Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » FW se mening
FW se mening [boodskap #89955] Wo, 04 Februarie 2004 11:57 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
FW ondersteun nou die samewerking tussen die NNP en die ANC. Een van sy
hoofmotiverings is dat die NNP sy eie standpunte handhaaf - wat verskil met
die van die ANC (!).
'n Enkel vraag - wat is die voordele wat die NNP in hierdie proses beding
het - behalwe vir sekere minderwaardige toegewings wat beperk is tot die
Wes-Kaap. As die ANC dit erns gehad het met samewerking tussen swart/wit en
bruin - dan sou regstellende-aksies lankal reeds begrawe gewees het.
FW verwys nie eens na sy eie sieninge mbt die sg "sunset"-klousule nie.
Ek het baie respek vir FW - maar ek kan hierdie standpunt van hom nie lekker
verstaan nie.
Re: FW se mening [boodskap #89960 is 'n antwoord op boodskap #89955] Wo, 04 Februarie 2004 12:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Effe van die punt af - maar hier is wat ek vanoggend elders geplaas het
onder die opskrif of FW weet wat hy wil wees/doen:
Aan die een kant hou hy 'n "politieke" toespraak waarin hy verklaar dat hy
die NNP ondersteun, en daar deur hom en ander aanvaar word dat sy besluit
gewig dra.
Aan die ander kant verklaar hy dat hy hom heeltemal losgemaak het van
politiek en glad nie meer by dit betrokke is of wil wees nie.

Niemand vra vir PW Botha wie hy ondersteun nie.
Dit sal nogal interessant wees om te hoor van die ander swaargewigte in die
vorige bedeling wat ook uit die politiek getree het - wie hulle nou
ondersteun.
Ons weet nou al Pik is by die ANC.
Ons weet ook dat Roelf die UDM help stig het, maar toe later padgegee het.
Dr Rina Venter het heeltemal van die aardbol af verdwyn.
Sheila Camerer is nou vurig 'n DA ondersteuner.
Ek dink nie een van die kabinet van die 1993 is dood nie, maar die meeste
van hulle wat uitgetree het, is doodstil
Behalwe vir FW de Klerk en Pik Botha soms.

Om by jou uit te kom Jonas - FW het self besluit om uit die politiek te tree
( soort van). Sy politieke menings en uitsprake dra vir my deesdae geen
gewig nie.
As 'n gewone burger vind ek hom heel aangenaam.

--
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:bvqmnh$59a$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> FW ondersteun nou die samewerking tussen die NNP en die ANC. Een van sy
> hoofmotiverings is dat die NNP sy eie standpunte handhaaf - wat verskil met
> die van die ANC (!).
> 'n Enkel vraag - wat is die voordele wat die NNP in hierdie proses beding
> het - behalwe vir sekere minderwaardige toegewings wat beperk is tot die
> Wes-Kaap. As die ANC dit erns gehad het met samewerking tussen swart/wit en
> bruin - dan sou regstellende-aksies lankal reeds begrawe gewees het.
> FW verwys nie eens na sy eie sieninge mbt die sg "sunset"-klousule nie.
> Ek het baie respek vir FW - maar ek kan hierdie standpunt van hom nie lekker
> verstaan nie.
>
Re: FW se mening [boodskap #89984 is 'n antwoord op boodskap #89955] Wo, 04 Februarie 2004 18:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 4 Feb 2004 13:57:27 +0200, "Jonas" wrote:

> Ek het baie respek vir FW - maar ek kan hierdie standpunt van hom nie lekker
> verstaan nie.
>

onthou jy toeka se dae, Jonas, wat jy respek op hierdie nuusgroep
verdien het?

DD
Re: FW se mening [boodskap #89990 is 'n antwoord op boodskap #89984] Do, 05 Februarie 2004 03:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD - jammer maar ek begryp nie so lekker nie ...
Re: FW se mening [boodskap #90029 is 'n antwoord op boodskap #89990] Do, 05 Februarie 2004 17:52 Na vorige boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 5 Feb 2004 05:33:41 +0200, "Jonas" wrote:

> DD - jammer maar ek begryp nie so lekker nie ...
>

iemand het 'n dag of twee gelede 'n negatiewe mening uitgespreek
oor mense wat antwoord sonder om te sê waarop hulle antwoord.

DD
Vorige onderwerp: Ontdek you besigheid - vra vir Al
Volgende onderwerp: Gat oor kop?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 16:00:37 MGT 2024