Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » The Passion
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91848 is 'n antwoord op boodskap #91841] |
Wed, 31 March 2004 18:20   |
DiDi[1]
Boodskappe: 345 Geregistreer: October 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 31 Mar 2004 15:17:27 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> "Lou" skryf
>
>> Dus diegene wat nie glo dat Christus hulle saligmaker is sal dus nie
>> gered word nie maak nie saak hoeveel goeie dade hulle doen nie.
>> Nou antwoord jy nou vir my - op grond van jou uitgebreide kennis van
>> die Bybel - wat is verkeerd met die bostaande in terme van die
>> Christelike geloof. Jou probleem is dat jy die die Christelike geloof
>> sien as 'n kwasi Boedisme - en dit is en sal dit nooit wees nie.
>
> Lees weer die eerste paragraaf van jou wat ek hierbo aanhaal.
> En dan sal ek vir jou uitwys dat JY JOUSELF AANSTEL as
> die arbiter van wie "gered" is en wie nie "gered" is nie. En ek
> dink dis vreeslik arrogant.
>
> Gloudina
>
jy bouwer, kan nié regtig sò stupid wees as wat jy voorgee nie.
Menige keer het ek vir jou gesê wat ek weer hier sê:
Lou stel homself nie aan as enig iets nie maar stel net die Bybel
aan jou voor. Want Lou het dit nie gesê nie bouwer, maar slegs
die Bybel gekwoteer. Hy sê net wat in die Bybel geskryf is, en
jy reken dit is hy wat dit predik?
En almal hier, lag omdat jy soveel praat en niks sê nie.
My uitdaging aan jou is steeds: "Wat sê die Bybel
betreffende die bestemming van ander gelowe as
die Christelike geloof?"
Om te voorkom dat jy weer stellinge aan my toedig,
gee ek jòu die geleentheid om vir ons, met verwysings
na waar in die Bybel jy dit lees, te vertel wat die
Bybel sê van mense wat anders glo as dat
Jesus Christus, en Hy alleen, hulle saligmaker is.
Dat Hy, dié Seun (nie 'n seun, maar dié Seun) van
God is.
Die bal is in jou hande bouwertjie, en die vraag is
so op die vrou af, dat jy slegs 'n poppey van jouself
sal maak, indien jy dit maar weer probeer omseil.
Die Uwe
|
|
|
|
|
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91852 is 'n antwoord op boodskap #91845] |
Wed, 31 March 2004 18:53   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 31 Mar 2004 11:53:25 -0500, "basjan" wrote:
> Jesus het tog self gesê hy bring skeuring en tweespalt, tussen man en vrou
> ens. Sy boodskap is een van liefde en genade, maar nie een van algemene
> insluiting, onegag jou gevoel oor Hom nie...
Ja, ek onthou nou daardie gedeelte in die bybel. Basjan, was dit
Jesus wat dit gesê het, of was dit Paulus se interpretasie van wat
Jesus gepredik het? Ek kan nou self nie onthou nie, so dis nie dat ek
probeer moeilikheid soek nie, hoor. ;-)
Terloops, jy moet volgende week April 5, om 8-11 p.m. ET, Peter
Jennings se dokumentêr oor " Jesus and Paul - The Word and the
Witness " , kyk. Hier is die skakel daaroor. Dit mag dalk
interessant wees?
http://abcnews.go.com/sections/wnt/World/PJR_Paul_Jesus_subi ndex.html
|
|
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91853 is 'n antwoord op boodskap #91852] |
Wed, 31 March 2004 19:54   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> On Wed, 31 Mar 2004 11:53:25 -0500, "basjan" wrote:
>
>> Jesus het tog self gesê hy bring skeuring en tweespalt, tussen man en vrou
>> ens. Sy boodskap is een van liefde en genade, maar nie een van algemene
>> insluiting, onegag jou gevoel oor Hom nie...
>
> Ja, ek onthou nou daardie gedeelte in die bybel. Basjan, was dit
> Jesus wat dit gesê het, of was dit Paulus se interpretasie van wat
> Jesus gepredik het?
Ek het dit toe gekry. Paulus was dié keer heel onskuldig. Jammer!!
;-)
Dit was toe in Matthéus 10: 34- 36 ens.
"Moenie dink dat ek gekom het om vrede op aarde te bring nie. Ek het
nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.
Want ek het gekom om tweedrag te verwek tussen 'n man en sy vader, en
tussen 'n dogter en haar moeder, en haar skoondogter en haar
skoonmoeder.
En 'n mens se huisgenote sal vyande wees"
ens.
|
|
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91854 is 'n antwoord op boodskap #91845] |
Wed, 31 March 2004 20:28   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"basjan" skryf
Ek glo dat Jesus die enigste weg is. As jy Hom verwerp, dan is dit
> nie vir my om te sê wat op jou wag nie, maar die Bybel is nogals helder en
> duidelik daaroor. Maar helaas, daar sal sekerlik mense opduik wat die Bybel
> se bedoeling verdraai om hulle humanistiese sieninge te pas, 'n siening wat
> almal op die happy trein hemel toe sien.
Wel, jy klink kalm en logies genoeg, maar in jou geskryf
is daar te veel clichés wat vir my tussen die reëls laat lees
dat jy ook maar dink dat enigiemand, ook die Mongool
wat nooit van Jesus gehoor het nie, en nooit van Jesus
gaan hoor nie, "verdoem" is. En net daar val jou argument
plat op sy gesig. Jou eie Christelike beginsels behoort
vir jou te vertel dat daar êrens iets verkeerd is met jou
argument en jou motiewe. Verder sien ek die woord
"humanisties" in jou geskryf. Dit is 'n buzzword wat 'n
sekere soort "Christen" wat politiek speel, gebruik om
almal wat nie soos hy dink nie te veroordeel. Ek dink
jy moet jou motiewe en jou agenda ondersoek. En dit
ook op jou knieë probeer uitmaak.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91857 is 'n antwoord op boodskap #91854] |
Wed, 31 March 2004 20:58   |
DiDi[1]
Boodskappe: 345 Geregistreer: October 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 31 Mar 2004 20:28:58 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> Wel, jy klink kalm en logies genoeg, maar in jou geskryf
> is daar te veel clichés wat vir my tussen die reëls laat lees
> dat jy ook maar dink dat enigiemand, ook die Mongool
> wat nooit van Jesus gehoor het nie, en nooit van Jesus
> gaan hoor nie, "verdoem" is. En net daar val jou argument
> plat op sy gesig.
>
> Gloudina
>
ek glo dat mense geoordeel sal word na gelang van die kennis
wat hulle op aarde gehad het. Ek kan nie sien dat 'n regverdige God
iemand sal veroordeel omdat hy/sy nooit van Hom gehoor of geleer
het nie. Dit is slegs my menslike diskressie wat niks werd is nie,
maar steeds redeneer die mens in my, dat mense geoordeel sal word
in verhouding met die kennis wat hulle op aarde opgedoen het.
Jy skuld die klas 'n antwoord waarop ons al (ten minste) twee dae wag.
Almal weet wat die vraag is waarop jy nie wil antwoord nie.
DD
|
|
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91858 is 'n antwoord op boodskap #91856] |
Wed, 31 March 2004 21:11   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 31 Mar 2004 22:49:41 +0200, DD wrote:
> baie gevaarlik waarmee jy hier besig is, Katryn.
Gevaarlik?
Wat gaan met my gebeur as ek nie glo soos julle nie? Of is dit
gevaarlik om vrae te vra?
DD, ek ken die bybel net so goed, en dalk selfs beter as baie mense
wat hulleself "Chrsistene" noem. Maar vir my is dit niks meer as net
'n boek wat deur mense met politieke agendas aanmekaar geslaan is nie.
Paulus is in my opinie net 'n tipiese ou MCP, en hy het die hele
geloof wat Jesus probeer leer het aan sy disipels verdraai, en sy eie
agenda en geloofstradisies daaraan gaan koppel.
Die stories wat in die bybel vertel word is alles mites. Ek glo nie
eens daar was werklik 'n mens soos Jesus nie. Ja, ek het dit alles
geglo jare gelede, en was 'n ernstige bible thumper. Daarom onthou en
nog sekere tekste en konsepte baie goed. Maar daar is ook baie wat ek
vergeet het.
Wat my geweldig interresseer is hoe mense dink, en om te probeer
agterkom waarom hulle glo soos hulle glo. Teologie het my al van
kindsdae af interesseer. Verskillende geloofstradisies ook.
So, moet asseblief nie vir my probeer preek en vertel dat ek in die
hel gaan brand nie. Moenie eens probeer nie. ;-)
Hierdie nuusgroep is die hel. Ek bevind my dus alreeds in die hel.
Ek noem dit maar net, en ek weet jy weet dit, maar dalk is hier ander
mense wat nie weet waar ek staan nie. En ek wil nie graag mense om
die bos lei nie.
|
|
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91859 is 'n antwoord op boodskap #91856] |
Wed, 31 March 2004 21:14   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"DD" skryf
> baie gevaarlik waarmee jy hier besig is, Katryn.
> Die tipe redenasie waarmee jy alles kan bevraagteken.
> As dit 'n vertolking was, waaroor vrae sou hang, sou dit
> die in die kanonieke boeke opgeteken gewees het nie.
> Sou dit nie as deel van ons lering aangeteken gewees het nie.
Dis natuurlik net hier waar ons die kolle van die
tier begin sien. Merk op die woord "gevaarlik"
en merk op die verwysing na die "kanonieke
boeke." Wat natuurlik die hele boksemdaais
weggee. En die politiek van die saak bloot lê.
Sê vir my, du plessis, wat het al hierdie storie
van kanonieke boeke en nie-kanonieke boeke
te doen met Christus se boodskap? Ek dink
jy ken maar net baie sleg die geskiedenis van
die kerk, wat in die vroegste eeue, toe hierdie
politieke vergaderings wat besluit het wat
kanoniek was en wat nie kanoniek is, grotendeels
gereël is deur mense wat wou besluit wat die
"Christelike" dogma sou moes wees. En in
daardie dae, my liewe du plessis, het daar
baie dinge in die Christelike dogma ingesluip
wat duidelik van buite die Christelike sfeer
gekom het.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91861 is 'n antwoord op boodskap #91854] |
Wed, 31 March 2004 21:18   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 31 Mar 2004 20:28:58 GMT, "@rogers.com" wrote:
> Wel, jy klink kalm en logies genoeg, maar in jou geskryf
> is daar te veel clichés wat vir my tussen die reëls laat lees
> dat jy ook maar dink dat enigiemand, ook die Mongool
> wat nooit van Jesus gehoor het nie, en nooit van Jesus
> gaan hoor nie, "verdoem" is.
Sovêr ek weet is dit nog net die Katolieke kerk wat hieroor hulle
standpunt verander het. Die Protestante sal moeilik hulle standpunt
verander.
Ek dink dit is dalk tyd dat jy ook moet erken dat Protestante is ook
gelowiges en Christene. En dat hulle siening nou wel nie mag saamstem
met joune nie, maar dit is hulle geloof, en hulle MAG NIE anders glo
nie.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91867 is 'n antwoord op boodskap #91858] |
Wed, 31 March 2004 22:14   |
DiDi[1]
Boodskappe: 345 Geregistreer: October 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 31 Mar 2004 16:11:56 -0500, Katryn wrote:
> On Wed, 31 Mar 2004 22:49:41 +0200, DD wrote:
>
>> baie gevaarlik waarmee jy hier besig is, Katryn.
>
> Gevaarlik?
> Wat gaan met my gebeur as ek nie glo soos julle nie? Of is dit
> gevaarlik om vrae te vra?
Nee Katryn, lees wat ek gesê het in konteks, asb.
Uitgespel sou dit lees: Indien jy die Bybel sou bestudeer,
en riglyne daarvolgens wou vind, en dan die tipe vrae
soos bo sou vra, sou dit gevaarlik wees. Want dit sou dit te maklik
maak om dit flexible te maak. Jou stelling/vraag het ietwat na die van
'n student geklink.
>
> Ek noem dit maar net, en ek weet jy weet dit, maar dalk is hier ander
> mense wat nie weet waar ek staan nie. En ek wil nie graag mense om
> die bos lei nie.
Soos jy sê, is ek terdeë daarvan bewus.
Miskien sou jy dit interessant vind dat daar
nie-Christelike geskrifte bestaan waarin van
Jesus gepraat word ook.
Ek kan nie uit die vuis uit spesifiekes noem nie
maar daar is wel geskiedkundige skrifte opgespoor
waavan van hom gepraat word. Dit het ek baie interessant
gevind toe ek daarvan gelees het.
Tot later.
|
|
|
|
|
|
Re: Waar is die hemel? [boodskap #91882 is 'n antwoord op boodskap #91860] |
Thu, 01 April 2004 07:53   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ha ha ha, hie hie hie!!!! Ons het nou al die planeet wat uit een moerse
diamant bestaan gekry, nou nog bietjie verder soek, dan kry ons die een met
strate van goud...
Straks gaan ons lekker kuier vir al ons voorgeslagte, op daai ander
planeet... Dis nou as die pilare van die aarde lank genoeg staan, dat ons 'n
vinnig genoeg ruimteskip kan bou.
Ja, DD, die aarde staan op pilare, slaan maar na...
Max____________________________
"Katryn" skryf in boodskap news:71dm60ptn33tho94dbsip6p8ffr7pgrpc0@4ax.com...
> On Wed, 31 Mar 2004 22:45:32 +0200, DD wrote:
>
>> Waarom wonder as jy kan aan naslaan, Katryn?
>> Die hemel is 'n planeet soos die aarde
>
> Dit het ek nog nooit geweet nie. Rerig!! Interessant.
> Dalk ken ek nie die bybel so goed as wat ek gereken het nie.
> < Swat> DD my alweer plat op die aarde met een vinnige sweepklap.
> ;-)
>
|
|
|
Re: The Passion [boodskap #91896 is 'n antwoord op boodskap #91843] |
Thu, 01 April 2004 11:44   |
Lorinta Zonia
Boodskappe: 164 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> "Lou" skryf
>
> My punt is dat niemand
>> - dis reg geen een, nobody, no-one by die Vader kom behalwe deur Jesus
>> nie en dan moet hy glo dat sy sondes deur Jesus se opofferings vergewe
>> word.
>
> Jou punt is dat 'n Mongool in Mongolia, wat nog nooit van
> die historiese Christus gehoor het of sal hoor nie, dus gedoem
> is om vir ewig "ongered" te bly. ( Ek noem hierdie soort
> gepraat pure rassisme, want jy wil uitspel dat daardie Mongool
> eers gered gaan word as mense met "jou" "Christelike" boodskap
> hulle bykom.)
Die feit bly - in terme van die Bybel sal slegs mense gered word wat
in Christus glo. My punt is dat solank daardie Mongool, al het hy nog[/color]
> nooit en sal hy nooit van die historiese Christus hoor nie,
> maar hy volg die pad wat deur Christus uitgespel is,
> "gered" word deur die boodskap wat Christus vir ons
> gebring het.
En ek stem nie saam nie - sien bostaande.
> Ek, liewe Lou, glo dus eintlik baie meer intens in die
> boodskap van Christus as wat jy doen, dink ek. Want
> jy verdoem en veroordeel, iets wat Christus teen gepreek
> het. Enigiemand, Lou, enigiemand wat Christus se leer
> navolg, word gered. Ook die Mongool op die steppes.
Jy glo in jou interpretasie wat die boodskap van Jesus was - ek in
myne - hopelik sien ons mekaar daarbo - ek sal jou kom opsoek :)
|
|
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91904 is 'n antwoord op boodskap #91854] |
Thu, 01 April 2004 13:09   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
news:eSFac.2196$86a.1081@news04.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "basjan" skryf
>
> Ek glo dat Jesus die enigste weg is. As jy Hom verwerp, dan is dit
>> nie vir my om te sê wat op jou wag nie, maar die Bybel is nogals helder en
>> duidelik daaroor. Maar helaas, daar sal sekerlik mense opduik wat die Bybel
>> se bedoeling verdraai om hulle humanistiese sieninge te pas, 'n siening wat
>> almal op die happy trein hemel toe sien.
>
> Wel, jy klink kalm en logies genoeg, maar in jou geskryf
> is daar te veel clichés wat vir my tussen die reëls laat lees
> dat jy ook maar dink dat enigiemand, ook die Mongool
> wat nooit van Jesus gehoor het nie, en nooit van Jesus
> gaan hoor nie, "verdoem" is.
Dis nou net hier waar jy die (my) pot heeltemal mis. Ek besoek gereeld 'n
ander nuusgroep (rec.bicycles.tech) en het daar gou geleer dat jy versigtig
moet wees "om tussen die lyne te lees" (die Amerikaners op die groep is baie
sensitief dat jy bedoelinge in hulle poste inlees). Jy kan nie met epos en
internet te veel aannames oor ander se stellings maak nie, jy moet dit woord
vir woord opneem. Intonansie en bedoeling kan nie tussen die lyne
geinterpreteer word nie. Anders kan ek mos jou skrywe omgooi soos ek wil en
sê ek "lees tussen die lyne" dat jy graag ander wil omkrap, lief is om die
rondte te dink oor dinge, nie WIL verstaan dat ek glo wat ek glo sonder om
te oordeel nie, en dat jy seker nou net jou laaste sakkie Rooibos opgebruik
het en daarom my woorde wil draai? Ek kan mos nie al die goed aanneem oor
iemand wat ek glad nie ken of voor my sien nie, maar wie se swart en wit
letters ek voor my het?
Gaan lees gerus onder in die "thread" my presiese woorde:
"En ek weet ook nie hoe om te antwoord wat God sal doen as iemand wat nie 'n
Christen is nie sterf, sonder dat hy van Jesus gehoor het. Wat ek wel glo
is dat God regverdig, oneindig wys, en liefde is. So ek laat dit by Hom.
Maar ek glo ek moet my kant skoonhou en vashou aan dit wat ek van oortuig is
deur sy Gees en dit glo..."
Ek stem saam met die stelling/vraag: "Wie is ons as mense om te oordeel?"
Ek wil nie en voel nie ek hoef oor sulke taai tameletjies te worry soos wat
gebeur met die klein seuntjie in die reënwoud wat nog nooit van Jesus gehoor
het nie. Al wat ek doen is glo aan dit waarvan ek oortuig is deur God se
Gees. En ek glo dat Jesus die enigste weg is, maw, as jy Hom verwerp, dan
glo ek jy is "ongered", ek glo dis Bybels en nie my eie interpretasie nie.
Maar ek glo ook God is regtig oneindig wys en genadig, so wie is ek om te sê
jy en jy en jy gaan hel toe as jy nog nooit van Jesus gehoor het nie, of
selfs as jy al van Jesus gehoor het (ek kan dit dalk glo, maar ek mag nie
verdoem nie). Dis nie my plek nie. Maar hierin lê die Catch 22, ek moet
voluit in my geloof lewe, en my geloof is dat Jesus die weg is.
Op die ou end kan mens oor baie dinge van godsdiens nie redeneer nie, ek kan
bloot stel wat ek glo. Is dit logies dat die God wat ek glo God van alles
is en wat alles gemaak het 'n mens sal word wat gemartel, gespot en vermoor
sal word deur sy eie skepping? Nee. Maar ek GLO dit. Godsdiens is nie 'n
wetenskap nie, dit is geloofskap, gebaseer op geloof. Nie wetenskap nie.
So op die ou einde luister ek graag na ander se menings, maar dis wat ek wil
doen: Luister en dink dat dit interessant is dat ander mense so kan "GLO".
Maar om te debateer of die Bybel regtig God-geinspireerd is of nie, of dit
regtig Jesus se woorde is of nie, dit is jou mening en my mening, jou
oortuiging en my oortuiging (lees "GLO") - hoe kan ons oor geloof debatteer?
Ons kan daaroor gesels. En dit is 'n goeie ding.
Basjan
|
|
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91905 is 'n antwoord op boodskap #91871] |
Thu, 01 April 2004 13:38   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:tcpm601et9kfjvavui8inh0k5oa8hna8ib@4ax.com...
> On Wed, 31 Mar 2004 19:01:15 -0500, "basjan" wrote:
>
>> Waar is "bo" en waar is "onder", Katryn? Is dit wat jy sien regtig daar?
>> Hoekom bestaan ons? Ensovoorts...
>
> Ja nee - hoe verduidelik mens nou so iets aan 'n "hokie" ? tergende glimlag>
> Hoe lank is jy al by VT, Basjan?
> So gepraat van jou staat - nou die aand vertel Jay Leno dat Osama toe
> daar in die hemel opdaag, en hy word rondgeskop en uitgeskel vir 'n
> vale deur 'n spul mans. Verontwaardig vra hy toe waar sy 70 (of
> hoeveel ookal) virgins dan is. Nee, sê wie ookal in beheer - jy het
> verkeerd verstaan, daar was geskryf 70 Virginians!!
> Skuus as dit onsmaaklik was vir iemand. Dit was vir my nogal snaaks.
Nou al 6 jaar hier aan die swot! Geniet Blacksburg vreeslik baie, maar mis
die huis. As alles goed gaan, gaan ons einde van die jaar vir 'n jaar of
twee in België werk en dan DV Stellenbosch toe. Tyd moetmaar leer. Waar op
aarde bevind jy jouself?
Basjan
|
|
|
|
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91920 is 'n antwoord op boodskap #91904] |
Thu, 01 April 2004 14:59   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"basjan" skryf
Al wat ek doen is glo aan dit waarvan ek oortuig is deur God se
> Gees. En ek glo dat Jesus die enigste weg is, maw, as jy Hom verwerp, dan
> glo ek jy is "ongered", ek glo dis Bybels en nie my eie interpretasie nie. Maar hierin lê die Catch 22, ek moet
> voluit in my geloof lewe, en my geloof is dat Jesus die weg is.
Natuurlik. Alles wat jy sê vanuit jou konteks is reg.
Jy móét voluit in jou geloof lewe. So moet die Buddhis
en Mohammedaan en Noord-Amerikaanse eerste nasie.
Dis wanneer "Christene" begin om te sê "jy moet in ons
konteks glo; alle ander kontekse is uit die bose en as jy
nie soos ons glo nie, kan jy nie gered word nie ", dat die
moeilikheid begin. En die moeilikheid begin nie soseer
vir daardie mense wat nie jou konteks het nie. Die
moeilikheid begin vir jouself. Want jy begin wegkyk van
die boodskap van jou konteks en kyk na die reg of
verkeerd van jou konteks. Solank die Christen se oë
gerig is op die boodskap van Christus, dus die weg
van Christus, sal hy nóóit hoef vir homself te
bekommer of hy reg of verkeerd is nie. Dis wat ons
sien in Moeder Theresa se lewe. Mense wat by haar
orde aansluit kom uit alle gelowe en nasies en stande.
Hulle doen wat Jesus vir hulle gevra het om te doen.
En dit is die weg.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91927 is 'n antwoord op boodskap #91916] |
Thu, 01 April 2004 16:31   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
news:IYVac.14600$JO6.9607@twister01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
> Jy gooi die sarkasme
> ook sommer maar goed, nê? Wat laat jou dink dat
> ek vererg is as ek my laaste rooibostee-sakkie opgebruik
> het? Ek kan dit baie maklik optel vyf minute van ons
> af deesdae.
> Mag ek jou egter gelukwens op jou goeie Afrikaans,
> en dit na baie jare in die VSA. As mens jou Afrikaans
> vergelyk met dié van sommige van die nuusgroep wat
> dag na dag in SA sit, dan wonder mens darem.
Die sarkasme is ligtelik bedoel, nie aanvallend nie, maar ek sien dis
ligtelik opgeneem! Ek struikel oor baie kuberruimte-aannames wat
verkeerdelik gemaak word. Dis 'n groot kuns om sinvol te kommunikeer oor
die web, met epos en al die tegnologie gaan baie "persoonlikheid" by ons
verby.
Oor die afrikaans, baie dankie, dis regtig ongelooflik hoe gou mens stagneer
na jare van 'n ander taal praat. Ek en my vrou praat Afrikaans in die huis,
maar buite is dit natuurlik net Engels. Ek dink ons het verarm in ons
Afrikaanse gebruik, met nuwe woorde en gesegdes wat gereeld in SA opduik.
Ek hoop dat Afrikaans sterk sal voortleef!
Basjan
|
|
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91930 is 'n antwoord op boodskap #91848] |
Thu, 01 April 2004 19:46   |
Lorinta Zonia
Boodskappe: 164 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
DD skryf in boodskap news:...
> On Wed, 31 Mar 2004 15:17:27 GMT, "@rogers.com"
> wrote:
>
>>
>> "Gloudina skryf
>> Lees weer die eerste paragraaf van jou wat ek hierbo aanhaal.
>> En dan sal ek vir jou uitwys dat JY JOUSELF AANSTEL as
>> die arbiter van wie "gered" is en wie nie "gered" is nie. En ek
>> dink dis vreeslik arrogant.
>>
>> Gloudina
>>
>
>
> jy bouwer, kan nié regtig sò stupid wees as wat jy voorgee nie.
> Menige keer het ek vir jou gesê wat ek weer hier sê:
> Lou stel homself nie aan as enig iets nie maar stel net die Bybel
> aan jou voor. Want Lou het dit nie gesê nie bouwer, maar slegs
> die Bybel gekwoteer. Hy sê net wat in die Bybel geskryf is, en
> jy reken dit is hy wat dit predik?
>
> En almal hier, lag omdat jy soveel praat en niks sê nie.
> My uitdaging aan jou is steeds: "Wat sê die Bybel
> betreffende die bestemming van ander gelowe as
> die Christelike geloof?"
>
> Die bal is in jou hande bouwertjie, en die vraag is
> so op die vrou af, dat jy slegs 'n poppey van jouself
> sal maak, indien jy dit maar weer probeer omseil.
>
>
> Die Uwe
DD - moet net nie jou asem ophou nie. Sommige mense 'wink wink nudge
nudge' voel vreeslik skuldig oordat hulle in iets anders glo as wat
hulle aan ma se knieg geleer het - en nou probeer hulle die nuwe
geloof rigting regverdig deur hulle vorige godsdienstige opvating te
buig totdat die twee dieselfde lyk - in hulle oe altans.
Anti sallie vir jou luister 'ie - dit sal beteken sy moet 'n vaste
standpunt inneem en dit kan haar geloofs fondament laat inplode.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91964 is 'n antwoord op boodskap #91962] |
Fri, 02 April 2004 20:48   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Davie Davis" skryf
> bouwer, ek minag jou antwoord.
> Volgens jou antwoord moet mens net
> in ag neem dít waar geskryf staan:
> 'en Jesus het gesê:'
> Gaan lees weer jou antwoord.
> Daarvolgens moet mens wat enig iemand anders
> namens Jesus gesê het, ignoreer.
> Vir ingeval jy my nie met die inleiding van die gesprek
> mooi gehoor het nie, : ek verwerp wat jy sê, met die
> minagting wat dit verdien.'
Ja, du plessis, lees maar mooi wat jy hier bo
geskryf het. En sien hoe jou ware kleure
deurkom.
Jy, du plessis, gebruik "die bybel" en jou
sogenaamde Christen-wees om politiek
mee te speel. Daar is 'n hele klomp
sogenaamde Christene in die VSA (en
seker ook in Kanada) wat politiek speel
met die naam van Jesus. Mense soos Jerry
Falwell en Jimmy Swaggart. Gewoonlik
is hulle liggaamlik te vet. Hulle sit daar op
hulle vet agterente en veroordeel en veroor-
deel, en as hulle die slag gevang word in
'n agterbaksheid, dan sien mens eers die
ware Jakob. Soos Jerry Falwell wat maar
net Jim Bakker se empire wou oorneem.
En jy is reg, du plessis, ek dink mens moet
net dit wat Jesus gesê het, ernstig opneem.
Dit alleen, du plessis, sal jou vir jou hele
lewe besighou. Dit, du plessis, sal vir jou
arm van gees hou, en dit, du plessis, sal
vir jou die koninkryk van God laat be-erwe.
Selfs die Dalai Lama dink so.
Gloudina
|
|
|
|
Bladsye (4): [ 3 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:52:43 UTC 2025
|