Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "2.20 (Appelspel)" deur BREYTEN BREYTENBACH
"2.20 (Appelspel)" deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #9064] Do., 10 April 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 463
Geregistreer: Januarie 1996
Senior Lid
2.20 (APPELSPEL)
Breyten Breytenbach

wanneer dit reen moet daar eikebome wees
om diepte en donkerte aan die reen te gee
en so die dag volmaak te maak -- 'n dag
dan om in die bed te klim met 'n appel
en 'n meisie --
'n langhaarmeisie want die vag soos spinnekopbloei
moet teen die laken bly skitter --
en heeldag hou julle die vrug wandelende
en vry tussen julle
sonder om met die hande daaraan te raak
veral sonder om dit te laat val uit die boom --
op en af langs al die kontoere
nou sy aan sy dan dy op dy
naand gly-gly gestut op die elmboëe
met die reenvrug altyd tussen jou en my
(oppas vir die kraters!) --
so hou jy die ou gebeente disselklop

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: " 2.9 (Skaweduwee) deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: "Paternoster" deur HEIN SWART
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Aug. 17 06:49:05 UTC 2026