Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Finis" deur LINA SPIES
"Finis" deur LINA SPIES [boodskap #9216] Sa, 26 April 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
FINIS
Lina Spies

Nou maak ek self nie meer so baie saak nie
want jy't bobbejaan na my gestuur met 'n briefie in sy bek

dit was geskryf op varkensblaar
dit was 'n bietjie dof
dit was om my en jou te nooi
na die Apies se bruilof

Jy het al die liedjies van my kindertyd weer in my laat sing
en in my hart die Jakkalse elke dag laat trou

Maar wat sal jy van my kan saamneem?

Miskien wanneer die lewe met jou kotiljons
en lekker wals op die Apies se bruilof
sal jy onthou dat jy vir my Aprilmaand was
- die wolke altyd bietjie voor die son -
en ek ten spyte van die reen kon lag

En jy sal lag

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: " 'n Handvol Gruis" deur C. Louis Leipoldt
Volgende onderwerp: "Verre Blik" deur UYS KRIGE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 17:46:10 MGT 2024