Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » postmodernisme
postmodernisme [boodskap #9070] |
Fri, 11 April 1997 00:00  |
kakkies[2]
Boodskappe: 3 Geregistreer: March 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hoe kom die postmodernisme in Afrikaans en die groter Suid-Afrika tot
uiting?
Koos Kakkies
|
|
|
|
|
|
Re: Postmodernisme [boodskap #9091 is 'n antwoord op boodskap #9070] |
Thu, 17 April 1997 00:00   |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article , gal...@ibm.net says...
>
> Postmodernisme was 'n mode wat uit verveelde leterkunde
en filosofie
Galjoen, nou veroordeel jy weer alles wat sogenaamd
post-modern is voor die voet. (Sien jou predikant ook
hieroor!) Ek verstaan jou irritasie, want 'n klomp dinge
word as post-modern bestempel, en dan is hulle net snert.
Maar as 'n rigting het die post-modernisme 'n belangrike
funksie: om 'n klomp van die uitgediende denkwyses,
filosofiese rigtings en genres op te wys vir wat dit is:
uitgediend en nutteloos vir die mens aan die begin van
die een-en-twintigste eeu. In die wetenskap het hulle al
vir amper honderd jaar totsiens gesê aan die wereld-
beeld wat Newton onder andere geskep het. Die wetenskap
bereken alles nou volgens die wette van die relatiwiteit,
maar die geesteswetenskappe klou nog vas aan baie ou
konsepte, soos begin/middel/end, en "betekenis" as 'n
fascistiese vereiste vir alles wat saak maak.
Nou, een van die beste voorbeelde van post-moderne
denke is William Blake, wat al in 1827 oorlede is. Lees
hom, as jy jou wil voorberei vir die denke wat nodig is in
die een-en-twintigste eeu. (En dit sluit nie Marxistiese
denke uit nie. Baie dissipels wat sweer by Marx , sien Blake
as 'n voorloper van hom.)
Van Kerneels Breytenbach het daar glo in 1993 'n boek
"Glimlag" verskyn, wat volgens 'n resensie van Willie
Burger in Tydskrif vir Letterkunde in die post-moderne lig
gesien moet word. Hy sê dat "die leser gekonfronteer
word deur 'n opeenstapeling van cliches... veral taalgebruik
en genre." Ek weet nie of ek lus is om hierdie boek te lees
nie. Maar ek het onlangs 'n foto van Kerneels Breytenbach
in De Kat gesien, waar hy met 'n hele kaal bolyf sit, behalwe
vir 'n strikdassie. Ek dink hy probeer die post-modernisme
so bedryf. (Die cliche van die skrywer/denker as 'n "suit"
vervang deur 'n ander beeld, wat skok, en 'n mens dan aan
die dink sit.)
Gloudina
|
|
|
Re: Postmodernisme [boodskap #9094 is 'n antwoord op boodskap #9070] |
Fri, 18 April 1997 00:00   |
kakkies[2]
Boodskappe: 3 Geregistreer: March 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
> Galjoen, nou veroordeel jy weer alles wat sogenaamd
> post-modern is voor die voet. (Sien jou predikant ook
> hieroor!) Ek verstaan jou irritasie, want 'n klomp dinge
> word as post-modern bestempel, en dan is hulle net snert.
> Maar as 'n rigting het die post-modernisme 'n belangrike
> funksie: om 'n klomp van die uitgediende denkwyses,
> filosofiese rigtings en genres op te wys vir wat dit is:
> uitgediend en nutteloos vir die mens aan die begin van
> die een-en-twintigste eeu.
> Gloudina
Gloudina, vir die tweede keer beindruk jy my.
die postmodernisme klink weliswaar interessanter en meer vanpas vir
ons tyd as die modernisme, maar dit het een kardinale probleem. 'n
belangrike komponent van die postmodernisme spruit uit die gedagtes
van Jacques Derrida wat alle metafisiese konsepte in die Westese denke
wil dekonstrueer. Dit beteken dat alle strukture, stelsels, rasionele
denke, teoretisering en universele waardes en waarhede onder
verdenking geplaas word. Alles word bevraagteken, behalwe natuurlik
dekonstruksie self. Maar kritiek kan ook gekritiseer word en
dekonstruksie kan ook gedekonstrueer word. Hoe kan Derrida sy teoriee
deur middel van taal wil oordra as die inhoud van sy denke juis gerig
is teen die betekenisloosheid van teoretisering en van taal as
betroubare medium om die werklikheid te konstateer? Die postmodernisme
staan krities teenoor alles behalwe homself. Op die ou end bly net
onsekerheid oor, wat op sigself seker die beste definisie is van die
denke van die 21ste eeu.
Groete
Koos Kakkies
|
|
|
Re: Postmodernisme [boodskap #9100 is 'n antwoord op boodskap #9070] |
Sat, 19 April 1997 00:00  |
Charl Durand
Boodskappe: 55 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
> betroubare medium om die werklikheid te konstateer? Die postmodernisme
> staan krities teenoor alles behalwe homself. Op die ou end bly net
> onsekerheid oor, wat op sigself seker die beste definisie is van die
> denke van die 21ste eeu.
En waarskynlik die beste definisie van post-modernisme ook. Ideologie in
post modernisme word totaal by die venster uitgegooi. Die strukture en
denkpatrone wat in die verlede mense laat veilig en secure voel het, geld
nie meer nie.
Dis aan die hand van hierdie onsekerheid dat SA as 'n postmoderne staat
beskryf kan word.
Maar ek stem saam dat 'post-modernisme' waarskynlik 'n baie modieuse term
geword het, 'n tipe catchall vir alle kulturele trends. Ek dink dis omdat
die beginsels onderleggend aan post-modernisme baie universeel is, en nie
beperk is tot linguistiek of die kunste nie.
Ek dink die biennale wat aan die einde van die jaar in Johannesburg gehou
gaan word, sal mens nogal 'n interessante insig kan gee in die
'post=moderne' SA soos uitgebeeld in kuns. Hopelik gaan die ouens 'n
website vir die geleentheid he^. Vir inligting sien Johannesburg se site
www.joburg.org.za, wat nogal 'n above average site is. (Ek belowe ek werk
nie vir die stadsraad nie ;>)
Charl
>
> Groete
>
> Koos Kakkies
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:51:08 UTC 2025
|