Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Terugflitse" deur P.J. PHILANDER
"Terugflitse" deur P.J. PHILANDER [boodskap #9028] Ma, 07 April 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
TERUGFLITSE
P.J.Philander

Vir haar pa se trapvloer op die Vlakte
is daar lank nie meer gebruik
en deesdae kom geen heuning meer
uit Robberg vir haar ma se kruik.

Die net waarmee die harders voorheen
getrek was in Keurboomsrivier,
l^e nou verflenterd op Harkerville teen
die ou opstal se buitemuur.

En behalwe hul grafstene het nog vier
bygekom in die soelte van Plettenbergbaai
terwyl sneeuvlokkies in die vreemde hier
soos kattebelletjies oor hare waai.

(Geskryf in New York na sy vrou se dood.)

( gepos deur gloudina bouwer )
Vorige onderwerp: "Die donker voor die malhuis se deur" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: " 2 . 4 " deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 18:32:49 MGT 2024