Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dit gaan goed met Mugabe
Dit gaan goed met Mugabe [boodskap #92565] So, 02 Mei 2004 15:24 na volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Van een vriend

Sy nuwe 25-slaapkamer woning vorder en daar word twee damme gebou in
die veiligheids area rond die huis. Groot tuinaanleg word ook gedoen. Die
gebied om sy huis is onwettig om te betree en die polisie het volmag om
oortreders dood te skiet. Die huis is al onder konstruksie vir die afgelope
vyf jaar en sal ongeveer R175,000,000 kos. Die bouers is hoofsaaklik 'n
Yugoslav firma, Energo Project, en die kwaliteit binne afwerking word
ingevoer vanuit China en Europa.
Mugabe is onder druk om te verklaar waar hy die vreemde valuta verkry
om al die ingevoerde materiaal te betaal. Mugabe se minister van Finansies,
Christopher Kuruneri, is tans in die gevangenis nadat hy gearresteer was vir
onwettige uitneem van geld na ZA waar hy besig is om 'n luukse villa te bou
(R30,000,000) in Kaapstad.
President Thabo Mbeki se 10-jaar herdenking van demokrasie vorige week
in Pretoria:
Met die aankoms van Mugabe en sy vrou Grace by die Unie Gebou het al
die ere gaste, van oor die wereld, hom 'n staande ovasie gegee. Duisende
feesdeelnemers het gejuig wat in die tuine en op die grasperke die seremonie
op reuse video skerms bekyk. Volgens Ludwe Solwandle, 'n ZA sakeman, is
Mugabe 'n held omdat hy soveel gedoen het in die stryd om bevryding van die
mense van Afrika.
Re: Dit gaan goed met Mugabe [boodskap #92570 is 'n antwoord op boodskap #92565] Ma, 03 Mei 2004 07:00 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sekerlik sal dit jou nie verbaas dat Mugabe en ons Nujoma dik pêlle is nie?
Maar Mugabe sal moet bou as hy vir Nujoma wil klop. Die nuwe staatshuis
word gereken oor die N$1 biljoen te kos en daar's verdiepings onder die
grond a la Saddam om beskerming te verleen teen kernontploffings. Die
plaaslike mense word ook nie vertrou om die bouwerk te doen nie....alles
vreemdelinge. As alles nie so lagwekkend is nie [wie anders as die spul
Swapo's sal dink Nam is so belangrik dat iemand dit met kernwapens wil
aanval!] dan is dit tragies. Ons land sit met 'n massiewe
werkloosheidsprobleem en die regering wat juis werk moet skep, gee die werk
uit aan Chinese, ens.
Maar moet nou nie vir 'n oomblik glo dat ek iets teen 'n Chinees het
nie! Een en elkeen wat ek al ontmoet het en mee gewerk het, is 'n harde
werker en stoei om vooruit te gaan. Die probleem is, juis omdat hulle
sulke goeie werkers is, sal geen normale werkgewer 'n swart werker verkies
bo 'n Chinese werker nie......en so word ons werkloosheidsprobleem net
groter en groter.
O, en maak nie saak wat almal hieroor storie nie, daar is nie 'n manier
waarop die swart politici van Afrika vir Mugabe sal veroordeel vir sy
vergrype in Zim nie. Dis darem mos dieselfde agterdeur wat hulleself
oophou vir die dag wat hulle dit nodig kry!

"Cool Smithy P" skryf in boodskap news:%o8lc.93628$a67.5944457@phobos.telenet-ops.be...
> Van een vriend
>
> Sy nuwe 25-slaapkamer woning vorder en daar word twee damme gebou in
> die veiligheids area rond die huis. Groot tuinaanleg word ook gedoen. Die
> gebied om sy huis is onwettig om te betree en die polisie het volmag om
> oortreders dood te skiet. Die huis is al onder konstruksie vir die afgelope
> vyf jaar en sal ongeveer R175,000,000 kos. Die bouers is hoofsaaklik 'n
> Yugoslav firma, Energo Project, en die kwaliteit binne afwerking word
> ingevoer vanuit China en Europa.
> Mugabe is onder druk om te verklaar waar hy die vreemde valuta verkry
> om al die ingevoerde materiaal te betaal. Mugabe se minister van Finansies,
> Christopher Kuruneri, is tans in die gevangenis nadat hy gearresteer was vir
> onwettige uitneem van geld na ZA waar hy besig is om 'n luukse villa te bou
> (R30,000,000) in Kaapstad.
> President Thabo Mbeki se 10-jaar herdenking van demokrasie vorige week
> in Pretoria:
> Met die aankoms van Mugabe en sy vrou Grace by die Unie Gebou het al
> die ere gaste, van oor die wereld, hom 'n staande ovasie gegee. Duisende
> feesdeelnemers het gejuig wat in die tuine en op die grasperke die seremonie
> op reuse video skerms bekyk. Volgens Ludwe Solwandle, 'n ZA sakeman, is
> Mugabe 'n held omdat hy soveel gedoen het in die stryd om bevryding van die
> mense van Afrika.
>
Vorige onderwerp: Vroueregte in Suid-Afrika
Volgende onderwerp: Die Rooies!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 16:37:45 MGT 2024