Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lactose intolerance
Lactose intolerance [boodskap #90091] |
Sat, 07 February 2004 09:39  |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Koot" skryf in boodskap news:...
> "Lactose intolerant" is woorde wat ek al in dié verband gehoor het.
Koot
Lactose intolerance tel nie meer by yoghurt nie. Laktose is melksuiker
en tydens die fermentasie proses word dit omgesit na melksuur, dus
bestaan dit nie meer in yoghurt of dikmelk nie.
Drom
|
|
|
Re: Lactose intolerance [boodskap #90093 is 'n antwoord op boodskap #90091] |
Sat, 07 February 2004 10:21   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek wonder baie oor mense wat gril vir sekere goed.
By my is ek plein allergies, en dit wys gou - en die ergheid bepaal hoe gou
ek by die pilltjies moet uitkom.
Ek ken iemand wat glo glad nie uie kan eet nie, maar gewoonlik heerlik weglê
aan souttert en bredies, wat meestal uie in het.
So is daar ander wat sekere kosse nie kan eet nie, maar sodra hulle dit eet
sonder dat hulle dit weet, dan vra hulle soms selfs vir 'n tweede porsie.
Baie van die kan nie's het te doen met die persoon se eerste bewuste
ondervinding van dit.
Om net pleinweg dit af te maak as fiemies is verkeerd - maar mens kan maar
altyd 'n ou toetsie doen en met die pille regstaan:))
Ek sal egter niemand dwing om iets te eet wat hulle nie wil nie - so as
iemand my vra wat se bestanddele in 'n resep is, sal ek altyd sê wat.. Dit
is gewoonlik mense wat 'n kosallergie het wat altyd sal vra as hulle nie
seker is nie.
Aan die ander kant, as hulle nie iets wil eet wat ek opdien nie, sal ek nie
gou spesiaal vir hulle iets anders maak nie - daar is altyd brood en konfyt
beskikbaar.
--
Annette
"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0402070139.65a1cca2@posting.google.com...
> "Koot" skryf in boodskap news:...
>> "Lactose intolerant" is woorde wat ek al in dié verband gehoor het.
>
> Koot
>
> Lactose intolerance tel nie meer by yoghurt nie. Laktose is melksuiker
> en tydens die fermentasie proses word dit omgesit na melksuur, dus
> bestaan dit nie meer in yoghurt of dikmelk nie.
>
> Drom
|
|
|
|
|
|
|
Re: Lactose intolerance [boodskap #90197 is 'n antwoord op boodskap #90158] |
Tue, 10 February 2004 08:28  |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Koot" skryf in boodskap news:...
> Baie interessant.
> En by kaas? Is die laktose nog daar aanwesig?
>
Koot
Heelwaarskynlik nie in Cheddar nie, want dit word gemaak van dikmelk
waar die melk deur spesiale bakterië gefermenteer word. Daar is wel
sekere soorte kaas waar die melk deur 'n ensiem in die pense van
karakoel lammers "dik" gemaak word, dus sal die laktose onveranderd
wees.
Ek weet sommige mense verwys na Gouda as soetmelk kaas, maar synde
geen kaasmaker te wees nie weet ek nie of dit so is nie. Sover ek weet
word die meeste karakoel pensies na Europa uitgevoer.
Drom
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:49:13 UTC 2025
|