| " Lied van die lappop " deur INGRID JONKER [boodskap #89741] |
Sa., 31 Januarie 2004 04:40  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ingrid Jonker
Lied van die lappop
Ek is die lappop wat nie praat
en maak net op jou liefde staat
Saans lê ek blind en stil en doof
en lig nie meer my semel-hoof
My hande roer nie en my lyf
word met jou weggaan koud en styf
Sonder jou hulp kan ek nie loop:
jy het my sommerso gekoop
en sal my nog een Guy Fawkes-nag
goedmoeds verbrand en daaroor lag.
Ek is die lappop sonder gees
My pyn jou luid gevierde fees.
|
|
|
|
|
|
|
|