Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "2.20 (Appelspel)" deur BREYTEN BREYTENBACH
"2.20 (Appelspel)" deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #9064] Do, 10 April 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
2.20 (APPELSPEL)
Breyten Breytenbach

wanneer dit reen moet daar eikebome wees
om diepte en donkerte aan die reen te gee
en so die dag volmaak te maak -- 'n dag
dan om in die bed te klim met 'n appel
en 'n meisie --
'n langhaarmeisie want die vag soos spinnekopbloei
moet teen die laken bly skitter --
en heeldag hou julle die vrug wandelende
en vry tussen julle
sonder om met die hande daaraan te raak
veral sonder om dit te laat val uit die boom --
op en af langs al die kontoere
nou sy aan sy dan dy op dy
naand gly-gly gestut op die elmboëe
met die reenvrug altyd tussen jou en my
(oppas vir die kraters!) --
so hou jy die ou gebeente disselklop

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: " 2.9 (Skaweduwee) deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: "Paternoster" deur HEIN SWART
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 22:49:20 MGT 2024