Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Die Godsbesluit - Totius
Die Godsbesluit - Totius [boodskap #92221] Di, 20 April 2004 21:48
Ooskus  is tans af-lyn  Ooskus
Boodskappe: 15
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Junior Lid
DIE GODSBESLUIT

Voor die onheilswoning en

tussen die skaars~beblaarde

soetdorings staan, in droë aarde

maar lowergroen en blink van blad,

die wag-'n-bietjie langs die pad.

Wanneer ek naderkom dan sien

ek dorings krom en reg;

'k sien takke inmekaar gedraai

en deurmekaar gevleg.

En wil ek in die blare gryp

of aan die takke breek,

dan tas ek in 'n doringnes

wat vreeslik haak en steek.

* * *

Bo al u donker bome, o Heer, "

groei my 'n enk'le reusboom uit:

dit is die wag-'n-bietjiebos

van u besluit.

Van ver so skoon, so groen, so blink

maar hoe verward

wanneer ek dieper kyk en dink

as wat 'n sondaar pas.

En steek ek dan my hande uit

na u besluit,

dan gryp ek in die dorings vas.
Vorige onderwerp: " Nuttige reseppe" deur C.W. JOUBERT
Volgende onderwerp: " Plaashek " deur UYS KRIGE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:25:53 MGT 2024