Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ET se boep in die boep
ET se boep in die boep [boodskap #9166] Wo, 23 April 1997 00:00 na volgende boodskap
pigf...  is tans af-lyn  pigf...
Boodskappe: 33
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek sien die AWB leier, Eugene Terre'Blanche sal dalk binnekort moet sit.
Omdat hy 'n arme swart ou se harsings papgeslaan het.
En hy vertel op TV nuus, dat God die landdros moet genadig wees want dié
uitspraak sal in elke afrikaner huis weerklink. Selfs Boerestaatparty leier
Robert van Tonder waarsku dat iets "verskrikliks" gaan gebeur as "Meneer"
Terre'Blanche moet sit.

Wie dink hierdie ou is hy after all? Wie is die handjievol wat hom nog
volg?
Hoe durf hy my naam, as Afrikaner, so gat maak met sy optrede.
Vir enige iemand met 'n IK hoër as 80 is hy lagwekkend.

Net daarna sien ek hoe sing 'n klompie, een nogal 'n dominee, die Stem
terwyl Dr Verwoerd se borsbeeld voor die ou Verwoerd hospitaal in Pta
verwyder word.

As ek ooit enige simpatie vir die saak van die regse vleuel gehad het, het
dit soos water in 'n drein verdwyn danksy Terre'blance en sy militante
trawante en die wat steeds nie vir Dr Verwoerd in die verlede kan laat nie.
Re: ET se boep in die boep [boodskap #9180 is 'n antwoord op boodskap #9166] Do, 24 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vlakvark  is tans af-lyn  vlakvark
Boodskappe: 2
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
As ET dink die hof is 'n sirkus, hoe het hulle hom laat roep
om te verskyn? - send in the clowns - miskien.

Gee vir die harlekyn nog wyn vir sy pyn.

Vlakvark
Re: ET se boep in die boep [boodskap #9181 is 'n antwoord op boodskap #9166] Do, 24 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel[2]  is tans af-lyn  Alwyn Nel[2]
Boodskappe: 23
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
In article , vlak...@hotmail.com says...
>
> As ET dink die hof is 'n sirkus, hoe het hulle hom laat roep
> om te verskyn? - send in the clowns - miskien.
>
> Gee vir die harlekyn nog wyn vir sy pyn.
>
> Vlakvark

Ek het op 'n kol gehoor ou ET het drama geswot (voor die boep ontwikkel
het) en dat die AWB maar sy verhoog is waar hy opvoerings gee. Ons almal
weet wat 'n opvoering is - 'n sprokie. En mens neem tog nie 'n sprokie
ernstig op nie.So, moenie so nasty wees nie. Klap hande en fluit. Met sy
dors na roem ge-les, kan hy solank aan die volgende manuskrip begin werk.

En daar sak die gordyn ...
Re: ET se boep in die boep [boodskap #9197 is 'n antwoord op boodskap #9166] Vr, 25 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pigf...  is tans af-lyn  pigf...
Boodskappe: 33
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
vlakvark wrote in article
...
> As ET dink die hof is 'n sirkus, hoe het hulle hom laat roep
> om te verskyn? - send in the clowns - miskien.
>
> Gee vir die harlekyn nog wyn vir sy pyn.
>
> Vlakvark
>
ek sit nou net en wonder. sê nou maar hy moet tronk toe gaan vir 18 maande
of wat - dink julle hy sal dit met naastenby dieselfde waardigheid doen as
'n sekere ander politikus wat 27 jaar daar was?
Re: ET se boep in die boep [boodskap #9224 is 'n antwoord op boodskap #9166] So, 27 April 1997 00:00 Na vorige boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
vlakvark wrote in article
...
> As ET dink die hof is 'n sirkus, hoe het hulle hom laat roep
> om te verskyn? - send in the clowns - miskien.
>
> Gee vir die harlekyn nog wyn vir sy pyn.
>
> Vlakvark
>
ek sit nou net en wonder. sê nou maar hy moet tronk toe gaan vir 18 maande
of wat - dink julle hy sal dit met naastenby dieselfde waardigheid doen as
'n sekere ander politikus wat 27 jaar daar was?

---------------------------------------------oOo------------ --------------
---------------------------------

Miskien word hy dan ingesweer na 18 maande. Maak dit die voorvereiste vir
alle toekomstige Presidente. Gaan reguit tronk toe, moet nie nou die R200
optel nie, maar boeta wag net as jy uit die tronk kom word jy goed beloon.

JHV
Vorige onderwerp: Oor vloedwaters en Stefan Harms.
Volgende onderwerp: Re: sandstrooier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 15:21:58 MGT 2024