Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Doodstraf in SA
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Doodstraf in SA [boodskap #8976 is 'n antwoord op boodskap #8869] |
Thu, 03 April 1997 00:00   |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 03 Apr 1997 23:24:28 GMT, del...@hwhnis01.eskom.co.za (Johan
Delport) wrote:
outjie Koos, hoe dan nou?>>>[/color]
Jy is dus nie teen doodmaak nie, maar verkies dat daar 'n aanvaarbare
rede moet wees.
Die ou argument is natuurlik dat 1. Die verkeerde mens kan gehang
word. Dit het al gebeur. en 2. Moordenaars kan in effek gerehabiliteer
word in welke geval jy die beginsel van vergiffenis tot sy reg sien
kom.
Hoe sou jy die klassieke twee aborsie dilemma's hanteer:
1. As die kind aanhou ontwikkel, sal die ma waarskynlik sterf.
2. Die vrou is seksueel aangerand en wil nie die kind he nie.
En dan: As jy moet kies tussen aborsie en al die gom sniffende
straatkinders (hulle is die gevolg van ongewenste swangerskappe),
watter kant kaan jy?
Of hoe versoen jy dit.
Dis nie strikvrae nie, al maak sulke vrae vir ou Lou gewoonlik
bewerig.
Dis vrae en argumente wat deel van die bespreking is.
My posisie is baie grys. Kortom: Ek weet nie 'n fok nie.
Ek het in my tog op die argumente begin deur te se: 'n Beskaafde land
het nie 'n doodstraf nie, maar hierdie is nie 'n beskaafde land nie.
Was nooit een gewees nie.
Toe begin ek werklik dink oor mense doodmaak as 'n straf. En dit het
nie goed afgegaan nie.
Toe begin ek dink of iemand wat 'n 6 ster psigopaat is en vrouens
verkrag en mense doodmaak en daaroor lag, nie dalk doodgemaak moet
word nie. Want daar is dalk nog soos hy daar buite en hulle sien wat
met hom gebeur.
Toe se ek: Ek weet nie. Al wat ek weet is dat EK nie iemand sal wil
doodmaak nie.
Toe besef ek: Dis 'n "cop out" want dis nie waarom die ding gaan nie:
Ek sal nooit gevra word om iemand in Pretoria Sentraal te gaan hang
nie. Dit gaan oor stelling-inname vir iemand anders wat elders mense
wat ek nie ken nie, doodmaak.
Die ideale oplossing vir my is waarskynlik: Vat die mense en sluit
hulle vir altyd toe. Dis dieselfde as hang en mense wil dit ook nie
oorkom nie.
Maar dis nie 'n waterdigte posisie nie. Dis 'n ideale posisie in die
ideale wereld.
Oor aborsies: Het jy geweet dat die meeste konsepsies natuurlik in
miskrame/aborsies eindig?
Is dit OK in menslike rede oor moraliteit as God hulle doodmaak?
En stres? En koffie en sigarette?
Is 'n vrou skuldig aan doodmaak as sy haar gat af bekommer oor die
swangerskap en die stres werk in daarop en die eindig in 'n miskraam?
Se nou maar 'n aborsie sou in elk geval in 'n miskraam geeindig het?
In die reg word 'n foetus nie voor iets soos 12 weke as werklik
lewensvatbaar beskou nie.
Het 'n vrou nie seggenskap oor haar eie liggaam nie?
Hoekom moet 'n vrou se reg op haar eie liggaam swig voor die verwagte
regte van 'n verwagte lewe?
Dis een van daai situasies waar daar nie 'n netjiese uitkoms is nie.
Ek het een keer met my kinders sit en gesels. Toe vra ek hulle: Se nou
maar 'n man storm die klaskamer in en hou 'n pistool teen die juffrou
se kop. Hy se julle moet nou kies wie hy skiet: Die juffrou of die
kind in die voorste bank. En as julle nie kies nie, dan skiet hy almal
in die linkerkantste ry.
Hulle antwoord was 'n kinder-weergawe van myne: Ek weet nie 'n fok
nie...
N.S. Ek vermoed ook dat die meeste aborsies nie deur ongehude moeders
gevra word nie, maar deur getroude vrouens of vrouens in vaste
verhoudings.
Albei dinge is baie moeilik en enigiemand wat dink daar is 'n maklike
antwoord wat vir almal sal geld, maak 'n fout.
Die "powers that be" vandag het gekies vir die vrou se reg van beheer
op haar eie liggaam en vir die moordenaar se reg op lewe.
Maak net soveel sense soos andersom vir my.
In die ou bedeling was aborsies op aanvraag toevallig niks vreemds
nie. Dit was net nooit bespreek nie en geen morele standpunt is ooit
deur die owerheid of die gemeenskap daaroor ingeneem nie.
Dit was netjies in die donker weggesteek met regte kerkwoorde van die
verhoe" af.
En dit was nie net "back street aborions" nie. Dit was aborsies in
spreekkamers en hospitale ook.
N.N.S. Ek wonder ook soms of mans werklik so baie te se het oor
aborsies. Ons is nie werklik betrek by dit nie.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Doodstraf in SA [boodskap #9000 is 'n antwoord op boodskap #8869] |
Fri, 04 April 1997 00:00   |
lo...
Boodskappe: 124 Geregistreer: December 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In Article, writes:
> En dan: As jy moet kies tussen aborsie en al die gom sniffende
> straatkinders (hulle is die gevolg van ongewenste swangerskappe),
> watter kant kaan jy?
> Of hoe versoen jy dit.
>
> Dis nie strikvrae nie, al maak sulke vrae vir ou Lou gewoonlik
> bewerig.
> Dis vrae en argumente wat deel van die bespreking is.
>
Vra die gom sniffende straatkinders. Ek is seker hulle sal verkies, om ten
spyte van al die swaarkry, te bly leef. (Ek sal dit kort en kragtig hou dat
Koos nie weer allerhande joernalistieke tos in my post kan sien nie :} )
> In die reg word 'n foetus nie voor iets soos 12 weke as werklik
> lewensvatbaar beskou nie.
Semantics. Dit is weer net 'n cop-out. Die Reg is vol sulke dinge omdat hulle,
net soos jy, 'nie 'n fok weet nie' en ook nie bereid is om standpunt in te
neem nie. Terloops gaan lees weer jou aborsie wet - dis 20 weke. Die 12 weke
is sonder enige probleme, die volgende 8 weke, as een of ander ampsdraer reken
dit gaan die verwagtende moeder se sosiale of ekonomiese omstandighede
beinvloed. Dit is amper 5 maande, meer as half pad.
>
> Het 'n vrou nie seggenskap oor haar eie liggaam nie?
> Hoekom moet 'n vrou se reg op haar eie liggaam swig voor die verwagte
> regte van 'n verwagte lewe?
>
Het die fetus nie reg op lewe nie? Volgens die konstitusie strek my regte net
so ver as tot waar dit op die regte van 'n ander inbreek maak. (Veronderstel
om te :# ) So die feit dat die vrou 'n besluit oor haar liggaam gemaak het wat
tot die verwekking van 'n kind gelei het, beteken dit nou sy kan weereens 'n
besluit neem om die kind te termineer, te ontdoen, soos die rewind knoppie op
jou band speler? (He He - Kopiereg op daai strofe)
> N.N.S. Ek wonder ook soms of mans werklik so baie te se het oor
> aborsies. Ons is nie werklik betrek by dit nie.
>
>
Net soos enig iemand nie veel oor die doodstraf kan te sê het tot dit ons
direk beinvloed nie. Tot jy of jou familie in vrees lewe oor moordenaars,
rowers en verkragters na 'n paar jaar in die tronk weer vry kan rondloop. Tot
'n boodskap na die krimineel gestuur word dat dit ok is om te moor, dit sal
jou net 'n paar jaar kos ( dit is nou as hulle jou vang). Die kwessie van
rehabilitasie - nie in ons tronke nie. Meeste kom daaruit, erger as toe hulle
in gegaan het.
Lou
|
|
|
|
|
|
|
Re: Doodstraf in SA [boodskap #9082 is 'n antwoord op boodskap #8869] |
Mon, 14 April 1997 00:00  |
lo...
Boodskappe: 124 Geregistreer: December 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In Article, writes:
> Reg, maar 'desperate times need desperate measures' Miskien die doodstraf
> terug vir 'n tyd? hmmmm, dan is my beginsels nie veel werd nie. Miskien
> die Duitse onderskeiding tussen Lebenslaenglich en Lebenslang? In gevalle
> waar voorheen die doodstraf gegee is, moet mense toegesluit word en die
> sleutel weggegooi word - 'n WERKLIKE lewenslank, sonder die voorregte wat
> ander gevangenes deesdae geniet.
>
Die naweek 'n bankroof in Randburg.Saterdag oggend, spits tyd. Die gevolg - 3
mense dood 8 beseer. Moerse skietgeveg het tussen omstanders en die rowers uit
gebreek. Een van die oorledenes is 'n ou wat die rowers agtervolg het en op
hulle geskiet het. Na 'n weiering van sy wapen het hy met een van die rowers
aan die stoei geraak, die se makker het toe die weldoener net daar in Randburg
se straat tereg gestel, vyf skote op kort afstand. Lekker Suid Afrika ne! Geen
doodstraf! Enige iemand bereid om te wed dat van die rowers al voorheen in die
tronk was? Heel moontlik vir moord?
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 18:13:05 UTC 2025
|