Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog 'n Ruiker
Nog 'n Ruiker [boodskap #9210] Vr, 25 April 1997 00:00
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
My hart het nou sommer sag geword toe my dogtertjie van buitekant inkom en vir my 'n
handjievol Proteas persent gee wat sy in die tuin gaan pluk het. Ek sou baie graag een uitreik
aan elkeen van julle.

Díe Proteabos het ek sowat twaalf jaar gelede geplant, in 'n ou armoedige stukkie grond,
sanderige ouklip waar niks eintlik wou groei nie. Nou kry mens mos eksotiese plantsoorte,
soos orchidiëe ens., wat baie pamperlang nodig het, maar hierdie ou bos is vir my die mees
eksotiese, wat ook die dankbaarste is en die minste vra.

En hy hou aan aanhou, jaar na jaar. As mens dink hy gaan dit nie maak nie, dan staan hy die
volgende seisoen weer daar in al sy prag, swaar draend an al sy blomme. Deur reënvloede,
en haël, ryp en koue, hitte en droogte. Hy's selfs al in die middel deurgekraak. "It was the
best of times, it was the worst of times" maar van éen ding kan jy seker wees : wanneer die
tyd aanbreek is díe ou Neriifolia weer vol nuwe knoppies.

En hoe meer jy hom terugsny, hoe meer groei hy weer. En al was ek destyds nog dom wat
plante aanbetref, en het ek hom in 'n hoekie gedruk waar daar nêrens genoeg plek was vir sy
toekomstige groei nie, het hy my vergewe daarvoor. Hy's heel krom omdat hy weggedraai
het van die huismuur in sy pad, en die anderkantse muur nou oorstrek, en sy takke bo-op die
ou staalheiningtjie aan die anker kant gerus, tot die nou maar gaan lê het. Mens moet hom
net uitlos, om sy eie gang te gaan. Hy weet self waarnatoe.

Hy't alles oorwin, en van niks, so te sê, maak hy die pragtigste skeppings. Hy laat my baie
dink aan ons land se mense.

Liefde en kuber-Proteas aan almal,
Vira.
Vorige onderwerp: Kaapstad in beeld: www.sale.demon.co.uk
Volgende onderwerp: BANKROOF!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 09:49:55 MGT 2024