sy buurmanne se plase begin skelm wild stroop het. Toe kom kla hulle hom
aan van 'n moord vir 'n dood wat 35 jaar gele gebeur het toe hyself nog nie
eers op die grond was nie! Hulle grawe die 'vermoorde' op wat in 'n kis
begrawe is! Maar sy grond is vrot van die wild en naby daai
plakkerskamp...........

"Cool Smithy P" skryf in boodskap news:bVkqc.114672$2a3.6469758@phobos.telenet-ops.be...
> Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid. Kennisgewing van 'n besluit om
> sekere plase teen markpreis aan te koop is deur die polisie aan 15 eienaars
> oorhandig. Plase is gedeeltelik uitgesoek om boere te straf, wat voorheen
> met die regering of polisie of hul werkers oorhoeks was. Ander plase behoort
> aan buitelanders (soos Suid Afrikaners).
> Dit word bespiegel, dat die minister Pohamba dit gebruik om sy aspirasies
> vir presidentskap te bevorder. Daarby speel dit blykbaar nie 'n rol, wat se
> verskriklike negatiewe reaksie dit in die buiteland sal veroorsaak.
> Groete
> Georg
>
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #92968 is 'n antwoord op boodskap #92961] Di, 18 Mei 2004 13:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die probleem is net dat daar mense is wat al vir vier geslagte op die grond
bly en nie die plaas wil verkoop nie. In die een geval het die boer nog
twee ander plase ook, maar die staat wil dit nie hê nie! Wat is ook
markprys? As jy 'n kar het wat vir jou R150 000 werd is en ek bied vir jou
R100 000 aan, dan lag jy vir my......al is die markprys dalk R100 000, maar
dis jou kar en jou besluit. Van hierdie boere is van die beste in die land
en het stoeterye en dinge aan die gang wat baie moeilik gaan skuif. Jy
moet onthou ons plase is baie groot en die afstande wyd. 'n Boer mag twee
of meer plase hê, maar die grond kan honderde kilometers uit mekaar wees.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:npsja0d6qil9uhka1j1e15tinsopd0j01f@4ax.com...
>
> Maar jy se dan dit word teen markprys aangekoop?
> Indien dit die geval is en indien die prys inderdaad markprys is, dan
> noem n mens dit mos onteiening?
>
>
> On Tue, 18 May 2004 09:43:35 GMT, "Cool Smithy P"
> wrote:
>
>> Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid. Kennisgewing van 'n besluit om
>> sekere plase teen markpreis aan te koop is deur die polisie aan 15 eienaars
>> oorhandig. Plase is gedeeltelik uitgesoek om boere te straf, wat voorheen
>> met die regering of polisie of hul werkers oorhoeks was. Ander plase behoort
>> aan buitelanders (soos Suid Afrikaners).
>> Dit word bespiegel, dat die minister Pohamba dit gebruik om sy aspirasies
>> vir presidentskap te bevorder. Daarby speel dit blykbaar nie 'n rol, wat se
>> verskriklike negatiewe reaksie dit in die buiteland sal veroorsaak.
>> Groete
>> Georg
>>
>
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #92971 is 'n antwoord op boodskap #92966] Di, 18 Mei 2004 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 May 2004 12:36:41 GMT, "Cool Smithy P"  wrote:

> Ja man dit is onteiening of wat anders?As enigiemand jou huis onteien om vir
> die swartes te gee en jou die straat opstuur met een klomb geld moet jy maar
> akkoord wees en met jou gesin in een boom gaan woon sonder te spreek van jou
> beroepsaktiviteite

As dit onteiening is, is dit nie roof nie. Onteiening is n aanvaarde
beginsel in enige regstelsel. Stede is gebou en treinspore is gele op
grond wat onteien is.
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #92972 is 'n antwoord op boodskap #92968] Di, 18 Mei 2004 14:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 May 2004 16:25:30 +0300, "Suidwester" wrote:

ie probleem is net dat daar mense is wat al vir vier geslagte op die
grond
> bly en nie die plaas wil verkoop nie. In die een geval het die boer nog
> twee ander plase ook, maar die staat wil dit nie hê nie! Wat is ook
> markprys? As jy 'n kar het wat vir jou R150 000 werd is en ek bied vir jou
> R100 000 aan, dan lag jy vir my......al is die markprys dalk R100 000, maar
> dis jou kar en jou besluit. Van hierdie boere is van die beste in die land
> en het stoeterye en dinge aan die gang wat baie moeilik gaan skuif. Jy
> moet onthou ons plase is baie groot en die afstande wyd. 'n Boer mag twee
> of meer plase hê, maar die grond kan honderde kilometers uit mekaar wees.

In Johannesburg was daar talle mense wat vier geslagte in n huis
gewoon het wat onteien is om 'n pad te bou.
Die soort ding gebeur nou weer met die bou van die sneltrein tussen
Jhb en Pta.
Dis n normale deel van moderne samelewings - solank die vergoeding
markprys is - en is beslis nie roof nie.
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #92977 is 'n antwoord op boodskap #92967] Di, 18 Mei 2004 14:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:40aa0bc2.0@news1.mweb.co.za...
> Moet ook nie vergeet dat 'n plaaslike verkiesing die afgelope week
> plaasgevind het nie en Swapo begin monster het om die kiesers aan te vuur
> nie. Ongelukkig werk dit ook anderkant toe want dit het ook baie ander
> kiesers aangevuur om téén Swapo te stem. Dit is ook so dat plase waarop
> daar voorheen met werkers probleme was, uitgesonder is vir kennisgewing van
> onteiening. Wat ook miskien gesê moet word , is dat die slegs 'n
> kennisgewing is om te kom met 'n aanbod aan die regering om die plaas te
> verkoop aan die regering, nie noodwendig onteiening nie. Die ding sny
> egter dieper, want as mens na van die probleme op die betrokke plase kyk dan
> is daar 'n paar ontstellende goed:
> 1. As mens sinies na die arbeidsprobleme kyk, dan moet jy wonder of
> hierdie 'n georkestreerde probleem was nie. Maw, as jy 'n boer van sy
> plaas af wil hê, soek 'n rede tot 'n dispuut en maak van 'n molshoop 'n
> berg. Die mees onlangste geval was oor 'n bok wat in tuine rondgeloop het
> en toe die vergelding van 'n ganskuiken se kop wat ingeslaan was.
> Toevallig ook net gerieflik op 'n buitelander se besigheidsplaas en
> arbeidintensief. Net reg vir 'n lekker ryk 'vat'.
> 2. Dan is daar vergelding. Een van die ander plase se eienaar was een
> van die boere wat 'n groot 'stand' gemaak het toe 'n spul plakkers op sy en
> sy buurmanne se plase begin skelm wild stroop het. Toe kom kla hulle hom
> aan van 'n moord vir 'n dood wat 35 jaar gele gebeur het toe hyself nog nie
> eers op die grond was nie! Hulle grawe die 'vermoorde' op wat in 'n kis
> begrawe is! Maar sy grond is vrot van die wild en naby daai
> plakkerskamp...........
Ek het hier een antwoord gekry van een sekere Kobus Oosthuizen en dit klink
so

Dis waar dat Pohamba se grondwaansin hewige internasionale golwinge sal
veroorsaak, maar die kwessie is nie veel meer as 'n voorverkiesingsfoefie
nie.
Die Owambo's - soos jy ook voorheen genoem het - maak die grootste gedeelte
van die stemmers uit en die grondkwessie is vir hulle bloot simbolies -
hulle is deeglik bewus dat net die maatjies van die keiser die grond sal
be-erwe.

Verder wil ek aanvoer dat grond in Namibie grootliks ongebruik le. Ek verwys
nie na grond in besit van Duitsers in Europa nie - ek verwys spesifiek na
blanke boere wat 'n klompie jaggoed aanhou op 10 000 hektaar om hul
besigheidsmakkers op naweke te vermaak.

Daar is iets meer aan grondbesit as 'n metode van bestaan vir baie blanke
grondeienaars - let op ek se nie boere nie. Grondbesit het in Namibie - soos
wereldwyd - te doen met status en het sekerlik ook falliese implikasies. "A
man is not a man unless he owns land" is 'n bekende pionierskredo uit vroee
Amerika.

Dis beter dat ek nie die name noem van Windhoekse besigheidmanne wat met
derduisende hektaar onbenutte grond sit - in 'n poging om te wys wie het die
grootste tottermannetjie.

Dit is - in 'n land waar weinig plaaslik geproduseer word - onregverdigbaar.
Die rgeering het hul redes om daaroor vies te wees en - in hul skoene - sou
ek ook opstandig gevoel het oor die onreg van, let wel, die kapitalisme.

Dit gese, ek voer nie aan dat swart "subsistance famers" enigsins meer sal
uitrig as om die plaashuis se sinkplate vir tombogeld te verkoop nie. Maar
iewers le 'n goue middelweg.

Laat die blanke boere met planne na vore kom om swart boere op te lei - en
dan toesighouding toe pas - op die regering se onkoste. Belastinggeld sou so
baie beter bestee wees.

En laat die klein swart boer daarna eksamen skryf. In die besigheidswereld:
As jy jou MBA geslaag het kry jy dalk die gesogde pos om mee te woeker -
plus die maatskappy motor. Dieselfde beginsel.
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #92978 is 'n antwoord op boodskap #92972] Di, 18 Mei 2004 15:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
O, ek stem met jou saam. Solank die onteiening 'n billike storie is na
beide kante toe. Ongelukkig is dit nie 'n pad of 'n dam wat gebou word
nie. Die boer wat heel suksesvol op sy plaas boer...en let wel ons praat
van die suksesvolste plase in Namibië, wéét wat gaan met die grond gebeur na
dit verkoop is aan die regering. Nog nie 'n enkele stuk grond wat deur die
regering gekoop is om mense op te 'resettle' is 'n sukses nie. Top
produserende plase is so in hulle moer in afgetakel dat niks meer oor is
nie, terwyl andere nou verhuur word op 'n 99 jaar huurpag aan die een of
ander top regeringsamptenaar.
Nou sit hierdie boer met sy grond, wat ordentlik omhein is teen groot
koste en waarop wild hervestig is en waarop hy stoet met bees of skaap en hy
'n groot sukses van maak. Nou moet hy verkoop en hy weet sy handewerk gaan
afgetakel word en hy sal op 'n ander grons weer van voor af moet begin.
Sekerlik met 'n billike vergoeding, maar as jy dertig/veertig jaar se arbeid
onwillig oorgee aan iemand wat jy weet dit nie waardig is nie, is
hartverskeurend. Dis dan wat jy jou goedjies en geldjies vat en fokof
Australië of so 'n plek toe waar jy ten minste weet die grond wat jy koop
sal joune en jou familie s'n bly.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:9r7ka0p2i1uhea7q40nitsm2vjm9go8i3p@4ax.com...
> On Tue, 18 May 2004 16:25:30 +0300, "Suidwester"
> wrote:
>
> > bly en nie die plaas wil verkoop nie. In die een geval het die boer nog
>> twee ander plase ook, maar die staat wil dit nie hê nie! Wat is ook
>> markprys? As jy 'n kar het wat vir jou R150 000 werd is en ek bied vir jou
>> R100 000 aan, dan lag jy vir my......al is die markprys dalk R100 000, maar
>> dis jou kar en jou besluit. Van hierdie boere is van die beste in die land
>> en het stoeterye en dinge aan die gang wat baie moeilik gaan skuif. Jy
>> moet onthou ons plase is baie groot en die afstande wyd. 'n Boer mag twee
>> of meer plase hê, maar die grond kan honderde kilometers uit mekaar wees.
>
> In Johannesburg was daar talle mense wat vier geslagte in n huis
> gewoon het wat onteien is om 'n pad te bou.
> Die soort ding gebeur nou weer met die bou van die sneltrein tussen
> Jhb en Pta.
> Dis n normale deel van moderne samelewings - solank die vergoeding
> markprys is - en is beslis nie roof nie.
>
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #92979 is 'n antwoord op boodskap #92977] Di, 18 Mei 2004 15:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nie veel van 'n probleem met wat hy sê nie, alhoewel ek nie heeltemal
saamstem nie. As ons sy idees toepas, en ons brei dit uit na ander
besittings, dan gaan dit beteken as ek 'n Landcruiser kan bekostig en ek ry
nooit eers 'n grondpad nie, dan kan die regering dit onteien omdat ek dit
nie ten volle benut waarvoor dit bedoel was nie. Of wat van ek besit 'n
400 vk. m. huis en die regering besluit elke man het net 'n 100vk m nodig om
in te lewe? So gaan dit met plase ook. As jy ryk genoeg is om 'n 10
000ha plaas te kan koop en net as 'n jagplaas te gebruik, so be it.
Net so kan ons na besighede kyk. Dorpe het ook op grond ontstaan wat
dan tradisioneel sekere stamme s'n sou wees. Net so kan iemand 20
besighede bedryf en niemand sal sê hy het te veel nie, maar besit nou net
meer as een plaas en almal kyk met honger oë daarna. Die rede daarvoor is
eenvoudig: 'n Opgewerte plaas bied vir die plakker 'n maklike bestaan vir
die eerste klompie jare en wil in die veld wat hy stelselmatig kan
opgebruik. Môre is nog 'n dag en dan sal die regering mos weer moet sorg.
Die politici gebruik dit natuurlik heerlik as 'n speelbal om hul kiesers aan
die een kant tevrede te hou en aan die nader kant die ekonomies-sterk
blankes onder vrees te hou.
Ten laaste, miskien moet hy op die jagplase gaan kyk en hy sal tog
werkers vind wat daar salaris verdien terwyl op geen van die regeringsplase
enige vordering gemaak word nie. Verder raak wild op jagplase meer en moet
geoes word. Dit bring inkomste. Ek dink ook hy sal verstom wees om te
sien hoe groot die jagtersmark in ons land is......plus natuurlik die
transaksies wat op so 'n jagplaas langs die kampvuur gesluit word. Net
soos golf!

"Cool Smithy P" skryf in boodskap news:4vpqc.115227$wg1.6395997@phobos.telenet-ops.be...
> Ek het hier een antwoord gekry van een sekere Kobus Oosthuizen en dit klink
> so
>
> Dis waar dat Pohamba se grondwaansin hewige internasionale golwinge sal
> veroorsaak, maar die kwessie is nie veel meer as 'n voorverkiesingsfoefie
> nie.
> Die Owambo's - soos jy ook voorheen genoem het - maak die grootste gedeelte
> van die stemmers uit en die grondkwessie is vir hulle bloot simbolies -
> hulle is deeglik bewus dat net die maatjies van die keiser die grond sal
> be-erwe.
>
> Verder wil ek aanvoer dat grond in Namibie grootliks ongebruik le. Ek verwys
> nie na grond in besit van Duitsers in Europa nie - ek verwys spesifiek na
> blanke boere wat 'n klompie jaggoed aanhou op 10 000 hektaar om hul
> besigheidsmakkers op naweke te vermaak.
>
> Daar is iets meer aan grondbesit as 'n metode van bestaan vir baie blanke
> grondeienaars - let op ek se nie boere nie. Grondbesit het in Namibie - soos
> wereldwyd - te doen met status en het sekerlik ook falliese implikasies. "A
> man is not a man unless he owns land" is 'n bekende pionierskredo uit vroee
> Amerika.
>
> Dis beter dat ek nie die name noem van Windhoekse besigheidmanne wat met
> derduisende hektaar onbenutte grond sit - in 'n poging om te wys wie het die
> grootste tottermannetjie.
>
> Dit is - in 'n land waar weinig plaaslik geproduseer word - onregverdigbaar.
> Die rgeering het hul redes om daaroor vies te wees en - in hul skoene - sou
> ek ook opstandig gevoel het oor die onreg van, let wel, die kapitalisme.
>
> Dit gese, ek voer nie aan dat swart "subsistance famers" enigsins meer sal
> uitrig as om die plaashuis se sinkplate vir tombogeld te verkoop nie. Maar
> iewers le 'n goue middelweg.
>
> Laat die blanke boere met planne na vore kom om swart boere op te lei - en
> dan toesighouding toe pas - op die regering se onkoste. Belastinggeld sou so
> baie beter bestee wees.
>
> En laat die klein swart boer daarna eksamen skryf. In die besigheidswereld:
> As jy jou MBA geslaag het kry jy dalk die gesogde pos om mee te woeker -
> plus die maatskappy motor. Dieselfde beginsel.
>
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #92982 is 'n antwoord op boodskap #92977] Di, 18 Mei 2004 20:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Cool Smithy P" skryf

> Ek het hier een antwoord gekry van een sekere Kobus Oosthuizen en dit klink
> so

ek verwys spesifiek na
> blanke boere wat 'n klompie jaggoed aanhou op 10 000 hektaar om hul
> besigheidsmakkers op naweke te vermaak.

Grondbesit het in Namibie - soos
> wereldwyd - te doen met status en het sekerlik ook falliese implikasies.

> Dis beter dat ek nie die name noem van Windhoekse besigheidmanne wat met
> derduisende hektaar onbenutte grond sit - in 'n poging om te wys wie het die
> grootste tottermannetjie.

Hoera vir Kobus Oosthuizen. Laat ons nou sien wat
Suidwester hiervan maak.

Tant Hessie van die Nossob
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #92991 is 'n antwoord op boodskap #92982] Wo, 19 Mei 2004 06:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tante ek het reeds geantwoord. Die verskil tussen my en jou is dat ek die
werklikheid beleef in ons land elke dag terwyl jy voor jou PC sit en in 'n
fantasiewêreld ronddryf [as jy met jou lyf kan dryf!]. Hoekom kwyl julle
net oor die plase? Hoekom maak ons dit nie besighede en ook dorpserwe en
huise nie? Of wat van ons praat oor Swapo politici soos ons geagte
president wat reeds 7 plase besit nie? Wat van viskwotas wat by heraansoek
uitsluitlik aan Swapolede toegeken word? Sekerlik sal jy mal wees oor die
feit dat plase wat deur die regering uitgekoop was vir hervestiging, nou op
'n 99-jaar huurpag verhuur word aan 'n senior Swapo amptenaar. So kan ons
aangaan..........
MAAR ou dier, probeer dit tog in jou klapperdop kry dat ek NIE teen
grondhervorming is nie. Vir my is daar net een reël: As jy die
produserende boer van 'n plaas verwyder deur sy grond te koop, dan moet jy
hom vervang met 'n ander boer/boere/mense/maak nie saak nie, WAT OOK GAAN
PRODUSEER vir die goed van die land se ekonomie. Gebeur dit nie so nie,
dan ry jy agteruit. Duidelik genoeg, ou dier?
"@rogers.com" wrote in message
news:dauqc.25848$xiS.5835@news01.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Cool Smithy P" skryf
>
>> Ek het hier een antwoord gekry van een sekere Kobus Oosthuizen en dit
> klink
>> so
>
> ek verwys spesifiek na
>> blanke boere wat 'n klompie jaggoed aanhou op 10 000 hektaar om hul
>> besigheidsmakkers op naweke te vermaak.
>
> Grondbesit het in Namibie - soos
>> wereldwyd - te doen met status en het sekerlik ook falliese implikasies.
>
>> Dis beter dat ek nie die name noem van Windhoekse besigheidmanne wat met
>> derduisende hektaar onbenutte grond sit - in 'n poging om te wys wie het
> die
>> grootste tottermannetjie.
>
> Hoera vir Kobus Oosthuizen. Laat ons nou sien wat
> Suidwester hiervan maak.
>
> Tant Hessie van die Nossob
>
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #92995 is 'n antwoord op boodskap #92978] Wo, 19 Mei 2004 08:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 May 2004 18:14:27 +0300, "Suidwester" wrote:

> O, ek stem met jou saam. Solank die onteiening 'n billike storie is na
> beide kante toe. Ongelukkig is dit nie 'n pad of 'n dam wat gebou word
> nie. Die boer wat heel suksesvol op sy plaas boer...en let wel ons praat
> van die suksesvolste plase in Namibië, wéét wat gaan met die grond gebeur na
> dit verkoop is aan die regering. Nog nie 'n enkele stuk grond wat deur die
> regering gekoop is om mense op te 'resettle' is 'n sukses nie. Top
> produserende plase is so in hulle moer in afgetakel dat niks meer oor is
> nie, terwyl andere nou verhuur word op 'n 99 jaar huurpag aan die een of
> ander top regeringsamptenaar.
> Nou sit hierdie boer met sy grond, wat ordentlik omhein is teen groot
> koste en waarop wild hervestig is en waarop hy stoet met bees of skaap en hy
> 'n groot sukses van maak. Nou moet hy verkoop en hy weet sy handewerk gaan
> afgetakel word en hy sal op 'n ander grons weer van voor af moet begin.
> Sekerlik met 'n billike vergoeding, maar as jy dertig/veertig jaar se arbeid
> onwillig oorgee aan iemand wat jy weet dit nie waardig is nie, is
> hartverskeurend.

Presies wat mense met historiese ou huise oor die trein se roete se.
My punt is eenvoudig die volgende - onteiening is deel van die normale
verloop van n samelewing wat volgens regsbeginsels bestuur word. Dit
is dus aanvaarbaar solank die onteiening wettiglik gedoen word en die
eienaar markprys kry.

Pasop vir die emosie-argumente wat rus op lang besit, so eg soos dit
ookal is, want die mense wat die grond nou gaan kry, kan ook sulke
verhale vertel, sou ek raai.

Die punt is om n samelwing te organiseer NIE op krag van sulke
emosionele argumente nie, maar op regsbeguinsels wat uitgeoefen word
binne n raamwerk wat gestel word vir die groter ontwikkeling en
voorspoed (wat politieke stabiliteit insluit) van die bree samelewing.

En ek se waat Migabe totale kak aangejaag het hiermee, is SA op die
regte pad om die probleem van grond - wat nie geignoreer kan word
sonder om n verskiriklike prys down the line te betaal nie -
konstruktief te hanteer.

Deel van Bob se probleem is juis dat hy die probleem vir dekades nie
gehanteer het nie.

Wat die feite van die saak by julle is, weet en nie goed genoeg om n
oordeel te maak nie. Dit lyk van n afstand asof Nujoma hier en daar
gter Bob aan om goed te klink vir sy beeld in die spieel, maar asof
daar op grondvlak wel aan regsbeginsels gehoor gegee word - met ander
woorde onteiening teen markprys.

In SA is daar net een groep wat agter Bob aan praat. Dit is die
Beweging van Grondloses en hulle grootste gripe die afgelope
verkiesing is dat die SA Polisie hulle in hegtenis geneem het toe n
klein groepie wou betoog en dat die polisie hulle glo snotklappe gegee
het in die proses. Dis swart polisie wat ANC stem.

En verder dat niemand in die samelewing klaarblyklik na hul klagtes
oor polisie-mishandeling wil luister nie.
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #92997 is 'n antwoord op boodskap #92995] Wo, 19 Mei 2004 08:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Net een klein verskilletjie. Daai huise in pad van die trein strem
ontwikkeling. Vir die plaasboer word gesê omdat jy ryk is en meer as een
plaas besit, nou moet jy een van die plase verkoop en dit is nie vir
ontwikkeling nie! Nie 'n enkele hervestigingsprojek het al in ons land
geslaag nie en op die ou end verhuur die hervestigdes maar weer net die
grond terug aan 'n kommersiële boer! Die vraag is net hoekom geld hierdie
beginsel net op plaasgrond. Wat van die dorpsgebied? Hoekom mag iemand
20 huise besit maar nie 2 plase nie? My grootste bekommernis is egter die
lanbouproduksie wat sy gat gaan sien. Die boere op die plase het nie
verniet welaf geword nie. Hulle't lankal hul planne gereed sou onteiening
kom. Die arme donners wat op daai grond gaan vestig sal later uitvind dat
hulle 'score' nie so groot was as wat hulle gedink het nie.....

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3e6ma0l9418knseeo7qjvg0334oka9u4f8@4ax.com...
> On Tue, 18 May 2004 18:14:27 +0300, "Suidwester"
> wrote:
>
>
> Presies wat mense met historiese ou huise oor die trein se roete se.
> My punt is eenvoudig die volgende - onteiening is deel van die normale
> verloop van n samelewing wat volgens regsbeginsels bestuur word. Dit
> is dus aanvaarbaar solank die onteiening wettiglik gedoen word en die
> eienaar markprys kry.
>
> Pasop vir die emosie-argumente wat rus op lang besit, so eg soos dit
> ookal is, want die mense wat die grond nou gaan kry, kan ook sulke
> verhale vertel, sou ek raai.
>
> Die punt is om n samelwing te organiseer NIE op krag van sulke
> emosionele argumente nie, maar op regsbeguinsels wat uitgeoefen word
> binne n raamwerk wat gestel word vir die groter ontwikkeling en
> voorspoed (wat politieke stabiliteit insluit) van die bree samelewing.
>
> En ek se waat Migabe totale kak aangejaag het hiermee, is SA op die
> regte pad om die probleem van grond - wat nie geignoreer kan word
> sonder om n verskiriklike prys down the line te betaal nie -
> konstruktief te hanteer.
>
> Deel van Bob se probleem is juis dat hy die probleem vir dekades nie
> gehanteer het nie.
>
> Wat die feite van die saak by julle is, weet en nie goed genoeg om n
> oordeel te maak nie. Dit lyk van n afstand asof Nujoma hier en daar
> gter Bob aan om goed te klink vir sy beeld in die spieel, maar asof
> daar op grondvlak wel aan regsbeginsels gehoor gegee word - met ander
> woorde onteiening teen markprys.
>
> In SA is daar net een groep wat agter Bob aan praat. Dit is die
> Beweging van Grondloses en hulle grootste gripe die afgelope
> verkiesing is dat die SA Polisie hulle in hegtenis geneem het toe n
> klein groepie wou betoog en dat die polisie hulle glo snotklappe gegee
> het in die proses. Dis swart polisie wat ANC stem.
>
> En verder dat niemand in die samelewing klaarblyklik na hul klagtes
> oor polisie-mishandeling wil luister nie.
>
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #93000 is 'n antwoord op boodskap #92997] Wo, 19 Mei 2004 10:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 19 May 2004 11:57:27 +0300, "Suidwester" wrote:

> Net een klein verskilletjie. Daai huise in pad van die trein strem
> ontwikkeling.

In Suid-Afrika is dit n feit dat as herverdeling nie gebeur om beter
te maak wat skeefgetrek is deur apartheid nie , wag daar moerse
probleme.
Dit is dus ook vir die ontwikkeling van die samelewing.

Zimbabwe is inderdaad n voorbeeld vir almal, maar nie op die manier
wat Bob en Moyo bedoel nie.
Dit illustreer twee dinge: Wat amper onvermydelik uit die politieke
drukpot kom as jy nie vroeg genoeg die probleem begin hanteer nie en
wat gebeur as jy die probleem nie korrek hanteer nie.
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #93005 is 'n antwoord op boodskap #93000] Wo, 19 Mei 2004 11:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dink jy in SA gebeur dit regtig soos jy sê? Hoekom kla die boere so? Wat
van die mense in programme op TV wat kla oor hulle grond wat oorval word
deur swart plakkers en dat hulle nie kan waag om weg te gaan nie want as
hulle weer op die plaas kom, dan is die geboue kaal gestroop?

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:tbcma0555itjdth9pf3t443eptf4f46kk1@4ax.com...
> On Wed, 19 May 2004 11:57:27 +0300, "Suidwester"
> wrote:
>
> strem
>> ontwikkeling.
>
> In Suid-Afrika is dit n feit dat as herverdeling nie gebeur om beter
> te maak wat skeefgetrek is deur apartheid nie , wag daar moerse
> probleme.
> Dit is dus ook vir die ontwikkeling van die samelewing.
>
> Zimbabwe is inderdaad n voorbeeld vir almal, maar nie op die manier
> wat Bob en Moyo bedoel nie.
> Dit illustreer twee dinge: Wat amper onvermydelik uit die politieke
> drukpot kom as jy nie vroeg genoeg die probleem begin hanteer nie en
> wat gebeur as jy die probleem nie korrek hanteer nie.
>
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #93016 is 'n antwoord op boodskap #93005] Wo, 19 Mei 2004 13:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 19 May 2004 14:23:26 +0300, "Suidwester" wrote:

> Dink jy in SA gebeur dit regtig soos jy sê?

Ja.

Hoekom kla die boere so?

He,he..
Ja wel. Hoekom kla die boere so oor alles?

Wat van die mense in programme op TV wat kla oor hulle grond wat
oorval word
> deur swart plakkers en dat hulle nie kan waag om weg te gaan nie want as
> hulle weer op die plaas kom, dan is die geboue kaal gestroop?

Daar is sekerlik sulke voorbeelde, maar weet jy hoeveel kommersiele
boere op plase is daar in SA?
Syfers wissel van 40 000 tot 70 000 met die konsensus in die omgewing
van 50 000 lyk dit. Daar is egter n landbou-sensus aan die gang wat
glo eersdaag voltooi sal wees.

As boere is mense gestel wat kommersieel boer en vir BTW geregistreer
is.

Watter TV-programme praat jy van?
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #93031 is 'n antwoord op boodskap #92978] Wo, 19 Mei 2004 15:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Dis dan wat jy jou goedjies en geldjies vat en fokof
> Australië of so 'n plek toe waar jy ten minste weet die grond wat jy koop
> sal joune en jou familie s'n bly.

Moenie so seker wees nie. Groot dele van Queensland
in Australië kan alreeds nie meer "joune" wees nie, want
die lokale eerste nasie daar besit die grond saam met
die regering.

Gloudina
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #93033 is 'n antwoord op boodskap #92979] Wo, 19 Mei 2004 16:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Ek dink ook hy sal verstom wees om te
> sien hoe groot die jagtersmark in ons land is......plus natuurlik die
> transaksies wat op so 'n jagplaas langs die kampvuur gesluit word. Net
> soos golf!

Jy, Suidwester, lewe nog in die verlede, toe alles wat
aangegaan het wat enige belangrikheid vir jou gehad
het, nog deur wittes gedoen word. Wat jy hierbo
beskryf, kan alleen deur 'n whitey gesê word. Terwyl
jy in 'n land sit waar meeste van die mense swart is.
(In Namibië neem ek aan dat nege uit die tien mense
wat by jou verbyloop swart is. Of selfs nog 'n kleiner
persentasie.) Word wakker. Jy leef in 'n "swart" land.

Tant Hessie van die Nossob
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #93034 is 'n antwoord op boodskap #92991] Wo, 19 Mei 2004 16:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

WAT OOK GAAN
> PRODUSEER vir die goed van die land se ekonomie.

Soos byvoorbeeld karakoelpelse, wat alleen goed
is vir Russe wat warm klere in die winter moet dra.
Wat is verkeerd daaraan dat elke kleinboer vir sy
eie kos sorg op sy eie klein stuk grond. Waarom
moet hulle byvoorbeeld tabak in Zimbabwië verbou.
Hier in Kanada vervang hulle al klaar tabak met
ander produkte, omdat tabak nie meer betaal nie.
Onder andere ginseng, in Suidwestelike Ontario,
wes van Toronto, wat twintig jaar gelede amper
geheel en al onder tabak was.

Gloudina
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #93056 is 'n antwoord op boodskap #93031] Do, 20 Mei 2004 07:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tante, ek ken vele Suidwes boere wat hul plase verkoop het oor die stelery
van skaap en besluit het om Australië toe te verkas. Hul kennis van skaap-
en beesboerdery in droë gebiede is gesog en hulle maak wonderlike lewens
daar. Miskien moet jy ook nie Australië se grootte onderskat nie.
"@rogers.com" wrote in message
news:S3Lqc.53526$Zxc.34428@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Dis dan wat jy jou goedjies en geldjies vat en fokof
>> Australië of so 'n plek toe waar jy ten minste weet die grond wat jy koop
>> sal joune en jou familie s'n bly.
>
> Moenie so seker wees nie. Groot dele van Queensland
> in Australië kan alreeds nie meer "joune" wees nie, want
> die lokale eerste nasie daar besit die grond saam met
> die regering.
>
> Gloudina
>
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #93058 is 'n antwoord op boodskap #93033] Do, 20 Mei 2004 07:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tante, jou ge-eikte polities populêre stellings raak nou vervelig, dink jy
nie? Die vermoë om 'n bestaan te maak, het absoluut niks met ras te doene
nie. Sommige mense het die vermoë om sak te kan doen en ryk te word en
andere nie. Hoe simpel jou stelling is, sal jy besef as jy kyk na alles
in die lewe, nie net plase nie. Hoekom mag jy wat Gloudina is, byv. drie
rekenaars koop as jy net een nodig het. Wat van twee motors, as jy net een
nodig het. Of huise, of besighede.....of plase! Jy beskou dit as jou
demokratiese reg om te koop en besit wat jy wil en fok jou buuurman wat
beswaar aanteken.....jy het dit betaal en jy kan met jou geld maak wat jy
wil?
Wel ou koek, net so kan 'n ou 'n plaas koop met SY geld en daarmee maak
wat hy wil en nie jy, of ek, of enigiemand het die reg om hom te vertel wat
hy daarmee moet maak nie. Die beginsel is egter KOOP. Maar die swart
gepeupel [of bruines soos jy] is mos soos springkane op die aas
uit.............
"@rogers.com" wrote in message
news:jWLqc.55363$Zxc.53305@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Ek dink ook hy sal verstom wees om te
>> sien hoe groot die jagtersmark in ons land is......plus natuurlik die
>> transaksies wat op so 'n jagplaas langs die kampvuur gesluit word. Net
>> soos golf!
>
> Jy, Suidwester, lewe nog in die verlede, toe alles wat
> aangegaan het wat enige belangrikheid vir jou gehad
> het, nog deur wittes gedoen word. Wat jy hierbo
> beskryf, kan alleen deur 'n whitey gesê word. Terwyl
> jy in 'n land sit waar meeste van die mense swart is.
> (In Namibië neem ek aan dat nege uit die tien mense
> wat by jou verbyloop swart is. Of selfs nog 'n kleiner
> persentasie.) Word wakker. Jy leef in 'n "swart" land.
>
> Tant Hessie van die Nossob
>
Re: Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid [boodskap #93059 is 'n antwoord op boodskap #93034] Do, 20 Mei 2004 07:32 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Soos gewoonlik vloei die twak uit jou.......karakoelpelse haal een moerse
prys op die ope mark en is 'n baie winsgewende boerdery, maar as jy dink
Sipho en sy familie op hul stukkie grond sal kan pelse produseer om te kan
eet, dan maak jy een moerse fout. 'n Karakoelpels het baie spesifieke
voorbereiding nodig sodat dit vir die internasionale mark aanvaarbaar sal
wees. Dan kry jy jou geld ook eers na die internasionale veilings
plaasgevind het....
Wie dink jy lewer 'n belangrike deel van die SA se vleismark? Plus
natuurlik die hele Namibië se vleisbehoeftes...behalwe vir vark wat ons weer
uit die RSA bekom. Wildsvleis word ook RSA toe uitgevoer plus natuurlik
ook na die Europese mark en die Midde Ooste. Selfs in Halaal-vereistes
word voorsien. Al hierdie vleis kom van hoofsaaklik die wit boere op hul
plase af. Vleisproduksie is een van ons land se grootste
uitvoerinkomstebronne, bo en behalwe natuurlik dat dit die volk van ons land
self kos gee. Vat jy die boere weg, verloor jy massiewe inkomste en jy
sal al jou kos moet invoer. Sekerlik kan selfs jy dit verstaan? Net om
vir jou 'n voorbeeld te gee.....jy kan by ons 'n heel skaap koop vir tussen
R10 en R12 per kilo en dan is dit nie 'n vetgevoerde stuk vleis nie. Dis
'n droëveld skaap wat se vleis veel beter kwaliteit is as hierdie drillende
witvet skape wat hulle op lusern dik voer. As ons daai vleis moes invoer
van die RSA, gaan ons vleis nie minder as R24-26 per kilo kos nie. Snaaks
genoeg, vir wit en swart, maar die verskil is net dat die wittes dit nog sal
kan bekostig terwyl die swartes maar sal moet leer klippe suig!
Net so in die groet........jy leef duidelik met hierdie prentjie in jou
kop van die huisie op die plotjie met die koei en die hoenders en die
dogtertjie op 'n swing onder 'n groot skaduweeboom? In Namibië is daai
prentjie so bietjie anders: 'n Sink en karton pondok op 'n kaal stuk
grond, geen skaduweeboom, met hier en daar 'n boerbok en 'n paar verdwaalde
hoenders. Daai stuk grond is maklik 50 tot 60 km van die naaste dorp af en
daar is eintlik nie tuin nie, want die goete wil nie so lekker in die 40ºC+
hitte groei nie. Ons land is al sedert die Odendaalplan besig met
grondhervorming en daar is nie 'n ENKELE hervestigingsgeval in die hele land
wat 'n suksesverhaal is nie! Hoeveel meer bewyse wil jy nog hê? Of is
kakpraat maar jou forté?

"@rogers.com" wrote in message news:%%Lqc.55548$Zxc.32501@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> WAT OOK GAAN
>> PRODUSEER vir die goed van die land se ekonomie.
>
> Soos byvoorbeeld karakoelpelse, wat alleen goed
> is vir Russe wat warm klere in die winter moet dra.
> Wat is verkeerd daaraan dat elke kleinboer vir sy
> eie kos sorg op sy eie klein stuk grond. Waarom
> moet hulle byvoorbeeld tabak in Zimbabwië verbou.
> Hier in Kanada vervang hulle al klaar tabak met
> ander produkte, omdat tabak nie meer betaal nie.
> Onder andere ginseng, in Suidwestelike Ontario,
> wes van Toronto, wat twintig jaar gelede amper
> geheel en al onder tabak was.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Kennis tydperk by jou werk
Volgende onderwerp: Ek stems\ saam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 09:14:01 MGT 2024