Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Verkiesingsfoefie of 1 April grap?
Verkiesingsfoefie of 1 April grap? [boodskap #91944] Vr, 02 April 2004 07:49 na volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Vanoggend op ons nuus sê hulle dat SA tussen nou en vyf jaar gratis
vigsmedisyne aan almal gaan gee. Sê die een met die dik lippe: "Ons het
genoeg medisyne op voorraad..."

Max____________________________
Re: Verkiesingsfoefie of 1 April grap? [boodskap #91947 is 'n antwoord op boodskap #91944] Vr, 02 April 2004 08:21 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Max, In die Kaap en Natal is die behandeling al 'n ruk lank aan die gang.
Gauteng het aangekondig dat hulle die behandeling gaan begin op 1 April.
Verlede week het Manto toe uit die bloute aangekondig ( dit is 'n
verkiesingsfoefie) dat die ander provinsies ook skielik van 1 April die
behandeling by klinieke sal aanbied.
Die vangpunt is dat, alhoewel daar uiteindelik by 97 punte wel behandeling
verskaf sal word, daar tans net 18 punte is wat gereed en ingerig is om die
behandeling en verspreiding te doen.
Hierdie vyfjaarplan is al in Mei 2002 met groot fanfare en volblad
kleuradvertensies aangekondig. Die behandeling sou al van November 2002
aangebied gewees het.
Toe hulle uiteindelik by die praktiese toepassing uitkom, toe word op die
ongelukkige datum van 1 April besluit.
Seker met 'n doel.
Net soos die verspotte datum wat vir die verkiesing gekies is.
--
Annette

"Max" skryf in boodskap news:406d1bfb$0$557$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Vanoggend op ons nuus sê hulle dat SA tussen nou en vyf jaar gratis
> vigsmedisyne aan almal gaan gee. Sê die een met die dik lippe: "Ons het
> genoeg medisyne op voorraad..."
>
> Max____________________________
>
Vorige onderwerp: Die medaljestorie
Volgende onderwerp: Water in die see
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jul 03 10:42:42 MGT 2024