Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Onbeskryflike woede
Onbeskryflike woede [boodskap #92305] Vr, 23 April 2004 17:44 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die kapers het haar klere van haar lyf geskeur, haar vasgedruk,
verkrag en heeltyd deur die gesig geklap terwyl sy hulle gesmeek het
om haar broerskind te spaar.

"Hulle was barbaars. Wreed. Rof - met geen respek vir niks en niemand
nie. Hulle was nie bang of senuweeagtig nie. Inteendeel. Hulle was
opgewonde."

Dít is hoe die 46-jarige vrou, wat drie weke gelede saam haar man en
14-jarige broerskind, Tracy (skuilnaam), by die Grasmere-tolhek op
die N1-hoofweg gekaap is, Donderdag hul nagmerrie beskryf het.

Sy het in hul huis in Randburg volgehou net die tolhek op die afrit
na Ennerdale was dié oggend om 04:45 oop vir verkeer. Die drie kapers
het hulle 250 m van die tolhek aangeval en sedertdien is hul lewe aan
flarde.

"Daar is niks sensasioneels aan dit wat met ons gebeur het nie.
Dis 'n ramp. Ek en Tracy sal oor 'n jaar weet of ons vigs het."

Die verdagtes het die familie na 'n afgeleë plek naby die Goue
Hoofweg geneem. "Hulle het my man oor die kop geslaan en sy bril op
sy gesig gebreek. Toe het hulle hom beveel om weg te hardloop. Hulle
het vyf keer op hom geskiet en ons het gesien hoe hy in die gras val.
Ek het gedink hy is dood."

Die twee vroue is in 'n Camry se kattebak toegesluit en van die
kapers het die motor in die familie se Colt-bakkie gevolg. "Ek en
Tracy het mekaar styf vasgehou en gebid. Sy het gesê as ons vandag
doodgaan moet ek weet sy is baie lief vir my."

Die booswigte het by 'n veld in Finetown, sowat 5 km van die tolhek,
stilgehou, die vroue uit die kattebak gepluk en hulle verkrag.

"Dit het soos 'n ewigheid gevoel. Ek wou ná die tyd my klere optel,
maar hulle het gesê ek moet dit los. Toe skreeu hulle ons moet
hardloop.

"Ek het skielik gevries. Ek kon nie beweeg nie. My hart het vinnig
geklop, my mond was droog en ek kon nie asemhaal nie. Ek het gedink
dít is dít. Hulle gaan ons nou in die rug skiet."

Tracy het haar tante aan die hand gegryp en haar gesmeek om te
hardloop. Kaalvoet en met net hul hemde aan, het die vroue deur die
bos gestorm. "Die takke het ons stukkend gekrap en die gras en
kakiebos was hoër as ons koppe. Ons kon nie sien waarheen ons vlug
nie - dit was 'n hopelose en desperate poging om weg te kom."

Die vroue het later by die N1-hoofweg, 'n paar honderd meter van die
Grasmere-tolhek, uit die bos gestrompel. "Ons het toe besef ons het
niks aan ons onderlywe nie. Ons het ons hemde oor ons heupe getrek om
ons skaamte te bedek. Ek het probeer om die motoriste se aandag te
trek, maar niemand wou stop nie."

Die polisie het hulle minute later langs die hoofweg gevind en haar
man opgelaai waar hy ongedeerd langs die Goue Hoofweg gestaan het.

Volgens haar is Tracy 'n "ou" 14-jarige. "Daai kindervlammetjie is
uit haar geruk. Sy sal nooit weer dieselfde wees nie. Sy wás 'n
maagd."

Dit is vir haar onverklaarbaar dat die personeel by die tolhek nie
die skote hoor klap of iets gesien het nie.

En sy is woedend. "Ek is onbeskryflik kwaad. Ek sal nie doodstil in
my hoekie sit en my wonde lek nie. Ons paaie is 'n teelaarde vir
misdadigers en ek is siek en sát hiervoor."
Re: Onbeskryflike woede [boodskap #92313 is 'n antwoord op boodskap #92305] Sa, 24 April 2004 04:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis vreeslik. Waar kry jy hierdie berig?

Groete
Spencer

"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:ieli80dc0aenadu1384539heqopfder5sa@4ax.com...
>
> Die kapers het haar klere van haar lyf geskeur, haar vasgedruk,
> verkrag en heeltyd deur die gesig geklap terwyl sy hulle gesmeek het
> om haar broerskind te spaar.
>
> "Hulle was barbaars. Wreed. Rof - met geen respek vir niks en niemand
> nie. Hulle was nie bang of senuweeagtig nie. Inteendeel. Hulle was
> opgewonde."
>
> Dít is hoe die 46-jarige vrou, wat drie weke gelede saam haar man en
> 14-jarige broerskind, Tracy (skuilnaam), by die Grasmere-tolhek op
> die N1-hoofweg gekaap is, Donderdag hul nagmerrie beskryf het.
>
> Sy het in hul huis in Randburg volgehou net die tolhek op die afrit
> na Ennerdale was dié oggend om 04:45 oop vir verkeer. Die drie kapers
> het hulle 250 m van die tolhek aangeval en sedertdien is hul lewe aan
> flarde.
>
> "Daar is niks sensasioneels aan dit wat met ons gebeur het nie.
> Dis 'n ramp. Ek en Tracy sal oor 'n jaar weet of ons vigs het."
>
> Die verdagtes het die familie na 'n afgeleë plek naby die Goue
> Hoofweg geneem. "Hulle het my man oor die kop geslaan en sy bril op
> sy gesig gebreek. Toe het hulle hom beveel om weg te hardloop. Hulle
> het vyf keer op hom geskiet en ons het gesien hoe hy in die gras val.
> Ek het gedink hy is dood."
>
> Die twee vroue is in 'n Camry se kattebak toegesluit en van die
> kapers het die motor in die familie se Colt-bakkie gevolg. "Ek en
> Tracy het mekaar styf vasgehou en gebid. Sy het gesê as ons vandag
> doodgaan moet ek weet sy is baie lief vir my."
>
> Die booswigte het by 'n veld in Finetown, sowat 5 km van die tolhek,
> stilgehou, die vroue uit die kattebak gepluk en hulle verkrag.
>
> "Dit het soos 'n ewigheid gevoel. Ek wou ná die tyd my klere optel,
> maar hulle het gesê ek moet dit los. Toe skreeu hulle ons moet
> hardloop.
>
> "Ek het skielik gevries. Ek kon nie beweeg nie. My hart het vinnig
> geklop, my mond was droog en ek kon nie asemhaal nie. Ek het gedink
> dít is dít. Hulle gaan ons nou in die rug skiet."
>
> Tracy het haar tante aan die hand gegryp en haar gesmeek om te
> hardloop. Kaalvoet en met net hul hemde aan, het die vroue deur die
> bos gestorm. "Die takke het ons stukkend gekrap en die gras en
> kakiebos was hoër as ons koppe. Ons kon nie sien waarheen ons vlug
> nie - dit was 'n hopelose en desperate poging om weg te kom."
>
> Die vroue het later by die N1-hoofweg, 'n paar honderd meter van die
> Grasmere-tolhek, uit die bos gestrompel. "Ons het toe besef ons het
> niks aan ons onderlywe nie. Ons het ons hemde oor ons heupe getrek om
> ons skaamte te bedek. Ek het probeer om die motoriste se aandag te
> trek, maar niemand wou stop nie."
>
> Die polisie het hulle minute later langs die hoofweg gevind en haar
> man opgelaai waar hy ongedeerd langs die Goue Hoofweg gestaan het.
>
> Volgens haar is Tracy 'n "ou" 14-jarige. "Daai kindervlammetjie is
> uit haar geruk. Sy sal nooit weer dieselfde wees nie. Sy wás 'n
> maagd."
>
> Dit is vir haar onverklaarbaar dat die personeel by die tolhek nie
> die skote hoor klap of iets gesien het nie.
>
> En sy is woedend. "Ek is onbeskryflik kwaad. Ek sal nie doodstil in
> my hoekie sit en my wonde lek nie. Ons paaie is 'n teelaarde vir
> misdadigers en ek is siek en sêt hiervoor."
>

---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.665 / Virus Database: 428 - Release Date: 21/04/2004
Re: Onbeskryflike woede [boodskap #92326 is 'n antwoord op boodskap #92313] Sa, 24 April 2004 12:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Joeboy  is tans af-lyn  Joeboy
Boodskappe: 54
Geregistreer: Februarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Sensasionele joernalistiek, moet die Beeld wees ..
Joeboy

"Spencer" skryf in boodskap news:KUlic.4001$_s.131417@news.xtra.co.nz...
> Dis vreeslik. Waar kry jy hierdie berig?
>
> Groete
> Spencer
>
Re: Onbeskryflike woede [boodskap #92335 is 'n antwoord op boodskap #92326] Sa, 24 April 2004 15:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Claymor  is tans af-lyn  Claymor
Boodskappe: 34
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Volle Lid
Daar is niks aan hierdie berig wat dit sensasioneel maak nie. Dit is 'n
tragiese en ware hel waardeur twee blanke vrouens gegaan het. Vir die wat
dit as goedkoop sensasie beskou wil ek net toewens dat dit met hulle
vrouens, dogters en ander vroulike familielede gebeur. Julle is vieslike
verfoeilike varke. Ek was tot onlangs betrokke met agresiewe
misdaadbestryding en het my daaruit ontrek omdat ek geen vertroue in die
regering en sy veskuilde agendas het nie. Sulke dinge gebeur feitlik
daagliks maar die SAPD en ander regeringsorgane doen groot moeite om dit
stil en uit die pers te hou.

"JoeBoy" skryf in boodskap news:c6dmd0$3lq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Sensasionele joernalistiek, moet die Beeld wees ..
> Joeboy
> "Spencer" wrote in message
> news:KUlic.4001$_s.131417@news.xtra.co.nz...
>> Dis vreeslik. Waar kry jy hierdie berig?
>>
>> Groete
>> Spencer
>>
>
Re: Onbeskryflike woede [boodskap #92337 is 'n antwoord op boodskap #92335] Sa, 24 April 2004 17:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Joeboy  is tans af-lyn  Joeboy
Boodskappe: 54
Geregistreer: Februarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Wat van die skryfstyl? Is die feite bloot weergegee, alhoewel van een
perspektief af? Is dit realisties om te dink dat alles presies gebeur het
soos dit woorddeliks in die berig weergegee word?
Joeboy

"Claymor" skryf in boodskap news:c6e2m0$52i$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Daar is niks aan hierdie berig wat dit sensasioneel maak nie. Dit is 'n
> tragiese en ware hel waardeur twee blanke vrouens gegaan het. Vir die wat
> dit as goedkoop sensasie beskou wil ek net toewens dat dit met hulle
> vrouens, dogters en ander vroulike familielede gebeur. Julle is vieslike
> verfoeilike varke. Ek was tot onlangs betrokke met agresiewe
> misdaadbestryding en het my daaruit ontrek omdat ek geen vertroue in die
> regering en sy veskuilde agendas het nie. Sulke dinge gebeur feitlik
> daagliks maar die SAPD en ander regeringsorgane doen groot moeite om dit
> stil en uit die pers te hou.
>
> "JoeBoy" wrote in message
> news:c6dmd0$3lq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Sensasionele joernalistiek, moet die Beeld wees ..
>> Joeboy
>> "Spencer" wrote in message
>> news:KUlic.4001$_s.131417@news.xtra.co.nz...
>>> Dis vreeslik. Waar kry jy hierdie berig?
>>>
>>> Groete
>>> Spencer
>>>
>>
>
Re: Onbeskryflike woede [boodskap #92339 is 'n antwoord op boodskap #92337] Sa, 24 April 2004 18:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die ANC is besig met groot feesviering, R180,000,000.00, demokrasie is die
wenner. Drastiese afname van misdaad en 'n groeiende ekonomie in die
reenboogland. Dit lees mens gereeld in SA koerante. Die waarheid, laat ons
dit liewer ignoreer, dit is negatief en haatdraend. Indien mens nie daaroor
praat sal dit mos weggaan???
Hierdie volkslied (1875) klink nou soos 'n sprokie, skaamteloos begrawe
onder moord en doodslag. Vandag is dit seker rassisme???

Kent gij dat volk vol heldenmoed
En toch zo lang geknecht?
Het heeft geofferd goed en bloed
Voor vrijheid en voor recht.
Komt, burgers! laat de vlaggen wapp'ren,
Ons lijden is voorbij;
Roemt in de zege onzer dapp'ren:
Dat vrije volk zijn wij!
Dat vrije volk,
Boetman

"JoeBoy" skryf in boodskap news:c6e894$9qe$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wat van die skryfstyl? Is die feite bloot weergegee, alhoewel van een
> perspektief af? Is dit realisties om te dink dat alles presies gebeur het
> soos dit woorddeliks in die berig weergegee word?
> Joeboy
>
> "Claymor" wrote in message
> news:c6e2m0$52i$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Daar is niks aan hierdie berig wat dit sensasioneel maak nie. Dit is 'n
>> tragiese en ware hel waardeur twee blanke vrouens gegaan het. Vir die wat
>> dit as goedkoop sensasie beskou wil ek net toewens dat dit met hulle
>> vrouens, dogters en ander vroulike familielede gebeur. Julle is vieslike
>> verfoeilike varke. Ek was tot onlangs betrokke met agresiewe
>> misdaadbestryding en het my daaruit ontrek omdat ek geen vertroue in die
>> regering en sy veskuilde agendas het nie. Sulke dinge gebeur feitlik
>> daagliks maar die SAPD en ander regeringsorgane doen groot moeite om dit
>> stil en uit die pers te hou.
>>
>> "JoeBoy" wrote in message
>> news:c6dmd0$3lq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Sensasionele joernalistiek, moet die Beeld wees ..
>>> Joeboy
>>> "Spencer" wrote in message
>>> news:KUlic.4001$_s.131417@news.xtra.co.nz...
>>>> Dis vreeslik. Waar kry jy hierdie berig?
>>>>
>>>> Groete
>>>> Spencer
>>>>
>>>
>>
>
Re: Onbeskryflike woede [boodskap #92340 is 'n antwoord op boodskap #92337] Sa, 24 April 2004 19:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Claymor  is tans af-lyn  Claymor
Boodskappe: 34
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Volle Lid
Ek dink dat die werklike gebeurtenis was veel erger... ek het vele kere die
dood in die oë gestaar, maar dan is dit hoe ek kies om my lewe te lei...
Onskuldige vrouens en meisies behoort beskerm te word en nie deur goedkoop
pc nerds as sensasionalisties afgemaak te word as hulle nagmerrie in
konserwatiewe terme beskryf word nie... As jou balle so groot is, laat weet
my, ek kan reel dat jy so 'n tikkie van die werklikheid ervaar... Jy teken
vrywarings en trek 'n uniform aan dan gaan ons in een van daai gebiede in
waar die SAPD te bang is om in te gaan en ons gaan lig 'n verkragter uit sy
bedtjie... Daar sal wel SAPD teenwoordig wees en hy sal aan die gereg
oorgelewer word.... maar dalk trap ons in 'n lokval en land in 'n
vuurgeveg... wie weet wat die toekoms alles mag inhou....

"JoeBoy" skryf in boodskap news:c6e894$9qe$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wat van die skryfstyl? Is die feite bloot weergegee, alhoewel van een
> perspektief af? Is dit realisties om te dink dat alles presies gebeur het
> soos dit woorddeliks in die berig weergegee word?
> Joeboy
>
> "Claymor" wrote in message
> news:c6e2m0$52i$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Daar is niks aan hierdie berig wat dit sensasioneel maak nie. Dit is 'n
>> tragiese en ware hel waardeur twee blanke vrouens gegaan het. Vir die wat
>> dit as goedkoop sensasie beskou wil ek net toewens dat dit met hulle
>> vrouens, dogters en ander vroulike familielede gebeur. Julle is vieslike
>> verfoeilike varke. Ek was tot onlangs betrokke met agresiewe
>> misdaadbestryding en het my daaruit ontrek omdat ek geen vertroue in die
>> regering en sy veskuilde agendas het nie. Sulke dinge gebeur feitlik
>> daagliks maar die SAPD en ander regeringsorgane doen groot moeite om dit
>> stil en uit die pers te hou.
>>
>> "JoeBoy" wrote in message
>> news:c6dmd0$3lq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Sensasionele joernalistiek, moet die Beeld wees ..
>>> Joeboy
>>> "Spencer" wrote in message
>>> news:KUlic.4001$_s.131417@news.xtra.co.nz...
>>>> Dis vreeslik. Waar kry jy hierdie berig?
>>>>
>>>> Groete
>>>> Spencer
>>>>
>>>
>>
>
Re: Onbeskryflike woede [boodskap #92341 is 'n antwoord op boodskap #92326] So, 25 April 2004 03:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Joeboy - klink my jy hou nie van die storie nie? Sensasionele joernalistiek?
Hoe sou jy dit beskryf?
Re: Onbeskryflike woede [boodskap #92389 is 'n antwoord op boodskap #92337] Ma, 26 April 2004 15:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
He, he... Die rightwingers baklei met mekaar!
(Wat;s nuut?)

On Sat, 24 Apr 2004 19:24:25 +0200, "JoeBoy" wrote:

> Wat van die skryfstyl? Is die feite bloot weergegee, alhoewel van een
> perspektief af? Is dit realisties om te dink dat alles presies gebeur het
> soos dit woorddeliks in die berig weergegee word?
> Joeboy
>
> "Claymor" wrote in message
> news:c6e2m0$52i$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Daar is niks aan hierdie berig wat dit sensasioneel maak nie. Dit is 'n
>> tragiese en ware hel waardeur twee blanke vrouens gegaan het. Vir die wat
>> dit as goedkoop sensasie beskou wil ek net toewens dat dit met hulle
>> vrouens, dogters en ander vroulike familielede gebeur. Julle is vieslike
>> verfoeilike varke. Ek was tot onlangs betrokke met agresiewe
>> misdaadbestryding en het my daaruit ontrek omdat ek geen vertroue in die
>> regering en sy veskuilde agendas het nie. Sulke dinge gebeur feitlik
>> daagliks maar die SAPD en ander regeringsorgane doen groot moeite om dit
>> stil en uit die pers te hou.

>> "JoeBoy" wrote in message
>> news:c6dmd0$3lq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Sensasionele joernalistiek, moet die Beeld wees ..
>>> Joeboy
>>> "Spencer" wrote in message
>>> news:KUlic.4001$_s.131417@news.xtra.co.nz...
>>>> Dis vreeslik. Waar kry jy hierdie berig?
>>>>
>>>> Groete
>>>> Spencer
>>>>
>>>
>>>
>>>


>
Re: Onbeskryflike woede [boodskap #92400 is 'n antwoord op boodskap #92335] Ma, 26 April 2004 17:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Vertel hulle jong, kyk wat het met pienk frikkie de klerk se vrou
gebeur....

On Sat, 24 Apr 2004 17:55:46 +0200, "Claymor" wrote:

> Daar is niks aan hierdie berig wat dit sensasioneel maak nie. Dit is 'n
> tragiese en ware hel waardeur twee blanke vrouens gegaan het. Vir die wat
> dit as goedkoop sensasie beskou wil ek net toewens dat dit met hulle
> vrouens, dogters en ander vroulike familielede gebeur. Julle is vieslike
> verfoeilike varke. Ek was tot onlangs betrokke met agresiewe
> misdaadbestryding en het my daaruit ontrek omdat ek geen vertroue in die
> regering en sy veskuilde agendas het nie. Sulke dinge gebeur feitlik
> daagliks maar die SAPD en ander regeringsorgane doen groot moeite om dit
> stil en uit die pers te hou.
>
> "JoeBoy" wrote in message
> news:c6dmd0$3lq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Sensasionele joernalistiek, moet die Beeld wees ..
>> Joeboy
>> "Spencer" wrote in message
>> news:KUlic.4001$_s.131417@news.xtra.co.nz...
>>> Dis vreeslik. Waar kry jy hierdie berig?
>>>
>>> Groete
>>> Spencer
>>>



>
Re: Onbeskryflike woede [boodskap #92405 is 'n antwoord op boodskap #92341] Ma, 26 April 2004 18:17 Na vorige boodskap
Cori  Kuncl  is tans af-lyn  Cori Kuncl
Boodskappe: 5
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Junior Lid
Ek moet wonder wat sensasioneel van verkragting is??? Hetsy kind of vrou of
wie ook al daaraan blootgestel word. Verkragting is definitief nie iets
waarvoor enige mens vra en ek vind dit ongelooflik dat daar wel asemhalende
wesens is wat dit as sensasioneel beskou....

"Jonas" skryf in boodskap news:c6fao6$q81$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Joeboy - klink my jy hou nie van die storie nie? Sensasionele joernalistiek?
> Hoe sou jy dit beskryf?
>
>

---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.669 / Virus Database: 431 - Release Date: 2004/04/26
Vorige onderwerp: doe de test
Volgende onderwerp: Inglesias
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 20:49:51 MGT 2024