Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Goeie Nuus vir Gloudina
Goeie Nuus vir Gloudina [boodskap #90117] |
So., 08 Februarie 2004 08:32  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Slegs 2000 dokters en ander in die mediese bedryf ( lees verpleegsters,
kliniekwerkers en vrywillegers by gesondheidsklinieke) van oor die hele SA
het Vrydag aan 'n betoging hier deelgeneem t.o.v. die haglike toestande in
hospitale en onrealistiese en onpraktiese uitvoerbare beoogde wetgewing
tov gesondheidsdienste.
Vooraf het Manto, die minister van ongesondheid, gedreig dat al die betogers
wat in staatshospitale en klinieke werk summier afgedank sal word.
Genieg eerstehandse nuus hieroor, behalwe van famjilie en vriende in SA, kan
van die webblad van enige koerant in SA van Vrydag, Saterdag en vandag
verkry word.
--
Annette
|
|
|
|
Re: Goeie Nuus vir Gloudina [boodskap #90135 is 'n antwoord op boodskap #90117] |
So., 08 Februarie 2004 14:44   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Annette" wrote
> Vooraf het Manto, die minister van ongesondheid, gedreig dat al die betogers
> wat in staatshospitale en klinieke werk summier afgedank sal word.
> Genieg eerstehandse nuus hieroor, behalwe van famjilie en vriende in SA, kan
> van die webblad van enige koerant in SA van Vrydag, Saterdag en vandag
> verkry word.
Annette, my dier, ek lees gereeld die SA nuus uit
SA koerante. En ek lees nie selektief, soos ek dink
jy gewoonlik doen nie.
Die implikasie in wat jy hierbo skryf, is dat ek wat
Gloudina is dink die gesondheidstelsel in SA
eersteklas is. Jy gooi ook aspersies na my familie
en vriende wat nou, volgens jou, vir my die verkeerde
inligting gee. Verwys jy weer na daardie geval waar
'n vriendin uit Swellendam wat hier kom kuier het,
en wat tot kort gelede nog op die Hospitaalraad
daar gedien het, vir my vertel het dat hulle klein
hospitaal op Swellendam eintlik nou beter is as 'n
ruk gelede.In daardie geval het jy jou Ant Souf
en haar man se opinies aangehaal oor wat hulle dink
van Swellendam se hospitaal. (Hulle bly glo nie in
Swellendam nie.)
Nou, Annette, ek bly in 'n land waar die dokters
gereeld teen die provinsiale regerings betoog oor
alles en nog wat, dus is waaroor jy hierbo skryf,
nie vir my snaaks nie. Ek sien 'n gesonde demokratiese
stelsel, waar die dokters nie bang is om hulle opinies
uit te spel nie. Ek glo ook dat daar heelwaarskynlik
'n krisis in SA is wat gesondheidsdienste betref. Want
in die laaste tien jaar moes daar gelyke dienste
verskaf word aan ALMAL, nie net aan die handjievol
wittes terwyl die nie-blankes maar moet vat wat
hulle kry nie. Ek is seker dat vir die gemiddelde
nie-blanke daar vandag baie beter dienste is as
tien jaar gelede. En dis al wat tel.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Goeie Nuus vir Gloudina [boodskap #90159 is 'n antwoord op boodskap #90151] |
Ma., 09 Februarie 2004 07:05  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
news:n8AVb.3349$Wb2.551@news01.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
> Nee, die dokters wat uit SA is gedurende die
> apartheidsjare het dit gedoen omdat hulle nie
> in 'n stalinistiese diktatorskap wou leef nie.
Glo jy wragtag die drek wat jy kwytraak ou antie? Dekerlik weet jy nie wat
jy nodig het vir 'n diktatorskap nie? Iets soos 'n 2/3de meerderheid in
die parlement sodat jy die grondwet kan herskryf om jou te pas, soos Zim,
Namibië en SA vinnig op pad soontoe. In die ou SA het die regerende party
nooit naby daai las meerderheid gekom nie en was daar sterk opposisiepartye.
> Hulle het dit ook gedoen omdat hulle nie hul
> kinders in die SA Weermag ingedwing wou
> sien nie. Ek het 'n Dr. Liebenberg hier in
> Kanada geken, wie se seun in 'n motorongeluk
> dood is, wat met smart in sy oë gesê het dat
> hy uit SA weg is omdat hy nie sy seun in die
> weermag wou sien op swartes skiet nie
Daar is mos maar die lafaarde onder ons ook..........
> Jy sê dat die dokters wat nou uit SA padgee,
> dit doen "om regverdigheid." Moenie my laat
> lag nie.
Ek weet nie van regverdigheid nie, maar as 'n tandarts op die platteland
moet werk en die hospitaal op die dorp het niks behalwe tange en bloudraad
om mee te werk nie, wat sal hy maak? A la Gloudina sy lewe omsit, of
verkas na 'n plek toe waar sy kundigheid en dienste in aanvraag is? Ek
weet gediggies is anders, maar 'n dokter, ingenieur of argitek wat 'n langer
termyn stagneer in sy werk, verloor so baie dat dit moeilik is om dit op te
vang.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 20 04:11:43 UTC 2025
|