Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 27 Maart * Zuid-Afrikaanse rouwstoet in Den Haag
27 Maart * Zuid-Afrikaanse rouwstoet in Den Haag [boodskap #90795] Ma, 01 Maart 2004 14:04
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Posted by Adriana Stuijt

VREDESPALEIS, DEN HAAG, NL: 27 MAART 10VM -
ZUID-AFRIKAANSE ROUWSTOET TEGEN REUSACHTIGE STERFTECIJFERS WEGENS AIDS EN
GEWELD

persverklaring deur Adriana Stuijt (63) Tel. Nederland
(31) (0) 519-561-731

'n Groepie Suid-Afrikaners in Nederland hou op 27 Maart
vanaf 10 vm 'n "roustoet" voor die Vredespaleis in Den Haag om aandag te
vestig op die vreeslike dodesyfers in Suid-Afrika weens die wereld se mees
gewelddadige misdaadgolf -- en veral die plaasaanvalle -- en waarin nou al
1,625 agrariërs van alle rasse vermoor is vanaf 1991 in meer as tienduisend
gewapende aanvalle. Die roustoet word gehou in ondersteuning van 'n
soortgelyke mini-optog in Dallas, Texas daardie dag, georganiseer deur die
Amerikaner Don Pengelly, waaroor Die Burger in SA onlangs berig het.

Ook sal hiertydens aandag gevestig word op Suid-Afrika
se reusagtige sterftesyfers weens die nog steeds voortdurende gebrek aan
vigs- (Aids) voorkomende terapie in die land se staatshospitale weens die
Mbeki-regering se vertragingstaktieke, http://www.tac.org.za -- asook op die
land se reusagtige geweldsmisdade en -verkragtingsepidemies.
Plaasaanvalle:
Omdat juis die plaasaanvalle so min aandag kry in die
nuusmedia, fokus hierdie roustoet op hierdie aspek van die SA
misdaadsituasie -- ook omdat daar nou al vele miljoene mense in Suid-Afrika
aan voedseltekorte ly weens die onveilige werksituasie op die platteland.

In die meer as tienduisend plaasaanvalle vanaf 1991, is
daar nou al meer as 1,625 SA plaasbewoners van alle rasse vermoor en verlaat
agrariërs dus op groot skaal die plase: In 1994 was daar nog 85,000
professionele (meestal Afrikaner) boere: nou is daar maar net so'n 35,000
oor. Die vermindering veroorsaak ook groeiende voedseltekorte: vanaf 1994
het byv. die mielieoes met 50% afgeneem, en dit was so lank voor die huidige
droogte:
(Sien http://www.salandscandal.com en
http://www.censorbugbear.com
Vigs-epidemie:
In Suid-Afrika sterf 'n maandelikse 20,000
Vigs-pasiënte, wat grootskaals vererger word weens Mbeki nog steeds
voortdurende, doelbewuste onthouding van lewensverlengende Aids-terapie in
staatshospitale vir vele honderdduisende arm, swart Vigs-leiers - en wat ten
spyte van al sy gesondheidsminister se dramatiese beloftes, nog steeds
voortduur. Daar word in al die SA staatshospitale buite die Wes Kaap
provinsie s'n, aan maar net 1,500 vigs-pasiënte antiretrovirale
lewensduurverlengende terapie verskaf volgens die Treatment Action
Campaign.(sien http://www.tac.org.za)

Verder word in Suid-Afrika -- volgens Interpol al vier
jaar lank die land met die wêreld se allerhoogste moord- en
verkragtingssyfers -- minstens 50,000 mense per jaar vermoor en meer as
45,000 mense, veelal kinders, as verkrag aangemeld: dit is 'n feit dat die
verkragtings die vigsepidemie natuurlik ook reusagtig vererger.
http://www.alive-in-sa.com

Lees die details op die weberf
http://www.censorbugbear.com op die blad "Dallas March 27" --
My telefoonnommer is Nederland (31) (0) 519 561 731. Ek
is 'n afgetrede SA joernalis (63) en woon in Holwerd, Friesland.

Die "Genocide Watch" weberf van die International
Campaign to prevent Genocide het al in Desember 2002 gewaarsku dat veral die
moorde op Afrikaner agrariërs al hoe meer die eienskappe van 'n volksmoord
begin benader - en hierdie plaasmoorde het inderdaad al stadium 5 van die
agt-stadium van volkemoord bereik.
Stadium Agt is genoside self. Stadium 5 is die
"haatspraak" stadium, wat dikwels baie vinnig lei tot volkemoord, genoside
as die owerheid nie baie kragtig teen die haatspraak en aanvalle optree
nie.Sien http://www.genocidewatch.org/Boersslain01.htm

Hongersnood weens plaasaanvalle:
Weens die land se werklik ongelooflike misdaadgolf
waartydens 50,000 mense 'n jaar vermoor word, val die plaasmoorde egter nie
so baie op nie, sê Dr Gregory Stanton van Genocide Watch.Tog het die
aanvalle op plase reeds 'n reusagtige vermindering in die land se
voedselproduksie veroorsaak omdat boere hul onveilige landerye grootskaals
verlaat. Dus veroorsaak die plaasaanvalle ook al hoe meer voedseltekorte
onder miljoene allerarmstes in Suid-Afrika.

Cosatu vakbond
http://www.cosatu.org.za/news/weekly/20031103.htm#2 het juis onlangs weer
eens gewaarsku dat 15-miljoen mense nou al aan grootskaalse voedseltekorte
ly - en maar net een maaltyd per week kan bekostig. En die SA Rooikruis
waarsku dat 5-miljoen Suid-afrikaanse kinders nou al op die randjie van
hongersnood bly hang weens hierdie voedseltekorte.

Dus die plaasaanvalle teen SA se kosprodusente affekteer
nie net die plaasbevolking nie - maar die hele land se bevolking!
Daar was in 1994 so'n 85,000 kommersiële boere,
grotendeels Afrikaners. Nou is daar volgens die advokaat Dr Philip du Toit,
wat onlangs die boek "The Great South African Land Scandal" gepubliseer het,
nog maar net so'n 35,000 van hierdie boere oor. Die mielieproduksie het dus
al met 50% gedaal sedert 1994, en dit was al so lank voor die huidige
droogte, waarsku hy. (Sien http://www.salandscandal.com

begin 666 imp.gif?client=ca-boardhost_160x600&event=noscript
K1TE&.#EA`0`!`(#_`/___P```"'Y! $`````+ `````!``$`0 ("1 $`.P``
`
end
Vorige onderwerp: AIDS , hongersnood, en kindersterfte
Volgende onderwerp: Re: Vote: Dingus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 23:47:12 MGT 2024