Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pretoria bly Pretoria!
Pretoria bly Pretoria! [boodskap #89805] So, 01 Februarie 2004 17:28 na volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
by Ernst Marais

PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiegroep) het gister 'n baie geslaagde
byeenkoms in die Ou Raadsaal (hoofsetel van die ou ZAR se parlement)
aangebied. Die tema was die rol van die opposisie. Verteenwoordigers van die
Nasionale Aksie, Vryheidsfront, DA, NNP, HNP en ANC is genooi. Die NNP het
nie opgedaag nie. (By nabedragting dink ek dat hulle deur hul senior
koalisievennoot, die ANC, aangesê is om nie op te daag nie).

Die verassing van die dag was toe Terror Lekota, Minister van
Verdediging, namens die ANC opgedaag het en die aanwesiges in Afrikaans
toegespreek het.
Die belanghebbendste gedeelte van sy voordrag was toe hy aangekondig
het dat Pretoria Pretoria gaan bly. Hy het dit by nadruk bevestig.
(Heelparty stede en dorpe wat deur Boere gestig is se name is onlangs
verander. 'n Element in die ANC wou Pretoria tot Tswane herdoop.)

Hier volg PRAAG se persvrystelling in die verband.
Lank leef Pretoria!
------------------------------------------------------------ ----------
----------

MEDIAVRYSTELLING DEUR PRAAG (PR0-AFRIKAANSE AKSIEGROEP) OP SONDAG 1
FEBRUARIE 2004

Pretoria se naam gaan nie meer verander nie. Tydens 'n
verrassingsbesoek aan 'n vergadering van die Konfederale Afrikanerforum
Saterdag in die Ou Raadsaal, Pretoria, het die Minister van Verdediging en
voorsitter van die ANC, mnr. Mosiuoa Lekota, onomwonde verklaar dat Pretoria
se naam nie meer gaan verander nie.

Toe 'n paar ongelowige toehoorders hom begin uitvra het, het hy gesê:
Pretoria bly Pretoria. Hy het ook die versekering gegee dat die ANC hoë
waardering vir Afrikaans en Afrikaanse plekname het en dit as gedeelde
Suid-Afrikaanse erfenis beskou.

PRAAG is verheug oor hierdie besluit van die ANC, en spreek sy
tevredenheid uit met die maandelange veldtog wat lede van die aksiegroep,
asook die inwoners van Pretoria, gevoer het teen die beoogde
naamsverandering met petisies, betogings en dreigemente van
belastingboikotte. Uiteindelik het redelikheid geseëvier. Hiermee doen PRAAG
ook 'n beroep op alle inwoners wat begin het om betaling van plaaslike
belastings te boikot, om sodanige boikot onverwyld op te skort.

Terselfdertyd versoek PRAAG die burgemeester, mnr. Smangaliso
Mkhatshwa, om so gou moontlik sy stem by dié van Minister Lekota te voeg en
die publiek te verseker dat die naam nie gaan verander nie. Ook die huidige
komitee van deskundiges wat teen groot koste aangestel is om die
naamsverandering te ondersoek, behoort ontbind te word en alle onbestede
fondse moet na die munisipaliteit terugkeer.

Die olyftak wat die ANC hiermee na die Afrikanergemeenskap van
Pretoria uitsteek, moet gegryp word. Terselfdertyd moet die ANC egter besef
dat ander naamsveranderings, soos dié in die Noord-Transvaal, steeds
ongelukkigheid onder Afrikaners veroorsaak. PRAAG sal dus voortgaan om te
agiteer dat alle naamsveranderings opgeskort word, en dat Afrikaanse name
nie van die landkaart af verdwyn nie.

Minister Lekota word ook bedank vir sy belangwekkende deelname aan die
oop gesprek van die Afrikanerforum oor die rol van opposisie in die huidige
politieke bestel. Die vergadering in die Ou Raadsaal is bygewoon deur
omtrent 70 mense, en daar was verteenwoordigers van alle politieke partye,
van die HNP tot die ANC. Slegs die NNP-verteenwoordiger, mnr. Johan Durand,
het versuim om op te daag.

Die Konfederale Afrikanerforum is nou reeds in sy tweede jaar besig om
een van die belangrikste gespreksforums in die land te word. Dat Minister
Lekota verkies het om dié belangwekkende aankondiging te doen in die
historiese Ou Raadsaal waar die betrokke Metroraad ook vergader, spreek
boekdele oor die beduidenis wat die regering reeds heg aan dié maandelikse
byeenkoms van invloedryke Afrikaners. Die forum beywer hom ook vir die
totstandkoming van 'n verteenwoordigende Afrikanerraad en die aankondiging
oor Pretoria se naam toon die noodsaak van 'n liggaam wat namens alle
Afrikaners kan praat.

Kontakpersone: Dr. Dan Roodt, PRAAG, 082 4901036 en Lydia van Eeden,
sameroepster, Konfederale Afrikanerforum 082 9250294

Link: http://http://groups.yahoo.com/group/Aktief/?yguid=136136411
Re: Pretoria bly Pretoria! [boodskap #89818 is 'n antwoord op boodskap #89805] Ma, 02 Februarie 2004 03:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lekota vir President !
Re: Pretoria bly Pretoria! [boodskap #89857 is 'n antwoord op boodskap #89818] Ma, 02 Februarie 2004 18:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 2 Feb 2004 05:05:20 +0200, "Jonas" wrote:

> Lekota vir President !
>

met sy kabinet (en presidentshuis) in Tshwane?

DD
Re: Pretoria bly Pretoria! [boodskap #89876 is 'n antwoord op boodskap #89857] Di, 03 Februarie 2004 07:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Winkie ( of dit nou Tinkie of Dinkie) kon langer as hy uithou as leier in
die Vrystaat.
Onder Lekota as minister van Verdediging gebeur daar nou wonderlike dinge.
Weermaglede wat met vakansie gaan, kom terug en vind iemand anders in hul
pos by hul tafel - dan word hulle die keuse gestel om te bedank of verplaas
te word,
Die verplasing is glo na eenhede wat binnekort gesluit gaan word.
--
Annette

"DD" skryf in boodskap news:165t10daus6r375e3ubfqbcj9dtiehs5a1@4ax.com...
> On Mon, 2 Feb 2004 05:05:20 +0200, "Jonas"
> wrote:
>
>> Lekota vir President !
>>
>
> met sy kabinet (en presidentshuis) in Tshwane?
>
> DD
>
Re: Pretoria bly Pretoria! [boodskap #89877 is 'n antwoord op boodskap #89818] Di, 03 Februarie 2004 07:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek wonder hoeveel mense presies daar teenwoordig in Pretoria was.
Ai tog, die grootheidswaan van die politiek.
Gister 'n kleurfoto van Kortbroek en nog twee ander - wat sy landelike
politieke vergaderings afgeskop het by 'n wynplaas.
Die totale aantal mense wat die vergadering bygewoon het: 33.
Minder as die gemiddelde klas op skool.
--
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:bvkepn$3u$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lekota vir President !
>
Re: Pretoria bly Pretoria! [boodskap #89881 is 'n antwoord op boodskap #89877] Di, 03 Februarie 2004 08:01 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is dit nie dalk omdat die mense wat hy teiken ontnugterd is met sy politiek
nie? Daarteenoor is die ANC se politiek steeds emosiegedrewe.....DIS die
manier om mense te laat stem, kerk toe te kry, oorlog te
maak.....wêreldbeker te verloor!

"Annette" skryf in boodskap news:bvnjs4$h9j$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek wonder hoeveel mense presies daar teenwoordig in Pretoria was.
> Ai tog, die grootheidswaan van die politiek.
> Gister 'n kleurfoto van Kortbroek en nog twee ander - wat sy landelike
> politieke vergaderings afgeskop het by 'n wynplaas.
> Die totale aantal mense wat die vergadering bygewoon het: 33.
> Minder as die gemiddelde klas op skool.
> --
> Annette
> "Jonas" wrote in message
> news:bvkepn$3u$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Lekota vir President !
>>
>
Vorige onderwerp: Professionele manne knak
Volgende onderwerp: Nie meer kwotas nie, maar mikpunte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 23:46:41 MGT 2024