Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jakkals streke in Afrika..
Jakkals streke in Afrika.. [boodskap #9251] Wo, 30 April 1997 00:00
Vyg  is tans af-lyn  Vyg
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Volle Lid
Jakkals loop rond in die bosse en gaan sit daar onder
die tak waar haan sit. Hy groet vir haan ewe vriendelik
en vertel hoe lus hy is vir ordentlike geselskap. Jakkals
nooi toe vir haan om af te kom, want sy nek raak seer van
so opkyk.

Jakkals belowe om haan nie op te eet as hy afkom nie, maar
haan bly sit daar bo.

Jakkals vertel toe vir haan van die groot nuus dat al die
diere van Afrika nou saam woon in vrede, maar haan lag
heerlik vir Jakkals se stories, toe Jakkals wou weet hoekom
haan dan so lag, vertel haan van die wildehond wat hom
gisteraand bekruip het en dat boer en sy honde juis oppad
is om te kom ondersoek.

Jakkals groet haastig vir haan en wil net wegkom, maar nou
gesels haan eers lekker.

"hoekom wil jy al loop Jakkals ?" vra haan, "jy is tog seker
nie bang vir die honde nie ?, daar is mos vrede tussen al
die diere van Afrika"

"o ja," antwoord jakkals, "maar die vraag is of die onnosele
honde daarvan weet" en hy draf vinnig daar weg.

Jan, dink jy nie die sprokie is nou nog van toepassing nie ?
Ek het dit in die afrikaanse sprokie boek gelees, en moes
dit met jou en galjoen deel.

groete, Vyg
Vorige onderwerp: Re: 98 trip
Volgende onderwerp: Re: Wakker Skrik Mense (NOT)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 21:39:21 MGT 2024