Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Kobaltbom " deur G.A. WATERMEYER
" Kobaltbom " deur G.A. WATERMEYER [boodskap #90997] Vr, 05 Maart 2004 19:09 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
G.A. Watermeyer

Kobaltbom

Drie-uur in die môre
dring die roep van die groot hokleeus
diep uit die stad;
drie-uur in die môre
stoot die haat uit die hoë
vlamgeel oë
wyd oor die stad ...
En die vrees
klim deur die tralies en ruk
die kleingedierte tot krimpende skrik,
stamp
die smalhoef-bokke se vlug
keer op keer teen die yster terug;
(die jakkalsies draf met vinniger pas
om en om in die woede vas)
en die groot geskofte diere skaar
saam teen die nag met gespitste staar ...
Huise, geboue en beton
kantel en keer teen die horison,
krummel tot klip en gate grot
waar die oermens saamgehurk en bot
agter die skanse van sy vuur
swart in die nag se dreiging tuur ...
'n Geelhoutboog span
tot spies en swaard;
dryf die vrees uit die oerwoud terug
met dorpe, heinings en ysterbrug,
keer die trots en die ruimte in,
kring die leeu en die geel leeuín,
tot die rustelose klein arena
die aalmoese vleis
en die bitter staar.
Maar skielik in Moskou in Berlyn
brul hy hom los in blinder pyn
skeur hy in kampe, die langkanon
die angs wydoop teen die horison;
rank hy sy haat deur die stratosfeer
(en die grou as vlek op die lande neer)
tot die roggel ruk in die laaste keel
en die aarde weer woes is
leeg
en heel.
Re: " Kobaltbom " deur G.A. WATERMEYER [boodskap #91043 is 'n antwoord op boodskap #90997] Ma, 08 Maart 2004 07:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal graag wil weet waar die "kobaltbom" by die gedig inpas. Sover ek
onthou was dit 'n instrument wat gebruik is vir bestraling van
kankerpasiënte, en as dit so is kry die gedig 'n heel nuwe dimensie by.

"@rogers.com" wrote in message
news:Df42c.154478$Qg7.68571@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
> G.A. Watermeyer
>
> Kobaltbom
>
> Drie-uur in die môre
> dring die roep van die groot hokleeus
> diep uit die stad;
> drie-uur in die môre
> stoot die haat uit die hoë
> vlamgeel oë
> wyd oor die stad ...
> En die vrees
> klim deur die tralies en ruk
> die kleingedierte tot krimpende skrik,
> stamp
> die smalhoef-bokke se vlug
> keer op keer teen die yster terug;
> (die jakkalsies draf met vinniger pas
> om en om in die woede vas)
> en die groot geskofte diere skaar
> saam teen die nag met gespitste staar ...
> Huise, geboue en beton
> kantel en keer teen die horison,
> krummel tot klip en gate grot
> waar die oermens saamgehurk en bot
> agter die skanse van sy vuur
> swart in die nag se dreiging tuur ...
> 'n Geelhoutboog span
> tot spies en swaard;
> dryf die vrees uit die oerwoud terug
> met dorpe, heinings en ysterbrug,
> keer die trots en die ruimte in,
> kring die leeu en die geel leeuín,
> tot die rustelose klein arena
> die aalmoese vleis
> en die bitter staar.
> Maar skielik in Moskou in Berlyn
> brul hy hom los in blinder pyn
> skeur hy in kampe, die langkanon
> die angs wydoop teen die horison;
> rank hy sy haat deur die stratosfeer
> (en die grou as vlek op die lande neer)
> tot die roggel ruk in die laaste keel
> en die aarde weer woes is
> leeg
> en heel.
>
Re: " Kobaltbom " deur G.A. WATERMEYER [boodskap #91048 is 'n antwoord op boodskap #91043] Ma, 08 Maart 2004 14:14 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" wrote

> Ek sal graag wil weet waar die "kobaltbom" by die gedig inpas. Sover ek
> onthou was dit 'n instrument wat gebruik is vir bestraling van
> kankerpasiënte, en as dit so is kry die gedig 'n heel nuwe dimensie by.

Ek het dit gelees as die moontlikheid van die
ontploffing van 'n megabom wat die aarde
sal verwoes en dus skoonmaak. Maar noudat
jy van die kankerkonneksie praat, laat dit mens
verder dink.

Gloudina
Vorige onderwerp: " By Siembamba se lykie " deur HENNIE AUCAMP
Volgende onderwerp: " Rooibekkies innie mieliesaad " deur BOERNEEF
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 02:11:09 MGT 2024