Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Droe Beskuit is vir die Engelse vrot brood
Droe Beskuit is vir die Engelse vrot brood [boodskap #9269] Ma, 05 Mei 1997 00:00 na volgende boodskap
Abraham die Luigat[2]  is tans af-lyn  Abraham die Luigat[2]
Boodskappe: 2
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
My vrou maak lekker beskuit. Anysbeskuit wat so krummel op jou tong
as jy hom eers in jou koffie doop. Sy gee my so 'n tupperware houer
vol om saam werk toe te neem. Die dae wat die werk oorloop in my
etenstyd dan haal ek so 'n paar uit en eet saam met my koffie. Sulke
regte boere koffie en beskuit hier reg in Engeland. Die Britte het
mos nie 'n eweknie vir beskuit nie. Die slag vergeet ek van die houer
en sy beskuit. Hy staan daar eenkant in 'n kas en vergaar stof.

Maande en ek bedoel so vier maande daarna maak my dametjie by die werk
se kaste skoon. Kom sy op die houer en beskuit af. "Goodness
gracious - it's your lunch and its months old!!!" Die afgryse op haar
gesig en die lang gerekte arm waarmee sy aangee vertel my sy dink:
Vrot en Stank!!!

Ek loer in en daar lê vroutjie se beskuite so mooi droog en lekker
soos die dag wat sy hule ingepak het. Met groot aanskou haal ek een
uit en hap lêkker aan hom.

Dit was amper of daai Engelse dame gooi net daar op. Hulle is maar
baie delikaat as dit kom by eet. Baie haastig is sy die kamer uit. Sy
het al die werksmense vertel ek eet "My three month old lunch!!!"

Elfuur neem ek dieselfde houer saam teekamer toe. Doop een so in my
koffie en smul aan hom. Nodeloos om te sê - nie een Brit man of vrou
kon bly nie. Ek het heel allenig gesit en beskuit eet.

Groetnis

Braam die Luigat

Haal die eerste l af van my E-pos adres.
Daai l is om gemors E-pos te vermy.
Re: Droe Beskuit is vir die Engelse vrot brood [boodskap #9303 is 'n antwoord op boodskap #9269] Ma, 12 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Wens ek het nou van daardie beskuit gehad.

JHV
Vorige onderwerp: AFRIKAANSE BLOKKIESRAAISEL
Volgende onderwerp: Re: Oor gletsers in die Karoo.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 21:05:31 MGT 2024