| Taxi's - al weer [boodskap #91044] |
Ma., 08 Maart 2004 08:29  |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Die taxi's "staak" al weer. Die keer omdat die polisie hulle onpadwaardige
voertuie "impound", wat beteken ek sit vandag en more sonder 'n bediende,
wat beteken sy kan nie werk nie, wat beteken sy word nie betaal nie. My
bediende vertel ook dat hulle die mense wat wel op 'n way by die werk
probeer kom intimideer, so hulle is te bang om 'n ander manier te soek om by
die werk te kom. Besef die dom donners nie dat hulle, hulle eie mense
benadeel deur hulle weg te hou van die werk af nie? As hulle, hulle
voertuie in stand- en padwaardig hou sal die polisie dit mos nou nie vat
nie? Is ek die enigste een wat kan sien hoe stupid die goed is?
Ek kan 'n paar dae sonder 'n bediende klaarkom, maar kan sy klaarkom sonder
die geld wat sy gaan verloor die volgende paar dae? In geval julle wonder -
ek het haar gevra om nie op die treine te klim nie. Die eenkeer wat sy dit
gewaag het is sy binne 5 minute nadat sy op die trein geklim het beroof.
Die treine is net te gevaarlik deesdae.
Wat nou gemaak met die duisende mense wat vandag nie by die werk kon kom
nie, en die duisende wat sonder werkers sit? Wie gaan daai geld wat ons
verloor vir ons terug betaal? Die taxi eienaars? Miskien moet ons almal
wat onder die stakings ly "en masse" al wat 'n taxi staker is gaan loop
dagvaar vir "verlore inkomste", ons sal dalk verloor, maar hulle sal twee
keer dink voor hulle weer staak.
Elaine
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Taxi's - al weer [boodskap #91053 is 'n antwoord op boodskap #91047] |
Ma., 08 Maart 2004 20:47   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ja my antie daar is wette, en ek volg dit getrou. My bediende kry bv.
gratis verblyf en 3 maaltye 'n dag (of sy werk of nie), sy kry Saterdae en
Sondae af, behalwe met spesiale gevalle wanneer ek haar dalk sal nodig kry.
Ek het haar hierdie maand vir die eerste keer in 4 jaar gevra om op 'n
Saterdag en Sondag met die relevante oortyd te werk.
Die wet sê as sy 6 dae 'n week werk moet sy R800 en iets kry. My bediende
werk 3 dae 'n week en kry net, net oor die minimum maandelikse betaling (vir
'n 6-dag week). Die ander twee werk sy by iemand anders. Tel die gratis
water & ligte, verblyf , kos, haar maandelikse "taxi" geld en mediese sorg
wat ek ook betaal by en jy kom nogal op 'n aardige bedraggie uit. Ek buit
niemand uit nie - nie eers die tuinier nie. Ek betaal elkeen wat hy werd
is.
Elaine
Ns.
Ek het nooit gesê sy word nie betaal vir die dae wat sy nie hier is nie,
inteendeel sy sal wel haar volledige maandlikse betaling kry. Dit het meer
gegaan oor die stukwerkers (no work, no pay), en dan ook die mense soos ek
wat vandag iemand, wat nie hier was om haar job te doen nie, moes betaal.
Jy moet darem besef 'n 3-dag staking wat mense verhoed om te werk het 'n
hengse impak op besighede en die werkers.
"@rogers.com" wrote:
> Ek sidder as ek die onmenslikheid sien
> van wat jy hierbo skryf. Hoekom kan jy
> haar nie betaal as sy nie by die werk kan
> kom vir 'n rede wat niks te doen het met
> haar gewilligheid nie? Is daar wette wat
> huisbediendes se indiensneming kontrolleer.
> Is sy byvoorbeeld geregtig op sekere
> dae af?
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
> se morele komitee.
>
|
|
|
|
| Re: Taxi's - al weer [boodskap #91054 is 'n antwoord op boodskap #91050] |
Ma., 08 Maart 2004 20:51   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ons = besigheideienaars, huisvrouens, enige ou wat nie 'n taxi bestuur nie
en wat nie van een gebruik maak nie, wit, swart, pink, geel, blou, groen.
Hulle = die arme benadeeldes wat vandag sonder vervoer gesit het, die
stakers en die taxi bestuurders, wit, pink, geel, swart, groen, blou, pers,
ens.
E
"Max" skryf in boodskap news:404c86d9$0$571$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Ek het weer die "ons" en "hulle" van Elaine se verhaal treffend gevind. Maar
> ek gaan nie aan kak krap nie, want dan stink dit.
>
> Max____________________________
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Taxi's - al weer [boodskap #91059 is 'n antwoord op boodskap #91058] |
Di., 09 Maart 2004 05:17   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Want "hulle" is benadeel deur die taxi bestuurders se stakings. Ek het nou
regtig nie labels probeer heg nie.
Ek, op my jonge ouderdon, werk maklik, maklik 18-20 ure 'n dag 7 dae 'n
week - sê jy vir my wanneer ek moet tyd uitkrap om nog huis ook skoon te
maak? Anders as jy wat verseker was van jou maandelikse salaris elke maand,
het ek nie daai gemoedsrus nie - ek moet so hard werk om te kan eet.
Ek was darem een keer 'n week self wasgoed, maar is hopeloos te onbeholpe om
dit te stryk en maak ook self vir ons kos (ons sluit almal in my huis in -
my "domestic" ook). En hoekom moet ek dit self doen as ek kan bekostig om
iemand te betaal om dit namens my te doen? En dan skep ek so nog werk en
koopkrag ook. Waar presies lê die fout?
Ek word nie hand en voet bedien nie - ek kook my eie kos, maak my eie
koffie, tap self my badwater in en doen dit vir my man ook. Ek sal nog
sommer terwyl ek besig is vir "domestic" ook tee maak. Sy's hier om huis
skoon te maak en te stryk - that's it.
Ek het nie gekla oor my bediende nie opgedaag het nie - lees weer, ek het
gesê ek kan goed sonder haar klaarkom vir 'n hele paar dae. Ek het gekla
oor die impak wat die staking op besighede en die werknemers het.
E
"@rogers.com" wrote:
> En hoekom word die taxi-bestuurders en die "arme benadeeldes"
> dan nou onder dieselfde kam geskeer?
> Kan jy my ook verduidelik hoekom twee jong mense soos
> jy en jou man twee "bediendes" nodig het? Ek en my man
> is seker twee of driekeer ouer as jy en jou man, en ons lewe
> sonder bediendes. Wat is verkeerd met jou? En moenie
> vir my vertel dat jy "werk" nie. Ek het sonder bediendes
> klaargekom terwyl ek voltyds gewerk het en vier kinders
> grootgemaak het. Dit kan gedoen word. Dan hoef jy
> nie te kla as die "bediende" die oggend nie opdaag nie.
>
> Ek vind ook die woord "bediende" 'n snaakse woord.
> Want ek dink die mense wat so hand en voet bedien
> word, behoort die "bediendes" genoem te word.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Taxi's - al weer [boodskap #91062 is 'n antwoord op boodskap #91061] |
Di., 09 Maart 2004 07:33   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Gisteraand op TV wys hulle al die treine ( niks busse nie) - en mens het
net weer onder die besef gekom hoe voldoende ons openbare vervoer is:))
--
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:404d5d62.0@news1.mweb.co.za...
> Jy het so baie gesigte dat mens nie weet wat jy moet raaksien nie! Aan die
> een kant pleit jy vir die redding van Afrika, maar aan die anderkant oordeel
> jy mense wat juis vir die swart mense van Afrika werk gee! Het jy enige
> idee van wat sal gebeur met die swart gemeenskap as die huisvrouens [LW nie
> noodwendig wit nie...eerder gemiddeld tot welaf] besluit om hul eie huiswerk
> te doen soos wat jy propageer? Gaan jy en jou Kanada instaan vir die horde
> werkloses en hul honger kindertjies by die huis?
> Ek vind jou bydrae ook erg aanmatigend om dit mak te stel. As 'n mens
> die geld het om 10 motors te kan beskostig, hoekom nie? As 'n vrou die
> geld maak en twee bediendes kan bekostig....weereens hoekom nie? Watter
> reg het jy om Elaine aan te spreek oor hoe sy haar geld spandeer?
> "@rogers.com" wrote in message
> news:_Y63c.145044$sl.138997@news01.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>>
>> "Elaine" wrote
>>
>>> Hulle = die arme benadeeldes wat vandag sonder vervoer gesit het, die
>>> stakers en die taxi bestuurders
>>
>> En hoekom word die taxi-bestuurders en die "arme benadeeldes"
>> dan nou onder dieselfde kam geskeer?
>> Kan jy my ook verduidelik hoekom twee jong mense soos
>> jy en jou man twee "bediendes" nodig het? Ek en my man
>> is seker twee of driekeer ouer as jy en jou man, en ons lewe
>> sonder bediendes. Wat is verkeerd met jou? En moenie
>> vir my vertel dat jy "werk" nie. Ek het sonder bediendes
>> klaargekom terwyl ek voltyds gewerk het en vier kinders
>> grootgemaak het. Dit kan gedoen word. Dan hoef jy
>> nie te kla as die "bediende" die oggend nie opdaag nie.
>>
>> Ek vind ook die woord "bediende" 'n snaakse woord.
>> Want ek dink die mense wat so hand en voet bedien
>> word, behoort die "bediendes" genoem te word.
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Taxi's - al weer [boodskap #91091 is 'n antwoord op boodskap #91072] |
Wo., 10 Maart 2004 08:44  |
Paul
Boodskappe: 163 Geregistreer: November 2005
|
Senior Lid |
|
|
In Belgie bestaat de meid nog nauwelijks
veel gezinnen hebben een poets of kuisvrouw die één of twee x /week
langskomt en dit zijn meestal geen zwarte vrouwen
De laatste tijd zien we hier veel poolse vrouwen die in het "zwart" werken
als poetsvrouw en verdienen zo een vijf ? / uur
een zwarte vrouw in SA werkt daar een dag voor
"Glucklich" skryf in boodskap news:2ar3c.4492$p77.1303@bignews3.bellsouth.net...
>> In Nederland hebben huis/poets hulpen ( werksters) nu een nieuwe titel.
>> Intrieurverzorger(ster).
>
> Ek verkies die woord "Slaaf"
>
|
|
|
|