Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » WENNERS
WENNERS [boodskap #9011] Sa, 05 April 1997 00:00 na volgende boodskap
dm...  is tans af-lyn  dm...
Boodskappe: 13
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
WENNERS IS MENSE SOOS JY

Wenners waag kanse. Soos enige ander, vrees hulle ook
mislukking, maar hulle weier dat vrees hulle beheer.

Wenners gooi nie tou op nie. Wanneer dinge begin rof
raak, byt hulle vas tot dinge verbeter.

Wenners is plooibaar, hulle besef dat daar verskeie
maniere is en is altyd bereid om 'n ander te waag.

Wenners respekteer hul eie swakhede, maar floreer
op hulle kragte.

Wenners die val ook, maar bly nooit lê nie. Hulle weier
halstarrig dat val hulle uitstyg verhoed.

Wenners blameer mislukking nie op die noodlot en
skryf hulle sukses nie aan geluk toe nie.

Wenners aanvaar self verantwoordelikheid vir hulle lewens.

Wenners dink positief en kan in alles die goeie bespeur.
Uit die gewone daar bring hulle iets sonderlinge voort.

Wenners glo in die weg wat hulle gekies het, selfs al is dit
opdraand, selfs wanneer ander nie kan begryp waarheen hulle gaan nie.

Wenners is geduldig. Hulle weet dat 'n doelwit net soveel werd is
as die moeite wat vereis word om dit te bereik.

Wenners maak hierdie wêreld werd om in te kan bly.

WENNERS IS MENSE SOOS JY !!!!!

Vir ander kostelikhede, gaan kuier by:
http://www.pix.za/nakkie-die-nar
Re: WENNERS [boodskap #9016 is 'n antwoord op boodskap #9011] So, 06 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 5 Apr 1997 18:30:49 GMT, "Danie Martins" wrote:

[/color]
> Wenners waag kanse. Soos enige ander, vrees hulle ook
> mislukking, maar hulle weier dat vrees hulle beheer.>>>

Wanneer laas het jy Noord Transvaal sien rugby spell!
Wenners? Ha!!!
Re: WENNERS [boodskap #9027 is 'n antwoord op boodskap #9011] Ma, 07 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
> On 5 Apr 1997 18:30:49 GMT, "Danie Martins" wrote:
>
> >
>> Wenners waag kanse. Soos enige ander, vrees hulle ook
>> mislukking, maar hulle weier dat vrees hulle beheer.>>>
>
> Wanneer laas het jy Noord Transvaal sien rugby spell!
> Wenners? Ha!!!
>

Hy het after all gesê vreesloos - tsk..tsk

-Gideon-
Re: WENNERS [boodskap #9042 is 'n antwoord op boodskap #9011] Di, 08 April 1997 00:00 Na vorige boodskap
Waldo van Hoving  is tans af-lyn  Waldo van Hoving
Boodskappe: 9
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
Koos wrote:
>
> On 5 Apr 1997 18:30:49 GMT, "Danie Martins" wrote:
>
> >
>> Wenners waag kanse. Soos enige ander, vrees hulle ook
>> mislukking, maar hulle weier dat vrees hulle beheer.>>>
>
> Wanneer laas het jy Noord Transvaal sien rugby spell!
> Wenners? Ha!!!

Ek stem saam soos hulle rugby speel kan hulle dit definitief nie eers
"spell" nie!
--
Geniet die dag!
Waldo van Hoving
vHo...@WTKNIS21.ESKOM.CO.ZA
0135-933570
0135-932473 (faks)
Vorige onderwerp: Vat jou goed en trek Fereira
Volgende onderwerp: Re: war poets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 00:23:44 MGT 2024