Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afskeidsgeskenk.
Afskeidsgeskenk. [boodskap #91883] |
Do., 01 April 2004 08:01  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Gesin, op pad uit Gauteng na hul nuwe huis en lewe in die Kaap, is toe
vir oulaas in Gauteng 'n presentjie gegee.
Die voertuig is van die pad gedwing, die vrou en dogter is weggeneem en
verkrag, die man is aangerand en geskiet, en die rowers het toe weggejaag.
Almal van die gesin leef nog.
Nou wonder ek net - was daar nie ander motoriste op daardie pad wat kon help
nie?
--
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91943 is 'n antwoord op boodskap #91923] |
Vr., 02 April 2004 07:39   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek moet saamstem, Gloudina. My familie is ook nog nie vermoor, verkrag of
gekaap nie. (Touch wood).
Oor die posstelsel kan ek maar net sê dat julle baie gelukkig is. Een op die
vyf posstukke wat ons stuur kom nie by die bestemming uit nie. Maar ja, dit
kan die blêrrie skelm Holanders ook wees... Dit kos ons baie geld, want ons
verdeel alles nou in drie, want dan weet ons (byna) seker dat twee posstukke
daar sal uitkom.
Klein crimes is egter ook volop. Ons tel nie meer die gesteelde selfone,
karradio's, wieldoppe, wiele, TV's, "smash & grab's" ens ens nie. Ons sien
dit almal as deel van die herverdeling van rykdom... Net jammer dat daar 'n
apartheidsvark agter 9 van die 10 gevalle sit...!!!
Max____________________________
"@rogers.com" wrote in message
news:siXac.15201$JO6.5646@twister01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> "Annette" wrote
>
>> Ons praat juis gisteraand rustyd daaroor - ons is 120 koorlede - en nog nie
>> een van ons is gekaap, was by 'n poging tot kaping by betrokke , of het
>> familie of vriende wat al hier gekaap is in die Kaap nie.
>
> Ja, dit is vir my so vreeslik snaaks. Ons het familielede
> in SA wat vas glo dat hulle nie pakkies moet stuur nie,
> want alles raak mos gesteel deur jy-weet-wie. En hulle
> sê dit nou al weet hulle dat nog nie een van die briewe
> met geldwissels of persente wat ons vir hulle deur die
> pos gestuur het, gesteel is nie.
> En dan is daar die ander wat weer vertel hoe gevaarlik
> dit is om rond te ry, maar hulle ry die hele wêreld vol in
> SA, en sover het nog nie een iets oorgekom nie. Ek weet
> natuurlik daar is baie slegte dinge wat aangaan in SA. So
> is daar hier in Ontario. Moord en doodslag en korrupte
> polisie en baantjies vir boeties.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91966 is 'n antwoord op boodskap #91883] |
Vr., 02 April 2004 20:54   |
Ooskus
Boodskappe: 15 Geregistreer: April 2004
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In vandag se Internet Beeld op
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1507776,00. html?kps=193
Man vas ná kaping by tolhek
Lizel Steenkamp
Die Vaal-Randse teen-kapingseenheid het 'n 38-jarige verdagte in hegtenis
geneem in verband met die kaping en verkragting vandeesweek by die
Grasmere-tolhek op die N1 van Johannesburg na Bloemfontein.
Hoewel die verdagte reeds Donderdag om 16:00 in Johannesburg aangekeer is,
het die polisie sy inhegtenisneming eers Vrydag bekend gemaak. Hy word in
die polisieselle aangehou en is Vrydag ondervra, het insp. Trudie Wilken,
polisiewoordvoerder, gesê.
Sy het bygevoeg die man gaan van roof en verkragting aangekla word. "Nog
klagte kan bygevoeg word, afhangend van die ondersoek."
'n Familie van Randburg is Woensdag om 05:00 by die Grasmere-tolhek
vermoedelik in 'n lokval gelei. Hulle was op pad na die Oos-Kaap. Een van
hulle, 'n 56-jarige man, beweer al die hekke was gesluit en hy het geen
ander keuse gehad as om deur die hek op die Ennerdale-afrit te ry nie.
Hy, sy 46-jarige vrou en haar 14-jarige broerskind is op dié brug oorval toe
hulle by 'n stopteken stilgehou het. Die vrou en kind is verkrag.
Die familie se goudkleurige Colt-bakkie is steeds soek. Speurders het
intussen met die hulp van die vrou en meisie 'n identikit saamgestel van een
van die drie verdagtes wat nog op vrye voete is.
Dié man is vermoedelik 28 jaar oud, hy het ligte gelaatstrekke en praat
Portugees en Engels. Hy is vermoedelik van Mosambiekse afkoms.
Mnr. Gustav van Tromp, 'n arbeidsregpraktisyn van Sasolburg, het Vrydag gesê
hy moet minstens een keer per week deur die Grasmere-tolhek ry en ál die
hekke is dikwels vroegoggend gesluit.
"Die ligte wys al die hekke is toe. Dan soek ek maar 'n hokkie waar ek kan
sien iemand sit en slaap en klop hulle wakker."
Hy vermy die N1-hoofweg saans weens kapers en booswigte wat klippe in die
pad pak. "Dit is eintlik onaanvaarbaar want dit is 'n tolpad waarvoor ons
betaal. Ek dink as die tolbeamptes wakker is en al die hekke is oop, sal dit
(kapings) nie sommer plaasvind nie."
Beeld het Vrydag berig Intertoll, wat Grasmere bestuur, stel ondersoek in na
die omstandighede rondom die kaping.
Mense met inligting word versoek om supt. André du Plessis, hoof van die
Vaal-Randse teen-kapingseenheid, te bel by 082 822 7675.
Henry in Pennsylvania
"Annette" skryf in boodskap news:c4gif4$gl3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 'n Gesin, op pad uit Gauteng na hul nuwe huis en lewe in die Kaap, is toe
> vir oulaas in Gauteng 'n presentjie gegee.
> Die voertuig is van die pad gedwing, die vrou en dogter is weggeneem en
> verkrag, die man is aangerand en geskiet, en die rowers het toe weggejaag.
> Almal van die gesin leef nog.
> Nou wonder ek net - was daar nie ander motoriste op daardie pad wat kon help
> nie?
> --
> Annette
>
|
|
|
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91968 is 'n antwoord op boodskap #91965] |
Vr., 02 April 2004 21:02  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Ooskus" skryf
> Maar oor die pakkies moet ek saamstem. Ek het al hoeveel pakkies gestuur met
> (dink ek) hoogs begeerlike inhoud, van klere tot boeke en rekenaaronderdele.
> Klokslag twee weke na die gepos is, is dit in die ontvanger se hande. Ook al
> baie briewe met kontantgeld daarin.
>
> Henry in Pennsylvania
Welkom terug, Henry. Jy praat van die snelheid waarmee die
pos deesdae SA bereik. Ek kan dit ook byna nie glo nie.
Baie lank gelede het dit so omtrent twee weke geneem. Toe
in die sewentigs en tagtigerjare het dit soms drie weke of
langer geneem. Nou is dit soms in SA in omtrent twaalf dae.
En ek is seker dit het niks te doen met die poswese in
Kanada nie. Hier kan 'n pakkie van Toronto na Ottawa
nog sommer maklik vier dae neem. En om pakkies na
die VSA te stuur, is afgryslik. Een kerspersent wat ek
in die middel van Desember na Kalifornië gestuur het,
het in die eerste week van Februarie aangekom ( Miskien
het dit iets te doen met na-911 se waaksaamheid op die
grense, maar eintlik glo ek dis nie dit nie.
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Vr. Apr. 18 19:23:42 UTC 2025
|