Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Plaaswerkers heraangestel
Plaaswerkers heraangestel [boodskap #90360] Sa, 14 Februarie 2004 07:05
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die afgelope maande draal 'n saak waar van die plaaswerkers en die boer in
'n dispuut is en uiteindelik die werkers afgedank is en hulle van die plaas
afgesit is. Die probleem het blykbaar begin deurdat 'n boerbok van die een
van die werkers aanmekaar in die plaas se groentetuin gaan kuier en hulle
gewaarsku is oor die bok en die sondes. Uiteindelik het die boer se pa 'n
geweer gevat en die bok vrekgeskiet in die tuin. Uit wraak [so blyk dit]
het een van die vrouens in wie se sorg ganskuikens was, die een kuiken se
kop vermorsel. Toe is die jam in die fên....
Gister het die arbeidshof uitspraak gelewer en gesê dat die boer nie die
arbeidswet tot die letter gevolg het nie en dat hy daarom hulle weer moet
aanstel en kompensasie moet betaal vir die tyd wat hulle nie 'n inkomste
gehad het nie. Niemand weet nog wat van die werkers gaan word wat die boer
in hul plek aangestel het nie [hy lewer onder andere uitvoerblomme aan die
oorsese mark en dis arbeidsintensief]. Wat wel 'n feit is, is dat alhoewel
die afgedankte werkers vir die oomblik gewen het, hulle maar swaar gaan trek
vorentoe. Hulle gaan hul baar lone ontvang en al die byvoordele wat
normaalweg aan 'n plaas gekoppel word en as 'normaal' aanvaar word, gaan
soos mis voor die son verdwyn. Verder gaan hulle verseker al die swaarste
handearbeid kry en uiteindelik gaan hulleself padgee.
Ek moet nog hoor van 'n enkele geval waar 'n werker sy saak teen sy
werkgewer wen en dan werklik wen.
Vorige onderwerp: 'n Valentyn vir Almal
Volgende onderwerp: Sluit aan by die Boeremag en sien Azania se tronke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 02:38:53 MGT 2024