Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Doodstraf in SA
Doodstraf in SA [boodskap #8869] Ma, 24 Maart 1997 00:00 na volgende boodskap
kathleen mathew  is tans af-lyn  kathleen mathew
Boodskappe: 3
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Junior Lid
Verlang opinies oor onderwerp.
Re: Doodstraf in SA [boodskap #8883 is 'n antwoord op boodskap #8869] Di, 25 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mich  is tans af-lyn  Mich
Boodskappe: 5
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
On 24 Mar 1997 19:42:00 GMT, "kathleen mathew" wrote:

> Verlang opinies oor onderwerp.

hoe gouer terug hoe beter
ek moet seker 'n meer uitgebreide relaas voer, maar dis die crux
hanteer skuldenaars genadeloos

liefde groete

mich
Re: Doodstraf in SA [boodskap #8908 is 'n antwoord op boodskap #8869] Do, 27 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 25 Mar 1997 07:15:15 GMT, mi...@geocities.com (Mich) wrote:
Re: Doodstraf in SA [boodskap #8925 is 'n antwoord op boodskap #8869] Sa, 29 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article
...
On Tue, 25 Mar 1997 07:15:15 GMT, mi...@geocities.com (Mich) wrote:
Re: Doodstraf in SA [boodskap #8926 is 'n antwoord op boodskap #8869] Sa, 29 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Darren Cooper  is tans af-lyn  Darren Cooper
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Junior Lid
This is a multi-part message in MIME format.

------=_NextPart_000_01BC3C20.05B80FA0
Content-Type: text/plain; charset=ISO-8859-1
Content-Transfer-Encoding: 7bit

Hoe snaaks ?

We in South Africa can abort/murder innocent babies and yet those who
murder, rape and commit violent crime can escape the ultimate punishment

From
og...@icon.co.za
http://www.icon.co.za/~ognib

kathleen mathew wrote in article
...
> Verlang opinies oor onderwerp.
>
------=_NextPart_000_01BC3C20.05B80FA0
Content-Type: text/html; charset=ISO-8859-1
Content-Transfer-Encoding: quoted-printable

Hoe snaaks ?We in South Africa =
can abort/murder innocent babies and yet those who murder, rape and =
commit violent crime can escape the ultimate punishmentFrom =
og...@icon.co.zahttp://www.icon.co.za/~ognibkathleen =
mathew <al...@icon.co.za> wrote in article <01bc388b$b8ca3340$0edd...@kathleen.icon.co.za&gt ;...> Verlang opinies oor =
onderwerp.>

------=_NextPart_000_01BC3C20.05B80FA0--
Re: Doodstraf in SA [boodskap #8939 is 'n antwoord op boodskap #8869] So, 30 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 29 Mar 1997 06:57:00 GMT, "Darren Cooper" wrote:

>[/color]

Two different thing.
Don't confuse them.

Are you against the death penalty?
Re: Doodstraf in SA [boodskap #8949 is 'n antwoord op boodskap #8869] Ma, 31 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Koos (fe...@is.co.za) wrote:
: On 29 Mar 1997 06:57:00 GMT, "Darren Cooper" wrote:

: >

: Two different thing.
: Don't confuse them.

: Are you against the death penalty?

Koos,
Dit is NIE twee verskillende goed nie, slegs twee kante van dieselfde munt -
'n slapgat regering wat so behep is met "mense"-regte dat die regte van
ongebore babas en misdaad-slagoffers totaal ge"ignoreer word.

Bring die doodstraf terug - a la Oos-Europese styl: geen "death-row" nie,
kry jou vonnis en twee minute later is jy dood met 'n koe"el in die kop -
baie goedkoop en effektief, meen ek.

Dries

NS ook vir Koos: Moet nou nie allerhande ander dinge hierbo probeer insien
nie, as slegs dit wat daar staan! :-)
Re: Doodstraf in SA [boodskap #8959 is 'n antwoord op boodskap #8869] Di, 01 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 31 Mar 1997 17:38:13 GMT, ven...@ilink.nis.za (dries venter) wrote:

kry jou vonnis en twee minute later is jy dood met 'n koe"el in die kop -[/color]
> baie goedkoop en effektief, meen ek.>>>

So how come jy is vir die doodstraf maar teen aborsies?
Re: Doodstraf in SA [boodskap #8976 is 'n antwoord op boodskap #8869] Do, 03 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 03 Apr 1997 23:24:28 GMT, del...@hwhnis01.eskom.co.za (Johan
Delport) wrote:

outjie Koos, hoe dan nou?>>>[/color]

Jy is dus nie teen doodmaak nie, maar verkies dat daar 'n aanvaarbare
rede moet wees.

Die ou argument is natuurlik dat 1. Die verkeerde mens kan gehang
word. Dit het al gebeur. en 2. Moordenaars kan in effek gerehabiliteer
word in welke geval jy die beginsel van vergiffenis tot sy reg sien
kom.

Hoe sou jy die klassieke twee aborsie dilemma's hanteer:
1. As die kind aanhou ontwikkel, sal die ma waarskynlik sterf.
2. Die vrou is seksueel aangerand en wil nie die kind he nie.

En dan: As jy moet kies tussen aborsie en al die gom sniffende
straatkinders (hulle is die gevolg van ongewenste swangerskappe),
watter kant kaan jy?
Of hoe versoen jy dit.

Dis nie strikvrae nie, al maak sulke vrae vir ou Lou gewoonlik
bewerig.
Dis vrae en argumente wat deel van die bespreking is.

My posisie is baie grys. Kortom: Ek weet nie 'n fok nie.

Ek het in my tog op die argumente begin deur te se: 'n Beskaafde land
het nie 'n doodstraf nie, maar hierdie is nie 'n beskaafde land nie.
Was nooit een gewees nie.

Toe begin ek werklik dink oor mense doodmaak as 'n straf. En dit het
nie goed afgegaan nie.

Toe begin ek dink of iemand wat 'n 6 ster psigopaat is en vrouens
verkrag en mense doodmaak en daaroor lag, nie dalk doodgemaak moet
word nie. Want daar is dalk nog soos hy daar buite en hulle sien wat
met hom gebeur.

Toe se ek: Ek weet nie. Al wat ek weet is dat EK nie iemand sal wil
doodmaak nie.

Toe besef ek: Dis 'n "cop out" want dis nie waarom die ding gaan nie:
Ek sal nooit gevra word om iemand in Pretoria Sentraal te gaan hang
nie. Dit gaan oor stelling-inname vir iemand anders wat elders mense
wat ek nie ken nie, doodmaak.

Die ideale oplossing vir my is waarskynlik: Vat die mense en sluit
hulle vir altyd toe. Dis dieselfde as hang en mense wil dit ook nie
oorkom nie.

Maar dis nie 'n waterdigte posisie nie. Dis 'n ideale posisie in die
ideale wereld.

Oor aborsies: Het jy geweet dat die meeste konsepsies natuurlik in
miskrame/aborsies eindig?

Is dit OK in menslike rede oor moraliteit as God hulle doodmaak?
En stres? En koffie en sigarette?
Is 'n vrou skuldig aan doodmaak as sy haar gat af bekommer oor die
swangerskap en die stres werk in daarop en die eindig in 'n miskraam?

Se nou maar 'n aborsie sou in elk geval in 'n miskraam geeindig het?

In die reg word 'n foetus nie voor iets soos 12 weke as werklik
lewensvatbaar beskou nie.

Het 'n vrou nie seggenskap oor haar eie liggaam nie?
Hoekom moet 'n vrou se reg op haar eie liggaam swig voor die verwagte
regte van 'n verwagte lewe?

Dis een van daai situasies waar daar nie 'n netjiese uitkoms is nie.

Ek het een keer met my kinders sit en gesels. Toe vra ek hulle: Se nou
maar 'n man storm die klaskamer in en hou 'n pistool teen die juffrou
se kop. Hy se julle moet nou kies wie hy skiet: Die juffrou of die
kind in die voorste bank. En as julle nie kies nie, dan skiet hy almal
in die linkerkantste ry.

Hulle antwoord was 'n kinder-weergawe van myne: Ek weet nie 'n fok
nie...

N.S. Ek vermoed ook dat die meeste aborsies nie deur ongehude moeders
gevra word nie, maar deur getroude vrouens of vrouens in vaste
verhoudings.

Albei dinge is baie moeilik en enigiemand wat dink daar is 'n maklike
antwoord wat vir almal sal geld, maak 'n fout.

Die "powers that be" vandag het gekies vir die vrou se reg van beheer
op haar eie liggaam en vir die moordenaar se reg op lewe.

Maak net soveel sense soos andersom vir my.

In die ou bedeling was aborsies op aanvraag toevallig niks vreemds
nie. Dit was net nooit bespreek nie en geen morele standpunt is ooit
deur die owerheid of die gemeenskap daaroor ingeneem nie.
Dit was netjies in die donker weggesteek met regte kerkwoorde van die
verhoe" af.

En dit was nie net "back street aborions" nie. Dit was aborsies in
spreekkamers en hospitale ook.

N.N.S. Ek wonder ook soms of mans werklik so baie te se het oor
aborsies. Ons is nie werklik betrek by dit nie.
Re: Doodstraf in SA [boodskap #8977 is 'n antwoord op boodskap #8869] Do, 03 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Me[3]  is tans af-lyn  Me[3]
Boodskappe: 4
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
fe...@is.co.za (Koos) wrote:

> On 31 Mar 1997 17:38:13 GMT, ven...@ilink.nis.za (dries venter)
> wrote:

> "death-row" nie,
>> kry jou vonnis en twee minute later is jy dood met 'n koe"el in die kop -
>> baie goedkoop en effektief, meen ek.>>>

> So how come jy is vir die doodstraf maar teen aborsies?

Dis eintlik redelik eenvoudig:

Die doodstraf is 'n "straf" vir iemand wat iemand anders vermoor het
en daarom ook self moet sterf, terwyl 'n aborsie die moord van 'n
ongebore baba is wat nog nie eers die kans gehad het om iets verkeerd
te doen nie - sien. Selfs ek verstaan dit, en jy is mos 'n slim
outjie Koos, hoe dan nou?
Re: Doodstraf in SA [boodskap #8978 is 'n antwoord op boodskap #8869] Do, 03 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pigf...  is tans af-lyn  pigf...
Boodskappe: 33
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Koos wrote in article
...

> > murder, rape and commit violent crime can escape the ultimate punishment>>
>
> Two different thing.
> Don't confuse them.

ek stem saam koos. dit wees twee verskillende dinge. maar ek wil saamstem
met cooper want ek dink dieselfde beginsel geld. as die doodstraf
ongrondwetlik is op grond van die mens se reg op lewe, dan moet fetusse mos
ook die reg op lewe hê.

so terwyl doodstraf en aborsie twee verskillende issues is deal hulle met
dieselfde beginsel.

dink jy nie?
Re: Doodstraf in SA [boodskap #8998 is 'n antwoord op boodskap #8869] Vr, 04 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pigf...  is tans af-lyn  pigf...
Boodskappe: 33
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Koos wrote
> > murder, rape and commit violent crime can escape the ultimate punishment>>
>
> Two different thing.
> Don't confuse them.
>
> Are you against the death penalty?
>
>
koos, ek stem saam met beide jou en darren. saam met jou dat doodstraf en
aborsie twee verskillende issues is. maar ek reken ook dat beide issues
fundamenteel afhang van die interpretasie van die grondwetlike reg tot
lewe. as dit dan ongrondwetlik is om mense - wat ander mense se reg tot
lewe weggeneem het - se reg tot lewe weg te neem, hoekom is dit dan
grondwetlik om 'n fetus se reg tot lewe weg te neem?

wat dink jy koos?
Re: Doodstraf in SA [boodskap #8999 is 'n antwoord op boodskap #8869] Vr, 04 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 04 Apr 97 10:18:20, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:

>

Dit sal 'n interressante vraag wees. Ek vermoed baie sal nie vraag
verstaan nie. Of dalk nie eens hoor nie.

>>[/color]

Restating the question?
Die foetus maak natuurlik ook inbreuk op die vrou se regte.

>>[/color]

Dis natuurlik in die praktyk nie so eenvoudig nie.
Dit wissel van verkragtings deur "glipsies" tot by geboortebeperking
wat veronderstel is om te werk maar nie werk nie - daarvan is daar
heelwat.

direk beinvloed nie. Tot jy of jou familie in vrees lewe oor moordenaars,[/color]
> rowers en verkragters na 'n paar jaar in die tronk weer vry kan rondloop. >>>

Die interresante vraag hier is natuurlik dat toe ons die doodstraf
gehad het, het dit toe misdaad beperk?
Re: Doodstraf in SA [boodskap #9000 is 'n antwoord op boodskap #8869] Vr, 04 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

> En dan: As jy moet kies tussen aborsie en al die gom sniffende
> straatkinders (hulle is die gevolg van ongewenste swangerskappe),
> watter kant kaan jy?
> Of hoe versoen jy dit.
>
> Dis nie strikvrae nie, al maak sulke vrae vir ou Lou gewoonlik
> bewerig.
> Dis vrae en argumente wat deel van die bespreking is.
>
Vra die gom sniffende straatkinders. Ek is seker hulle sal verkies, om ten
spyte van al die swaarkry, te bly leef. (Ek sal dit kort en kragtig hou dat
Koos nie weer allerhande joernalistieke tos in my post kan sien nie :} )


> In die reg word 'n foetus nie voor iets soos 12 weke as werklik
> lewensvatbaar beskou nie.

Semantics. Dit is weer net 'n cop-out. Die Reg is vol sulke dinge omdat hulle,
net soos jy, 'nie 'n fok weet nie' en ook nie bereid is om standpunt in te
neem nie. Terloops gaan lees weer jou aborsie wet - dis 20 weke. Die 12 weke
is sonder enige probleme, die volgende 8 weke, as een of ander ampsdraer reken
dit gaan die verwagtende moeder se sosiale of ekonomiese omstandighede
beinvloed. Dit is amper 5 maande, meer as half pad.

>
> Het 'n vrou nie seggenskap oor haar eie liggaam nie?
> Hoekom moet 'n vrou se reg op haar eie liggaam swig voor die verwagte
> regte van 'n verwagte lewe?
>

Het die fetus nie reg op lewe nie? Volgens die konstitusie strek my regte net
so ver as tot waar dit op die regte van 'n ander inbreek maak. (Veronderstel
om te :# ) So die feit dat die vrou 'n besluit oor haar liggaam gemaak het wat
tot die verwekking van 'n kind gelei het, beteken dit nou sy kan weereens 'n
besluit neem om die kind te termineer, te ontdoen, soos die rewind knoppie op
jou band speler? (He He - Kopiereg op daai strofe)


> N.N.S. Ek wonder ook soms of mans werklik so baie te se het oor
> aborsies. Ons is nie werklik betrek by dit nie.
>
>

Net soos enig iemand nie veel oor die doodstraf kan te sê het tot dit ons
direk beinvloed nie. Tot jy of jou familie in vrees lewe oor moordenaars,
rowers en verkragters na 'n paar jaar in die tronk weer vry kan rondloop. Tot
'n boodskap na die krimineel gestuur word dat dit ok is om te moor, dit sal
jou net 'n paar jaar kos ( dit is nou as hulle jou vang). Die kwessie van
rehabilitasie - nie in ons tronke nie. Meeste kom daaruit, erger as toe hulle
in gegaan het.

Lou
Re: Doodstraf in SA [boodskap #9030 is 'n antwoord op boodskap #8869] Ma, 07 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 4 Apr 1997 17:33:48 GMT, "Leon Jacobs" wrote:
grondwetlik om 'n fetus se reg tot lewe weg te neem?>>[/color]

Die antwoord sal seker wees om 'n vrou die reg van keuse te gee.
Dis die kern: keuse.
Want 'n vrou reg reg op haar eie liggaam kom hier in.

As vrouens nie aborsies wil he, hoef hulle nie.
Re: Doodstraf in SA [boodskap #9031 is 'n antwoord op boodskap #8869] Ma, 07 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 7 Apr 1997 16:33:41 GMT, "Leon Jacobs" wrote:

maar watter keuse het die foetus in die saak.[/color]
>
> is dit nie dan dieselfde om te sê: okei, pedofiele het die keuse om kinders
> te molesteer nie?>>>

Onregverdige vergelyking. 'n Vrou wat onbepland swanger raak of selfs
een wat verkrag word kan nie met 'n pedofiel vergelyk word nie.

>

'n Foetus is nie 'n kind nie. Dis 'n Foetus waarvan meer as die helfte
spontaan aborteer. Dit sit 'n effens anders aksent op die argument.

Watter keuse? Die keuse wat namens hom gemaak word. In die foetus se
naam.

'n Mens kan buite die grense fyn gaan argumenteer en selfs begin praat
van mense wat vroeg reeds selfmoord pleeg vanwee depressie of
skisofrenie ens. Deur hul selfmoord se hulle dalk hulle wil nie wees
nie. Tog is daar moontlik namens hulle besluit hulle wil wees.
Dis 'n ietwat simpel argument.
En ek noem dit in 'n poging om die begrip van wat 'n foetus is vir
myself wyer oop te maak.
Dalk wys dit daarop dat alle lewe nie vanselfsprekend wil wees nie. En
dit "impact" so effens op die argument. Ons is dalk nie so 100 %
korrek as ons namens 'n vroee foetus besluit nie.
Dus: Daar is 'n bietjie grys ooral in die argument.

Ander een: Die dokter se aan die vrou: "Mevrou of jy kry 'n aborsie en
leef of jy behou die kind en sterf by die geboorte."

In elk geval: Die meeste normale swangerskappe gaan hul gang.
Daar is egter die wat vroeg - voor die punt waar die meeste natuurlike
miskrame dalk gebeur - beeindig word.

Dan is dit die meeste van die tyd die vrou (en haar man) wat kies om
haar reg te laat seevier bokant die potensiele reg van die nog
onontwikkelde vrug.
En so aan.

Ek dink vergelykings verdof dalk die fokus hieroor.
Dit is iets op sy eie, die kwessie.

Die vrou se reg op HAAR liggaam en lewe.
En die reg van die foetus wat ons votentoe (met reg want ons was almal
op 'n tyd foetusse) projekteer indien dit normaal ontwikkel. Maar geen
sekerheid day die foetus normaal gaan ontwikkel nie. Bloot potensiaal.

Kies die een of die ander een.
As jy een kies, vat jy die ander een weg.
That's life.

Wat se die Bybel oor aborsie, of bly dit stil daaroor?

Ek hou van die idee van keuse.
En dan kan jy die vrou oortuig om dit nie te doen nie as jy wil.

Hier is 'n ander vreemde een: Se nou maar daar word soveel mense
gebore dat talle kinders van honger doodgaan en aborsies op keuse 20
jaar voor dit sou hulle gered het, wat se jy hiervan?
Dis 'n heeltemal onrealistiese situasie maar interresant as
illustrasie van een van die fassette van die aborsie-kwessie.

Wat sou jy voorstel moet die wetgewing wees?
Aborsie verbode?
Watter soort straf vie 'n vrou wat 'n aborsie gaan kry?
Al glo sy dit is OK.
Re: Doodstraf in SA [boodskap #9043 is 'n antwoord op boodskap #8869] Di, 08 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:
> Path:
hermes.is.co.za!iafrica.com!bowl.news.pipex.net!pipex!rill.n ews.pipex.net!pipex
!cpk-news-hub1.bbnplanet.com!news.bbnplanet.com!news-peer.gs l.net!news-dc.gsl.n
et!news.gsl.net!news.sprintlink.co.za!not-for-mail
> From: fe...@is.co.za (Koos)

> On 4 Apr 1997 17:33:48 GMT, "Leon Jacobs" wrote:
> lewe weggeneem het - se reg tot lewe weg te neem, hoekom is dit dan
>> grondwetlik om 'n fetus se reg tot lewe weg te neem?>>
>
> Die antwoord sal seker wees om 'n vrou die reg van keuse te gee.
> Dis die kern: keuse.
> Want 'n vrou reg reg op haar eie liggaam kom hier in.
>
>
> As vrouens nie aborsies wil he, hoef hulle nie.
>
>

Hulle regte word steeds bo die fetus se reg op lewe gestel. Wat kom eerste,
die reg op lewe of die reg op die besluit oor jou liggaam?
Re: Doodstraf in SA [boodskap #9075 is 'n antwoord op boodskap #8869] So, 13 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Teunis van Ree  is tans af-lyn  Teunis van Ree
Boodskappe: 33
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Koos (fe...@is.co.za) wrote:

: Ek het in my tog op die argumente begin deur te se: 'n Beskaafde land
: het nie 'n doodstraf nie, maar hierdie is nie 'n beskaafde land nie.
: Was nooit een gewees nie.

: Toe begin ek werklik dink oor mense doodmaak as 'n straf. En dit het
: nie goed afgegaan nie.

: Toe begin ek dink of iemand wat 'n 6 ster psigopaat is en vrouens
: verkrag en mense doodmaak en daaroor lag, nie dalk doodgemaak moet
: word nie. Want daar is dalk nog soos hy daar buite en hulle sien wat
: met hom gebeur.

: Toe se ek: Ek weet nie. Al wat ek weet is dat EK nie iemand sal wil
: doodmaak nie.

Reg, maar 'desperate times need desperate measures' Miskien die doodstraf
terug vir 'n tyd? hmmmm, dan is my beginsels nie veel werd nie. Miskien
die Duitse onderskeiding tussen Lebenslaenglich en Lebenslang? In gevalle
waar voorheen die doodstraf gegee is, moet mense toegesluit word en die
sleutel weggegooi word - 'n WERKLIKE lewenslank, sonder die voorregte wat
ander gevangenes deesdae geniet.

: Het 'n vrou nie seggenskap oor haar eie liggaam nie?
: Hoekom moet 'n vrou se reg op haar eie liggaam swig voor die verwagte
: regte van 'n verwagte lewe?

Dit is nie 'n 'verwagte' lewe nie - dit IS 'n lewe, en hoekom moet 'n vrou
se reg op haar eie liggaam belangriker wees as die reg van die nuwe lewe?

: Dis een van daai situasies waar daar nie 'n netjiese uitkoms is nie.

Janee, nie as jy nie 'n godsdienstig/morele staanplek het nie.
Re: Doodstraf in SA [boodskap #9082 is 'n antwoord op boodskap #8869] Ma, 14 April 1997 00:00 Na vorige boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:


> Reg, maar 'desperate times need desperate measures' Miskien die doodstraf
> terug vir 'n tyd? hmmmm, dan is my beginsels nie veel werd nie. Miskien
> die Duitse onderskeiding tussen Lebenslaenglich en Lebenslang? In gevalle
> waar voorheen die doodstraf gegee is, moet mense toegesluit word en die
> sleutel weggegooi word - 'n WERKLIKE lewenslank, sonder die voorregte wat
> ander gevangenes deesdae geniet.
>

Die naweek 'n bankroof in Randburg.Saterdag oggend, spits tyd. Die gevolg - 3
mense dood 8 beseer. Moerse skietgeveg het tussen omstanders en die rowers uit
gebreek. Een van die oorledenes is 'n ou wat die rowers agtervolg het en op
hulle geskiet het. Na 'n weiering van sy wapen het hy met een van die rowers
aan die stoei geraak, die se makker het toe die weldoener net daar in Randburg
se straat tereg gestel, vyf skote op kort afstand. Lekker Suid Afrika ne! Geen
doodstraf! Enige iemand bereid om te wed dat van die rowers al voorheen in die
tronk was? Heel moontlik vir moord?
Vorige onderwerp: Dankie Galjoen!!!
Volgende onderwerp: OORLOG: DAARDIE BLEDDIE VROUE !!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 14:56:03 MGT 2024