Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Spoorsnyer sterf
Spoorsnyer sterf [boodskap #91921] Do, 01 April 2004 15:16 na volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Uit Beeld.

------------------------------------------------------------ --------------

31/03/2004 22:15 - (SA)


Meester van spoorsny sien sy dood in 'n wolk
Charles Smith


Die meesterspoorsnyer Vet Piet Kruiper (63) van die Kalahari het die
teken van sy dood in 'n wolk gesien toe hy in die veld geslaap het. Hy
het dié teken vir haar met 'n stok in die sand geteken - dit was 'n
doodskis, sê sy vrou, Fytjie.

Vet Piet (sy naam is Karel Kruiper, maar is as Karel Kleinman
geregistreer) is Maandag dood in 'n botsing by die
Witdraai-polisiekantoor voor die Kgalagadi-oorgrenspark, waar hy van
sy geboorte gewoon het.

Sy droom was om 'n Nissan Skyline te hê. Dit is in dié Skyline dat hy
dood is. 'n Band het vermoedelik gebars en hy het teen 'n motor met
mense van Rietfontein in gebots.

Agt mense, onder wie twee kinders, is in die ongeluk dood.

Vet Piet, lid van die !Khomani-San, was amptelik een van net drie
meesterspoorsnyers in Suid-Afrika, volgens mnr. Louis Liebenberg,
spoorsnykenner, se gradering.

Mense van oor die wêreld het die Kalahari en die Kgalagadi-park soms
besoek om sy kennis en stories oor die diere en veld te sien en te
hoor.

Vet Piet het in 1996 as senior veldwagter afgetree, maar het onlangs
die eerste, private begeleide staptoer vir 'n safari-onderneming
aangebied.

Fytjie, sy vrou, sê: "Nou is alles weg, maar ons hoop die Here sal ons
nie alleen los nie en iemand vooruit stuur om sy spore te wys." Haar
man was al een wat 'n leeu by Matamata wat aan 'n ketting vas was, kon
hanteer.

"Hy het hom Bontoe genoem en met hom gespeel en gevrywe soos 'n hond.
Dan lê die leeu en brom. Hy het 'n slag met diere gehad, die leeu het
sy hande gelek. Selfs die bobbejaan wat skape opgepas het, het op en
af gespring as hy Piet sien."

"Daai man het van sy dood geweet. Hy het een aand in die veld geslaap.
Hy sien 'n wit kissie, spierwit, in die lug. Hy het vir my dit op die
grond geteken, dit was 'n kis. Hy het gesê: 'Vrou, ek het 'n teken
gesien...' Hy het sy eie spore gelees, ja."
Re: Spoorsnyer sterf [boodskap #91935 is 'n antwoord op boodskap #91921] Vr, 02 April 2004 05:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hmmm! Ver weg van die politiek en ander stront is daar nog mense soos dié
wat nog rêrig mens is en in sy eie wêreld 'n groot verskil maak. Die van
julle wat werklik die Kalari [regte spelling Kalahari!] ken, sal weet dat hy
vol van die tipe mense is. Van alle kleure en geure. Mense wat onder
uiters moeilike toestande 'n bestaan maak en wat elke dingetjie wat na hulle
kant toe kom, vreeslik waardeer want die bonusse is ver en wyd uit mekaar.
Dit is natuurlik ook so dat die moderne lewe stadig besig is om al nader te
kruip en dié spesiale bestanddeel met die tyd verdwyn..... Hulle behoort
'n monument vir Vet Piet in die Gemsbokpark te bou!
Ken julle van die Gemsbokpark? Dit het nie die moerse
diereverskeidenheid van die Krugerwildtuin nie, maar dan is dit ook nie 'n
zoo op steroids soos die Kruger nie! Dit het van die grootste
verskeidenheid groot roofvoëls in die land en fotogenies kom hy tweede slegs
na Etosha. Hy bly egter lekkerder as die Etosha.
.....en, as jy soontoe wil gaan, ry tog met 'n Toyota want ander karre
se parte val af op die rowwe grondpaaie doer oor Van Zijlsrus uit Kamanjab
en Hotazel [Hottershel!] se rigting. Sjit, hoe lus is ek nou vir 'n
trippie en fotosneem!

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:ngco60toht7ufnfl1onp3ss97v4i3i17v0@4ax.com...
>
> Uit Beeld.
>
> ------------------------------------------------------------ --------------
>
>
> 31/03/2004 22:15 - (SA)
>
>
> Meester van spoorsny sien sy dood in 'n wolk
> Charles Smith
>
>
> Die meesterspoorsnyer Vet Piet Kruiper (63) van die Kalahari het die
> teken van sy dood in 'n wolk gesien toe hy in die veld geslaap het. Hy
> het dié teken vir haar met 'n stok in die sand geteken - dit was 'n
> doodskis, sê sy vrou, Fytjie.
>
> Vet Piet (sy naam is Karel Kruiper, maar is as Karel Kleinman
> geregistreer) is Maandag dood in 'n botsing by die
> Witdraai-polisiekantoor voor die Kgalagadi-oorgrenspark, waar hy van
> sy geboorte gewoon het.
>
> Sy droom was om 'n Nissan Skyline te hê. Dit is in dié Skyline dat hy
> dood is. 'n Band het vermoedelik gebars en hy het teen 'n motor met
> mense van Rietfontein in gebots.
>
> Agt mense, onder wie twee kinders, is in die ongeluk dood.
>
> Vet Piet, lid van die !Khomani-San, was amptelik een van net drie
> meesterspoorsnyers in Suid-Afrika, volgens mnr. Louis Liebenberg,
> spoorsnykenner, se gradering.
>
> Mense van oor die wêreld het die Kalahari en die Kgalagadi-park soms
> besoek om sy kennis en stories oor die diere en veld te sien en te
> hoor.
>
> Vet Piet het in 1996 as senior veldwagter afgetree, maar het onlangs
> die eerste, private begeleide staptoer vir 'n safari-onderneming
> aangebied.
>
> Fytjie, sy vrou, sê: "Nou is alles weg, maar ons hoop die Here sal ons
> nie alleen los nie en iemand vooruit stuur om sy spore te wys." Haar
> man was al een wat 'n leeu by Matamata wat aan 'n ketting vas was, kon
> hanteer.
>
> "Hy het hom Bontoe genoem en met hom gespeel en gevrywe soos 'n hond.
> Dan lê die leeu en brom. Hy het 'n slag met diere gehad, die leeu het
> sy hande gelek. Selfs die bobbejaan wat skape opgepas het, het op en
> af gespring as hy Piet sien."
>
> "Daai man het van sy dood geweet. Hy het een aand in die veld geslaap.
> Hy sien 'n wit kissie, spierwit, in die lug. Hy het vir my dit op die
> grond geteken, dit was 'n kis. Hy het gesê: 'Vrou, ek het 'n teken
> gesien...' Hy het sy eie spore gelees, ja."
>
Re: Spoorsnyer sterf [boodskap #91936 is 'n antwoord op boodskap #91935] Vr, 02 April 2004 06:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vet Piet behoort 'n monument te kry.
--
Annette

> Hmmm! Ver weg van die politiek en ander stront is daar nog mense soos di�
> wat nog rêrig mens is en in sy eie wêreld 'n groot verskil maak. Die van
> julle wat werklik die Kalari [regte spelling Kalahari!] ken, sal weet dat hy
> vol van die tipe mense is. Van alle kleure en geure. Mense wat onder
> uiters moeilike toestande 'n bestaan maak en wat elke dingetjie wat na hulle
> kant toe kom, vreeslik waardeer want die bonusse is ver en wyd uit mekaar.
> Dit is natuurlik ook so dat die moderne lewe stadig besig is om al nader te
> kruip en dié spesiale bestanddeel met die tyd verdwyn..... Hulle behoort
> 'n monument vir Vet Piet in die Gemsbokpark te bou!
> Ken julle van die Gemsbokpark? Dit het nie die moerse
> diereverskeidenheid van die Krugerwildtuin nie, maar dan is dit ook nie 'n
> zoo op steroids soos die Kruger nie! Dit het van die grootste
> verskeidenheid groot roofvoëls in die land en fotogenies kom hy tweede slegs
> na Etosha. Hy bly egter lekkerder as die Etosha.
> .....en, as jy soontoe wil gaan, ry tog met 'n Toyota want ander karre
> se parte val af op die rowwe grondpaaie doer oor Van Zijlsrus uit Kamanjab
> en Hotazel [Hottershel!] se rigting. Sjit, hoe lus is ek nou vir 'n
> trippie en fotosneem!
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:ngco60toht7ufnfl1onp3ss97v4i3i17v0@4ax.com...
>>
>> Uit Beeld.
>>
>
> ------------------------------------------------------------ --------------
>>
>>
>> 31/03/2004 22:15 - (SA)
>>
>>
>> Meester van spoorsny sien sy dood in 'n wolk
>> Charles Smith
>>
>>
>> Die meesterspoorsnyer Vet Piet Kruiper (63) van die Kalahari het die
>> teken van sy dood in 'n wolk gesien toe hy in die veld geslaap het. Hy
>> het dié teken vir haar met 'n stok in die sand geteken - dit was 'n
>> doodskis, sê sy vrou, Fytjie.
>>
>> Vet Piet (sy naam is Karel Kruiper, maar is as Karel Kleinman
>> geregistreer) is Maandag dood in 'n botsing by die
>> Witdraai-polisiekantoor voor die Kgalagadi-oorgrenspark, waar hy van
>> sy geboorte gewoon het.
>>
>> Sy droom was om 'n Nissan Skyline te hê. Dit is in dié Skyline dat hy
>> dood is. 'n Band het vermoedelik gebars en hy het teen 'n motor met
>> mense van Rietfontein in gebots.
>>
>> Agt mense, onder wie twee kinders, is in die ongeluk dood.
>>
>> Vet Piet, lid van die !Khomani-San, was amptelik een van net drie
>> meesterspoorsnyers in Suid-Afrika, volgens mnr. Louis Liebenberg,
>> spoorsnykenner, se gradering.
>>
>> Mense van oor die wêreld het die Kalahari en die Kgalagadi-park soms
>> besoek om sy kennis en stories oor die diere en veld te sien en te
>> hoor.
>>
>> Vet Piet het in 1996 as senior veldwagter afgetree, maar het onlangs
>> die eerste, private begeleide staptoer vir 'n safari-onderneming
>> aangebied.
>>
>> Fytjie, sy vrou, sê: "Nou is alles weg, maar ons hoop die Here sal ons
>> nie alleen los nie en iemand vooruit stuur om sy spore te wys." Haar
>> man was al een wat 'n leeu by Matamata wat aan 'n ketting vas was, kon
>> hanteer.
>>
>> "Hy het hom Bontoe genoem en met hom gespeel en gevrywe soos 'n hond.
>> Dan lê die leeu en brom. Hy het 'n slag met diere gehad, die leeu het
>> sy hande gelek. Selfs die bobbejaan wat skape opgepas het, het op en
>> af gespring as hy Piet sien."
>>
>> "Daai man het van sy dood geweet. Hy het een aand in die veld geslaap.
>> Hy sien 'n wit kissie, spierwit, in die lug. Hy het vir my dit op die
>> grond geteken, dit was 'n kis. Hy het gesê: 'Vrou, ek het 'n teken
>> gesien...' Hy het sy eie spore gelees, ja."
>>
>
Re: Spoorsnyer sterf [boodskap #91950 is 'n antwoord op boodskap #91936] Vr, 02 April 2004 09:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette - weereens een van daai "sieners". (Hy is natuurlik oorlede pas voor
hy die July-wenner geidentifiseer het - 2004 se wenner natuurlik.)
Re: Spoorsnyer sterf [boodskap #91951 is 'n antwoord op boodskap #91950] Vr, 02 April 2004 10:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Het julle gisteraand op KykNet die storie gesien oor die spooklegendes van
SA? Nogal interessant!

"Jonas" skryf in boodskap news:c4jctl$680$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Annette - weereens een van daai "sieners". (Hy is natuurlik oorlede pas voor
> hy die July-wenner geidentifiseer het - 2004 se wenner natuurlik.)
>
Re: Spoorsnyer sterf [boodskap #91953 is 'n antwoord op boodskap #91950] Vr, 02 April 2004 12:16 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ontspan Jonas - ek het Woensdagmiddag die wenner van die Met "gesien" -
ongelukkig is daar nie een jokkie wat die wenner se klere dra nie;))
--
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:c4jctl$680$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Annette - weereens een van daai "sieners". (Hy is natuurlik oorlede pas voor
> hy die July-wenner geidentifiseer het - 2004 se wenner natuurlik.)
>
Vorige onderwerp: Water in die see
Volgende onderwerp: TJ Weet jy iets hiervan?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 07:19:21 MGT 2024