Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Demokrasie in Aksie
Demokrasie in Aksie [boodskap #91794] Di, 30 Maart 2004 05:48
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
'n Spaanse onderwyser het as klasprojek 'n opdrag gegee dat sy studente 'n
party moet stig en aan die Spaanse verkiesing deelneem, sodat hulle kan sien
hoe demokrasie werk.
Die 19 studente stig toe die Accion Yuntar party, en met geen
verkiesingsfondse nie, en die klaskamer as die hoofkwartier, kry hulle toe
70 000 stemme, wat hulle die 5de gewildste party van die verkiesing maak vir
Madrid se 4 senaatsleutels. Die studente is almal buitemuurs en was te besig
met werk deur die dag en studies saans om 'n verkiesingsveldtog van stapel
te stuur.
Hulle het meer stemme verwerf as die langbestaande CDS, wat die eerste
verkose leiersparty was in Spanje se eerste demokratiese verkiesing.
Die onderwyser dink die aantal stemme wat die studente gekry het, het
grootliks te doen met " kiesers se onakkuraatheid met 'n pen."
--
Annette
Vorige onderwerp: 'n Kwaai vrou....
Volgende onderwerp: Stadstaat rondom Pretoria?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 16:07:53 MGT 2024