Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » The Passion
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91743 is 'n antwoord op boodskap #91741] |
Sun, 28 March 2004 22:35   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 29 Mar 2004 00:20:43 +0200, "Elaine" wrote:
> Ja, die woord verdraagsaam en verdraagsaamheid kom redelik baie in die Bybel
> voor, bv. Kolossense 3:12 "Julle is die uitverkore volk van God wat hy baie
> lief het, daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en
> verdraagsaam wees". Verdraagsaamheid word ook gebruik in Korintiërs,
> Romeine, en Timoteus, en al die verse handel daaroor dat jy as Christen
> verdraagsaam moet wees.
Elaine, ek antwoord nou net so vinnig vinnig, want ek moet nou gaan
kosmaak. ;-) Dankie vir jou antwoord.
Ek het so vinnig na daar Kolossense verwysing gaan kyk, en dit is
duidelik dat daar gepraat word van en met Christene - die
uitverkorenes. Ek verstaan dit dat die Christene moet verdraagsaam
teenoor mekaar wees. En nerens sien ek dat daar gesê word om
verdraagsaam te wees teenoor ander wat nie van dieselfde geloof is
nie. Maar ek staan weereens onder korreksie, en probeer nie voorgee
om beter te weet nie.
Sal jy omgee vir vir my die ander verwysings at jy genoem het ook te
gee? Ek sal graag wil sien of dit dieselfde trant volg.
|
|
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91744 is 'n antwoord op boodskap #91741] |
Sun, 28 March 2004 22:49   |
DiDi[1]
Boodskappe: 345 Geregistreer: October 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 29 Mar 2004 00:20:43 +0200, "Elaine" wrote:
> Moenie jouself vaskyk teen een vers in die Bybel nie, neem die hele Bybel in
> konteks. Op die einde van die dag is die Bybel 'n soort "handleiding" vir
> Christene, jy moet nie in of aan Die Bybel glo nie, dis net 'n boek met
> woorde. Woorde en boeke gaan jou nie in die Hemel bring nie :)).
So. 'n motorwerktuigkundige moet nie sy handboek lees nie,
soos die student in die regte ook nie sy handboek moet lees nie.
Want dit is slegs boeke met woorde. Woorde en boeke wat hom
nie deur die eksamen gaan bring nie. Wonder wat op aarde dit op
sy rak doen?
>
> Neem jy die bybel letterlik woord vir woord as die Woord van
>> God, of glo jy aan die "gees" van die Woord. Eerder die spirituele
>> siening of persoonlike interpretasie van wat jy dink of wat jy glo,
>> afhangende van wat jou gelukkig en gemaklik laat voel.
>> Want die woord toleransie of enige vorm daarvan, bestaan heel
>> waarskynlik nie in die bybel nie - inteendeel. (Sien, ek oordeel nie,
>> maar sê dit met die grootste liefde en verdraagsaamheid)
>> ;-)
>
Elaine, gaan lees bietjie die stuk wat Ellie geskryf het nà Tony Blair
dit gekwoteer het.
"You have your truth; I have mine."
'But this is nonsense.'
Gaan lees Elaine, wat hy van wette van die natuur sê.
Wanneer hy swaartekrag as voorbeeld gebruik.
En dink daaraan wanneer jy sê:
>> Eerder die spirituele siening of persoonlike interpretasie van wat jy dink of wat jy glo,
>> afhangende van wat jou gelukkig en gemaklik laat voel.
Een van jou blonde nagte Elaine:-)
DD
|
|
|
Re: The Passion [boodskap #91745 is 'n antwoord op boodskap #91737] |
Sun, 28 March 2004 22:49   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Ellie" skryf
> interessant, veral hierdie siening van C.S. Lewis
>
> C.S. Lewis says Jesus' claim to be equal with deity leaves us only one other
> choice:
>
> You must make your choice. Either this man was, and is, the Son of God: or
> else a madman or something worse. You can shut Him up for a fool, you can
> spit at Him and kill Him as a demon; or you can fall at His feet and call
> Him Lord and God. But let us not come with any patronising nonsense about
> His being a great human teacher. He has not left that open to us.
Ons almal is natuurlik, volgens die bybel, kinders van
God. Erens in die NT sê Christus "julle sal groter dinge
doen as wat ek doen." Om dus te praat of Christus nou
hierdie soort superman was, is om, glo ek, die hele
leer wat Christus wou predik, mis te verstaan. Ek glo
dat die leer van Christus met opset misverstaan word
deur mense wat nie wil toegee dat Christus presies
bedoel het wat hy gesê het nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91746 is 'n antwoord op boodskap #91744] |
Sun, 28 March 2004 22:58   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"DD" wrote:
> So. 'n motorwerktuigkundige moet nie sy handboek lees nie,
> soos die student in die regte ook nie sy handboek moet lees nie.
> Want dit is slegs boeke met woorde. Woorde en boeke wat hom
> nie deur die eksamen gaan bring nie. Wonder wat op aarde dit op
> sy rak doen?
Nee, dis nie wat ek gesê het nie, jy moet ook leer om tussen die woorde te
lees en vir jouself te dink. Dis 'n handleiding, maar 'n handleiding gaan
jou niks help as jy nie kommin sense het om vir jouself uit te figure hoe 'n
ding werk nie. Die Bybel gaan jou nie in die hemel bring nie, die kerk ook
nie. Alleen geloof in God kan jou daar bring.
>> Neem jy die bybel letterlik woord vir woord as die Woord van
>>> God, of glo jy aan die "gees" van die Woord. Eerder die spirituele
>>> siening of persoonlike interpretasie van wat jy dink of wat jy glo,
>>> afhangende van wat jou gelukkig en gemaklik laat voel.
>>> Want die woord toleransie of enige vorm daarvan, bestaan heel
>>> waarskynlik nie in die bybel nie - inteendeel. (Sien, ek oordeel nie,
>>> maar sê dit met die grootste liefde en verdraagsaamheid)
>>> ;-)
>>
Dit was ook Katryntjie gewees
> Elaine, gaan lees bietjie die stuk wat Ellie geskryf het ná Tony Blair
> dit gekwoteer het.
>
> "You have your truth; I have mine."
>
> 'But this is nonsense.' -------------------------------
> Gaan lees Elaine, wat hy van wette van die natuur sê.
> Wanneer hy swaartekrag as voorbeeld gebruik.
> En dink daaraan wanneer jy sê:
>>> Eerder die spirituele siening of persoonlike interpretasie van wat jy dink of wat jy glo,
>>> afhangende van wat jou gelukkig en gemaklik laat voel.
Ek het nie dit gesê nie - dit was Katryn se woord :))
> Een van jou blonde nagte Elaine:-)
>
> DD
>
|
|
|
|
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91749 is 'n antwoord op boodskap #91743] |
Sun, 28 March 2004 23:21   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ja, uit die aard van die saak gaan dit op die "uitverkorenes" gemik wees
want dis immers 'n boek wat vir Christene geskryf is.
Die vers mik nie daarop dat ons net verdraagsaam teenoor mede-christene moet
wees nie, maar ook met ander wat nie christene is nie (dis hoe ek dit sien).
Die woord "verdra" kom ook 'n hele paar kere in die Bybel voor, maar omdat
dit verskillende betekenisse het, sluit ek dit nie hierby in nie, want
anders sit ek tot more en Bybelverse skryf :)).
Die ander verse
1 Timoteus1:15-17 (om dit in konteks te hou)
15. Dit is 'n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word:
Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is
ek die grootste.
16. Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, as
die grootste sondaar, al sy verdraagsaamheid sou betoon en ek 'n voorbeeld
kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die ewige lewe te
verkry.
17. Aan Hom wat vir ewig Koning is, die onverganklike, onsienlike,
enigste God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid!
Amen.
1 Korintiërs 13:4-7
4.Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie
jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,
5. handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word
nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,
6. is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die
waarheid.
7. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
2 Korintiërs 6:3-6 (om dit in konteks te hou)
"3. Ons wil nie hê dat daar met ons bediening fout gevind word nie. Daarom
gee ons ook niemand aanleiding tot aanstoot nie,
4. maar in alles laat ons ons ken as dienaars van God. Dit doen ons met
baie geduld in verdrukking, ontbering en nood.
5. Ons is geslaan, in die tronk gegooi en het in oproere beland; ons het
swaar gewerk, nagte sonder slaap deurgemaak en honger gely.
6. Ons het onberispelik opgetree, met begrip, met verdraagsaamheid en
vriendelikheid. Dit alles het ons gedoen deur die Heilige Gees, deur
opregte liefde,
7. deur die woord van die waarheid en deur die krag van God. Ons wapen
vir aanval en verdediging is om die wil van God te doen."
Romeine 2:1-4 (in konteks)
1. Daarom is daar vir jou geen verontskuldiging nie, vir jou, mens wat 'n
ander veroordeel, wie jy ook al is. Deurdat jy oor 'n ander 'n oordeel
uitspreek, veroordeel jy jouself, want jy wat veroordeel, doen dieselfde
dinge.
2. Ons weet dat God regverdig handel wanneer Hy mense wat sulke dinge
doen, veroordeel.
3. Maar jy, mens, wat ander veroordeel wat sulke dinge doen, en jy doen
dit self, verbeel jy jou dat jy aan die oordeel van God sal ontkom?
4. God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou
niks nie? Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei
nie?
Romeine 3:25.26
Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening
bewerk het vir die wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy vryspraak
behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik
ongestraf laat bly het, vergewe. Maar Hy het ook getoon wat sy vryspraak
in die teenswoordige tyd behels: Hy oordeel regverdig deurdat Hy elkeen
vryspreek wat in Jesus glo.
----------------------------------------------
E
"Katryn" wrote:
>
> Elaine, ek antwoord nou net so vinnig vinnig, want ek moet nou gaan
> kosmaak. ;-) Dankie vir jou antwoord.
> Ek het so vinnig na daar Kolossense verwysing gaan kyk, en dit is
> duidelik dat daar gepraat word van en met Christene - die
> uitverkorenes. Ek verstaan dit dat die Christene moet verdraagsaam
> teenoor mekaar wees. En nerens sien ek dat daar gesê word om
> verdraagsaam te wees teenoor ander wat nie van dieselfde geloof is
> nie. Maar ek staan weereens onder korreksie, en probeer nie voorgee
> om beter te weet nie.
> Sal jy omgee vir vir my die ander verwysings at jy genoem het ook te
> gee? Ek sal graag wil sien of dit dieselfde trant volg.
>
|
|
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91751 is 'n antwoord op boodskap #91749] |
Mon, 29 March 2004 03:43   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 29 Mar 2004 01:21:28 +0200, "Elaine" wrote:
> Ja, uit die aard van die saak gaan dit op die "uitverkorenes" gemik wees
> want dis immers 'n boek wat vir Christene geskryf is.
Dankie vir jou moeite, Elaine. Ek waardeer dit baie. Maar jy kon
jouself darem ook bietjie moeite gespaar het, en net die verwysings
gegee het. Ek is wel 'n ongelowige, maar het darem 'n hele paar
bybels op my boekrak ook. ;-)
> Die vers mik nie daarop dat ons net verdraagsaam teenoor mede-christene moet
> wees nie, maar ook met ander wat nie christene is nie (dis hoe ek dit sien).
Ek verstaan wat jy bedoel, en dit is goed.
Maar die bybel is nogal uitdruklik wanneer dit gaan oor ongelowiges en
ander wat nie glo soos wat Paulus gesê het hulle moet glo nie. Kom
ons los maar eerder die OT uit, want daar is dit nog erger, en sou
julle my nou moes kom doodgooi met klippe!!
Phew!! ;-)
Paulus was rerig nogal erg gekant teen enige ander geloof, en het sy
volgelinge gewaarsku en gemaan om hulleself apart te hou, en nie te
meng met die "duiwel aanbidders" nie.
Lees bv. 2 Kor 6: 14 (lees sommer 11-18 om die hele konteks te kry)
Daar is nog heelwat ander NT verwysings, veral uit die skrywes van
Paulus wat daarop dui dat daar absoluut geen toleransie (okay,
verdraagsaamheid ) moet wees teenoor mense van ander gelowe nie.
Ek dink Paulus het sy eie agenda gevolg, en dit was nie noodwendig
dieselfde as Jesus se woorde en leringe nie, maar dis alweer 'n ander
saak. ;-)
Maar Elaine, as jy dit anders interpreteer kan ek net sê dit is
wonderlik dat jy 'n geloof kan aanhang wat verdraagsaam is teenoor
alle mense en alle gelowe. Mens kan mos net respek hê vir so iets?
Maar of dit bybels is, is ek nogsteeds nie oortuig nie! ;-)
'n Vriend van my wat 'n Muslim is, sê weer vir my dat sy geloof is die
mees verdraagsame geloof van die 3 boekgelowe. Sou jy daarmee
saamstem? En indien nie, waarom nie?
So glo ons maar seker almal aan iets wat ons glo omdat ons dit glo,
ne? ;-)
|
|
|
|
|
Re: The Passion [boodskap #91754 is 'n antwoord op boodskap #91714] |
Mon, 29 March 2004 03:46   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
news:fZA9c.4900$HB2.740@news01.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
> Nog 'n "Christen" wat voorgee dat hy die
> waarheid in pag het, maar hy sit en dink
> dat sy manier van dink die enigste "regte"
> manier is. En ondertussen versaak hy die
> boodskap van Christus deur haat te
> versprei teen ander gelowe. Was dit nie
> Christus wat gesê het dat in sy Vader se
> huis daar baie woninge is nie?
> Dan luister ek liewer na die Dalai Lama
> wat mense aanmoedig om nie hulle
> eie geloofrigtings te versaak nie, maar
> om die boodskap van respek en deernis
> vir elke lewende ding in die heelal ernstig
> en prakties op te neem.
> Dit help nie om net te dink dat Jesus
> vir jou gesterf het, en nou kan jy maar
> hooghartig alle ander gelowe in die wêreld
> as nonsens afmaak nie. Onthou, daar word
> ook in die Bybel gesê, dis moeiliker vir
> iemand om in die Hemel te kom, as vir 'n
> kameel om deur die oog van 'n naald te
> gaan.Dit wil sê, jy sal op jou knieë daar
> deur moet gaan. En dis ongeveer wat die
> Buddhisme vir jou leer.
>
> Gloudina
Ek probeer regtig my bes om nie te oordeel nie en om lief te hê. Ek wil ook
nie voorgee dat ek al die antwoorde het nie. Maar ek glo met my hart wat
Jesus gesê het, "nie-weg-redeneerbaar" in terme van konteks of vertalings
nie (Amplified Bybel):
John 14:6 Jesus said to him, I am the Way and the Truth and the Life;
no one comes to the Father except by (through) Me.
Lekker slaap...
Basjan
|
|
|
Oor die Medes (en Perse?) [boodskap #91755 is 'n antwoord op boodskap #91741] |
Mon, 29 March 2004 03:57   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 29 Mar 2004 00:20:43 +0200, "Elaine" wrote:
> Jou naaste is nie net jou mede-christen nie, maar ook jou
> mede-vyand, jou mede-antichris, jou mede-boeddis, jou mede-prostituut, ens.
'Skuus Elaine, maar hierdie was vir my vreeslik snaaks. Ek kan nog
verstaan as iemand dalk sou verwys na 'n mede-christen en
mede-boeddis, maar mede-prostituut is darem een te veel? ;-))))
Om nie te praat van mede-vyand en mede-antichris nie - veral die
mede-antichris tiekel my nogal, want ek kan daai ene gladnie uitfieger
nie!!
Liefde
Jou mede-antichris - wat maar eerder nie 'n mede-vyand te naby wil hê
nie, en ook bietjie onseker is oor die prostituut storie....
;-))))
|
|
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91764 is 'n antwoord op boodskap #91751] |
Mon, 29 March 2004 09:16   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" wrote:
>
>
> Dankie vir jou moeite, Elaine. Ek waardeer dit baie. Maar jy kon
> jouself darem ook bietjie moeite gespaar het, en net die verwysings
> gegee het. Ek is wel 'n ongelowige, maar het darem 'n hele paar
> bybels op my boekrak ook. ;-)
Ek's seker daarvan jy het :)) Maar ek het dit oorgetik vir die mense wat te
lui is om dit op te soek, of wat nie Bybels het nie :))
> Ek verstaan wat jy bedoel, en dit is goed.
> Maar die bybel is nogal uitdruklik wanneer dit gaan oor ongelowiges en
> ander wat nie glo soos wat Paulus gesê het hulle moet glo nie. Kom
> ons los maar eerder die OT uit, want daar is dit nog erger, en sou
> julle my nou moes kom doodgooi met klippe!!
> Phew!! ;-)
> Paulus was rerig nogal erg gekant teen enige ander geloof, en het sy
> volgelinge gewaarsku en gemaan om hulleself apart te hou, en nie te
> meng met die "duiwel aanbidders" nie.
> Lees bv. 2 Kor 6: 14 (lees sommer 11-18 om die hele konteks te kry)
> Daar is nog heelwat ander NT verwysings, veral uit die skrywes van
> Paulus wat daarop dui dat daar absoluut geen toleransie (okay,
> verdraagsaamheid ) moet wees teenoor mense van ander gelowe nie.
> Ek dink Paulus het sy eie agenda gevolg, en dit was nie noodwendig
> dieselfde as Jesus se woorde en leringe nie, maar dis alweer 'n ander
> saak. ;-)
Nee, jy verstaan verkeerd, nêrens sê Paulus dat ons geen verdraagsaamheid
met ander gelowe moet hê nie, maar dat ons, ons nie met hulle moet meng nie.
Dis 'n heel ander saak daai. Jy ken mos die gesegde meng jou met die semels
en die varke vreet jou op? Paulus het geglo dat as jy jouself met
ongelowiges meng, gaan jy afvallig raak - en hy's reg, maar dis nie te sê jy
moet hulle loop en slegmaak, oordeel of vermoor nie. Paulus was op die
einde van die dag ook maar net 'n mens, wat dinge vanuit sy eie oogpunt
beskou het, en ook so uit sy menslikheid gepreek het.
> Maar Elaine, as jy dit anders interpreteer kan ek net sê dit is
> wonderlik dat jy 'n geloof kan aanhang wat verdraagsaam is teenoor
> alle mense en alle gelowe. Mens kan mos net respek hê vir so iets?
> Maar of dit bybels is, is ek nogsteeds nie oortuig nie! ;-)
Dis dalk nie Bybels in die strengste sin van die woord nie, maar dis beslis
Christelik of dan nou sommer maar "Jesuslik", want op die einde van die dag
moet ek net een "mens" se voorbeeld volg, en dis Jesus s'n. En Jesus was
verdraagsaam, geduldig en liefdevol. Dis al wat saak maak :))
> 'n Vriend van my wat 'n Muslim is, sê weer vir my dat sy geloof is die
> mees verdraagsame geloof van die 3 boekgelowe. Sou jy daarmee
> saamstem? En indien nie, waarom nie?
Sorry nou maar, maar ek stem nie saam nie. Islam is een van die mees
onverdraagsame gelowe wat ek ken. Hulle meng nie met ander gelowe nie, en
in sekere Moslem lande het hulle selfs die reg om hulle kinders/vrouens/mans
te vermoor as hulle besluit om 'n ander geloof aan te hang. In Moslem lande
is daar ook goed wat hulle noem "honour killings", waar 'n pa bv die reg het
om sy dogter te vermoor as sy saam met 'n man geslaap het sonder dat sy
getroud is. Ek het al van meisies gehoor wat lewendig deur hul Moslem
broers verbrand is omdat hulle denims dra, of omdat hulle so simpel was om
by 'n nagklub te gaan uithang - die mans mag want hulle geloof laat dit toe,
en so ook die land se wette. Ek het 'n storie gelees van 'n vroutjie in
Afganistan wat verkrag is, en toe sy swanger raak het hulle haar in 'n tronk
gegooi tot die baba gebore is en haar toe doodgestenig. Die hof het bevind
dit was haar eie skuld dat sy verkrag is, want sy het die man verlei deur
aan hom haar mooi gesiggie te wys, daarom kon hy homself nie in toom hou
nie. In Afganistan was dit ook wettig vir mans om vrouens oor hulle voete
te slaan as jy haar kon HOOR LOOP!!! Of as jy haar voete kon sien. Ek het
al baie verskriklike goed gesien en gelees wat hulle aan vrouens doen in
Moslem lande in die naam van die Moslem geloof, en daar is geen manier wat
jy vir my gaan oortuig daai lot is verdraagsaam nie.
Daar is natuurlik Moslems in ander lande, soos in Amerika en hier in SA wat
nie so ekstreem is nie, maar selfs hier in SA sal 'n Moslem hom nie sommer
meng met 'n Christen nie. Ek oordeel hulle nie, en sal ook nooit vir 'n
Moslem gaan vertel hy's verkeerd nie, want ek as doodgewone mens mag dit nie
doen nie. Alleen God kan oordeel oor 'n mens uitspreek.
> So glo ons maar seker almal aan iets wat ons glo omdat ons dit glo,
> ne? ;-)
|
|
|
|
Re: The Passion [boodskap #91768 is 'n antwoord op boodskap #91714] |
Mon, 29 March 2004 10:06   |
Lorinta Zonia
Boodskappe: 164 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> "Lou" skryf
>
>> Nog steeds besig om die Christelike geloof te probeer inpas by jou
>> Boedistiese opvatinge Gloudina?
>
> Nog 'n "Christen" wat voorgee dat hy die
> waarheid in pag het, maar hy sit en dink
> dat sy manier van dink die enigste "regte"
> manier is. En ondertussen versaak hy die
> boodskap van Christus deur haat te
> versprei teen ander gelowe. Was dit nie
> Christus wat gesê het dat in sy Vader se
> huis daar baie woninge is nie?
> Dan luister ek liewer na die Dalai Lama
> wat mense aanmoedig om nie hulle
> eie geloofrigtings te versaak nie, maar
> om die boodskap van respek en deernis
> vir elke lewende ding in die heelal ernstig
> en prakties op te neem.
> Dit help nie om net te dink dat Jesus
> vir jou gesterf het, en nou kan jy maar
> hooghartig alle ander gelowe in die wêreld
> as nonsens afmaak nie. Onthou, daar word
> ook in die Bybel gesê, dis moeiliker vir
> iemand om in die Hemel te kom, as vir 'n
> kameel om deur die oog van 'n naald te
> gaan.Dit wil sê, jy sal op jou knieë daar
> deur moet gaan. En dis ongeveer wat die
> Buddhisme vir jou leer.
>
> Gloudina
Ons was mos al hier deur en my standpunt is nog steeds dieselfde -
geloof is biner, dis aan of af - of jy glo of jy glo nie - dit is nie
'n grys area nie. Dus per definisie is ander gelowe verkeerd want
hulle is tog lynreg in opposisie wat ek glo - en as ek sou dink dat
hulle dalk reg is - dan twyfel ek tog in my eie geloof? En ek is nie
net nog 'n Christen nie - dit is deel van die Christelike geloof maar
ook net so van die Joodse, Moslem, Hindu en noem maar op vir ander
gelowe. Die lig is of aan of dis af ... maklik.
En soos ander uitgewys het gaan jy bietjie wyd om met jou verwysing
uit die Bybel van die kameel en ook met die baie woninge.
En jy sal maar vir jouself moet uitmaak waaraan jy glo - Dat Christus
jou gered het of dat die Boedisme 'ongeveer' dieslefde is en dat jy
daardeur na die volgende vlak sal beweeg?
|
|
|
Re: The Passion [boodskap #91772 is 'n antwoord op boodskap #91768] |
Mon, 29 March 2004 12:45   |
Rhino
Boodskappe: 32 Geregistreer: January 2004
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek het dit tevore geskryf, maar sal dit weer doen.
Buda en Muhamad was proffete en nie een van die twee het verkondig dat
hulle die SEUN van GOD is nie, dit maak hulle gelyk aan die proffete in die
bybel. JESUS het uit gegaan en verkondig dat hy die SEUN van GOD is. Nou sal
jy agterkom dat die ander twee ook van GOD praat en dieselfde beginsels
toepas as die christene wat waarlik aanbid en liefde toepas. Hulle noem GOD
op ander name, maar dit is net deur taal verskille en het dieselfde mening ,
maak nie saak watse taal jy gebruik.Nou sal jy ook baie mense find wat teen
die JESUS en GOD geloof gekant is.Hulle sien dat daar so baie tiepe
christelike kerke is wat elk hul eie geloof volg maar steeds GOD verkondig.
Ek kan dit verklaar, want elke persoon wat die bybel lees kan 'n paragraaf
of 'n teks verskillend sien as 'n ander, en daarom stem hulle saam om te
verskill en dan gaan hulle heen en begin 'n hele nuwe geloof met die klein
verskil. Die bybel is soos 'n geskiedenis boek wat vir ons gegee is in
gelykennisse , maar die werklike feit is , GOD is geestelik. Terwyl jy wil
toepas wat in die bybel staan (natuurlik) gaan jy 'n ander kerk stig, of so
nie gaan jy 'n ander geloof aanhang. Romeine 8 gee jou 'n baie goeie
rigting. Vergeet hoe 'n ding gedoen moet word en wie doen dit reg en wie
verkeert, GOD is in die GEES en wil so gedien word. HY wil nie gedien word
met wette wat ooglopend vandag nie kan toegepas word nie (die geskiedenis
van die bybel en ou wette van die Jode) Hy wil net erken word as DIE GOD en
soos JESUS vir die disiepels gese het" diegene wat in ons naam goed doen kan
net vir ons wees en nie teen ons nie". So al glo jy in Buda en ander, moet
jy nog erken dat Jesus die SEUN van GOD is en dat Buda en ander nog steeds
na 'n god verwys , selfs in hulle leerstellings.
"Lou" skryf in boodskap news:bfb75562.0403290206.8f8858@posting.google.com...
> "@rogers.com" wrote in message
news:...
>> "Lou" skryf
>>
>>> Nog steeds besig om die Christelike geloof te probeer inpas by jou
>>> Boedistiese opvatinge Gloudina?
>>
>> Nog 'n "Christen" wat voorgee dat hy die
>> waarheid in pag het, maar hy sit en dink
>> dat sy manier van dink die enigste "regte"
>> manier is. En ondertussen versaak hy die
>> boodskap van Christus deur haat te
>> versprei teen ander gelowe. Was dit nie
>> Christus wat gesê het dat in sy Vader se
>> huis daar baie woninge is nie?
>> Dan luister ek liewer na die Dalai Lama
>> wat mense aanmoedig om nie hulle
>> eie geloofrigtings te versaak nie, maar
>> om die boodskap van respek en deernis
>> vir elke lewende ding in die heelal ernstig
>> en prakties op te neem.
>> Dit help nie om net te dink dat Jesus
>> vir jou gesterf het, en nou kan jy maar
>> hooghartig alle ander gelowe in die wêreld
>> as nonsens afmaak nie. Onthou, daar word
>> ook in die Bybel gesê, dis moeiliker vir
>> iemand om in die Hemel te kom, as vir 'n
>> kameel om deur die oog van 'n naald te
>> gaan.Dit wil sê, jy sal op jou knieë daar
>> deur moet gaan. En dis ongeveer wat die
>> Buddhisme vir jou leer.
>>
>> Gloudina
>
> Ons was mos al hier deur en my standpunt is nog steeds dieselfde -
> geloof is biner, dis aan of af - of jy glo of jy glo nie - dit is nie
> 'n grys area nie. Dus per definisie is ander gelowe verkeerd want
> hulle is tog lynreg in opposisie wat ek glo - en as ek sou dink dat
> hulle dalk reg is - dan twyfel ek tog in my eie geloof? En ek is nie
> net nog 'n Christen nie - dit is deel van die Christelike geloof maar
> ook net so van die Joodse, Moslem, Hindu en noem maar op vir ander
> gelowe. Die lig is of aan of dis af ... maklik.
>
> En soos ander uitgewys het gaan jy bietjie wyd om met jou verwysing
> uit die Bybel van die kameel en ook met die baie woninge.
>
> En jy sal maar vir jouself moet uitmaak waaraan jy glo - Dat Christus
> jou gered het of dat die Boedisme 'ongeveer' dieslefde is en dat jy
> daardeur na die volgende vlak sal beweeg?
|
|
|
Re: The Passion [boodskap #91776 is 'n antwoord op boodskap #91754] |
Mon, 29 March 2004 16:01   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"basjan" skryf
> Ek probeer regtig my bes om nie te oordeel nie en om lief te hê. Ek wil ook
> nie voorgee dat ek al die antwoorde het nie. Maar ek glo met my hart wat
> Jesus gesê het, "nie-weg-redeneerbaar" in terme van konteks of vertalings
> nie (Amplified Bybel):
>
> John 14:6 Jesus said to him, I am the Way and the Truth and the Life;
> no one comes to the Father except by (through) Me.
Presies. Maar mens vind dat die deursnee doktrinêre
Christen "weet wat hy weet" oor hierdie uitspraak van
Jesus, en nie wil dink wat Jesus presies bedoel het nie.
Die deursnee doktrinêre Christen se geloofspakket
sluit in die geskiedenis van die kruisiging, wat nog nie
gebeur het toe Jesus daardie uitspraak wat jy aanhaal
gemaak het nie. Die deursnee doktrinêre Christen se
geloofspakket sluit in 'n taamlike groot bestanddeel
van neo-platonisme wat in die eeue na die dood
van Christus bygevoeg is.
Kom ons kyk nou na die presiese uitspraak van
Jesus in jou aanhaling hierbo. ( Ons neem maar
vir gemaklikheidhalwe aan dat Jesus dit wel in geskied-
kundige tyd gesê het, en dat dit nie 'n maaksel is
van latere Bybelskrywers nie.) Nouja. Jesus is 'n Jood.
Sy dissipels is Jode. Maar hierdie Jood het begin om
allerhande dinge te sê wat nie met die doktrinêre Joodse
opvattings van daardie tyd gestrook het nie. Hy vertel
vir sy dissipels dat hulle nie al die Joodse wette hoef
te volg nie. Hulle moet net God liefhê en HULLE
NAASTES SOOS HULSELF. Dis eksplosiewe dinge
wat hy sê, veral vir die dogmatiese Jood. Dis so
eksplosief soos wat in die laaste eeu of so die
kommunistiese denkers begin sê het, en waaroor
daar 'n koue oorlog gevoer is vir amper honderd
jaar.
Ek dink baie Christene vandag verstaan die
aanhaling van Christus se woorde hierbo net op een
taamlik oppervlakkige vlak. Hulle glo dat hulle net
hoef te glo dat Christus eintlik God is en dat solank
as hulle vir hulleself kan oortuig dat hulle reg is en
alle ander gelowe is verkeerd, hulle dan die wysheid
in pag het. En hulle vergeet om te probeer dink wat
Christus werklik bedoel het. Een van dié bedoelings
was tog seker om te sê, mens hoef nie mensgemaakte
wette te volg nie. Maar jy word salig gemaak deur
te glo dat Jesus die seun van God was, ons almal
kinders van God, en dat die lering van die liefde
die weg tot saligheid is.
Gloudina
|
|
|
Re: Oor die Medes (en Perse?) [boodskap #91782 is 'n antwoord op boodskap #91765] |
Mon, 29 March 2004 21:01   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 29 Mar 2004 11:18:19 +0200, "Elaine" wrote:
> :)))))))) Dit was sommer 'n voorbeeld. Jy moet jou naaste of dan nou jou
> medemens liefhê soos jouself. Jesus was lief vir die prostituut, en het
> selfs toegelaat dat sy, Sy voete was. En jy moet meeste van alles lief wees
> vir jou vyand, want liefde oorwin alles.
;-)
Dankie vir jou gedagtes en lekker gesels, Elaine. Dit was baie
interessant. Dit is ook nogal vir my interessant om te sien hoe
Doppers oor die algemeen verskil van die NG en Hervormers.
Ek het nooit juis Doppers geken nie, maar vir een of ander rede is dit
meestal Doppers wat ek op die Internet "ontmoet", en ek was/is nog
elke keer aangenaam verras. Ek neem nou sommer aan jy is ook ene,
maar as ek verkeerd is, sal ek gaan wurms eet - belowe!! ;-))
|
|
|
Re: Oor die Medes (en Perse?) [boodskap #91785 is 'n antwoord op boodskap #91782] |
Mon, 29 March 2004 22:42   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nee, jy's reg ek's 'n Dopper, ek kom nie meer so gereeld in die kerk nie,
want ek moes my eie geloofsvrae op ander plekke gaan uitsort. Ek's deels
uit die kerk gedryf deur 'n predikant wat nie sy "job" gedoen het nie, en
deels deur vrae sonder antwoorde. Die oorgrote meerderheid van dit wat ek
glo het ek egter in die Gereformeerde kerk geleer, en ons is maar 'n vreemde
spul - een keer 'n Dopper, altyd 'n Dopper :)))))
E
"Katryn" wrote:
> Dankie vir jou gedagtes en lekker gesels, Elaine. Dit was baie
> interessant. Dit is ook nogal vir my interessant om te sien hoe
> Doppers oor die algemeen verskil van die NG en Hervormers.
> Ek het nooit juis Doppers geken nie, maar vir een of ander rede is dit
> meestal Doppers wat ek op die Internet "ontmoet", en ek was/is nog
> elke keer aangenaam verras. Ek neem nou sommer aan jy is ook ene,
> maar as ek verkeerd is, sal ek gaan wurms eet - belowe!! ;-))
>
|
|
|
|
|
Re: The Passion [boodskap #91788 is 'n antwoord op boodskap #91776] |
Tue, 30 March 2004 02:53   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
news:6LX9c.3351$3Ma.2142@twister01.bloor.is.net.cable.rogers .com...
> Ek dink baie Christene vandag verstaan die
> aanhaling van Christus se woorde hierbo net op een
> taamlik oppervlakkige vlak. Hulle glo dat hulle net
> hoef te glo dat Christus eintlik God is en dat solank
> as hulle vir hulleself kan oortuig dat hulle reg is en
> alle ander gelowe is verkeerd, hulle dan die wysheid
> in pag het. En hulle vergeet om te probeer dink wat
> Christus werklik bedoel het. Een van dié bedoelings
> was tog seker om te sê, mens hoef nie mensgemaakte
> wette te volg nie. Maar jy word salig gemaak deur
> te glo dat Jesus die seun van God was, ons almal
> kinders van God, en dat die lering van die liefde
> die weg tot saligheid is.
>
> Gloudina
Ek dink Lou hieronder (in 'n ander pos) som dit goed op - vir my is geloof
bin�r - dis reg of weg. Ek het anderdag op 'n vlug Washington toe met 'n
Katolieke priester gesels en in my onkunde gevra om ek hom maar 'n paar vrae
oor sy geloof kon vra. Dit kom toe daarop neer day hy voel hy is redelik
"mainstream" Katolies en dat hy glo alle/baie gelowe lei na God. Hy sê
verder dat ek in 'n baie "narrow" God glo wat net Jesus as weg aanvaar.
Maar die punt kom 360° terug na jou: As jy jouself 'n Christen noem, dan
volg jy sekerlik Christus. En Christus het gesê wat Hy gesê het: Hy is die
weg en die waarheid. Nie dat Hy "een va die weë of waarhede" is nie. Dus
volg dit dat 'n Christen nie regtig kan glo alle gelowe lei na God toe nie =
bin�r. En ja, baie mense stry en baklei en sê dat Jesus dit dalk nie eers
gesê het nie. Dan kan ons mos maar ons eie "bybel" skryf en aanvaar dat ons
woorde net sowel die "waarheid" kan wees? Jy glo dit of jy glo dit nie - jou
eie besluit.
En ek weet ook nie hoe om te antwoord wat God sal doen as iemand wat nie 'n
Christen is nie sterf, sonder dat hy van Jesus gehoor het. Wat ek wel glo
is dat God regverdig, oneindig wys, en liefde is. So ek laat dit by Hom.
Maar ek glo ek moet my kant skoonhou en vashou aan dit wat ek van oortuig is
deur sy Gees en dit glo...
Al ooit gedink aan daardie ou bumper sticker: "God is too big to fit into
one religion" ? Wat doen die persoon anders as waarvan hy/sy my beskuldig?
Hulle stel dat ek God in een geloof giet, maar wat doen hy/sy anders as om
God in vele gelowe te giet...
Vir my is die verskil dat ek nie iets uit die lug gryp nie - ek hou vas aan
God se Woord. Of dit my pas of nie.
En ek probeer my menslike bes om nie te oordeel nie.
|
|
|
|
|
Re: The Passion [boodskap #91796 is 'n antwoord op boodskap #91745] |
Tue, 30 March 2004 07:06   |
Lorinta Zonia
Boodskappe: 164 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Ons almal is natuurlik, volgens die bybel, kinders van
> God. Erens in die NT sê Christus "julle sal groter dinge
> doen as wat ek doen." Om dus te praat of Christus nou
> hierdie soort superman was, is om, glo ek, die hele
> leer wat Christus wou predik, mis te verstaan. Ek glo
> dat die leer van Christus met opset misverstaan word
> deur mense wat nie wil toegee dat Christus presies
> bedoel het wat hy gesê het nie.
>
> Gloudina
Reg - en hy het gesê en ek vind dit nogal moeilik om mis te verstaan
veral die vrwysing na die woord 'niemand': Johannes 14
1.Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in
My.
2. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so
was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te
berei.
3. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal
julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
4. En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle.
5. Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe
kan ons die weg ken?
6. Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe;
niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
7.As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van
nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.
http://www.bybel.co.za/
|
|
|
Re: Oor die Medes (en Perse?) [boodskap #91805 is 'n antwoord op boodskap #91787] |
Tue, 30 March 2004 10:01   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ja ons was baie streng en konserwatief GEWEES, die laaste ruk het ons
bietjie meer "verlig". My eie ondervinding is dat die Gereformeerde kerk
nie baie bevooroordelend tenoor ander kerke is nie, ons is baie min op geld
ingestel, die dat al die Gereformeerde kerke bankrot is. Ons kerk, of die
predikante wat ek ontmoet het, is ook vreeslik ingestel op "liefde", ons
predikante is mal daaroor om oor liefde te preek.
Ons is baie meer 'n "kop" kerk as 'n emosiekerk. Ons word van vroeg af
geleer om die Bybel te lees en ons koppe te gebruik wanneer dit daarby kom,
emosie speel 'n baie klein rol in ons kerk. Ons word ook van vroeg af
geleer om die predikant aan te vat as ons dink hy "dwaal". In ander kerke
het ek al agter gekom jou predikant is jou meester en jy challenge hom nie
direk as hy verkeerd is nie, net die kerkraad het daai reg. Ons glo nie dat
die kerk of die Bybel jou in die hemel kan bring nie. Ek is oor en oor
geleer dat die kerkgebou as sulks net 'n gebou is, en nie heilig is nie.
Ons glo dat die Heilige Gees altyd met ons is (party kerke glo dit nie), dat
ons liggame heilig is en die tempel van God. Volgens ons leer moet ons
streef om soos Jesus te wees, in alle aspekte van ons lewens, en daarom mag
ons nie oordeel nie.
Op die einde van die dag is ons leer baie soos die ander twee susterskerke
se leer, maar daar is 'n verskil in ons "mindsets", waar presies die verskil
inkom en waar die grondslag gelê word weet ek nie.
Elaine
"@rogers.com" wrote:
>
> Ek sou nogal graag bietjie wil praat oor wat Doppers
> nou eintlik verskillend maak van die NG Kerk en ander
> soort kerke. Ek was nog nooit baie duidelik oor presies
> wat Doppers predik nie. Mens word groot met die
> idee dat Doppers baie streng en doktrin�r is, maar is
> dit werklik waar? Praat so bietjie daaroor, Elaine.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Oor die Medes (en Perse?) [boodskap #91806 is 'n antwoord op boodskap #91786] |
Tue, 30 March 2004 10:25   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ja, ek onthou goed in hoeveel moeilikheid ons was 'n paar jaar terug. Ons
het begin om swart predikante op te ly en vir hulle kerke in die "lokasies"
te bou. Deels omdat 'n swarte, volgens wet, nie na 'n wit kerk toe kon gaan
nie en deels omdat hulle nie na ons kerk toe wou kom nie. Hulle het gesê
ons is te vervelig, en streng in ons "roetine" tydens die erediens. Swartes
"dien" met ongelooflike oorgawe en dis altyd vir my vreeslik mooi om te sien
hoe hulle "worship".
"@rogers.com" wrote:
>
> Volgens my ondervinding, was mense wat weet waarom
> dinge gaan in die teologie, nog altyd baie vol respek vir
> die Doppers, alhoewel hulle beskou word as streng wat
> doktrine betref. Daar het dan ook soms merkwaardige
> stemme van gewete opgegaan van die Doppers gedurende
> die apartheids-era, toe baie NG Kerk leiers soos rotte
> gehardloop het agter dié kerkleiers wat apartheid
> doktrin�r wou regverdig. Dit is vir my dan ook
> duidelik dat Elaine, as Dopper, haar bybel en haar
> geloof baie beter verstaan as sommige van die ander
> hier op die groep wat so oor hulle geloof hulle bekke
> rek.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: The Passion [boodskap #91813 is 'n antwoord op boodskap #91796] |
Tue, 30 March 2004 13:17   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Lou" skryf
> 5. Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe
> kan ons die weg ken?
> 6. Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe;
> niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
> 7.As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van
> nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.
Lou, lees hierdie stuk oor en oor en oor. Ek dink nie
jy verstaan wat Jesus bedoel het, toe hy vir Thomas
gesê het "AS JULLE my geken het, sou julle my Vader
ook geken het." Hy sê dit aan sy dissipels. Hy sê dit
aan mense wat al lankal met hom saamgeloop het. En
hy praat nie net van Thomas nie. Hy sê "julle..ken my
nie." Dit beteken dat Jesus besef het dat hierdie manne
rondom hom nog nie begryp het wat wát is nie. Eers
as die dissipels begryp dat hy, die vleeslike man daar
voor hulle, en "die Vader" één is, dan sou hulle dinge
reg verstaan. Dus, Lou, eers as du plessis, op sy knieë
besig om die ou kafferoom se voete te was, besef
dat hy nie alleen Jesus se voete was nie, maar ook die
Vader se voete, eers dan sal du plessis wéét dat hy
nie erens anders hoef te gaan om in die hemel te kom
nie, want hy is al klaar daar.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: The Passion [boodskap #91834 is 'n antwoord op boodskap #91813] |
Wed, 31 March 2004 06:48   |
Lorinta Zonia
Boodskappe: 164 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> "Lou" skryf
>
>> 5. Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe
>> kan ons die weg ken?
>> 6. Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe;
>> niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
>> 7.As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van
>> nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.
>
> Lou, lees hierdie stuk oor en oor en oor. Ek dink nie
> jy verstaan wat Jesus bedoel het, toe hy vir Thomas
> gesê het "AS JULLE my geken het, sou julle my Vader
> ook geken het." Hy sê dit aan sy dissipels. Hy sê dit
> aan mense wat al lankal met hom saamgeloop het. En
> hy praat nie net van Thomas nie. Hy sê "julle..ken my
> nie." Dit beteken dat Jesus besef het dat hierdie manne
> rondom hom nog nie begryp het wat wát is nie. Eers
> as die dissipels begryp dat hy, die vleeslike man daar
> voor hulle, en "die Vader" één is, dan sou hulle dinge
> reg verstaan. Dus, Lou, eers as du plessis, op sy knieë
> besig om die ou kafferoom se voete te was, besef
> dat hy nie alleen Jesus se voete was nie, maar ook die
> Vader se voete, eers dan sal du plessis wéét dat hy
> nie erens anders hoef te gaan om in die hemel te kom
> nie, want hy is al klaar daar.
>
> Gloudina
Weereens kies jy om die eintlike punt wat ek maak te omseil - jy was
nie dalk 'n politikus in 'n vorige lewe :) nie? My punt is dat niemand
- dis reg geen een, nobody, no-one by die Vader kom behalwe deur Jesus
nie en dan moet hy glo dat sy sondes deur Jesus se opofferings vergewe
word. Want iets wat ek altyd sal onthou - (soos 'n predikant eenkeer
in 'n preek gesê het) die satan/antichris glo ook in die bestaan van
Jesus :)
Jy doen presies waarvan jy ander beskuldig - jy lees/vertolk die Bybel
om jou agenda te pas. Maardan - dit is maar net menslik en duidelik
het jy nog nie jou Nirvana bereik nie.
Cheers
Lou
PS: Sou jy sê dat die mense wat voet pedikure gee dus klaar hule
hemel op aarde bereik het?
|
|
|
|
|
Re: The Passion [boodskap #91843 is 'n antwoord op boodskap #91834] |
Wed, 31 March 2004 15:36   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Lou" skryf
My punt is dat niemand
> - dis reg geen een, nobody, no-one by die Vader kom behalwe deur Jesus
> nie en dan moet hy glo dat sy sondes deur Jesus se opofferings vergewe
> word.
Jou punt is dat 'n Mongool in Mongolia, wat nog nooit van
die historiese Christus gehoor het of sal hoor nie, dus gedoem
is om vir ewig "ongered" te bly. ( Ek noem hierdie soort
gepraat pure rassisme, want jy wil uitspel dat daardie Mongool
eers gered gaan word as mense met "jou" "Christelike" boodskap
hulle bykom.)
My punt is dat solank daardie Mongool, al het hy nog
nooit en sal hy nooit van die historiese Christus hoor nie,
maar hy volg die pad wat deur Christus uitgespel is,
"gered" word deur die boodskap wat Christus vir ons
gebring het.
Ek, liewe Lou, glo dus eintlik baie meer intens in die
boodskap van Christus as wat jy doen, dink ek. Want
jy verdoem en veroordeel, iets wat Christus teen gepreek
het. Enigiemand, Lou, enigiemand wat Christus se leer
navolg, word gered. Ook die Mongool op die steppes.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Onverdraagsaamheid in die Bybel [boodskap #91845 is 'n antwoord op boodskap #91841] |
Wed, 31 March 2004 16:53   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
news:biBac.9033$JO6.4190@twister01.bloor.is.net.cable.rogers .com...
> Lees weer die eerste paragraaf van jou wat ek hierbo aanhaal.
> En dan sal ek vir jou uitwys dat JY JOUSELF AANSTEL as
> die arbiter van wie "gered" is en wie nie "gered" is nie. En ek
> dink dis vreeslik arrogant. En ek dink dat daar duidelik twee
> groepe Christene in die wêreld is : dié wat politiek wil speel
> en alleen vir hul groep "die ewigheid" wil reserveer. En dan
> kry 'n mens daardie Christene wat verstaan dat Christus aangedui
> het dat dit alleen deur wat hy voor staan - 'n lewe van caritas -
> 'n mens "gered" kan word en "die ewige lewe kan erf." En Lou,
> dit is so snaaks dat die eerste soort ( die politiek-spelers)
> altyd die mense is wat allerhande goddelose dinge doen in
> die naam van hulle "geloof." Let wel, hulle doen dit nie in
> die naam van Christus nie. Selfs hulle sien dat dit nie sal werk
> nie. So hulle doen dit in die naam van hulle "geloof." Mens
> moet tot die konklusie kom dat hulle eintlik hulle geloof as
> 'n soort afgod dien, en nie Christus nie, of die Vader, met
> wie Christus gesê het Hy één is nie.
Ek dink jy verstaan "Lou" verkeerd. As ek sy punt reg interpreteer, kom dit
daarop neer dat jy GLO wat jy GLO. 'n Christen hoef nie noodwendig te GLO
dat almal op 'n happy trein hemel toe is nie. Ja, jy mag nie self oordeel
nie, maar jy mag wel GLO dat Christus die enigste weg is. Al die areas wat
vir ons as mense grys is - die laat ek aan die Here in sy wysheid en liefde
oor. Ek glo dat Jesus die enigste weg is. As jy Hom verwerp, dan is dit
nie vir my om te sê wat op jou wag nie, maar die Bybel is nogals helder en
duidelik daaroor. Maar helaas, daar sal sekerlik mense opduik wat die Bybel
se bedoeling verdraai om hulle humanistiese sieninge te pas, 'n siening wat
almal op die happy trein hemel toe sien.
Jesus het tog self gesê hy bring skeuring en tweespalt, tussen man en vrou
ens. Sy boodskap is een van liefde en genade, maar nie een van algemene
insluiting, onegag jou gevoel oor Hom nie...
My twee sente!
Basjan
|
|
|
Bladsye (4): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:47:04 UTC 2025
|