Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ET se boep in die boep
ET se boep in die boep [boodskap #9166] |
Wed, 23 April 1997 00:00  |
pigf...
Boodskappe: 33 Geregistreer: July 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek sien die AWB leier, Eugene Terre'Blanche sal dalk binnekort moet sit.
Omdat hy 'n arme swart ou se harsings papgeslaan het.
En hy vertel op TV nuus, dat God die landdros moet genadig wees want dié
uitspraak sal in elke afrikaner huis weerklink. Selfs Boerestaatparty leier
Robert van Tonder waarsku dat iets "verskrikliks" gaan gebeur as "Meneer"
Terre'Blanche moet sit.
Wie dink hierdie ou is hy after all? Wie is die handjievol wat hom nog
volg?
Hoe durf hy my naam, as Afrikaner, so gat maak met sy optrede.
Vir enige iemand met 'n IK hoër as 80 is hy lagwekkend.
Net daarna sien ek hoe sing 'n klompie, een nogal 'n dominee, die Stem
terwyl Dr Verwoerd se borsbeeld voor die ou Verwoerd hospitaal in Pta
verwyder word.
As ek ooit enige simpatie vir die saak van die regse vleuel gehad het, het
dit soos water in 'n drein verdwyn danksy Terre'blance en sy militante
trawante en die wat steeds nie vir Dr Verwoerd in die verlede kan laat nie.
|
|
|
|
|
|
Re: ET se boep in die boep [boodskap #9224 is 'n antwoord op boodskap #9166] |
Sun, 27 April 1997 00:00  |
KLAASVAKIE
Boodskappe: 53 Geregistreer: October 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
vlakvark wrote in article
...
> As ET dink die hof is 'n sirkus, hoe het hulle hom laat roep
> om te verskyn? - send in the clowns - miskien.
>
> Gee vir die harlekyn nog wyn vir sy pyn.
>
> Vlakvark
>
ek sit nou net en wonder. sê nou maar hy moet tronk toe gaan vir 18 maande
of wat - dink julle hy sal dit met naastenby dieselfde waardigheid doen as
'n sekere ander politikus wat 27 jaar daar was?
---------------------------------------------oOo------------ --------------
---------------------------------
Miskien word hy dan ingesweer na 18 maande. Maak dit die voorvereiste vir
alle toekomstige Presidente. Gaan reguit tronk toe, moet nie nou die R200
optel nie, maar boeta wag net as jy uit die tronk kom word jy goed beloon.
JHV
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 18:25:56 UTC 2025
|