Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » KykNET is plesier!
KykNET is plesier! [boodskap #92050] Vr, 09 April 2004 06:49 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Daar ís mense wat deur die langnaweek werk! Gisteraand op 'n program
Dwaalspore was daar 'n paar wonderlike stories, o.a. 'n Hottentot wat so
lekker kon hol dat hy enige perd moeg gehardloop het. Maar hoekom sou hy
'n perd wou klop? Oor hy skaap gesteel het! Dan was daar die storie oor
die legendariese groot slang in die Oranjerivier wat mense vang.....maar dis
'n bygeloof wat onder die swart bevolking hoogty voer in omtrent enige plek
in die land waar daar 'n watertjie is.
Die beste storie was oor die meisiekind en 'n Koranna Hottentot wat die
laaste twee oorlewendes was van 'n voortrek [so 2 jaar vóór die befaamde
Dorslandtrek] van 11 waens en mense wat 'n beter lewe wou gaan soek het in
Angola. Stadig maar seker het haar mense uitgesterf aan die 'koors'
[malaria] want hulle't 'n probleempie gehad. Volg hulle die groot rivier,
het hulle volop water maar die koors looi hulle. Hou hulle weg van die
rivier en die muskiete, dan vat die dors hulle en die diere.
In elk geval, toe nog net sy en die Koranna oor was en haar laaste dae
is daar, toe gaan sit sy en skryf 'n gedig neer op 'n groot plat klip wat
haar en haar mense se lyding en eensaamheid beskryf. Blykbaar het sy dit
met 'n haarnaald op die klip uitgekrap. Wat wonderlik is, is dat dit
behoue gebly het vir oor die 100 jaar en in die argiewe in Windhoek is.
Ook dat die gedig getoonset is en 'n hartseer liedjie het die lig gesien.
Ek wonder hoe lank het sy met dié gedig in die gedagtes bly spook so
in haar eensame trek deur 'n rowwe wêreld? Hoe lank het sy gewerk daaraan
? Sekerlik het dit nie op die ingewing van 'n oomblik gekom nie. Die
uiteinde van die storie is dat sy gesterf het by die klip en dat die Koranna
teruggestap het beskawing toe en vir latere trekkers die plek gaan wys het
waar die klip was. Ons harde land is vol van sulke wonderlike stories!
Re: KykNET is plesier! [boodskap #92051 is 'n antwoord op boodskap #92050] Vr, 09 April 2004 07:11 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Mooi storie daardie Suidwester - weet jy watse liedjie dit geword het?
Hier op aard gaan dit klipsteenhard.
Hier en daar 'n meerkatgat.
--
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:4076479c.0@news1.mweb.co.za...
> Daar ís mense wat deur die langnaweek werk! Gisteraand op 'n program
> Dwaalspore was daar 'n paar wonderlike stories, o.a. 'n Hottentot wat so
> lekker kon hol dat hy enige perd moeg gehardloop het. Maar hoekom sou hy
> 'n perd wou klop? Oor hy skaap gesteel het! Dan was daar die storie oor
> die legendariese groot slang in die Oranjerivier wat mense vang.....maar dis
> 'n bygeloof wat onder die swart bevolking hoogty voer in omtrent enige plek
> in die land waar daar 'n watertjie is.
> Die beste storie was oor die meisiekind en 'n Koranna Hottentot wat die
> laaste twee oorlewendes was van 'n voortrek [so 2 jaar vóór die befaamde
> Dorslandtrek] van 11 waens en mense wat 'n beter lewe wou gaan soek het in
> Angola. Stadig maar seker het haar mense uitgesterf aan die 'koors'
> [malaria] want hulle't 'n probleempie gehad. Volg hulle die groot rivier,
> het hulle volop water maar die koors looi hulle. Hou hulle weg van die
> rivier en die muskiete, dan vat die dors hulle en die diere.
> In elk geval, toe nog net sy en die Koranna oor was en haar laaste dae
> is daar, toe gaan sit sy en skryf 'n gedig neer op 'n groot plat klip wat
> haar en haar mense se lyding en eensaamheid beskryf. Blykbaar het sy dit
> met 'n haarnaald op die klip uitgekrap. Wat wonderlik is, is dat dit
> behoue gebly het vir oor die 100 jaar en in die argiewe in Windhoek is.
> Ook dat die gedig getoonset is en 'n hartseer liedjie het die lig gesien.
> Ek wonder hoe lank het sy met dié gedig in die gedagtes bly spook so
> in haar eensame trek deur 'n rowwe wêreld? Hoe lank het sy gewerk daaraan
> ? Sekerlik het dit nie op die ingewing van 'n oomblik gekom nie. Die
> uiteinde van die storie is dat sy gesterf het by die klip en dat die Koran na
> teruggestap het beskawing toe en vir latere trekkers die plek gaan wys het
> waar die klip was. Ons harde land is vol van sulke wonderlike stories!
>
Vorige onderwerp: Langnaweek?
Volgende onderwerp: Kappityt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 05:19:19 MGT 2024