| Afrikaans.be [boodskap #90612] |
Wo., 25 Februarie 2004 10:27 |
Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Afrikaans.be is 'n webblad vir die gebruik, bevordering en uitbreiding
van Afrikaans in België en Nederland. Die gemeenskaplike doel wat ons
skrywers, ontwerpers en tegniese versorgers saambind is 'n liefde vir
Afrikaans, en 'n behoefte om die wêreld deur Afrikaans te verken. Afrikaans
is 'n moderne taal, een van die mees moderne en uitgebreidste tale van die
Westerse wêreld, en ideaal aangepas om te funksioneer as wetenskapstaal,
literêre taal, gesprekstaal.
Afrikaans.be is doelbewus nie met enige politieke groep of kulturele
organisasie geaffilieer nie. Advertensies op hierdie webwerf impliseer nie
ons direkte of indirekte steun aan die ideologieë of produkte van die
adverteerders nie, skakels na ander webwerwe beteken slegs dat ons gereelde
lesers moontlik in daardie webwerwe mag belangstel, en skrywers se menings
is hul eie.
Daarby glo ons in vrye spraak en die vrye verspreiding van inligting:
dis enige mens se reg om te sê hoe hy voel en te verkondig waarin hy glo.
Solank hy dit net nie met ander mense se geld en tyd doen nie. As jy graag
iets wil sê wat nie op Afrikaans.be staan nie, stuur dit aan
kon...@afrikaans.be. Dalk publiseer ons dit. Indien nie, kan ons altyd
iemand aanbeveel wat dit vir jou kan publiseer teen billike tariewe
|
|
|
|